url
stringlengths
0
6.65k
collection
stringclasses
8 values
source
stringclasses
154 values
original_code
stringclasses
23 values
text
stringlengths
1
394k
3501678
cc100
CC 2018
af
Dis dus totaal onduidelik waaruit die stories gehaal is, anders as ‘n Bybellose teologie, wat die belydenis van die NGK en die twee ander kerke ignoreer en dit dan so aan ‘n sekulêre staat voorstel as komende van ons.
3501679
cc100
CC 2018
af
Staan my kerk regtig agter sulke stories? Dan is dit laat in die nag.
3501680
cc100
CC 2018
af
Kliek hier as jy die blog per epos wil volg!
3501681
cc100
CC 2018
af
Nuwe artikels
3501682
cc100
CC 2018
af
Dr James White oor die ekslusiwiteit van die evangelie van Christus 22/05/2016
3501683
cc100
CC 2018
af
Dr James White: Die gesag van die Skrif en hedendaagse “apostels en profete” 19/05/2016
3501684
cc100
CC 2018
af
Dr James White: Konferensie oor die gesag van die Skrif in Kaapstad. 22/03/2016
3501685
cc100
CC 2018
af
‘n Skok vir die ouens wat dink die Bybel is vol foute. 26/02/2016
3501686
cc100
CC 2018
af
Jy moet besluit: Het Jesus vir sy eie sonde gesterf of vir joune? 09/12/2015
3501687
cc100
CC 2018
af
Waarom ons moet veg vir die onfeilbaarheid van die Skrif 26/11/2015
3501688
cc100
CC 2018
af
Rustenburg-suid verwerp die AS van 2015 se besluit 20/11/2015
3501689
cc100
CC 2018
af
Media 24: Ons gaan nog vir twee jaar baklei 18/11/2015
3501690
cc100
CC 2018
af
Aangesien u Keiserlike Hoogheid en hoogwaardigheidsbekleërs van my 'n kort, direkte en eerlike antwoord verwag, sal ek een gee.
3501691
cc100
CC 2018
af
En hier is dit: Ek kan nie my geloof onderwerp aan die pous of die raad nie, want dit is so helder soos daglig dat hulle self in valse lering verval het, en dat hulle hulleself selfs ooglopend weerspreek.
3501692
cc100
CC 2018
af
As ek dus nie oortuig word deur bewyse uit die Heilige Skrif of gesonde rede nie, as ek nie deur die einste Skrif wat ek aangehaal het oortuig word nie, as my gesonde oordeel nie op hierdie manier aan God se Woord onderwerp word nie, kan of sal ek niks terug trek nie, want dit kan nie reg wees dat 'n Christen teen sy Vaderland spreek nie.
3501693
cc100
CC 2018
af
Hier staan ek. Ek kan nie nie anders nie.
3501694
cc100
CC 2018
af
“Jy sal soos God wees…”
3501695
cc100
CC 2018
af
As Jesus ‘n mal leuenaar was soos hierdie dwaalleraars (wat die bestaan van die duiwel ontken) by implikasie beweer, waarom kom ons dan nog kerk toe?
3501697
cc100
CC 2018
af
Meer kategorieë
3501698
cc100
CC 2018
af
Vir meisies
3501699
cc100
CC 2018
af
Spele vir Meisies
3501700
cc100
CC 2018
af
Speletjies vir kinders
3501701
cc100
CC 2018
af
Skiet vir seuns
3501702
cc100
CC 2018
af
Resepte vir Meisies
3501703
cc100
CC 2018
af
Soek vir items
3501704
cc100
CC 2018
af
Kersfees is net om die draai. En ons seuntjie gaan saam met sy vader, na die speelgoed winkel wat 'n geskenk te kies. Maar dit kan slegs gedoen word nadat jy 'n klein taak. In die voorkant van jou is 'n foto, en in die regterkantste hoek sal 'n sekere aantal van raaisels wat jy sal hê om te sit in die regte plek om te wees. 'N bietjie vindingrykheid en jy sal slaag.. Speel die spel Legkaart manie: Toys winkel online.
3501705
cc100
CC 2018
af
Grootte van die spel: 0.52 MB
3501706
cc100
CC 2018
af
Die spel word gespeel: 87 tye
3501707
cc100
CC 2018
af
Nuwe Jaar se winkel
3501708
cc100
CC 2018
af
Vrydag die 13de
3501709
cc100
CC 2018
af
Kwaad voëls Gaan! Jigsaw
3501710
cc100
CC 2018
af
Klik hier om hierdie spel te speel
3501711
cc100
CC 2018
af
Om die spel te voeg Legkaart manie: Toys winkel op jou webwerf, kopieer die kode en plak dit in die HTML-kode van jou site. Ook, as jy wil die spel Legkaart manie: Toys winkel, kopie en stuur die skakel aan 'n vriend of al jou vriende, deel van die wedstryd met die wêreld!
3501713
cc100
CC 2018
af
2 Toe sê ek: Waar gaan u heen? En hy antwoord my: Om Jerusalem te meet, om te sien wat sy breedte en wat sy lengte is.
3501714
cc100
CC 2018
af
4 aan wie hy sê: Loop gou, spreek met hierdie jongman en sê: Jerusalem sal lê soos ‘n oop land weens die menigte van mense en vee daar binne-in.
3501715
cc100
CC 2018
af
5 En Ek sal vir hom wees, spreek die HERE, ‘n vurige muur rondom en tot heerlikheid daar binne-in.
3501716
cc100
CC 2018
af
6 Op, op, vlug uit die Noordland, spreek die HERE! Want Ek het julle na die vier windstreke van die hemel verstrooi, spreek die HERE.
3501717
cc100
CC 2018
af
7 Op, o Sion, red jouself, jy wat woon by die dogter van Babel!
3501718
cc100
CC 2018
af
8 Want so sê die HERE van die leërskare: Hy het my gestuur agter heerlikheid aan na die nasies wat julle uitgebuit het; want wie julle aanraak, raak sy oogappel aan.
3501719
cc100
CC 2018
af
9 Want kyk, Ek sal my hand oor hulle swaai, sodat hulle ‘n buit word vir hulle knegte. Dan sal julle weet dat die HERE van die leërskare my gestuur het.
3501720
cc100
CC 2018
af
10 Jubel, en wees bly, o dogter van Sion! Want kyk, Ek kom om in jou midde te woon, spreek die HERE.
3501721
cc100
CC 2018
af
11 En baie nasies sal hulle in dié dag by die HERE aansluit, en hulle sal My tot ‘n volk wees; en Ek sal in jou midde woon. Dan sal jy weet dat die HERE van die leërskare my na jou gestuur het.
3501722
cc100
CC 2018
af
12 En die HERE sal besit neem van Juda as sy erfdeel op die heilige grond en Jerusalem weer verkies.
3501723
cc100
CC 2018
af
13 Swyg alle vlees voor die HERE! Want Hy verhef Hom uit sy heilige woning.
3501725
cc100
CC 2018
af
Grin Court Padlangs is 'n kombuis op die pad, na enige bestemming vir enige geleentheid! Ons voorsien aan al u behoeftes op u eie plek.
3501726
cc100
CC 2018
af
Kos word vars voorberei by die geleentheid / funksie. Dit skep 'n gesellige en feestelike atmosfeer met vars warm kos.
3501727
cc100
CC 2018
af
Korporatiewe funksies of Bekendstellings op die besigheidsperseel.
3501728
cc100
CC 2018
af
Verjaarsdagpartytjies by jou huis.
3501730
cc100
CC 2018
af
M. Doorewaard (red.), Trekkerslewe in Brits-Oos-Afrika: 'n Joernaal uit 1911
3501731
cc100
CC 2018
af
Trekkerslewe in Brits-Oos-Afrika: 'n Joernaal uit 1911 is 'n geredigeerde en geannoteerde weergawe van Johannes Francois Kok se selfopgetekende vertellinge oor sy jagavonture in Brits-Oos-Afrika (Kenia) gedurende 1911-1912. Hy was een van die sowat 1 300 Boere wat in die dekade ná die Tweede Anglo-Boereoorlog na Kenia uitgewyk het, meestal om finansiële redes - die verwoesting van die oorlog en kleinerwordende plasies as gevolg van die voortdurende onderverdeling van familiegrond. Kok het egter uit 'n vermoënde familie gestam en het volgens sy eie getuienis trekleier Christiaan Johannes Cloete se trekgeselskap na Kenia vergesel "slegs om na die vee om te sien om sodoende 'n jaggeleentheid in Brits-Oos-Afrika te kry" (p 75, nota 13).
3501732
cc100
CC 2018
af
Die boek bestaan uit 'n kort inleiding (pp 1-8) waarin Doorewaard die agtergrond van Kok se joernaal en die redigering van sy manuskrip verduidelik, gevolg deur die geredigeerde teks van sy joernaal (pp 9-65); 'n bylae (pp 67-70) wat Kok se geslagsregister tot 1996 uiteensit; aanvullende aantekeninge tot die teks in die vorm van endnote (pp 71-86); en 'n kort bronnelys (pp 87-88). Doorewaard het streng by Kok se oorspronklike teks gehou, daarom staan die werk in die teken van die wit, meer spesifiek Afrikaner, rassevooroordele van die tyd en bevat dit ook die aanstootlike rasseterminologie van daardie era.
3501733
cc100
CC 2018
af
Kok, 'n veteraan van die Tweede Anglo-Boereoorlog, en sy jagmaats het nie die Boere se historiese reputasie as uitstekende skuts gestand gedoen nie. Hulle het dikwels op kort afstand misgeskiet of diere gekwes. Kok, wat gewoonlik met die Boere se veelgeroemde Duitse Mauser geskiet het (maar soms ook wel met die verouderde Martini-Henri), skryf onder meer oor een so 'n insident:
3501734
cc100
CC 2018
af
Kok het 'n aantal jare nadat hy permanent na sy geboorteland teruggekeer het, uitgevind dat sy ou jagmaat, Migaal Scholtz, 'n boek getiteld Voortrekkerslewe in Donker Afrika onder die skuilnaam Bana Maie gepubliseer het,1 waarin hy na bewering onwaarhede oor hom (Kok) en onakkuraathede in verband met hul jagtogte in Kenia kwytgeraak het. Kok het gevolglik in 1931 sy herinneringe met die oog op publikasie opgeteken (met behulp van 'n dagboek wat hy in Kenia bygehou het) om dié onjuisthede reg te stel. Hy was veral vies omdat Scholtz geskryf het dat hy laasgenoemde "ze boerdery moes waarneem" en dus by implikasie as 'n bywoner vir Scholtz gewerk het, en in die algemeen omdat daar "hier en daar iets voor[kom] in de boek van Bana Maie wat tot nadeel vir my kinders is" (p 59).
3501735
cc100
CC 2018
af
Kok het sy manuskrip aan 'n uitgewer voorgelê, wat dit afgekeur het omdat Scholtz (Bana Maie) se Voortrekkerslewe in Donker Afrika reeds min of meer dieselfde verhaal vertel het. Dit is dié manuskrip wat Doorewaard nou verwerk en gepubliseer het. Op die keper beskou, bring Kok se joernaal inderdaad niks werklik nuuts na vore nie. Dit is maar een van baie jagverhale wat uit die pioniersverlede van die Afrikaner, tuis en in die diaspora, opgeteken is.2 Vir die leser wat in dié tema belangstel, bied dit nogtans 'n interessante, lesenswaardige blik op die opvattings, lewenswyse en daaglikse handel en wandel van Afrikanerjagters in, soos hulle dit gesien het, "wilde, ongetemde" Afrika.
3501736
cc100
CC 2018
af
Die storie van "Pikkewyn"
3501737
cc100
CC 2018
af
Pik Botha was nie die stereotiepe stroef, akademiese, donkerraam-bril politikus van sy tyd nie. Hy kon maklik sosiaal verkeer en in ligte luim oor die enorme politieke uitdagings van Suid-Afrika skerts. Blykens die hoofstuk, "The ladies man", was hy glo ook n gunsteling onder vrouens binne en buite die Nasionale Party.
3501738
cc100
CC 2018
af
Botha word in hierdie omslagtige en deeglike biografie weerspieël as n mens wat betekenisvolle gedigte kon skryf - iemand wat geworstel het met diep emosies soos liefde, hartseer, teleurstelling en moedeloosheid. Teleurstellings - polities en persoonlik - was daar baie, soos blyk uit die hoofstukke, "Cowboys don't cry" en "At the Rubicon". Eersgenoemde is n goeie voorbeeld van hoe talle NP-ondersteuners nie die werk, uitgangspunte en uitlatings van Botha verstaan het nie. Dit het daartoe gelei dat hy in sy tyd talle dreigemente van gewone burgers ontvang het, wat groot persoonlike teleurstelling meegebring het. In "At the Rubicon" loop die tema van teleurstelling soos n goue draad deur. Die gebeure voor en rondom P.W. Botha se welbekende Rubicontoespraak het Botha baie teleurgestel. Sy hoop dat die staatspresident in sy hervormingstog Suid-Afrika verder weg van apartheid sou lei het in die niet verdwyn. Pik Botha het n kardinale rol gespeel in die opstel van n toespraak wat die staatspresident op 15 Augustus 1985 sou lewer ten aanskou van die hele wêreld waarin hy fundamentele verandering in die NP se beleid sou aankondig. Maar dit het nie gebeur nie, met die gevolg dat Pik Botha geweldige verleentheid moes verduur nadat hy persoonlik voor die tyd die media ingelig het dat groot veranderinge verwag kon word. Sy teleurstelling was dus groot.
3501739
cc100
CC 2018
af
Hierdie indrukwekkende werk van Theresa Papenfus wat 1029 bladsye beslaan (en talle foto's insluit) is die resultaat van jarelange diepgaande navorsing. Volgens Papenfus het die boek reeds in 1996 sy beslag gekry; of selfs 30 jaar vroeër in Worcester toe sy een middag ná skool Die Burger opgetel het met die opskrif, "Suid-Afrika wen", met verwysing na Suid-Afrika se oorwinning in die Wêreldhof om Suidwes-Afrika (nou Namibië) te behou as deel van die land. Haar biografie is n gesaghebbende bron van inligting, op die man af, sonder enige voorbehoude of verskonings.
3501740
cc100
CC 2018
af
Papenfus slaag suksesvol daarin om Pik Botha te plaas teen die politieke en sosiale agtergrond van sy tyd. Sy beeld hom uit as n politieke leier wat vanaf die 1970's tot die 1990's deurlopend sy oog gehou het op die toekoms van Suid-Afrika. Botha was n gesoute politikus tydens n stormagtige tydperk in die geskiedenis van Suid-Afrika wat reeds vroeg in sy politieke loopbaan geskool is in die wandelgange en raadsale van die Verenigde Nasies, die Amerikaanse Withuis en verskeie diplomatieke vestings in Europa. Hy het egter baie kommentaar ontlok gedurende sy politieke loopbaan, en self daarna. So het Aartsbiskop Desmond Tutu per geleentheid in September 2003 die opmerking gemaak: "He ... did a commendable job defending the indefensible, I mean apartheid!" (p 2). Vic Zazeraj, Botha se privaatsekretaris oor baie jare heen, het 'n stappie verder gegaan en beweer dat: "If there was one man who dragged South Africa towards democracy, kicking and screaming, it was Pik. Not F.W. de Klerk" (p 309).
3501741
cc100
CC 2018
af
In die hoofstukke, "A Style of his Own"; "We Want Pik"; en "A Black President" word Botha nie net uitgebeeld as 'n gesoute politikus nie, maar ook as n gewone mens met 'n unieke styl en groot aanhang onder NP-ondersteuners. Die hoofstuk, "A Black President", verskaf 'n goeie voorbeeld van hoe sommige uitsprake van Botha hom in diep water laat beland het by sy eie kollegas en ondersteuners. Botha was van mening dat Suid-Afrika eendag deur n swart president gelei sou word en het bygevoeg dat hy geen probleem daarmee sou hê nie. Hierdie uitlating, asook die feit dat hy vir sommige kollegas en ondersteuners 'n té populêre voorkoms gehad het, sou 'n negatiewe uitwerking hê op sy kanse in die leierstryd wat in 1989 binne die NP onstaan het - 'n faktor wat goed toegelig word in die hoofstuk, "Wind of Change - and a Scuffle on the Bridge".
3501742
cc100
CC 2018
af
Derdens is hierdie biografie van belang omdat daar nie net nuwe inligting oor die persoon Pik Botha aan die leser bekend gestel word nie, maar ook nuwe inligting rakende aspekte waaroor daar nie baie in die verlede geskryf is nie. 'n Voorbeeld hiervan is die bespreking in die hoofstuk, "Nkomati in Tatters", van die rampspoedige vlug waarin Samora Machel, die president van Mosambiek, omgekom het en die negatiewe invloed wat hierdie gebeurtenis gehad het op die reeds wankelrige Nkomati-akkoord. Suid-Afrika is vanuit verskillende oorde - waaronder Mosambiek, Zambië en Moskou - verantwoordelik gehou vir die vliegongeluk. Hierdie voorval het ook nuwe druk op Suid-Afrika geplaas ten opsigte van die apartheidsbeleid.
3501743
cc100
CC 2018
af
Die boek is in die vierde plek belangrik omdat dit die leser weer opnuut bewus maak van die ongemaklike en moeilik posisie waarin Suid-Afrika homself binne die internasionale politiek bevind het weens sy binnelandse beleid, en wat die rol van Pik Botha hierin was. Die hoofstukke, "A Sea of Troubles"; "Pik and the Rhodesians"; en "South-West Becomes Namibia", handel oor aangeleenthede waarin Botha 'n belangrike rol gespeel het om oplossings te vind vir uitdagings wat gevolg het op die winde van verandering wat sedert die 1960's oor Afrika gewaai het. Uit hierdie hoofstukke blyk dit ook duidelik dat Botha die groter wêreldspolitiek verstaan het en besef het dat internasionale druk op Suid-Afrika sou toeneem ten einde 'n demokrasie daar te stel.
3501744
cc100
CC 2018
af
Papenfus wend 'n goeie poging aan om, in 39 omvangryke hoofstukke met treffende titels, nuwe (en meer) lig te werp op die politikus Pik Botha se lewe - nie net sy politieke loopbaan nie, maar ook sy lewe daarvoor en daarna. Die leser word in hierdie hoofstukke as't ware op 'n reis geneem deur die lewe van Botha in die politiek teen die agtergrond van Pik die mens, eggenoot, pa en digter. Papenfus slaag daarin om op 'n doeltreffende wyse Pik Botha se verwysingsraamwerk, persoonlikheid, politieke loopbaan en al die faktore wat daarop ingewerk het, te verduidelik. Hierdie nuwe biografie verteenwoordig dus 'n goeie en deeglike toevoeging tot die biblioteek van biografieë van groot politieke rolspelers in die Suid-Afrikaanse geskiedenis.
3501745
cc100
CC 2018
af
Die oorlog is verby, maar die sielkundige letsels bly
3501746
cc100
CC 2018
af
Universiteit van die Vrystaat
3501747
cc100
CC 2018
af
Uitgewers publiseer steeds boeke oor die Namibiese Vryheidsoorlog en die daarmee gepaardgaande betrokkenheid van die destydse Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) in Angola ('n uitgerekte stryd wat vanaf 1966 tot 1989 geduur het). Dit is duidelik dat daar by baie (hoofsaaklik wit) Suid-Afrikaners die behoefte bestaan om meer te wete te kom omtrent hierdie uitmergelende oorlog, wat die Suid-Afrikaanse belastingbetaler baie geld uit die sak gejaag het. En dan is daar die ouerwordende groep "oudstryders" (die meeste van hulle wit, nasionale dienspligtiges uit die jare '70 en '80 van die vorige eeu) by wie daar die behoefte bestaan om "my storie" te lees, miskien in die hoop om dit wat destyds gedoen en ervaar is, beter te begryp; miskien ook om vrede te maak met daardie verlede, om afsluiting te kry.
3501748
cc100
CC 2018
af
Die boeke, wat sedert die einde van die 1970's oor bogenoemde "Grensoorlog" of "Bosoorlog" gepubliseer is (die meeste het egter die afgelope dekade of wat verskyn), handel hoofsaaklik oor die militêre gebeure wat in die noorde van Namibië en/of in die suide van Angola afgespeel het. Nou is daar egter 'n boek wat fokus op die sielkundige effek wat die oorlog "op die grens" en "in die bos" op sommige van die Suid-Afrikaanse soldate gehad het.
3501749
cc100
CC 2018
af
Anthony Feinstein se Kopwond: Vergete Slagoffer van die Bosoorlog het oorspronklik ook in 2011 in Engels as Battle Scarred: Hidden Costs of the Border War (Tafelberg, Kaapstad) verskyn. Die outeur het as afgestudeerde mediese dokter sy twee jaar verpligte nasionale diensplig aan die begin van die 1980's gedoen en vervolgens is hy ook vir 'n aantal kampe opgeroep. Hy is in die psigiatriese afdeling van die Suid-Afrikaanse Geneeskundige Diens aangewend en het in die loop van sy dienspligtermyn 'n groot aantal Suid-Afrikaanse soldate psigiatries geëvalueer en behandel: aanvanklik in Namibië se Ovamboland; later, tydens sy kampe, by townships soos Sebokeng en Sharpeville (waar lede van die SAW in die 1980's ontplooi is om wet en orde te handhaaf, of te herstel, in die jare toe groot dele van die land deur onluste en gepaardgaande geweldpleging geteister is). Feinstein het deurgaans dagboek van sy ervaringe gehou en dié notas gebruik in die skryf van Battle Scarred/ Kopwond.
3501750
cc100
CC 2018
af
Feinstein fokus in die meeste van die boek se twaalf hoofstukke op 'n aantal gevallestudies: op persone wie se verwikkelde simptome 'n onmisbare indruk op hom gemaak het. Ten einde te verseker dat die vertrouensverhouding tussen dokter en pasiënt nie geskend word nie, het Feinstein mense se name verander en hul identiteit ook waar nodig gewysig. Op dieselfde wyse probeer hy ook om die identiteit van sy kollegas te beskerm. In die boek se "outeursnota" (voorwoord) meld Feinstein verder (p 10) dat:
3501751
cc100
CC 2018
af
Die dialoog in die boek is die produk van rekonstruksie, my onvolmaakte herinneringsvermoë en digterlike vryheid. Niks daarvan is gegrond op aanhalings wat verbatim neergepen is nie. Waaraan egter nie gekarring is nie, is die gevalle self. Tekens en simptome en hoe dit tot uiting gekom het, is getrou aan die aantekeninge wat ek op die bepaalde dag gemaak het.
3501752
cc100
CC 2018
af
Die gevolg is 'n boek wat amper soos 'n storieboek lees, waarvan die kern (hopelik) histories korrek is, maar wat tog fiktiewe elemente bevat. Gevolglik is dit moeilik om die boek histories-wetenskaplik te ontleed en te evalueer. Dit is nie 'n tradisionele historiese bron nie, maar gee ook nie voor om een te wees nie. Dit vang wel die gees en atmosfeer van die lewe as soldaat in diens van die destydse SAW (en die apartheidsregering) goed vas, en stel die leser bloot aan die trauma en onsigbare wonde waaroor soldate inderdaad selde praat. Daar word nie doekies omgedraai oor drankmisbruik, slapeloosheid en gewelddadigheid nie. Die taalgebruik is kru (kyk byvoorbeeld pp 72-74), maar konteks- en waarheidsgetrou. Op patrollie ervaar Feinstein hoe die bloedige konflik selfs geharde soldate tot breekpunt dryf.
3501753
cc100
CC 2018
af
Uiteraard is daar in hierdie tipe herinneringsgeskrif geen voetnote of bronnelys nie. Daar is egter wel 'n hele aantal foto's (waarskynlik deur die outeur self geneem of laat neem). Feinstein vertel die verhale van oorlogslagoffers met begrip, maar plaas nie die gebeure tydens die Namibiese Vryheidsoorlog in 'n breër historiese konteks nie. Die belangstellende leser, maar iemand wat nog nie oor die gevolge van oorlogstrauma tydens, byvoorbeeld, die Eerste en Tweede Wêreldoorlog gelees het nie, kan dus gerus kennis neem van die feit dat daar vroeër ongenaakbaar (sonder begrip en wreed) teenoor diegene wat deur oorlog getraumatiseer is, opgetree is. Tydens die Eerste Wêreldoorlog het die Britte en Franse byvoorbeeld honderde van hul eie soldate, wat ons vandag weet aan post-traumatiese stres gely het, weens "lafhartigheid" tereggestel. Kyk ook die berugte "face-slapping incidents" waaraan die befaamde Amerikaanse bevelvoerder, luitenant-generaal George S. Patton, hom in Augustus 1943 in Sicilië skuldig gemaak het. Gelukkig was daar teen die 1970's reeds veel meer begrip vir die "kopwonde" wat oorlog kan veroorsaak.
3501754
cc100
CC 2018
af
Streng akademies gesproke is Anthony Feinstein se Kopwond: Vergete Slagoffer van die Bosoorlog nie 'n baie bevredigende werk nie, maar dit belig 'n tot dusver verwaarloosde aspek van die oorlog in Namibië en Angola, en voeg 'n belangrike dimensie by tot die sogenaamde "grensoorlogliteratuur". Die volledige verhaal van hierdie "ander oorlog", die oorlog wat binne in mense gewoed het en wat geestelike en sielkundige letsels gelaat het, daardie verhaal moet nog behoorlik wetenskaplik nagevors en geskryf word. Intussen sal Feinstein se boek mense hopelik wel aan die dink sit, help om die konsep "oorlogslagoffer" te verbreed en mense help om met meer begrip na sommige oorlogslagoffers te kyk en te luister. Daar is immers nog baie ander verhale wat (ook om terapeutiese redes) na geluister behoort te word en verkieslik ook opgeteken moet word, sodat daar met verloop van tyd 'n meer volledige historiese beeld van "kopwonde" gevorm kan word.
3501755
cc100
CC 2018
af
Dit is moeilik om nie die rye nuwe publikasies oor die sogenaamde Grensoorlog (oftewel die Namibiese Vryheidsoorlog, 1966-1989) mis te kyk wanneer 'n persoon sy of haar naaste boekwinkel besoek nie. Menige veterane van die oorlog en ander belangstellendes stel tans die verhale en ervaringe van gewone Suid-Afrikaanse troepe op skrif. Hierdie geskrifte dek alreeds 'n verskeidenheid temas, wat daartoe gelei het dat kundiges op die gebied daarna verwys as "grensliteratuur".1 At van Wyk lewer ook sy bydrae tot hierdie gesprek met sy werk, Die Roem en die Rou: Stories agter Honoris Crux, wat handel oor die ontvangers van die mees gesogte militêre toekening wat deur die destydse Suid-Afrikaanse Verdedigingsmag (SAVM) toegeken kon word. Hoe nuut die boek is, is 'n ander saak aangesien Van Wyk erken dat die manuskrip grotendeels gebaseer is op navorsing wat hy in die 1980's voltooi het. Van Wyk het alreeds in die laat 1970's en vroeë 1980's onderhoude gevoer met soldate wat die toekening gekry het vir (wat die SAVM beskou het as) "heldedade". Wat hierdie heldedade behels het is nie altyd aan die Suid-Afrikaanse publiek openbaar nie. Die verhale wat Van Wyk destyds bymekaar gemaak het, word nou uiteindelik vertel.
3501756
cc100
CC 2018
af
At van Wyk, wat voorheen aan die Universiteit van Suid-Afrika verbonde was, is nie 'n nuweling op die gebied van Suid-Afrikaanse militêre geskiedenis nie. Van Wyk se werk oor die parlement se debat oor die Unie se toetrede tot die Tweede Wêreldoorlog word in menige bronnelyste aangetref, maar sedertdien het sy fokus meestal geval op die Grensoorlog. In 1983 het sy eerste weergawe van die ervarings van SAVM-soldate die lig gesien en dit is selfs uitgesaai deur 'n radio-omroeper wat Van Wyk se eerste Honoris-Crux boek stuk-stuk aan die publiek bekend gestel het. Sedertdien is die verhale weer bekend gestel, met nuwe feite in die teks wat volgens Van Wyk nie vir die generaals van ouds aanvaarbaar was nie.
3501757
cc100
CC 2018
af
Met die eerste oogopslag lyk dit asof die boek nét oor die bitterheid en hartseer van die Grensoorlog handel. Met 'n aanhaling op die stofblad soos volg: "Pa't mos gesê ek moet vir Pa 'n ding doen!" verwag 'n mens vertellinge oor 'n gebreinspoelde generasie jong mans wat tevergeefs vir Suid-Afrika moes gaan veg. 'n Treurige narratief, soortgelyk aan Bertie Cloete se boek, Pionne,2 blyk die leser se voorland te wees. Die leser word egter vanuit die staanspoor aangenaam verras deur Van Wyk se mooi uiteensetting van die Grensoorlog, die betekenis van die Honoris Crux-medalje, en hoe dit gebeur het dat manlike Suid-Afrikaanse skoolverlaters diensplig moes gaan doen op 'n grens waar bitter min van hulle ooit voorheen was. Myns insiens slaag Van Wyk goed daarin om die basiese historiese konteks van die oorlog aan die algemene publiek te verduidelik. Van Wyk het die vermoë om soldate se persoonlikhede en sienings vernuftig vas te vang in sy beskrywing van die ervarings waarvoor hulle die Honoris Crux ontvang het. Die boek maak dit maklik om te begryp wat die soldaat gesien en beleef het toe hy sy makker verloor het, of sy vyand se geskut moes trotseer.
3501758
cc100
CC 2018
af
Die boek bevat 54 verhale en dek dus nie al die Honoris Crux-ontvangers se stories nie. Helaas verskaf die skrywer nie 'n rede vir sy seleksie nie. Dit bly 'n raaisel hoekom iemand soos sersant-majoor Trevor "Porky" Wright se heldedaad nie vertel word nie, veral aangesien hy nog steeds in die Suid-Afrikaanse Nasionale Verdedigingsmag dien en dus maklik genader kon word. Daar is ook geen duidelike verbintenis tussen die onderskeie soldate se verhale nie, behalwe dat elkeen 'n ontvanger van die Honoris Crux was. Van Wyk rangskik die geselekteerde stories chronologies, sodat die intensiteit van die oorlog vanuit die verskillende ervaringe na vore kom. Die "Rou" stories wissel van die Suid-Afrikaanse loodse wat in Rhodesiese uniform moes veg teen die "rebellemagte" van die huidige Zimbabwe, tot hoe die Suid-Afrikaanse gemeganiseerde troepedraers flenters geskiet is deur Kubane in Angola. Verder is daar verhale oor hoe soldate vriendskappe gesmee het en in lewensgevaarlike situasies mekaar tot hulp gesnel het, waardeur die ligter en meer roemryke kant van hierdie oorlog na vore kom. 'n Goeie voorbeeld hiervan is die verhaal van sers. Rosentruach en wrn. Kussendrager wat in 'n lokval hul beseerde bemanning met hul ambulans, genaamd Suzi, moes verwyder om die lewens van die 140 man by Quilengues te red (pp 105-107).
3501759
cc100
CC 2018
af
Hierdie boek verskaf ruimte aan die "helde" van die SAVM. Dit verskaf dus 'n nuttige bydrae tot die groter debat oor die Grensoorlog aangesien dit die ervaringe en ondervindinge van soldate op voetsoolvlak uitlig. Daar moet ook bygevoeg word dat Van Wyk die ironie van sommige Honoris Crux-aanbevelings besonder mooi uitlig - veral in sy beklemtoning van die eerste en laaste aanbevelings.
3501760
cc100
CC 2018
af
Die boek word afgesluit met 'n lys van al die ontvangers van die Honoris Crux. Hierdie register is handig om enige verdere verwysings na 'n ontvanger of 'n gebeurtenis met gemak na te slaan. Wat gemis word, is 'n verklarende woordelys wat al die onbekende terme in die boek aan die leser verduidelik. Indien kaarte van die gebiede waar die verskeie operasies plaasgevind het ingesluit was, sou dit die leser gehelp het om die area ter sprake beter te verstaan en die gevegte uit te pluis. Daarenteen moet genoem word dat die foto's van die onderskeie Honoris Crux-ontvangers, wat aan die begin van elke verhaal verskyn, die leser help om die soldaat se ervaringe te visualiseer.
3501761
cc100
CC 2018
af
Ná die lees van die laaste verhaal oor "Piet die Medic" (pp 286-287), wat selfs ná 'n kort verduideliking steeds 'n skim vir die leser bly, sal mens verskoon word indien hy of sy onsteld is oor die realiteite wat blanke Suid-Afrikaanse dienspligtiges moes ondergaan. Dit is miskien hier waar die boek se swakheid vorendag kom. Net sommige van die verhale onthul wat ná die oorlog met die "helde" gebeur het. Die verromantisering van hul ervaringe sou sekerlik versag kon word deur 'n meer nugtere (of selfs ontnugterende) blik op hul na-oorlogse heraanpassing in die burgerlike samelewing. Dit is wel waar dat hierdie soldate in 'n oomblik 'n verskil gemaak het, maar die vraag bly staan: het hierdie enkele episode 'n positiewe verskil aan hul lewens gemaak? Dit was miskien die geval gewees met dié soldate wat die hoogste eer verwerf het, maar dit is hier waar Van Wyk se werk 'n gaping laat wat deur toekomstige navorsers ondersoek sal moet word.
3501762
cc100
CC 2018
af
Die Roem en die Rou raak die kern van die oorlog aan en Van Wyk slaag daarin om dit toeganklik te maak. Alhoewel die boek nie 'n deurtastende bron vir enige streng-akademiese studie oor die Grensoorlog is nie, sal dit vir seker van nut wees vir enige aspirantkenner van die oorlog om ook die verheerliking van die oorlog te probeer verstaan.
3501763
cc100
CC 2018
af
1. Vergelyk bv. A. Wessels, "Laaste Woord oor dié Oorlog nog nie Gespreek", Historia, 56, 2, November 2011, p 227.
3501764
cc100
CC 2018
af
M. Slabbert en D. de Villiers, David Kramer: 'n Biografie
3501765
cc100
CC 2018
af
'n Biografie van David Kramer is al lank nodig. Slabbert en De Villiers het hierdie taak aangepak en 'n belangrike optekening van 'n Suid-Afrikaanse musikant se lewe gelewer. Die biografie is in samewerking met die Kramers gedoen en ontbreek derhalwe 'n paar kritiese komponente as biografie. Dit wat wel gedoen is, is egter omvattend en noukeurig. Dit is duidelik dat die Kramers gesteld is op hulle privaatheid, wat die werk van die twee biograwe aansienlik bemoeilik het. Veral Renaye Kramer, David se vrou, bly 'n vae randfiguur in die David Kramer-fenomeen. Hulle is alreeds sedert hulle skooldae saam en sy bestuur die sake- en administratiewe sy van sy musiek. Dog weet ons nie uit die biografie of sy ook, nes haar man, van Joodse afkoms is nie.
3501766
cc100
CC 2018
af
Die boek bestaan uit vyf dele, voorafgegaan deur 'n langerige skrywersnota en 'n inleiding. Elke afdeling beslaan drie of vier hoofstukke wat die tema van die afdeling chronologies hanteer. Die afdelings oorvleuel chronologies met mekaar, wat steurend werk in hierdie biografie. Die skrywersnota verduidelik dat die aanvanklike idee was om die werk van David Kramer na te speur en te kontekstualiseer. Die bereidwillige samewerking van die Kramers het dit egter in 'n biografie omskep. Dit is geensins krities nie, alhoewel die biograwe die stelling in die skrywersnota maak.
3501767
cc100
CC 2018
af
Die inleiding verskaf die agtergrond van Kramer se Joodse oorsprong, wat soortgelyk is aan dié van menige Joodse immigrante na Suid Afrika, en sy gesin se vestiging in Worcester, waar Kramer dan ook gebore is. Die Kramers het vinnig hul Joodse geloof afgeskud, wat hulle skynbaar as iets van die verlede beskou het wat hulle net in die toekoms sou belemmer. Deel 1 behandel Kramer se kinderjare. Die gesinslewe was klaarblyklik gesond en die normale omgang van sosiale byeenkomste was aan die orde van die dag. Slabbert en De Villiers doen moeite om die konteks van die tydsgleuf weer te gee. Daar word ook gefokus op die plaaslike musiektoneel op Worcester en die jong Kramer se blootstelling daaraan. Dit het hom heelwat stof vir van sy latere musiek verskaf. Ongelukkig verskaf die biograwe nie meer detail oor hoekom Kramer so intens aangetrokke tot dié musiek was nie. Waar en wanneer hy sy eerste kitaar gekry het en hoe hy homself geleer speel het, is byvoorbeeld aspekte wat 'n mens sou verwag het groter aandag in 'n musikant se biografie sal geniet.
3501768
cc100
CC 2018
af
Deel 2 dek Kramer se vertrek uit Worcester: eers om diensplig te gaan doen en daarna om in Engeland tekstielontwerp te studeer. Hier het hy die volle lewe van die vroeë 1970's se vryhede ervaar. Daar kon hy baie musiekopvoerings bywoon van musikante wat wissel van Leonard Cohen, Paul McCartney, David Bowie tot McGhee en Terry. Kramer was ook baie produktief in sy eie werk en skryf tydens dié periode baie gedigte wat hy later in liedjies sou omwerk. Hy doen ook 'n toer saam met Renaye deur Europa. Dit is duidelik dat hierdie tydvak intellektueel vir Kramer stimulerend was, maar dat dit nie vir hom noodwendig aangedui het wat die rigting is waarin musiek hom sal neem nie. Hy keer na Suid Afrika terug nadat hy gegradueer het en werk as 'n tekstielontwerper in Worcester waar hy begin om optredes te hou. Na 'n mislukte poging deur Kramer en sy vrou om te emigreer, verskuif hulle Kaapstad toe. Hy begin meer optredes gee, maar behou steeds sy werk by 'n tekstielmaatskappy. Dit is jammer dat die biograwe nie die mislukte migrasiepoging beter ondersoek het nie aangesien dit steeds 'n kontensieuse aspek is vir wit Suid-Afrikaners. Wat sy musikale ontwikkeling betref, gee Kramer gereeld optredes voor klein intieme gehore by privaathuise. 'n Mens is verstom om te dink wat die struikelblokke was om 'n musikant in die voor-digitale era te bemark. So het dit Kramer 'n goeie vier jaar gevat om sy eerste langspeelplaat vry te stel.
3501769
cc100
CC 2018
af
Gevolglik reik hy 'n reeks albums uit wat 'n mens as "plattelands" kan bestempel. Hy word baie produktief en tussen 1980 en 1990 reik hy nie minder nie as nege langspeelplate uit. Hy word die advertensiegesig vir Volksiebus en word 'n bekende figuur in Suid-Afrika - self bekender as Paul Simon, soos hy self vertel. Slabbert en De Villiers doen moeite om die boodskap, die sosiale kommentaar, die ironie en die humor van Kramer se lirieke weer te gee. Ná 1985 word sy lirieke al hoe meer polities, veral met die album, "Baboondogs", waarin die liedjie "Skipskop" opgeneem is. Die waarde van Kramer as 'n sosiale kommentator word in hierdie hoofstukke deeglik ondersoek. Dié deel van die boek raak-raak ook aan die musikale aspekte van Kramer se musiek sonder om dit diepgaande te ontleed. Met die term "blik" verwys Slabbert en De Villers na Kramer se inskakeling by die "Musiek en Liriek-beweging", maar daar word nie gesoek na die musiekgenre wat hy verteenwoordig het nie. Hoewel die biograwe letterkundiges is, kon hulle by ander kunstenaars kers opgesteek het oor Kramer se musiek. Hierdie aspek verdien dus verdere aandag.
3501770
cc100
CC 2018
af
Die laaste deel bevat die slothoofstuk, "Huistoe", wat ook die naam is van Kramer se jongste album. Kramer was, op versoek van Jan Horn, op soek na kitaarspelers van die Karoo. Dit lui 'n nuwe kreatiewe fase vir Kramer in, waarmee hy ook finaal sy depressie oorkom. Kultuurhistories lewer Kramer met hierdie werk 'n belangrike bydrae. Sy rondreis in die Karoo verskaf 'n ryk volume werk vir Kramer en 'n groot deernis vir hierdie soms ontgogelde mens. 'n Mens sidder as jy dink hoeveel armer Suid-Afrikaners sou wees as Tokas se manier van kitaarspel nooit opgeteken en opgeneem is nie. Eweneens was die optekening van die musiek van Helena Nuweveld net betyds voordat sy 'n paar jaar later sinneloos vermoor is. Die "Karoo Kitaar Blues" is opnames wat soos kleinood bewaar moet word. Kramer self lewer twee nuwe CD's, "Kliphard" en "Huistoe", wat verbasend meer Afrikaans is as van sy eerste albums. Hy voltooi ook die "Storie van Koos Sas" waarin hy die verhaal van die voortvlugtende Koos Sas vertel en sy misdade probeer verontskuld. Kramer word deur sommige mense gekritiseer dat hy hiermee die geskiedenis verdraai. Hy begin ook weer voor gehore optree en tree nou gereeld by kunstefeeste op. 'n Derde album, "Hemel en Aarde", word in 2007 uitgereik. Die biograwe lewer met hierdie laaste hoofstuk myns insiens hulle beste werk deur beide die konteks en die inhoud van Kramer se musiek behoorlik te hanteer. Die enigste hinderlike aspek is dat die chronologie van hierdie deel ooreenstem met die chronologie van die tweede helfte van deel 4.
3501771
cc100
CC 2018
af
Slabbert en De Villiers se studie van David Kramer en sy musiek is geslaagd en verteenwoordig daadwerklik 'n noodsaaklike kroniek van een van Suid-Afrika se voorste musikante en kunstenaars.
3501773
cc100
CC 2018
af
1 Julle is kinders van die HERE julle God; julle mag julle ter wille van ‘n dooie nie stukkend kerwe of ‘n kaalte tussen julle oë maak nie.
3501774
cc100
CC 2018
af
2 Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God, en jou het die HERE uitverkies om sy eiendomsvolk te wees uit al die volke wat op die aarde is.
3501775
cc100
CC 2018
af
3 Jy mag niks eet wat ‘n gruwel is nie.
3501776
cc100
CC 2018
af
4 Dit is die diere wat julle mag eet: ‘n bees, ‘n skaap en ‘n bok;
3501777
cc100
CC 2018
af
6 en al die diere wat gesplitste kloue het, en wel heeltemal in twee gesplitste kloue, en herkou onder die diere—dié mag julle eet.
3501778
cc100
CC 2018
af
8 ook die vark, want hy het gesplitste kloue, maar is geen herkouer nie—onrein is hy vir julle. Van hulle vleis mag julle nie eet en hulle aas mag julle nie aanraak nie.
3501779
cc100
CC 2018
af
9 Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het, mag julle eet.
3501780
cc100
CC 2018
af
11 Al die rein voëls mag julle eet.
3501781
cc100
CC 2018
af
12 Maar dit is wat julle uit hulle nie mag eet nie: die arend en die lammervanger en die aasvoël;
3501782
cc100
CC 2018
af
13 en die kuikendief en die valk en die gier na sy soorte;