text
stringlengths
411
162k
timestamp
stringlengths
19
19
url
stringlengths
20
445
source
stringclasses
1 value
Petrus identifiseer Jesus, en die sleutels van die Koninkryk word aan hom belowe | Jesus se lewe Wie is die Seun van die mens? MATTEUS 16:13-27 MARKUS 8:22-38 LUKAS 9:18-26 JESUS GENEES 'N BLINDE MAN PETRUS SAL SLEUTELS VAN DIE KONINKRYK ONTVANG JESUS VOORSPEL SY DOOD EN OPSTANDING Jesus en sy dissipels kom in Betsaida aan. Dan bring die mense 'n blinde man na Jesus toe en smeek hom om aan die man te raak om hom te genees. Jesus neem die man by die hand en lei hom tot buite die dorpie. Nadat Jesus op die man se oë gespoeg het, vra hy hom: "Sien jy iets?" Die man antwoord: "Ek sien mense, maar hulle lyk soos bome wat rondloop" (Markus 8:23, 24). Jesus sit sy hande op die man se oë en laat hom weer sien. Dan stuur hy die man wat nou kan sien huis toe en sê vir hom om nie in die dorpie in te gaan nie. Daarna reis Jesus en sy dissipels noord na die gebied van Sesarea-Filippi. Dit is 'n lang opdraand van sowat 40 kilometer. Die dorpie is 350 meter bo seevlak, met die sneeubedekte berg Hermon na die noordooste. Dit neem hulle moontlik 'n paar dae om by die dorpie uit te kom. Op een stadium langs die pad gaan Jesus eenkant om alleen te bid. Daar is nog net sowat nege of tien maande oor voor sy dood, en Jesus is bekommerd oor sy dissipels. Baie het onlangs opgehou om hom te volg, en ander is waarskynlik verward of teleurgesteld. Hulle wonder dalk hoekom hy nie wou hê dat die mense hom koning maak nie of hoekom hy nie 'n teken wou voorsien om sonder twyfel te bewys wie hy werklik is nie. Wanneer die dissipels na die plek toe kom waar Jesus bid, vra hy: "Wie sê die mense is die Seun van die mens?" Hulle antwoord: "Party sê Johannes die Doper, ander sê Elia, en nog ander sê Jeremia of een van die profete." Ja, mense dink dat Jesus dalk een van daardie manne is wat uit die dood opgewek is. Om uit te vind wat sy dissipels dink, vra hy: "Maar julle, wie sê julle is ek?" Petrus antwoord dadelik: "U is die Christus, die Seun van die lewende God." – Matteus 16:13-16. Jesus sê dat Petrus gelukkig kan voel omdat God dit aan hom geopenbaar het, en hy voeg by: "Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal ek my gemeente bou, en die poorte van die Graf sal dit nie oorweldig nie." Jesus bedoel dat hyself 'n gemeente sal bou en dat selfs die Graf nie die lede daarvan sal gevange hou as hulle op aarde tot die einde toe getrou bly nie. Hy belowe Petrus: "Ek sal vir jou die sleutels van die Koninkryk van die hemel gee." – Matteus 16:18, 19. Jesus gee Petrus nie die eerste plek onder die apostels nie, en Jesus maak hom ook nie die fondament van die gemeente nie. Jesus is self die Rots waarop sy gemeente gebou sal word (1 Korintiërs 3:11; Efesiërs 2:20). Petrus sal egter drie sleutels ontvang. Hy sal die voorreg hê om die geleentheid te open vir verskillende groepe mense om die Koninkryk van die hemel binne te gaan. Petrus sal later die eerste sleutel tydens Pinkster 33 HJ gebruik wanneer hy vir berouvolle Jode en proseliete wys wat hulle moet doen om gered te word. Hy sal die tweede sleutel gebruik om die geleentheid te open vir gelowige Samaritane om God se Koninkryk binne te gaan. Dan, in 36 HJ, sal Petrus die derde sleutel gebruik om dieselfde geleentheid te bied aan nie-Jode wat nie besny is nie, soos Kornelius en ander. – Handelinge 2:37, 38; 8:14-17; 10:44-48. Gedurende hierdie bespreking word Jesus se apostels ontsteld wanneer hy voorspel dat hy binnekort in Jerusalem sal ly en sterf. Maar Petrus verstaan nie dat Jesus tot lewe in die hemel opgewek sal word nie, en daarom neem hy hom eenkant en sê hy vir Jesus: "Wees goed vir uself, Here. Dit sal glad nie met u gebeur nie." Maar Jesus draai sy rug op Petrus en antwoord: "Gaan agter my, Satan! Jy is vir my 'n struikelblok, want jou gedagtes is nie God se gedagtes nie, maar dié van mense." – Matteus 16:22, 23. Jesus roep nou ander buiten die apostels en verduidelik dat dit nie maklik sal wees om sy volgeling te wees nie. Hy sê: "As iemand my volgeling wil word, moet hy ophou om vir homself te lewe en sy folterpaal optel en aanhou om my te volg. Want enigiemand wat sy lewe wil red, sal dit verloor, maar enigiemand wat sy lewe ter wille van my en die goeie nuus verloor, sal dit red." – Markus 8:34, 35. Ja, Jesus se volgelinge moet moedig en selfopofferend wees om te bewys dat hulle waardig is om sy goedkeuring te geniet. Jesus sê: "As iemand hom in hierdie ontroue en sondige geslag vir my en my woorde skaam, sal die Seun van die mens hom ook vir hierdie persoon skaam wanneer hy en die heilige engele met die mag van sy Vader kom" (Markus 8:38). Ja, wanneer Jesus op hierdie manier kom, "sal hy elkeen volgens sy gedrag terugbetaal". – Matteus 16:27. Watter soort beskouings het party mense in verband met Jesus se identiteit? Hoe beskou die apostels hom?
2021/03/07 12:08:38
https://www.jw.org/af/biblioteek/boeke/jesus/bediening-in-galilea/identifiseer-petrus-sleutels-van-koninkryk/
mC4
Kan leef maaiers in 'n man? Iemand sal reageer op die vraag van rimpeling van die neus en die ondergang van die skouer, en iemand humor opgemerk: "En hier - die oplossing van behuising probleme" Dit is 'n verstaanbare reaksie van een: nog 'n onaangename skouspel - maaiers in 'n man (foto in die artikel die meer meeste besparing), en verduidelik die glimlag van ander: hierdie insekte is regtig besig om organe (of weefsel), dan moet hulle, helaas, nie gesond maak nie. Waar het kom uit maaiers? Die feit dat hierdie klein wurms is eintlik die larwes van vlieë, bekend vir baie. Die naam is waarskynlik te danke aan die vinnige groei van parasiete. Opara deur die gasvrou in 'n warm plek gestel, begin borrel en vinnig te groei. As goed gedra en die larwe. Dit groei in vyf dae tot meer as 200 keer! Eerste vertraag larwes kan gesien word na slegs 'n dag. Organiese oorblyfsels wink vlieë met ongelooflike krag. Het jy al ooit opgemerk hoe die nuut gelê op die tafel rou vleis stadig begin in bewaring gehou te vlieg? Hierdie gevoel blyk dat die reuk van buit gons voel vir honderde meters. Die vonds, eerste noukeurig bestudeer (lang draaie vlieg op die produksie, op soek na 'n afgesonderde hoekie of 'n stuk lekkerste), en dan lê net eiers. En dit kan wees verskillende vlieë (nie net groen). Dit is bekend dat die keuse van die larwes begin om aansienlik bespoedig die proses van verval. kadawer fauna Behuising Probleem in staat om nie net mense nie, maar ook wurms bederf. Sodra op die horison doem reguit uit die blik woning parasiete dadelik sonder om te vra bewoon die vierkante meter, ten einde nie onnodig gebruik word. A graan van die waarheid in hierdie grappie daar, maar dit lê dieper. Die feit dat die dood biologiese weefsel lok insekte laagste wat in hierdie geval die rol van verpleegsters. Waar is die maaiers in 'n man? Ek moet sê dat so 'n onaangename lot is onvermydelik vir lyke, dws. E. Dooie mense. Hier, in beginsel, alles is duidelik - dit is 'n natuurlike proses en nie verduideliking nie vereis. Maar daar is soms buitengewone dinge - maaiers in persoon ... leef! Dit blyk dat so 'n geval, al is skaars, maar het nog 'n plek om te wees. Verder het hulle onmoontlik om te verseker. Een van die redes vir die voorkoms van parasiete kan 'n bloeiende wond of gangreen van stapel gestuur word. Veral gevaarlik, as jy dalk dink, die somer, wanneer baie van vlieë, veral. Dit is genoeg om te gaan slaap, laat toegang tot die wond, en teen die aand die volgende dag op die beskadigde spot bloeding kan voorkom vreemde wit kolletjies ... te beskerm kan net versigtig behandeling, die oplegging van verbande en verbande. Maaiers in 'n man kan lewe, en deur dinge. Dit blyk dat die hoogtepunt van grys vlieë broei aktiwiteit plaasvind of aan die einde van die somer of vroeë herfs. Op die oomblik, die insekte met spesiale ywer lê sy eier produkte. Volgens sommige entomoloë, na die eet van 'n besmette persoon aan die binnekant van die produk larwes kry en 'n paar van hulle oorleef. Parasiete voortgaan hul ontwikkeling is reeds binne. Hulle gaan na ontlasting, maar gedurende hierdie tyd, behalwe vir ongemak, 'n persoon ontvang "n gawe" eiers van Ascaris, wat 'n vlieg op sy bene dra. Ten einde te oortuig jy deeglik of termies verwerkte voedsel, genoeg, miskien, om te sê dat 'n mens so 'n parasiet bereik veertig sentimeter lank en lê tot tweehonderd eiers vir net een dag! Oor die wit maaiers sê 'n woord ... Die prentjie is natuurlik verskriklik. Maar dit blyk dat maaiers in 'n man kan dien en te bevoordeel. Studies het bewys dat hierdie parasiete in staat is indien dit behoorlik gebruik, nie net om die wond oppervlak te genees nie, maar ook om die genesing van haar tien keer vinniger! Trouens, hierdie roman beteken van behandeling gebruik in die voorste hospitale van Groot-Brittanje en die Verenigde State van Amerika, is selfs gebruik tydens die Tweede Wêreldoorlog. Maar die koms van antibiotika gelei om te vergeet van so effektief metode. Wat is die essensie? Maaiers nie die gesonde weefsel raak en eet net pasiënte (nekrotiese). In hierdie geval, die uitskakeling van die behoefte van antibiotika, en daarvolgens sal die probleem van dwelmafhanklikheid (stabiliteit) gedebiteer word. Sekerlik, dit is 'n steriele wurms, wat uit die wond moet verwyder word voor hul afvalprodukte binne sal wees. Wat is pancreatitis? siekte simptome Wat is die rede vir droë elmboë? Psoriase in 'n kind: oorsake, simptome, behandeling Kontak TC Series Termometer Model 5,06 Hoe hanteer skoliose: metodes, oefening Akriderm genta - beskrywing van die voorbereiding Montessori se metodologie is ... Die Montessori-stelsel: 'n beskrywing, materiaal, terugvoer van ouers en opvoeders
2022/05/25 22:41:04
https://af.unansea.com/maaiers-in-n-man-sprokie-of-n-verskriklike-werklikheid/
mC4
Wat is Christelike Wetenskap? | Christelike Media Uitgestuur aan Kerkrade op Versoek van die CO-Deputate van Sinode 2006←⤒🔗 'n Kort antwoord op hierdie vraag is dat dit Bybelgefundeerde wetenskap is. Wat is dan Bybelgefundeerde Wetenskap? Bybelgefundeerde wetenskap is 'n studie van God se skepping wat uitgaan van God se openbaring in Sy Woord. Onder skepping verstaan ons alles wat ons waarneem en ervaar in ons lewe. Elke mens is met liggaam en gees deel van God se skepping. Die Woord van God gee aan die gelowige kennis, kennis wat hy nie anders sou kon gekry het as deur die Woord van God nie. In die Bybel (God se besondere openbaring) openbaar God Hom aan die mens as 'n regverdige, goeie, alwyse, volmaakte (sonder gebreke), ewige en alomteenwoordige God, wat wil hê dat die mens, Sy skepsel en Sy rentmeester op aarde, Hom moet leer ken en in verhouding met Hom moet leef en werk. Deur ons studie van die skepping (Sy algemene openbaring) leer ons Hom as Skepper en Onderhouer van alle dinge ken, onder andere as: 'n God van orde 'n God van wysheid 'n Intelligente Ontwerper 'n Volmaakte God 'n Goeie en regverdige God 'n God wat alles onderhou en beheer Wetenskap tot Eer en Verheerliking van God Almagtig←⤒🔗 Oor al die eeue – tot soveel as 'n eeu gelede – het Christen-wetenskaplikes se geloof in God en hulle ontdekkings deur hulle wetenskaplike werk, hand aan hand gegaan. Die uiteindelike doel van hulle wetenskap was om tot eer van God dinge in Sy Skepping te ondersoek en te ontdek. Bekende natuurwetenskaplikes soos Kepler, Boyle en Newton het in en deur hulle werk God verheerlik. Van Kepler, die bekende Duitse sterrekundige, het die volgende gebed bewaar gebly: Ek dank U, Skepper en Here, dat U my hierdie vreugde in U skepping, hierdie genot in die werke van U hande geskenk het. Ek het die heerlikheid van U werke aan die mense bekend gemaak vir sover my eindige gees U oneindigheid kon verstaan. As ek iets gesê het, wat U onwaardig was of as ek eie eer mag gesoek het, vergeef my dit dan tog genadiglik. Galileo het ook gesê: die werke van God se vinger – dit wil sê wat sy hande in die skepping gemaak het – en die werke van God se mond - dit wil sê wat God in sy Woord geopenbaar het – kan mekaar nie teenspreek nie. Ons kan daarom op hierdie wyse onbevange wetenskap bedryf. Ons as Christene het die heerlike voorreg om te weet dat God Hom deur Sy werke aan ons bekend maak. Hierdie wete lê dan ook 'n verpligting op ons om leerareas en vakke in die klaskamer tot eer en verheerliking van God onderrig – nie bloot deur Bybelversies aan ons lesse toe te voeg nie, maar deur die lesmateriaal self en die inhoud van lesse so aan te bied dat dit getuig van God as Skepper en Onderhouer, soos Kepler getuig het. Kom ons kyk na enkele onderwerpe wat in leerinhoude voorkom: Soogdiere←⤒🔗 Wat het die mens gemeen met 'n leeu, 'n meerkat, 'n walvis en 'n vlermuis? Volgens die wetenskap wat hom besig hou met die vorm en bou van die liggaam van mens, dier en plant – die Anatomie– word almal as soogdiere geklassifiseer. Die woord soog beteken om kleintjies met melk te voed. Alle soogdiere het melkkliere waarmee hulle kleintjies voed deur te soog (suig) Soogdierkleintjies kan nie van kleins af vir hulleself sorg soos visse en reptiele nie. Hulle kan nie self kos soek of hulleself teen gevaar beskerm nie. Daarom is ouers nodig om vir hulle te sorg en hulle te leer hoe om selfstandig te leef wanneer hulle volwasse is. Alle soogdiere is werweldiere, d.w.s. hulle het 'n geraamte. Die geraamte word gebruik om te beweeg en om die inwendige organe soos hart en longe te beskerm. Soogdiere het 'n verhemelte wat hulle mondholtes in twee verdeel. Die boonste deel word gebruik om asem te haal en die onderste deel word gebruik om te eet en te drink. As soogdiere nie 'n verhemelte gehad het nie, sou hulle nie kon asemhaal terwyl hulle eet en water drink nie. Dit alles toon die wysheid waarmee God alle dinge, ook soogdiere geskep het. Maar ons kan nie net anatomies na ooreenkomste kyk nie. Daar is ook wesentlike verskille tussen die mens en soogdiere. Soogdiere sorg instinktief vir hulle kleintjies en weet instinktief wat om vir hulle te leer. Daarteenoor versorg en leer die mens sy kleintjies nie instinktief soos 'n soogdier nie, maar hy het 'n verstand gekry en 'n vermoë om selfstandig besluite te neem en te beplan vir die opvoeding van sy kinders. God het man en vrou tweeledig geskep: Hulle is skepsels, wat behoort by die diereryk: hulle is op die sesde dag geskep ná al die diere op aarde. Hulle is 'gevorm uit die stof van die aarde' (Gen. 2:7), wat dui op hulle skepselwese, op hulle gebondenheid aan die aarde. Aan die ander kant is slegs mense (nie diere nie) na die beeld van die Skepper gemaak. Dit is die belangrike boodskap van die Bybelse skeppingsleer. Die mens is as aardse wese geskep om op 'n beperkte skaal soos God te wees, om sy kultuurmandaat (Gen. 1:26, 28; 2:15) te kan uitvoer, om met hart en verstand, ontdekkend en beplannend, te kan heers oor God se skepping, mee te werk aan die ontplooiing daarvan en daarvoor te kan sorg. Deurdat mense na God se beeld geskep is met omgee vir mekaar en die skepping, word mense geroep tot 'n persoonlike gespreksgemeenskap met Hom. Daarom behels die lewe van die mens veel meer as die biologiese. Slegs mense kan bewustelik God se skepping waardeer en dit geniet, en kan deur God tot verantwoordelikheid geroep word. Die uniekheid van die mens is nie maar net daarin geleë dat ons met mekaar praat nie, maar eerder daarin dat God met ons praat en dat ons gevra word om daarop te antwoord. Ons is geskep vir 'n geroepe lewe, gerig op God. Bosse, Bome, Berge, Vlaktes←⤒🔗 Bo-op die Drakensberge lê die sneeu spierwit, in die Kalahari bak die son op die rooi sandduine neer en by Knysna is daar plekke wat die bome so dig is dat die sonlig nie eers daardeur kan dring nie. Ons land is een van die min lande op aarde waar 'n mens binne 'n dag met 'n motor van 'n woudgebied na 'n woestyngebied kan ry. Suid-Afrika is een van die lande wat die grootste verskeidenheid diere op aarde het. Dit is moontlik omdat ons land soveel verskillende habitatte het. 'n Habitat is 'n dier se blyplek. Suider-Afrika het woude, grasvlaktes, kusgebiede en ook 'n woestyngebied. Elke gebied is die blyplek van verskillende soorte diere wat aangepas is om daar te oorleef. Dit illustreer weereens die wonderbaarlikheid van God, waarvoor ons hom moet loof en alle eer moet gee, maar ook dat ons die verantwoordelikheid het om as rentmeesters sorgsaam met die natuur om te gaan. Wiskunde – 'n Wyse om God se Skepping te Beskryf←⤒🔗 Net soos enige ander wetenskap is wiskunde 'n menslike skepping van 'n faset, 'n afbeelding van God se handewerke. Almal, gelowige en ongelowige wiskundiges werk saam om wiskunde as wetenskap te vorm en uit te bou. Die feit dat elke wiskundige nie sy eie wiskunde apart van al die ander vorm en bou nie, beteken dat wiskunde veel meer is as 'n individuele logiese spel van aksiomas en bewyse. Dit beteken dat wiskunde as wetenskap universeel is, wat gegrond is in en afgetrek (geabstraheer) is van die werklikheid. Met ander woorde, wiskunde is 'n wyse om God se handewerk te beskryf. Dit beteken in besonder dat getalle, net soos ruimte, wat albei die werksgebiede van die wiskunde is, deel van God se skepping is. Dit beteken ook dat al wil baie wiskundiges wiskunde terwille van die wiskunde uitbou, hulle tog steeds besig is om met fasette van die skepping te werk, of soos Galileo dit gestel het: die boek van die natuur is in die taal van die wiskunde geskryf. Die Getal 3←⤒🔗 Die getal is deel van die skepping van God. Dit het nie deur 'n evolusionistiese proses by 'n oermens, wat begin het om op sy vingers te tel ontstaan nie. Met ander woorde, die getal is nie deur die mens gevorm deurdat hy dit nodig gehad het vir sy bestaan op aarde nie. God het aan die mens 'n verstandelike gawe geskenk om idees en begrippe uit die werklikheid te onttrek, te abstraheer en om logies te dink. Ons leer 'n kind dat twee appels en drie appels gee vyf appels, en baie gou daarna veralgemeen ons dit na twee plus drie is vyf. Hierdie getalle twee, drie en vyf is abstraksies vanuit die konkrete. Die getal 'twee' is 'n abstrakte begrip. Die kind leer dus om getalle 'af te trek' of te onttrek van die konkrete dinge. Die feit dat die mens geen probleme het om in terme van getalle te dink nie beteken dat die mens 'n wonderlike vermoë het tot abstrakte 'teoretiese' denke. Die woord 'teorie' kom van die Griekse woord wat beskou, beoordeel beteken. Net so beskou en beoordeel die wiskundiges die wiskunde, m.a.w. die wiskunde bestaan buite hulle - is mensewerk wat deur logiese beredeneringe uit begrippe (onder andere getalle), wat uit die konkrete onttrek is, gevorm word. Die mens het 'n fantastiese vermoë gekry om logies te dink en te redeneer. Die begrip oneindigheid is baie belangrik in wiskunde. Beskou bv. die reeks van heelgetalle: 1, 2, 3, 4, ..... Meeste kinders sal een of ander tyd by een begin tel en kyk tot watter grootste getal hulle kan tel. Maak nie saak tot watter grootste getal hulle gekom het nie, daar kan altyd nog een bygetel word vir 'n nog groter getal. So 'n reeks van heelgetalle is oneindig – 'n mens kan nie by die laaste getal, die oneindigheid, kom nie. Ons kom die oneindigheid oral in die natuur teë. Die begrip oneindigheid dui die volmaaktheid van die Skepper aan, 'n volmaaktheid wat vir ons onbereikbaar is. Sinoniem hiermee is die ewigheid van die Skepper. As ons die heelgetalle volgens 'n skaal op 'n reguit lyn uitsit, is daar oneindig baie punte op die kontinue (aaneenlopende) reguit lyn tussen die punte van twee opeenvolgende heel getalle. Sommige van hierdie oneindig baie punte is punte van rasionele getalle, dit is, breuke van heelgetalle. Al die ander getalle is irrasioneel, bv. √2, wat deur Pythagoras ontdek is. 'n Irrasionele getal het oneindig baie syfers na die desimale punt, soos √2 = 1,414213562.......... As ons reglynige beweging van 'n massapunt beskryf, moet die punt deur al die oneindig baie punte vanaf 'n beginpunt tot 'n eindpunt van 'n baan beweeg. Newton het differensiaal-vergelykings kon neerskryf vir snelheid en versnelling van 'n massa uitgaande van hierdie begrip van oneindig baie punte op die pad van die bewegende massapunt. Dit is die grondslag van dinamika, d.w.s. van ruimtelike beweging in tyd, wat dit onder andere moontlik gemaak het om met groot presiesheid die baan van 'n ruimtetuig, wat van Kaap Kennedy gelanseer word, te bereken sodat dit in 'n vooraf bepaalde punt op die maan land. Hierdie prestasie loof die volmaaktheid van die Skepper. Wiskunde maak die Handwerk van God Sigbaar←⤒🔗 Wiskunde bied aan ons 'n wyse om God se skepping te beskryf, maar deur wiskunde word aan ons op 'n besondere wyse die wonderbaarlikhede, die funksionele, en die skoonheid van God se handewerke sigbaar gemaak. Beskou bv. die planetebeweging, wat afgelei word uit Newton se tweede bewegingswet: F=ma (krag = massa x versnelling) en sy swaartekragswet: F=Gm1m2/r2 (krag is eweredig aan die produk van die massas gedeel deur afstand kwadraat, waar G die eweredigheidskonstante is, wat Newton eksperimenteel in die laboratorium bepaal het). Dit is eenvoudige vergelykings met 'n geweldige potensiaal, wat nie net gebruik word vir berekeninge van bane van ruimtetuie vir 'n vlug na die maan of planete nie, maar vind ook sy toepassings in talle nywerhede. Die mens het talle ontdekkings in die wiskunde gemaak. Hy het bv. die imaginêre (onwerklike) getal √-1 ontdek. Hy het met behulp van onder andere hierdie imaginêre getal ontdek dat wiskunde op talle terreine van die wetenskap strukture beskryf wat in ooreenstemming is met eksperimentele waarnemings, bv. die struktuur van die atoom. Van hierdie strukture, ook van die atoom se struktuur, gee die wiskundige beskrywing 'n struktuur van waarskynlikhede en nie 'n skerp omlynde struktuur nie. Die binnenste van 'n atoom kan ons nie met die beste vergrotingstegnieke vir ons sigbaar maak nie. Ons moet egter God loof vir die klein venstertjie wat Hy deur die wiskunde vir ons insig gee in Sy wonderbaarlike skepping en hoe alles harmonieus met mekaar saamhang. Vir die natuurwetenskappe bly dit 'n misterie waarom 'n wiskundige weergawe van fisiese en biologiese strukture en veranderinge in die natuur so presies kan ooreenstem met menslike waarnemings. Deur middel van wiskundige beskrywings ontdek ons "natuurwette", bv. die swaartekragswet van Newton, of die gaswette (bv. wet van Boyle). Hierdie "natuurwette" kan slegs 'n afskaduwing van God se werke wees, want deur ons wetenskap vereenvoudig ons die harmonieuse ingewikkeldheid van God se skepping. In hierdie verband het Albert Einstein opgemerk: Die ewige misterie van die wêreld is sy verstaanbaarheid" ("The eternal mystery of the world is its comprehensibility"). Vir die Bybelgelowige is dit nie 'n misterie nie, want die denke van die mens met sy wiskundige en abstraherende vermoëns en die fisiese wêreld met sy waarneembare wiskundige ordening is met mekaar verweef want albei het dieselfde Skepper. Volgens die Bybel was een van God se doelwitte met Sy skepping dat die hele skepping daar is vir die mens om te geniet, te dien en te bewerk, dit wil sê kultuur te skep. Hierin vervul wiskunde as 'n integrale deel van die skepping 'n wesentlike funksie in die ontsluiting van die werklikheid en in die gebruik van wetenskaplike kennis. Dit is hierdie punt wat die humanistiese kyk op wiskunde as 'n produk van die menslike intellek mis. Om saam te vat: Ons het met die getal as deel van God se skepping begin. Deur kultuurskepping het die mens 'name' aan die getalle gegee. En deur menslike kultuurskepping het die verwerking van hierdie getalle met hulle name al verder ontwikkel tot die vlak waar ons vandag staan, met simbole en formules. Deur hierdie kultuurskepping kan die mens vandag in wetenskaplike konteks sekere aspekte van die skepping in simbole en formules weergee, en kan die mens ook probleme oplos en sekere 'voorspellings' oor natuurgebeure maak soos byvoorbeeld vorming van wolke en moontlikheid van reën. Deur die Griekse Wiskunde het God Voorsien←⤒🔗 Ons weet uit argeologiese bevindings dat Wiskunde 'n duidende rol in die vroeë beskawings gespeel het. Egiptiese Wiskunde was elementêr, maar nie vir 'n kind nie. Die gebruik van algebra, meetkunde en driehoeksmeetkunde kan gesien word in die konstruksie van die piramides, besproeiingskanaalstelsels, graanskure en besigheidstransaksies. Die Griek Thales (624-~546 v.C.) het in Egipte en Babilonië gestudeer. Hy was 'n suksesvolle handelaar, wat later in sy lewe hom op natuurwetenskap en politiek (staatkunde) toegespits het. Hy was die eerste om meetkundige verbande op 'n logiese wyse uit algemeen-geldende stellings, aksiomas en postulate af te lei. Pythagoras was een van Thales se mees bekende leerlinge. (Dink aan die stelling van Pythagoras). Waar wiskunde vir die Egiptenare praktiese gereedskap was, het die Grieke deur logiese denke wiskunde, en veral meetkunde, as 'n wetenskap gevestig. Voortspruitend hieruit het die Grieke in die tyd kort voor die geboorte van Christus praktyke gevestig wat die vinnige uitbreiding van die evangelie moontlik gemaak het. Deur Griekse meetkunde en navigasietegnieke kon skepe nou direk oor die Middellandse see gevaar het en nie meer kuslangs nie; Met Griekse meetkunde en tegnieke het die Romeine uitgebreide paaie vir die vestiging van hulle Ryk oor die destydse wêreld gebou; Deur die Griekse wetenskap en handelspraktyk is die Griekse taal in die Romeinse Ryk gevestig. God Voorsien deur die Moderne Wetenskap←⤒🔗 Die uitvinding van die drukpers deur Gutenberg (1400-1468) voordat Luther (1483-1546) die Bybel in Duits vertaal het, toon ook duidelik dat God voorsien. Toe kon die Lutherse Bybelvertaling in groot hoeveelhede gedruk word vir gebruik in elke huis. Die geweldig-vinnige ontwikkelinge in tegnologie vandag maak die uitbreiding van die evangelie tot elke land en tot in elke gehuggie moontlik deur radio, televisie en internet. Die Middeleeue Ingevang in Natuurwetenskaplike Denke←⤒🔗 Natuurwetenskappe, trouens elke vorm van wetenskap, ook die mens- en sosiale wetenskappe, word deur menslike denke gevorm en geskied altyd binne die raamwerk van 'n lewens- en wêreldbeskouing. Ongeveer 400 jaar voor Christus het die Griekse wysgeer Aristoteles die denke gevestig dat enige verklaring by die bekende, die vanselfsprekende moet begin. Volgens ons alledaagse waarneming kan dit as vanselfsprekend aanvaar word dat die aarde in rus is en dat die son, maan, planete en sterre daaromheen beweeg. Uitgaande hiervan het Aristoteles die heelal verdeel in 'n ondermaanse (die aarde en die atmosfeer) wat stilstaan, en 'n bomaanse (die maan, son, planete en sterre) wat ewigdurend om die aarde beweeg. Volgens Aristoteles streef alles in die ondermaanse na 'n toestand van rus, want die aarde is self in rus. As, byvoorbeeld, 'n kar nie meer deur 'n perd getrek word nie, gaan staan die kar omdat die kar na die toestand van rus terugkeer. Hy het 'n verdere onderskeid gemaak tussen die ewigdurendheid van die bomaanse (maan, son, planete en sterre is altyd daar) en die tydelike of verganklike in die ondermaanse (die kar breek en vergaan; die perd word siek en gaan dood). Hierdie Aristoteliaanse wêreldbeskouing is deur van die vroeë Christene oorgeneem, van heidense elemente gesuiwer en Bybelse elemente daarin geweef (bv. materie is nie ewig nie, maar God is ewig). Die Middeleeuse kerk het later die verchristelikte leer van Aristoteles, met die aarde in rus, tot 'n dogma verhef. Copernicus, Kepler en Galileo het met hierdie kerklik-aanvaarde leer van Aristoteles van 'n aarde in rus gebots toe hulle uit waarnemings op planete tot die gevolgtrekking gekom het dat die aarde beweeg en nie in rus is nie. Vandag is dit nie vir ons vreemd dat die aarde saam met die ander planete om die son beweeg nie, omdat ons so van kleins af geleer word. Die 19-Eeuse Christen-Europeër en Konstantheid van Soorte←⤒🔗 Tot in die tyd van Darwin (1809-1882) het die Christen-Europeër aanvaar dat God onveranderlike en onveranderbare biologiese soorte geskep het. Elke soort het God in die begin afsonderlik geskep, en God het "gesien dat dit goed was". Gevolglik sou God geen rede gehad het om 'n soort met die tyd te laat verander nie want dit was goed geskep. Die Griekse wysgeer Aristoteles het alreeds geglo dat spesies onveranderlik is. Hierdie idee van Aristoteles is deur die kerkvader Augustinus (354-430 nC) na die Christelike denke oorgedra. Dit is juis hierdie idee van die vastheid (onveranderlikheid) van spesies wat uiteindelik gelei het tot verwerping van die skeppingsverhaal in Génesis deur Darwin. Sy waarneming van byvoorbeeld die verskillende soorte vinke op die Galapagos-eilande bo in die noorde van Suid-Amerika naby Ecuador het duidelik nie op 'n onveranderlikheid van spesies gedui nie. Hy het toe natuurlike seleksie as grondslag van veranderinge in soorte aanvaar, om variasies in spesies te verklaar deur die oorlewing van die sterkstes. Darwin en andere se reaksie teen die teologie van vastheid en konstantheid van spesies wat indertyd ook die wetenskapsbeeld was, het gelei tot die verwerping van die Bybel en die Christelike werklikheidsvisie en daarmee het hulle 'n naturalistiese en deterministiese siening van veranderinge, dit wil sê evolusionisme, aanvaar. Wat Glo die Christen Vandag?←⤒🔗 Die geologie is 'n rekord van die aarde se geskiedenis. Geoloë leer om die geskiedenis van die aarde uit gesteentes, uit aardlae en uit die fossiele in die aardlae en gesteentes, te lees. Daarvolgens is daar duisende miljoene fossiele van organismes, plante en diere in die aarde, wat gesterf het en gefossileer is oor 530 miljoen jaar voordat Adam en Eva 6000 jaar gelede volgens Bybelse geslagschronologie geskep is. As God self volmaak is (sonder gebreke is), maak dit nie sin dat Hy Adam en Eva op 'n begraafplaas van dooies volmaak (sonder sonde) geskep het nie. Trouens, God het aan die einde van die sesde skeppingsdag "gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed." (Gen. 1:31). Daar moet êrens 'n fout in die tydsberekeninge van die wetenskap of in tydberekeninge vanuit die Bybel, of in albei wees. Wat moet dan die Christen se perspektief op die wetenskappe wees? Wetenskappe bestaan uit vakdissiplines. Die woord dissipline impliseer 'n wyse waarop wetenskap gevorm en beoefen word. Dit beteken dat ons gedagtes dissiplineer moet word vir wetenskaplike werk. Op skool en op universiteit word ons gedagtes gevorm en word ons geleer hoe om wetenskaplik oor die wêreld en bestaande kennis te dink. In navorsing moet almal volgens algemeen-aanvaarde metodes kennis ontgin en die kennis aan bestaande of nuwe teorieë toets, teorieë wat deur almal van 'n betrokke dissipline saam oordink en aanvaar kan word. In hierdie oordenking werk wetenskaplikes uit alle gelowe saam. Dit beteken dat wetenskap openbare (wêreldse) kennis is. Die openbare media vorm en dra 'n vertolking van wetenskaplike kennis van vandag oor aan die algemene publiek. Hierdie vertolking vorm die openbare mening. As die wetenskap en die media voortdurend verkondig dat die aarde baie oud is, glo later almal, ook Christene, dat dit 'n feit is. Dieselfde gebeur met die evolusieteorie: as voortdurend verkondig word dat die mens uit die dier deur evolusie ontstaan het, word dit later as 'n feit aanvaar, met die implikasie dat die mens dan op 'n natuurlike wyse na die dier se beeld gevorm is en nie dat God die mens na Sy beeld geskep het nie. Wat moet die Christen se Benadering tot Natuurwetenskappe wees?←⤒🔗 Ons leer God ook ken deur kennis van die fisiese en biologiese wêreld, soos beskryf deur die natuurwetenskappe. Hierdeur openbaar God Homself aan almal, ook aan dié wat Hom nie ken nie. Ook die ongelowige wetenskaplikes sien die wonderbaarlikhede van God in die skepping, al aanvaar hulle dit nie as God se werke nie (Rom. 1:18-23) en al gee hulle aan "Moeder" natuur al die eer vir alles wat bestaan en vir die ontstaan van alles. Ons kinders en studente moet ook deur die wetenskap getuienis aangaande die ewige, almagtige en alwyse God en Skepper en Onderhouer van alle dinge aan die nie-gelowige kan lewer. Dit kan hulle slegs doen as hulle die natuurwetenskappe bestudeer om dit te ken en te verstaan, al word die natuurwetenskappe gevorm asof God nie bestaan nie. Maar ons moet ons kinders en studente verder skool en toerus om te kan getuig van God se besondere openbaring in Sy Woord dat Hy nie deurlopend soos die evolusieleer wil, skep nie, maar deur bonatuurlike diskrete handelinge hemel en aarde en alles daarin – ook die mens – geskep het, dat Hy deur hierdie bonatuurlike handelinge na ses skeppingsdae aan die hele skepping 'n potensiaal voorsien het om onder Sy bestiering te ontplooi tot die voleinding van die tyd, en dat God se handelinge slegs deur Sy Woord en nie deur wetenskaplike (menslike) waarnemings geken kan word nie. Hulle moet ook verstaan dat God nie deur die wetenskap sonder Sy Woord geken kan word nie, en dat die mens dan self die vraag waar alles vandaan kom, wil beantwoord en hiervoor 'n evolusionistiese wetenskapsmodel gebruik wat met 'n oerknal begin en wat veronderstel dat alles deur die natuur self voortgebring is. Afsluiting←⤒🔗 Bybelgefundeerde wetenskap bestudeer die skepping uitgaande van God se besondere openbaring in Sy Woord. Ook in die natuur- en wiskundige wetenskappe moet ons hiervan uitgaan en in ons onderrig van Hom getuig as Skepper en Onderhouer van alle dinge, as 'n God van orde, as 'n God van wysheid, as 'n intelligente ontwerper, as 'n volmaakte God, as 'n goeie en regverdige God, dat Hy deur sy Goedheid en Regverdigheid alles onderhou, beheer en versorg tot die volheid van die tyd, en dat Hy 'n God is wat van ons verwag om met insig en sorg teenoor die skepping in alle lewensfere op te tree. Ons moet ook die vloek wat God oor die aarde uitgespreek het met die sondeval – "met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe" – in ons lewens erken, maar ook God se genade erken dat ons deur werk en gebruik van wetenskapskennis en tegnologie, ons rentmeesterskap en versorging teenoor Sy skepping en ons medemense kan en moet uitoefen en uitleef, en dat ons ons in Sy wonderbaarlike skepping kan verlustig.
2022/05/24 14:38:29
https://www.christelikemedia.org/article/wat-christelike-wetenskap
mC4
Die liggaam van die dooies - Interessant Die liggaam van die dooies Lyk in die doringdraad. TIEN Otto (1891 - 1969) Dood voor Tahure se posisie. Dans van die dooies. Titel: Lyk in die doringdraad. Skrywer: TIEN Otto (1891 - 1969) Skeppingsdatum : 1924 Afmetings: Hoogte 2.4 - Breedte 2.93 Tegniek en ander aanduidings: Behoort tot die siklus "Die oorlog". Stooring plek: Geskiedenis van die webwerf van die Groot Oorlog van Péronne Kontak kopiereg: © ADAGP, © Collection Historial de la Grande Guerre - Péronne (Somme) - Foto Yazid Medmoun © ADAGP, Historiese versameling van die Groot Oorlog - Péronne (Somme) - Foto Yazid Medmoun Titel: Dood voor Tahure se posisie. Kontak kopiereg: © ADAGP, © Historieversameling van die Groot Oorlog - Péronne (Somme) - Foto Yazid Medmounsite web Titel: Dans van die dooies. Afmetings: Hoogte 2,93 - Breedte 2,42 Die etse wat hier aangebied word, behoort tot 'n siklus van gravures getiteld "The War" en geproduseer deur Otto Dix in 1924. Die essensie van hierdie siklus hou verband met die voorstelling van die dooie, grimmig verminkte liggame, in 'n fase van ontbinding. Hoe help die beeldende daad op die liggame van dooies om trauma te openbaar? Met 'n ongelooflike besorgdheid oor detail wat beklemtoon word deur die intensiteit van chiaroscuro, stel die skilder hom hier voor om die ontmensliking van liggame en die dierlikheid van die dood voor te stel: 'Oorlog is die terugkeer na dierlikheid: honger, luise, modder, daardie infernale geraas ... As ek na die skilderye van vroeër gekyk het, het ek die indruk gehad dat ons 'n aspek van die werklikheid vergeet het: lelikheid, "het Dix gesê. Hy plaas veral klem op die gesigte en hande van die dooies, wat die uitdrukking van die lyding van liggame ten beste aan die dag lê. Die etstegniek, waaraan Dix reeds in 1920 gewerk het, laat 'n wye verskeidenheid grafiese effekte toe, van fyn uitbroei, eenvoudige skets van buitelyne tot meer uiteenlopende lyne. Dit help dus om die werklikheidsgedagte aan die komposisies te versterk: "Suiwer suiwer, bedek dit met akwatint, kortom, die wonderlike tegniek waaraan 'n mens na willekeur in fases kan werk. Skielik word die werk uiters interessant. As u met ets ets, word u 'n ware alchemis. Die ets laat die kunstenaar toe om weer aan die werk te gaan sodra die bord gedeeltelik met 'n nuwe laag asfaltvernis bedek is. Dix kan dus die stadiums van vernietiging, wat voorgestel word deur die mate van verminking van die liggame, rekonstrueer deur al hoe dieper in die organiese materiaal van die vernis te ets, soos dit blyk. Lyk in doringdraad en Dood voor Tahure se posisie. Die gesig en hand van die Lyk in doringdraad word vermink deur swart suurwonde met geknaagde rande so groot soos 'n vuis. Die Dans van die dooies toon 'n hoop liggame en lede van gesneuwelde soldate, met 'n voëlvlug. Hulle word verlig deur 'n flikkerende lig wat verlate liggame uit die duisternis na vore bring. Die voorstelling van ontwrigte ledemate verkry 'n eie estetiese waarde, wat die gevolg is van die vreemdheid van liggame wat onherkenbaar gemaak word deur hul vervorming. Dix se uitbeelding van liggame verraai die uitdrukking van trauma. Die besonder gedetailleerde beskrywing wat hy daarvan gee, openbaar inderdaad die herhaling van sy konfrontasie in die naoorlogse periode met die traumatiese gebeurtenis, en getuig dus van 'n herinnering. Deur gebruik te maak van die skilderhandeling, kan die skilder hom van die traumatiese ervaring distansieer, soos hy ook in 'n onderhoud in die middel-sestigerjare gesê het: 'Ek het deur ruïnes in my drome ingeglip. in die loopgrawe en ingewande. Ek moes van alles ontslae raak. Trouens, as u jonk is, besef u nie dat u nog steeds diep in u binneste ly nie. Omdat ek baie jare lank, ten minste tien jaar lank, gedurig gedroom het dat ek deur verwoeste huise en gange moes kruip waarheen ek skaars kon beweeg. Die ruïnes was altyd in my drome aanwesig. " Otto Dix poog om die onuitspreeklike hier vas te vang: die visuele ervaring van die lyke van die dooies op die slagveld. Dit lyk noodsaaklik in die skilder se "getuienis", wat die konstituerende element van die traumatiese gebeurtenis voorstel: die van die herhalende verhouding met die dood, individueel in Lyk in doringdraad, In 'n verhouding met Dood voor Tahure se posisie of kollektief in die Dans van die dooies. Eva KARCHER, Otto Dix, Parys, Flammarion, 1989. Eva KARCHER, Eros und Tod im Werk von Otto Dix, Studien zur Geschichte des Körpers in den zwanziger Jahren, doktorale proefskrif, München, 1982.
2021/10/19 14:59:01
https://af.salvadoryoscar.com/1733-the-body-of-the-dead.html
mC4
Nog makelaars moet opdok vir raad oor Sharemax | Netwerk24 Deur Nellie Brand-Jonker 26 Maart 2019 05:00 Die ombud vir finansiëlediensteverskaffers het bevind makelaars moet opdok oor raad verskaf oor Sharemax. Foto: Getty Images Naresh Tulsie, die ombud vir finansiëlediensteverskaffers, het vroeër vandeesmaand twee uitsprake bekend gemaak wat gelewer is op grond van 'n aanbeveling om die klagtes vinnig deur bemiddeling op te los. Die respondente het glo nie op die aanbeveling reageer nie. In die een uitspraak het Tulsie bepaal die afgetrede Delores Kies se R500 000 wat in Highveld Syndication 22 en haar R200 000 wat in Zambezi Retail belê is, moet deur haar makelaar aan haar terugbetaal word. Highveld Syndication is 'n eiendomsindikasie wat ook probleme ondervind het en Zambezi Retail was deel van die Sharemax-eiendomsindikasiegroep. Kies se adviseur was DFF Property and Investments wat as Bergsma & Van Heerden Brokers handel dryf. DFF is 'n gemagtigde verskaffer van finansiëledienste van Krugersdorp. Sy lisensie is in 2007 toegeken. Die tweede respondent is Hendrik Lodewyk Erwee, wat die sleutel-individu van DFF is. Tulsie het in sy uitspraak gesê die respondente was gelisensieer om finansiële advies oor aandeelbeleggings te gee, maar nie om advies oor skuldbriewe en gesekureerde skuld te gee nie. "Dit beteken die respondent was nooit voldoende gelisensieer om finansiële dienste te lewer met betrekking tot die Zambezi Retail Beperk-sindikasie nie." Die respondente moet ook rente van 10% per jaar betaal vanaf die datum van die uitspraak tot die finale terugbetaling. In nog 'n uitspraak het die ombud bevind Johannes Frederick Kruger, 'n pensioentrekker, se R70 000 moet terugbetaal word wat hy in die The Villa-sindikasie verloor het. Rente beloop ook 10% van die dag van die uitspraak af. Die respondent is Ernest Lehanie (voorheen bekend as Ernest Venter), wat die alleeneienaar van Ernest Venter Makelaars was. Lehanie word as 'n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer van Henneman beskryf. Sy lisensie was geldig van 2004 af en het in November 2015 verstryk. Hy was ook geregistreer om advies oor ongenoteerde aandele te lewer, maar nie oor skuldbriewe en gesekureerde skuld nie. "Dit beteken die respondent was nooit voldoende gelisensieer om finansiële dienste oor The Villa te verskaf nie," lui Tulsie se uitspraak. Netwerk24 het voorheen berig Sharemax is in 2011 in sakeredding geplaas en sowat 33 000 beleggers het meer as R4 miljard in dié eiendomsmaatskappy belê. In Desember 2018 het die appèlhof in Bloemfontein 'n rigtinggewende uitspraak gegee teen 'n versekeringsmaatskappy, Centriq Insurance, wat 'n makelaar van Sharemax teen persoonlike aanspreeklikheid verseker het. Lees oor Marisa Oosthuizen se hofsaak: Weduwee wag byna 9 jaar vir erfgeld wat wanbelê is Centriq het appèl aangeteken teen 'n uitspraak in die hooggeregshof in Bloemfontein van September 2017 dat hy moet opdok vir die eis wat Marisa Oosthuizen teen die makelaar José Castro ingestel het. Die hooggeregshof het in 2017 beveel Castro moet Oosthuizen haar kapitaal van R2 miljoen terugbetaal, plus rente van R718 600. Centriq was die derde party in die saak wat versekering teen persoonlike aanspreeklikheid aan Castro verskaf het. Die regter het toe beveel dat Centriq vir Castro se aanspreeklikheid moet opdok. In Februarie vanjaar het die hooggeregshof in Bloemfontein ook gelas 'n makelaar van Welkom moet 'n vrou se spaargeld aan haar terugbetaal wat in die mislukte Sharemax-beleggingskema belê is. Lees ook: Makelaar moet geld terugbetaal ná Sharemax-verlies In nog 'n uitspraak in Desember 2018 het die hooggeregshof in Pietermaritzburg bevind die makelaar Rob Roy Investments, wat as Assetsure handel dryf, kan nie aanspreeklik gehou word vir die Symons-familietrust se verlies van R5 miljoen in Sharemax nie. Rob Roy Investments se alleeneienaar was Peter Griffin wat geregistreer was as 'n finansiëlediensteverskaffer, en het in 2006 Symons se adviseur geword. Die regter het bevind die bewyse in die Symons-saak verskil drasties van Oosthuizen s'n. "Symons was 'n slim, ryk persoon wat amper twee weke geneem het om 'n besluit te neem nadat hy met Griffin ontmoet en die prospektus en ander dokumente oor die belegging gekry het. "Hy het die risiko's verstaan en het die belegging met oop oë gedoen," het regter Ploos van Amstel in sy uitspraak gesê. Van Amstel het gesê Griffin het sy boekhouer en nakomingsbeampte oor die belegging gekonsulteer; het aanbiedings bygewoon daaroor en selfs 'n toets daaroor afgelê. Symons het middel 2009 R2 miljoen belê en daarna in November nog R1 miljoen. Hy het gereeld rentebetalings op die twee beleggings ontvang. In Julie 2010, toe hy nog R2 miljoen belê het, het hy geen rente gekry nie en die maandelikse betalings van sy eerste twee beleggings het ook gestop. Nadat Griffin navraag aan Sharemax gerig het, is hy vertel die Reserwebank het 'n probleem met die skema. Dit het later geblyk die Reserwebank het ingegryp omdat hy die finansieringsmodel beskou het as die onwettige neem van deposito's van die publiek, en het Sharemax opdrag gegee om sy finansieringsmodel te verander. Sharemax kon dit nie doen nie en omdat hy nie verdere geld kon insamel nie, het die skema ineengestort. Van Amstel het bevind die eisers kon nie toon Griffin is aanspreeklik vir hul verlies nie en dat hy nie kon voorsien dat die Reserwebank sou ingryp by die skema nie.
2019/10/20 03:40:58
https://www.netwerk24.com/Sake/Muntslim/Beleggings/nog-makelaars-moet-opdok-vir-raad-oor-sharemax-20190325
mC4
Levi's vir elke figuur | SARIE Levi's vir elke figuur deur Amaria Carstens Omdat die meeste van ons nie 'n plankfiguur het nie, het Levi's 4 soorte kurwes in 'n studie onder 60 000 vroue wêreldwyd geïdentifiseer wat vir verskillende vrouerondings voorsiening maak. Dit word genoem die "Slight Curve", "Demi Curve", "Bold Curve" en die "Eva Jean". Elkeen van hierdie style sal beskikbaar wees in byvoorbeeld 'n stewelpyp-jean en 'n noupyp-jean, en pryse is vanaf R450. Levi's het ook 4 vroue gekies, wat op die foto's gesien kan word, om Levi's Curve ID in Suid-Afrika te verteenwoordig. Hulle is: Candice Heyns (DJ), Josie Field (sanger en liedjieskrywer), Naima McLean (aktrise en liriese digter) en Fix Moeti (DJ).
2017/07/28 00:45:16
http://www.sarie.com/mode/het-jy-gehoor-mode/kurwes/
mC4
STASIEMEESTER Ferreira kom uit die kleinhuisie, waar hy altyd sit en peins terwyl 'n wit stafie son deur die skemerte verby sy kop boor. Wanneer hy daar sit en sy kop net effens kantel, skiet daardie straal son hom vol in die gesig en dan is dit asof hy wakker word uit die hitte, en dan dink hy weer–daar agter die sinkdeur – aan die stasie, die spoorstawe na weerskante toe . . . en sy vrou en kind. Nou skuur hy die sinkdeur agter hom toe, voel-voel aan sy gulp, en knipper sy oë teen die ongenadige son. Agter die halte, dwars, lê 'n yl bergreeks, parallel met die glimlaggende spoorstawe wat na weerskante toe weg van die stasiegebou pyl. Dit is harde Karoo; die yl berg is bruin en skurf en soms, in die skemer, lyk dit soos een van die groot diere wat eeue gelede in die wêreld deur moerasse geploeter het. Maar al die groenigheid voor sy oë is 'n klossie yl peperbome met grondwalletjies om hul stamme. As die treine stil is, soos nou, kom hy uit die gebou en dra na elke boom een gieter water. Die water sprinkel blink uit die tuit en word byna dadelik deur die grond opgesuig.
2018/01/18 14:08:41
https://www.netwerk24.com/huisgenoot/Argief/ek-het-n-skinkbord-gemaak-pa-20170528
mC4
'That 70s Show'-akteur van verkragting beskuldig | Maroela Media Danny Masterson (Foto: Steven Jaye Hyde (Danny Masterson)/Facebook) Die Amerikaanse akteur en Sciëntoloog Danny Masterson sal tereg staan op aanklag dat hy drie vroue by sy huis in Hollywood Hills verkrag het, het 'n Los Angeles-regter Vrydag beslis. Masterson, bekend vir sy rol in That 70s Show, ontken die beskuldigings deur die vroue wat vroeër ook lede was van die geheime Kaliforniese Sciëntologie-groep. Hulle sê hulle het nie vroeër na vore gekom nie, uit vrees vir vergelding van die hiërargie. "Ek het bevind al drie getuies is geloofwaardig, en die bewyse voldoende om die aanklagte te ondersteun," het regter Charlaine Olmedo gesê en beslis dat Masterson formeel op 7 Junie aangekla sal word. Hy moet teen daardie stadium sy paspoort oorhandig. Die 45-jarige Masterson het glo die vroue, wat almal in daardie stadium in hul 20s was, "deur mag of uit vrees" verkrag in afsonderlike voorvalle tussen 2001 en 2003. Hy kan tronkstraf van tot 45 jaar of lewenslank opgelê word as hy op alle aanklagte skuldig bevind word. Hy is tans vrygelaat op borgtog van $3,3 miljoen. Masterson het in 1998 bekendheid verwerf met That 70s Show waar hy die karakter van Steven Hyde gespeel het saam met medesterre Mila Kunis en Ashton Kutcher. Hy het weer saam met Kutcher verskyn op Netflix se The Ranch, maar is in 2017 afgedank en sy rol is geskrap toe die polisie in Los Angeles bevestig het hulle ondersoek verskeie bewerings van verkragting teen die akteur. Masterson het in daardie stadium gesê die aanklagte is gemotiveer deur die vervaardiger van 'n anti-Sciëntologie-televisiereeks. Tydens die voorlopige verhoog het Masterson se prokureur gesê hy het konsensuele gemeenskap gehad met twee van die vroue en gesê die derde beweerde verkragting het nooit gebeur nie. Die Kerk van Sciëntologie, met Tom Cruise en John Travolta as van sy lede, is goed gevestig in Hollywood en omliggende dele van Los Angeles. Lekker kerk daai Sciëntologie, of is dit maar net nog 'n godsdienstige sekte soos die Jehovah Getuies….wat hulle daar by die hek Satan my honde….SA!
2021/08/04 19:41:18
https://maroelamedia.co.za/nuus/wereld/that-70s-show-akteur-van-verkragting-beskuldig/?utm_source=singlepost&utm_medium=link&utm_term=navclick&utm_content=volgende&utm_campaign=singlepost_nav
mC4
Hoereloon as Bruidskat? – Die Reformasie van Onderwys | Christelike Media Hoereloon as Bruidskat? – Die Reformasie van Onderwys A. L. A. Buys Bron: Vox Viva. 5 bladsye. Geval, geval het die bruid, want sy het haar Man se kinders aan die hoere gegee om groot te maak, in die stad met die baie poorte, poorte vol onreg. Jou Maker1is jou Man, skoonste bruid. O weier nie, jy wat die bruidsroep2hoor. Jou Makerman maak 'n twissaak3aanhangig met jou, versierde, gekoesterde4bruid. Op grond van die ewige verbond5hoor die profetestem van die Koning-Priester: Waar is my kinders6 wat Ek aan my, aan ons Vader, wil en moet 7voorstel? Antwoord tog skoonste onder die vroue, uitgekiesde, het jy op jou eie vlees ag gegee? Antwoord! Wat het jy met die kinders gemaak? Die gedoopte kinders met die afgemerkte verbondsteken op hulle koppe, hulle slim en dom koppe. Wat maak die kinders daar? Kapitalisties Afgerig⤒🔗 Die kinders leer, my Heer. Hulle leer 'n beroep meneer. Is dit dan nie wat u wil hê nie, dat ons kinders kan lees en skryf en werke het. Is dit dan nie waarvoor ons gered is nie: om op aarde U koninkryk te laat kom deur die kapitalistiese sisteem met hart en siel en niere te ondersteun? Ons moes tog tèèn die aaklige godlose komministe stry, ook vir die hart en verstand van ons kinders. 'n Vrye mark is ons waarborg teen die sotternye van sosialiste en die toi-toi tirades. Laat tog die kinders leer, my Heer, om hulle beroep te oefen. Laat hulle afgerig word om hulle plek in die vrye mark vol te kan staan. Standaarde, laat hulle hulle volle potensiaal ontwikkel, laat hulle reg afgerig word vir die beroepswêreld. Tyd is geld, en geld is goed, en goed moet baie wees. Want ons kinders is verbruikers – ook van u genade. Laat hulle baie leer van die kapitalisme, my Heer, tot U eer. Leer U Heer, my regte weë aan. Wie Leer?←⤒🔗 Stilte in die hof. Laat die vrou sê wie die kinders leer. Hoe bedoel meneer? Enige iemand kan die kinders leer. Enige een wat weet, as hy sy vak ken, sy graad geraamd besit, kan hy maar die kind leer, meneer. Tel en skryf en redeneer, meneer. Die standaarde is goed, die kinders ontwikkel mooi, vir hulle werk, vir hulle beroep, hier of oorsee. Wat Word Geleer?←⤒🔗 Laat sy sê wat die kinders leer. Die vraag maak so bietjie seer meneer. Kyk ons probeer ons bes om te keer. Dis nie meer soos in die goeie ou dae nie. Toe kon jy jou kind... Stilte vir die hof ... ekskuus, my Heer, dis eintlik U kind. Maar in elke geval, tòè kon jy die kind met 'n houtgeruste hart by die skool aflaai. En na verloop van tyd weer oplaai. Want die minister was van ons mense en ou dominee vir al die jare voorsitter van die beheerraad. Dinge het mooi geloop. Geklas, gekerk, getroud, gewerk – dinge het toe reg uitgewerk. Maar nou my Heer, nou's dit bietjie anders. Ag, u weet, hulle kry nou matriek, moet so bietjie lank wag vir die uitslae, maar darem. Maar dan: wat maak hulle nà matriek. Daar's nie werk nie. Regstel is weg tel. Dan vlieg hulle maar agter die werk aan. 'n Beroep is 'n beroep. Wat moet jy nou maak? Mevrou, ken die kinders die Man, in sy amp? Kan u die vraag herhaal ek verstaan nie – dis bietjie diep vir my. Luister dan: Jou maker is jou Man. Sy sê amen. God die Skepper het alles gemaak. Sy sê nog amen. Hy het sy Seun – as Hoof oor alle dinge – aan die kerk gegee. Weer amen. Die Seun is die Hoof van die kerk, sy bruid. Die Seun woon deur die Heilige Gees in die bruid en versier haar met gawes as gawe. Die Seun is koning, profeet en priester. Sy sê amen weer 'n keer. Jesus Christus is die gesalfde. Die Seun is gesalf as die Heilige. Die bruid deel in sy salwing en weet 8alles. Die bruidegom leer in die bruid ook die nageslag van die groot werke van God. Hy is die hoogste profeet en leraar. Die onderrigwerk van die kerk is die profetiese werking van die Koning-priester. Daar kom 'n halfuur stilte op aarde. A-hem, 'n keelskoonmaak. Laat die bruid die bruidegom antwoord wat sy sy kinders leer oor die groot dade van God. Laat sy antwoord waarmee sy besig is terwyl Hy besig is om sy kinders, deur wedergeboorte verwek, aan sy Vader voor te stel. Hy is besig om hulle name te leer, om as 'n koninkryk van priesters9te profeteer: namens Hom – in sy eie Naam – in wie hulle gedoop is. Die Leraar leer: Die Naam van God wat geheilig moet word, die name waarmee hulle deur God genoem word, hulle roeping en die benaming van al God se werke. Hy leer hulle die gedenknaam van God, dat God historiese reg het op sy hele skepping. Hulle moet diè Naam en name leer profeteer. Vra die môresterre maar. Laat sy die intieme vraag antwoord: Wat leer die kinders van My, my vrou? Maar dominee behartig mos die belydenisklas? Knap man, hoor. Die gewillige susters beleer die kleintjies – natuurlik nie te lank nie, jy weet hoe die televisie geslag se kort konsentrasie is. So dis prentjies en dinge om dit vir hulle lekker te maak. Mens moenie die kinders 'n renons in die kerk gee nie, netnou kom hulle nie meer nie. En die twee wyse ou ouderlinge behartig behendig nou al lank die voor belydenisklasse. En ons sorg dat die skool elke Maandag met Skriflesing en gebed geopen word. Maar die hoof wil nie meer hê daar moet iets oor die Bybel gesê word nie, daar was mos so 'n bohaai laaskeer oor die charismaat wat die saal gesalf het en die een beseerde vleuel se been reggebid het. Ook maar beter so, so veel hoofde soveel sinne, jy weet. En ek hoor die twee Moslempies in graad elf wil kwansuis elke tweede maand die Imam in laat kom – dit sal die nag wees. Die kerkraad is diep bekommerd oor die verwikkeling. Ons sal ook maar 'n soort skool kappelaans periode moet kry, maar dominee het klaar gesê sy tyd is knap om al die skole te dien(s). Man, as jou kind in jou eie huis reg opgevoed is, sal hy hom kan handhaaf in die wêreld. Mens kan hulle nie in kwarantyn grootmaak nie. So ons probeer die katkisasie, ons probeer darem. Wat moet ons maak as die hoof die Hoof oor die hoof sien? Ja, gelukkig bly my bruidsgebed, "ja, kom gou Here, Jesus," my kosbare skat. Hulle sal dit darem nie van my kan wegvat nie. Laat die bruid gedurigdeur bid. Laat sy biddend antwoord – en bely dat die kinders geleer het: 'n Bietjie baie weg van U, en baie bietjie van U. Ordelike Onderrig←⤒🔗 Stilte, stilte in die hof. Daar is nog vrae op die hofrol. Laat sy antwoord: Wat is die volgorde van onderrig – watter boeke gebruik die kinders? Watter woordeboek het voorrang by haar? Sy sê die boeke word nie voorgeskryf deur die staat nie, maar die uitkomste word wetlik vasgelê. Dit waarby die kinders dus moet uitkom is deur die wet voorgesê, en die onderwyser kan self kies met watter handboek hy die kinders voorsê om die uitkoms te bereik. Korrek. 'n Leerplan wat pas by die wetboek, en 'n handboek wat pas by die leerplan. Laat die bruid antwoord of sy weet watter boeke haar Man gebruik? Sy weet, my Heer, sy is tog gekatkiseer. Sy leer God, haar Maker, ken uit twee middele, die Skriftuur en die natuur. In daardie volgorde? Die dame blaai vinnig, asof sy weet waar iets vergete staan, in 'n blinkgroen psalmboek. Sy sê: "In N.G.B. 2 staan: Ons ken Hom deur twee middele. Ten eerste deur middel van die skepping … ten tweede maak Hy Hom deur sy heilige en Goddelike Woord nog duideliker en meer volkome bekend..." In die begin het God die hemel en die aarde geskape deur die Woord en Gees. Dan is sy Woord ook neergeskryf, en sy Woord het ook vlees geword. God het eers gepraat en gesê: Laat daar lig wees, en daarnà het Hy dit laat neerskryf. Askuus, die volgorde is dus eerste die boek van die Skepping, geskryf, gespreek deur God self en ten tweede sy Woord, geskryf en gespreek deur God se self. Voorgeskrewe Handboeke←⤒🔗 As die bruid nou moet sê hoeveel boeke het die Leermeester, waarmee hy sy kinders ondderig? Twee, my Heer. Die natuur en die Skriftuur. Dit rym nogal. Sou die bruid sê dis ongerymd om ten eerste klem op katkisasie te lê om die onderwysverval te keer of te reformeer? Sy dink 'n bietjie, ook oor dominee se vrou by die skool, en al die ander belydende lidmate in die staatskool en sê dan klein voor God: ons leer mos die kinders van die skepping, ons haal mos waar ons kan die ewolusieleuen uit die gepaste handboek, ons keer mos so waar ons kan... Skielik raak haar gemoed vol en sê saggies deur 'n traan: Weet jy hoe moeilik dit is om tans 'n christen in die skool te wees? Die klasse word al hoe voller en die dissipline... Daar is 'n regtelike frons. Laat sy sê wie is die "jy" as haar traanwoorde sê: "Weet jy hoe moeilik dit is….." Sy dink diep na oor die vraag, tè uitgeput vir woede met die boodskappers. Sy dink na oor wie vra haar al hierdie vrae. Dis tog 'n mens, met 'n aardse stem. En tog is haar gewete, haar medewete met die Gees van God, diep daarvan oortuig dat die vraagstem 'n hemelse stem het. Dit moet God wees wat die vrae vra: Die God-mens Christus, Koning-priester se profetiese stem wat vra: Wat het jy die afgelope tyd met my verbondskinders gemaak? En sal daar 'n bewustheid by haar, die bruid, hier en elders kom dat die hemelse vraag op aarde nie 'n vraag is soseer na die uitbreiding van gereformeerde onderwys nie, maar dat dit 'n vraag is oor die noodsaak van die reformasie van alle onderwys. Christus as Skoolhoof←⤒🔗 Wat is die implikasie daarvan as Jesus Christus, die Seun van God, die Seun van die mens, as Koning-priester in die onderwys van die mensdom as hoogste profeet en leraar kragtig – almagtig – in ons tyd wil optree? Aan Hom is gegee alle mag, in die hemel en op die aarde en in die skool. Hy is die Hoof van die heelal. Hy is dus die Hoof van die skool. Die Hoof van alle onderrig. En Hy wil alle mense leer met 'n plan van 'n plan. Gaan heen na almal, sê die Hoof van die heelal, en as sodanig as Hoof van die kerk, aan sy bruid, gaan heen en ..... leer10hulle alles wat Ek julle beveel het. Kindermoord←⤒🔗 Dink jy, bruid van die bruidegom, dat jou Maker, wat jou Man is, dink jy Hy bedoel nèt katkisasie en sending, terwyl sy eerste leerboek, sy volgordelike leerplan, ten eerste die skepping is? Dink jy nie jy verwaarloos die kinders, sy kinders wat verbondelik gebind is aan sy amp by die doopvond, as jy heidene toelaat om jou – nee sy kinders – sy gedoopte kind iets te leer nie? Mag 'n heiden (met of sonder 'n beheerraadspos) 'n gedoopte kind iets leer? Jesus Christus is die Waarheid. Hy het sy lewe vir sy bruid afgelê. Hy leer sy kinders self in jou huis want Hy is Seun oor11sy huis. Hy is getrou. Sal Hy net 'n halfuur katkisasie per week gee, as sy Vader se skeppingsboek die eerste voorgeskrewe werk aan die mensdom is? Sal Jesus Christus ooit een van die kleintjies12laat struikel, deur aan hulle 'n handboek voor te skryf wat in die minste die ruimte laat, of openlik sê, dat sy Vader niè die skepping gemaak het nie? Het Hy dan nie sy bruid geleer dat die satan die leuenaar – en mensemooordenaar van die begin af was nie. As iemand nie in Jesus Christus glo nie, is jy 'n heiden, is jy per definisie 'n leunaar en neem jy deel aan die kindermoorde van die satan. Dink jy skoonste bruid, dat satan net deur Herodus kinders wou vermoor? Of dink jy nie dat die satan alle kinders van God haat en hulle met sy leuens wil verwoes nie? Dink jy nie dis 'n Godskreiende skande dat heiden leuenaars – wat sogenaamd gegradueerd is, gehuur word om gedoopte kinders af te rig nie? Wetenskap en wiskunde en aardrykskunde, MSW, LLG en al die benamings, dink jy regtig Christus laat jou toe om sy gedoopte kind – waaraan Hy sy erewoord gegee het by die doop – dat Hy jou toelaat om sy kind aan 'n heiden oor te laat vir onderrig van enige aard in enige vak net omdat jy jou ore uitgeleen en uitgeleun het aan die kapitalisme? Watter leuen van die kapitalisme? Dat beroep nie roeping hoef te wees nie. As God jou kind - vir die soveelste keer, sy seun of sy dogter, waaroor Hy jou as ouer aangestel het - roep om 'n veearts of kunstenaar of lorriedrywer of watookal te wees, as Hy roep, dink jy vir een oomblik Hy sal die voorbereiding van daardie heilige roeping aan 'n heiden uitkontrakteer? Hoe bedoel U dan nou: dat beroep en roeping nie dieselfde is nie? Ja, ja, ja, duisendmaal ja. En as God se Seun die onderrig behartig, dink jy ons mag met lae standaarde wegkom? Maar wat van algemene en besondere genade? En? Wat daarvan – daardie onderskeid word nie deur God gemaak nie. Hy koester sy bruid. Hy is heilig oor haar. Hy haat die leuen. Hy laat die kleintjies nie onder sy oë uit nie. Hulle13kinderoppassers, voor skool, op skool en na skool, is sy heilige engele. Sy bruid is in Christus uitgekies. Hy leer haar nooit sonder sy verbond nie. Hy laat geen wêreldling, geen addergeslag, toe om die saad van die vrou te onderrig nie. Leraar van Kerk en Skool←⤒🔗 Daarom het Hy deur die Heilige Gees en Woord genadegawes, charismata, aan sy kerk gegee. Onder andere die diens om profeties ander te leer. Dit omspan die hele onderrigamp van die kerk – ook met betrekking tot die skool. Jesus Christus, die Man in sy amp, is ons hoogste profeet en leraar. As die Woord van God gee Hy gawes deur die Gees aan die kerk, sy bruid, van wie Hy die Hoof is. Die gawes14moet uitsluitlik onder sy Koningsamp funksioneer. Jy mag nie leer wat jy wil nie, Hy gee jou twee handboeke. Jy mag nie leer wie wil nie. Hy leer die gedooptes, die verbondelinge uit die twee boeke. Hy wil die mensdom leer alles wat Hy sy gedooptes beveel het – onder andere dat hulle nie kinders met leuenblootstelling geestelik mag molesteer nie – daarvoor moet hulle eers sy volgelinge, sy dissipels word. Jesus Christus is die Hoof van alle dinge, die Hoof van die staat, die Hoof van die huwelik en gesin, die Hoof van die skool, die Hoof van alle sigbare en onsigbare dinge – en as Hoof van alle dinge, is Hy as Hoof van die kerk, sy bruid, gegee. Watter deel van God se skepping is nie God s'n nie, watter deel het sy gedenknaam nie iets mee te doen nie? Wat leer die kerk die mensdom, wat het van die bruid se onderrig-taak geword? Wat leer die wêreld? Wat kan die wêreld die kerk leer? Die onderrigtaak van die bruid het sy uiteindelik verskraal tot katkisasie en dikwels nog net verlossinsgkategese. Sy het begin dink sy kan in God se plek optree as voog vir sy kinders, terwyl Jesus Christus nooit sy amp oorgedra het aan haar nie. Christus is die hoogste profeet en leraar. Hy leer die kinders as Woord, ewig, vleesgeword, skeppingsmatig, neergeskryf en gepredik. Kom suster, profetes, bruid van Christus, jy wat vir jare lank dink jy kom jou doopsbelofte knap na, binne of buite die staatskool. Antwoord diè heilige vraag: mag 'n heiden jou kind iets leer, in enige iets afrig? As dit waar is dat Jesus Christus heidene die reg ontsê om sy kinders iets van die skeppingswoord of verlossingwoord te leer: sê dit dan! Dan het die reformasie van onderwys hier begin. Dan hoor ons die engel en dit word ons profetiese wekroep: Geval, geval15het Babilon, die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery. 'n Bruid is nie 'n hoer nie. Sy verwar nie haar bruidskat met hoereloon nie. ^ Jes. 54:5 "Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word." ^ Ps 45:11 e.v. "Hoor, o dogter, en kyk en u oor, en vergeet u volk en die huis van u vader; en as die Koning u skoonheid begeer – want Hy is u Heer – buig u dan voor Hom neer." ^ Hos. 2:1 "Twis met julle moeder, twis; want sy is nie my vrou nie, en Ek is nie haar man nie, en laat sy haar hoerery van haar aangesig verwyder en haar owerspel van haar borste af weg." ^ Ef. 5:29 "...voed en koester dit, soos die Here die gemeente." ^ Jes. 24:5 "Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek." Vgl. ook Jer 31:31., ^ Heb. 2:11-13 "Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy hom nie om hulle broeders te noem nie, wanneer Hy sê: Ek sal u Naam aan my broeders verkondig, in die midde van die gemeente sal Ek U prys; en verder: Ek sal my vertroue op Hom stel; en verder: Hier is Ek en die kinders wat God My gegee het." ^ Kol. 1:28 "...Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elek mens in alle wysheid onderrig, om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel." ^ 1 Joh. 2:20 "En julle het die salwing van die Heilige en weet alles." ^ 1 Pet 2:5 "...en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus .... [1 Pet 2:9] "Maar julle is 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk, 'n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig..." ^ Matt. 28:19 "...leer hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het." ^ Heb. 3:5 e.v. "En Moses was wel getrou in sy hele huis as dienaar, om te getuig van wat nog gespreek sou word, maar Christus as Seun oor sy huis. En ons is sy huis as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou. Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie..." ^ Mark. 9:42 " En elkeen wat van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is beter vir hom as 'n meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gegooi word." ^ Matt. 18:10 " Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie; want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die aangesig sien van my Vader wat in die hemele is." ^ 1 Kor. 12:4-6 ^ Open. 14:8 Die taak en rol van die Christen-onderwyser Reageer uit geloof op die diktatuur in die onderwys Die Swaard oor die Skool? Rym Veelgodsdienstige Opvoeding met Ons Doopbelofte? Jy sal eers met jou hele hart en alles wat jy het die Here Jesus moet liefhê, voordat jy kan saampraat oor die antitese tussen kerk en wêreld. E. A. de Visser
2020/03/29 21:41:15
https://www.christelikemedia.org/article/hoereloon-bruidskat-%E2%80%93-die-reformasie-van-onderwys
mC4
Digkuns – Kluisenaarsklaviere Kategorie: Digkuns In die tyd van droogte Dié wat gewoonlik op hoogte bly van die nuus, of dié wat in die dag buitentoe gaan en agterkom hoe hulle net outomaties begin sweet, sal al bewus wees van die feit dat ons land tans 'n hewige droogte ervaar. Die Noordwes-provinsie, onder andere, is ook as 'n ramp-sone verklaar deur die een of ander… Iets in Engels 'n Kort gedig – meer van 'n gedagte, eintlik. Oop vir interpretasie. Remember Remember the day we said goodbye? I remember the day, it rained: I poured out my heart like tears, and you silently told me yours had changed. Van 'n vriend Ek het die kopiereg van hierdie gedig by 'n vriend van my gekry, wat graag anoniem wil bly maar wat eintlik 'n diep hart het wat met die wêreld gedeel behoort te word – sonder dat hy dit weet. Let wel, weereens, dit is nie my eie nie. Maar ek voel dis 'n goeie dag…
2021/06/13 23:23:53
https://kluisenaarsklaviere.com/category/digkuns/
mC4
.: Die Doring in My Vlees - 04 (My Verlede – Begrawe in die Verlede) Die Doring in My Vlees - 04 (My Verlede – Begrawe in die Verlede) Almal van ons ken mense wat verkeerde besluite in hul lewens geneem het, net om die res van hulle lewe daaroor te kerm en te kla en alles en almal rondom hulle te verwyt, of gedurig daaroor te praat en op die ou einde 'n verbitterde ou man of vrou te raak. Aan die anderkant ken ons sekerlik ook mense wat verkeerde besluite geneem het in hul lewe, maar nie in 'n "gat van verbittering" bly sit nie, maar eerder die beste van 'n slegte situasie maak en uiteindelik ver bo sy of haar aanvanklike omstandighede uitstyg. Die vraag is, of ons gaan toelaat dat ons verlede 'n negatiewe of positiewe impak op ons lewe gaan hê. Die groot verskil tussen hierdie twee moontlikhede, is of ons in ons eie vlees en op sondige wyse, kies om in die modder te bly lê, of om te kies om ons beproewing met die hulp van God op te los en agter ons te sit, want sonder Hom kan ons dit nie alleen doen nie, omdat ons maar gedurig weer sal terug dink aan die verlede met sondige gedagtes. Verlede week het ons gesien hoe om ons beproewing – ons "dorings", op 'n Bybelse wyse op te los en agter ons te plaas – ek wil egter net daarop wys, dat pyn en hartseer, nie noodwendig in 'n oogwink soos mis voor die son sal verdwyn nie. Die verlede bly tog immers 'n realiteit en deel van ons langtermyn geheue, maar die belangrike is dat ons, ons verlede op 'n Bybelse wyse sal hanteer en sal toesien dat ons nié in die proses van beproewing, sondig nie. 'n Nog meer belangrike vraag is egter of ons toegerus en voorbereid is op toekomstige beproewing, ten einde dit reg te hanteer wanneer ons daarmee gekonfronteer word – dit is amper soos met mense wat sukkel om hul gewig op 'n aanvaarbare vlak te hou – "val" jy elke keer daarvoor om maar net weer 'n lekker vars gebakte wit broodrolletjie met turksvystroop te eet, al het jy al twee gehad, of het jy 'n "mental make-up" wat elke keer vir jou sê: Die tydelike genot om 'n derde rolletjie te neem is net nie die moeite werd wanneer dit opgeweeg word teen die langtermyn stryd om daardie ekstra kilogram of twee af te skud nie? Ons moet in gedagte hou, dat : · Vandag se reaksie word môre se gewoonte; · Vandag se keuse word môre se invloed; · Vandag se woede word môre se bitterheid; · Vandag se gedagtes word môre se oortuigings; · Vandag se begeertes word môre se afgode en · Vandag se keuses word môre se gevolge. Salomo het in Spr.4:23 gesê ~ Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe. Wanneer jy jou reaksie op vandag se potensiële doring oorweeg, moet jy in die gewoonte kom, om altyd eers te vra: Wil ek regtig die gevolge van hierdie of daardie reaksie, in my hart ronddra? Paulus sê in 1 Kor.15:3-4 ~ Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; 4 Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte. Let op wat hy sê – hy sê ~ Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het... – die belangrikste...! Die O.A.V. sê ~ ...In die eerste plek.... Die E.S.V. sê ~ ...of first importance.... C.J. Mahaney is reg wanneer hy sê: Paul simply refused to be pulled away from the Gospel. The cross wasn't merely one of Paul's messages; it was the message. He taught other things as well, but whatever he taught was always derived from, and related to, the foundational reality that Jesus Christ died so that sinners would be reconciled to God. Presies dít moet ook ons uitgangspunt wees; presies dít moet ook ons denkpatrone wees; presies dít moet ook ons optrede wees – die kruis van Jesus Christus moet ook ons boodskap wees – moet die spilpunt wees waar rondom ons besluit hoe ons reageer op die "dorings" wat oor ons pad mag kom. Ons vind genadiglik verskeie beginsels in die Woord om ons te help om beproewing te hanteer en dan spesifiek ook daardie beproewinge wat oor ons pad kom waar ons nie die omstandighede oor onsself gebring het nie, maar waar ons nogtans verkeerd gereageer het – sulke verkeerde optrede kan óf reg hanteer word en ons in 'n nóg beter verhouding met Jesus te staan bring, óf ons kan só fokus op die seer van die verlede wat deur andere veroorsaak is, dat ons onbybels daarop reageer. Jou Reaksie… (Jy bring nie jou omstandighede oor jouself nie, maar jy reageer nogtans verkeerd) Wanneer ons na hierdie "blok" kyk, moet ons besef dat dit nooit maklik is om jou foute of sonde te erken wanneer daar teen jou gesondig is nie – om egter op 'n punt te kom waar jy jou foute, sonde en tekortkominge erken, is 'n reuse stap vorentoe, want God gebruik juis dít om jou verhouding met Hom nog verder te ontwikkel – ons moet dus die vermoë ontwikkel om eerlik te erken wanneer ons gefaal het. Ons moet leer om ten minste ses vrae te vra oor hoe ek gereageer het op iemand se sondige optrede teenoor my: · Eerstens moet ek myself afvra of ek kwaad met kwaad vergeld het? · Tweedens, het ek bitterheid teenoor God ontwikkel? · Het ek 'n onbybelse siening van ander mense ontwikkel? · Het ek 'n onbybelse siening t.o.v. myself gevorm? · Moet ek die persoon konfronteer wat teen my gesondig het en indien wel, het ek? · Indien jy die ander persoon gekonfronteer het, wat teen jou gesondig het, het jy hom vergewe indien hy jou om vergifnis gevra het? 2. KWAAD MET KWAAD VERGELD: Kom ons kyk na die eerste vraag hier, nl. het jy kwaad met kwaad vergeld en daarvoor wil ek hê ons moet na Rom.12:17-21 blaai ~ Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense. 18 As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. 19 Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: "Dit is my reg om te straf; Ék sal vergeld," sê die Here. 20 "As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte." 21 Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie. Uit hierdie gedeelte is dit baie duidelik dat Paulus veronderstel dat ons deur andere benadeel sal word, maar die vraag is hoe ons dit gaan hanteer? Om kwaad met kwaad te vergeld is verkeerd, trouens Paulus sê net die teenoorgestelde, nl. dat ons goedgesind moet wees teenoor alle mense. Die mens se natuurlike reaksie is om iemand terug te betaal as hy te na gekom word – selfs al is dit net 'n kyk en erger nog, al is dit net wraak gedagtes, maar vergeld wil die mens vergeld! Die Woord is egter baie duidelik daaroor dat ons nooit mag vergeld nie – nooit nie! Ook nie deur handgebare of bose gedagtes wanneer 'n taxi skielik voor jou stop nie – nooit nie! Weerwraak is in die eerste plek 'n hartsgesindheid. Ons moet egter daarop let, dat dit nie beteken dat iemand wat teen jou gesondig het, in alle gevalle verontskuldig moet of hoef te word nie. Seksuele misbruik, moord, diefstal, oortreding van die landswette, ens. is bv. sake wat gevolge móét dra. Die sleutelvraag wat egter hier gevra moet word, is wat my motief met die aanmelding van so 'n misdaad is? Is dit 'n begeerte om God te behaag, of is dit 'n geval van 'n oog vir oog? Dit is waarom Paulus in v.18, hierdie woorde skryf ~ ... As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. Dit maak m.a.w. nie saak wie wat doen nie, ons moet die vrede handhaaf deur nie op dieselfde wyse (of erger) op te tree as die ander persoon nie. In v.21 sê Paulus ~ Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie. Die woord "oorwin" is in die Grieks, νικάω (nikaō). Hierdie is 'n militêre uitdrukking en beteken letterlik om seëvierend te wees, of om in oorwinning te staan. God wil hê dat die bose oorwin sal word deur goeie dade. As jou vyand bv. honger is, moet jy hulle voed. As hy dors is, bied hom iets aan om te drink. Die probleem is dat die meeste van ons nie met welwillendheid reageer wanneer ons gekonfronteer word met onaangename, of bose optrede van ander nie. Indien jy nou sou sê dat dit nie maklik is om so op te tree nie, moet ons in gedagte hou dat Paulus in die eerste 11 hoofstukke van die Romeinebrief verduidelik dat a.g.v. die afgehandelde werk van Christus aan die kruis, dit moontlik gemaak is vir ons om vergifnis van God die Vader te ontvang en om een te word met Christus Jesus se dood en opstanding. Die klimaks van Paulus se verduideliking vind ons in vv.1-2 van Rom.12 ~ En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. 2Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. Die implikasie van hierdie verse is dat ons in Christus is en daarom beskik ons oor die krag om enige iets te doen wat die Woord van ons vereis, al is dit hoe moeilik en dit impliseer dus dat ons nie op dieselfde wyse hoef te reageer as wat die wêreld op die bose, of teen mense wat ons te na kom, reageer nie. 3. BITTERHEID TEENOOR GOD: Kom ons kyk na die tweede sondige optrede wat ons kan begaan wanneer daar teen ons opgetree word en ons sondig reageer en dit is bitterheid teenoor God. Wat is bitterheid? 'n Kort definisie hiervoor sou kon wees: Bitterheid is woede wat na binne gekeer is. Sommige mense het bitterheid op hulle gesigte geskryf en wanneer hulle praat bevestig hulle woorde en gesigsuitdrukkings, dít wat in hulle harte leef! Hoe gebeur dit dat mense so raak? Ons kan maar net weer na die verhaal van Naomi verwys en spesifiek na haar bitterheid teenoor God wat by haar posgevat het na haar swaarkry in Moab – swaarkry wat sy nie oor haarself gebring het nie, maar wat sy verkeerd en sondig hanteer het – ons "tweede blokkie" het haar verlede geword, trouens dit het deel van haar totale wese geword. A.W.Tozer het in sy boek "The Knowledge of the Holy", die volgende gesê: ...what comes into our minds when we think about God is the most important thing about us. Toe Naomi terug kom in Bethlehem het sy vir die vrouens wat haar herken het gesê ~ Moet my asseblief nie meer Naomi noem nie, noem my Mara, want die Almagtige het die lewe vir my baie bitter gemaak. 21My lewe was vol toe ek hier weg is, maar die Here het my leeg laat terugkom. Waarom noem julle my nog Naomi? Die Here het dan teen my gedraai, die Almagtige het 'n ramp oor my gebring (Rut 1:20-21). Naomi het gekies om bitterheid teenoor God te koester. Die Hebreërskrywer sê in Hebr.12:15 ~ ...en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie. Gal. 5:19-21 is baie duidelik daaroor dat bitterheid, deel is van 'n sondige natuur en dan gaan Paulus voort in v.21b deur te sê ~ ...Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie. Bitterheid is dus iets wat ons ernstige aandag verg en wat ons so gou as moontlik met wortel en tak uit ons lewe moet verwyder. 4. ONBYBELSE SIENING VAN MENSE: Derdens moet ons onsself afvra of ons die korrekte siening van mense het – beskik ons oor 'n Bybelse siening van mense? Jesus sê ondubbelsinnig in Matt.23:37-40 dat ons, ons naaste moet liefhê – die probleem is dat sommige mense sukkel om diegene wat hulle te na gekom het, lief te hê. Byvoorbeeld, sommige vrouens wat deur hul mans mishandel is, se reaksie daarna is: Alle mans is so. A.g.v. hul ervaring, ervaar hulle probleme om op 'n normale wyse, interaksie met mans te hê. Om mense so oor dieselfde kam te skeer is sonde. Daarenteen moet ons kies om almal lief te hê (1Kor.13:1-4), al was jy mishandel, of finansieel "ingeloop", of wat ook al – God skenk aan Sy kinders die vermoë om lief te hê, as ons maar net vra daarom en dit in opregtheid najaag – m.a.w. as ons ernstig daaroor is om ons te bekeer, sal God ons help om ons naaste en ons vyande lief te hê. 5. ONBYBELSE SIENING VAN JOUSELF: Baie keer word afbrekende woorde oor ons, deur andere geuiter – Spr.18:21a sê ~ Die tong het mag oor dood en lewe. Ons kan nie ander mense se kommentaar oor ons beheer nie, maar ons kan kies om dit wat gesê word te glo en/of deel van ons lewe te maak en daarvolgens op te tree en derhalwe 'n onbybelse siening van onsself te ontwikkel, of ons kan kies om dit nié te glo nie en nié op dieselfde wyse oor onsself te dink nie. Dit is wel so dat ons nie maar net die impak van sulke woorde teen ons kan negeer, of ontken nie – woorde soos toe ons dalk op skool gesukkel het en 'n onderwyser vir jou gesê het dat jy "stupid" is (ek kan onthou hoe my boekhou onderwyser eenkeer wat ek voor die skryfbord gestaan en sukkel het met 'n rekeningkundige probleem, my beenhare getrek het en terselfdertyd vir my gesê het: "Kom van der Waltjie, jou broer kon dit doen" – vandag, 45 jaar later onthou ek dit nog so helder soos daglig!). Ons moet egter leer om sulke (ook nou by nabaat) opmerkings te evalueer teen dit wat God van óns sê. Dit is wat Paulus bedoel het, toe hy in Rom.12:3 gesê het ~ Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het. God kan en wil elkeen van ons help om onbybelse uitsprake oor ons en ook onbybelse denkpatrone t.o.v. onsself, te vervang met gedagtes wat waar en rein is - dink bv. maar net aan Gen.1:26-27 wat leer dat ons na die beeld van God geskape is! Laat dit jou nie in verwondering staan nie? Ek na die beeld van God geskape! Ons het die Heilige Gees as Trooster ontvang (Joh.14:16, 26). Luister net na hierdie pragtige waarheid ~ God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het (Ef.2:10) – en nog vele meer. Gaan sit dus vir 'n verandering net bietjie stil en dink mooi na oor hoe God jou "deur die bloed van Jesus Christus" beskou - wie sien Hy? Wat sien Hy? Ons mag nie 'n verkeerde siening; 'n negatiewe; 'n afbrekende siening van onsself hê nie - dit is sonde! 6. KONFRONTASIE VAN OORTREDER: 'n Baie belangrike vraag waarop ons 'n antwoord moet vind, is of ons diegene wie teen ons gesondig het, moet konfronteer daaroor al dan nie? Daar is 'n paar dinge wat ons in gedagte moet hou wanneer ons hierdie vraag beantwoord. · Ons moet eerstens besef dat ons nie van volwassenes wat as kinders misbruik, afgetakel, verneder, of wat ook al was, kan verwag om soos volwasse gelowiges op te tree nie en daarom steek hierdie gebeure in 'n kind se gemoed vas en het dit 'n impak op sy lewe en kan so 'n kind nie altyd die "oortreder" konfronteer nie omdat dit te lank terug gebeur het, terwyl so 'n persoon eintlik gekonfronteer moet word. · Konfrontasie is 'n baie belangrike Bybelse beginsel. Die baie bekende Matt.18 is baie duidelik hieroor en dan spesifiek v.15 ~ As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen. Baie gelowiges reageer op sonde teen hulle, deur dit te ignoreer; of so 'n broer net af te sny; of oor so 'n persoon te begin skinder; ens. Sulke reaksies word "items" in ons "tweede blok" en dit raak al moeiliker (soos wat die tyd aanstap) om die oortreder te konfronteer. Dit is wel belangrik dat jy elke situasie biddend en individueel moet beoordeel ten einde te sien óf dit hanteer moet word en indien wel, hóé dit hanteer moet word. Dit is ook belangrik dat die stappe in Matt.18 nagevolg sal word, wanneer jy iemand konfronteer en die persoon nie Bybels optree nie. Indien jy gewillig is om volgens Matt. 18 op te tree, kan jy met vertroue die woorde van Joh.7:17 vir jouself toe-eien ~ As iemand gewillig is om die wil van God te doen, sal hy weet of hierdie leer van God af kom, en of Ek uit my eie praat. Wat doen jy as jy iemand nié kan konfronteer nie (bv. uit die verre verlede)? Jy moet die saak biddend voor die aangesig van die Here bring en vergifnis teenoor daardie persoon uitspreek en ook vergifnis vra vir jou (dalk jarelange) bitterheid en onvergenoegdheid en ongelukkigheid oor die persoon se optrede teenoor jou. Wanneer dit gedoen is, dank jy die Here vir die feit dat jy in Hom 'n nuwe skepsel is en nie meer die persoon wat jy was toe jy te na gekom is nie. 'n Ander vraag wat ons moet oorweeg, is wanneer ons wel iemand gekonfronteer het, maar wat nie vir ons om vergifnis gevra het nie. Daar is een kort antwoord op so 'n vraag: Ons gesindheid moet ten spyte van hul onbybelse optrede steeds een van vergifnis en liefde wees – ons moet vergewe al vra hul nie om vergifnis nie. Ons reaksie moet dus dié van Jesus wees toe Hy aan die kruis gehang het ~ Toe sê Jesus: "Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!" (Luk.23:34). 7. HET EK VERGEWE INDIEN DAAROM GEVRA? Jesus praat gereeld oor die belangrikheid daarvan om andere te vergewe – so sê Hy bv. in Luk.17:3-4 ~ Wees dus self op julle hoede. "As jou broer verkeerd optree, berispe hom; en as hy berou kry, vergewe hom. 4Selfs as hy sewe maal op 'n dag verkeerd optree teen jou en sewe maal na jou toe terugkom en sê: 'Ek is jammer,' moet jy hom vergewe." Die laaste vraag wat jy, jouself dus moet afvra ten einde te weet hoe jy die verlede "op sy plek moet sit" – daardie verlede waar mense verkeerd teen jou opgetree het en waar jy ook verkeerd opgetree het, is om te vra of jy mense uit die verlede vergewe het wat jou om vergifnis gevra het? Indien jy nie bereid is om te vergewe nie, is jou voorland "blok 2" (sien diagram) en sal jou doring met jou wees tot jy bereid is om diegene wat om vergifnis gevra het, se belydenis te aanvaar – ons kan en mag net eenvoudig nie mense wat om vergifnis vra, se belydenis weier nie – hoe kan ons ooit verwag dat die Vader ons moet vergewe as ons nie bereid is om andere te vergewe nie? Mark.11:25 verskaf hier aan ons 'n baie duidelike antwoord ~ En wanneer julle staan om te bid, en julle het iets teen iemand, vergewe hom; dan sal julle Vader wat in die hemel is, julle ook julle oortredings vergewe. Die implikasie van hierdie vers, is dat ons vergifnis afhang van ons gewilligheid om andere te vergewe wat teen ons oortree! Hierdie feit behoort genoegsame rede vir ons te wees om seker te maak dat ons tweede blok "skoon gemaak sal word"! Dit wat ek vandag met julle gedeel het, is voorwaar nie maklik nie, maar indien ons na die beeld van God geskape is en as ons onsself gelowiges noem wat hervorm is na die beeld van Christus, moet ons soos Christus optree. Paulus leer ons in Ef.4:24, dat ons ~ ...as nuwe mense (moet lewe) wat as die beeld van God geskep is: en daarom moet ons volkome volgens die wil van God (lewe) en heilig (wees). [1] Boodskap deur Kobus van der Walt te Vaaldriehoek Gereformeerde Baptistegemeente (Meyerton) - Sondag, 13 Mei 2012
2018/04/27 01:11:44
http://diewaarheidmaakvry.blogspot.com/2012/05/v-behaviorurldefaultvmlo_13.html
mC4
Hoe om 'n vergifnisbrief vir selfgenesing te skryf - Blog Die skryf van 'n vergifnisbrief kan 'n ongelooflike katartiese deel van u genesingsreis wees. Dit is 'n geleentheid vir u om allerlei seerkry uit te oefen, wat u 'n veilige ruimte bied om al u gevoelens uit te druk sonder om u te bekommer oor oordeel of beskuldiging. hoekom was ek so emosioneel die afgelope tyd? Die kans is groot dat u op een of ander stadium 'n situasie ervaar het wat u magteloos laat voel het, u diep seergemaak het of dat u nie in staat was om u gevoelens uit te druk nie. Dit kan wees omdat u nie veilig genoeg was om daardie persoon te kon vertel hoe u regtig gevoel het nie, of dat u nooit die geleentheid gehad het om dit te doen nie, soos nadat u verlate of spookagtig was. Of u nou te doen het met onuitgesproke emosies wat aanhoudend in u buik vleg, of PTSV wat gereeld by u spook, 'n vergifnisbrief kan u op baie verskillende maniere bevoordeel. Lees verder om te leer hoe om een ​​te skryf, en hoe die fisiese daad om u gedagtes en emosies op papier vry te stel, geweldig genesend kan wees. Wat is presies 'n vergifnisbrief? In die eenvoudigste terme is dit 'n brief wat u aan 'n persoon wat u seergemaak het, skryf. Met hierdie brief het u die geleentheid om al u gedagtes en gevoelens oor alles wat tussen u plaasgevind het oor hoe hul optrede u beïnvloed het, en hoe u daaroor voel, uit te stort. Dit is belangrik om te onthou dat traumatiese ervarings nie vinnig genees nie. In werklikheid kan hulle langdurige seer veroorsaak wat kan weerklink lank nadat die voorval plaasgevind het. Dit is veral waar as ons nooit die kans gehad het om af te sluit nie, soos as 'n maat ons diep seergemaak het en dan 'n spook gehad het, of as ons aangerand is deur 'n vreemdeling met wie ons nooit die kans gehad het om te konfronteer nie. Daardie persoon het nooit kennis geneem van die skade wat hulle aangerig het nie, en u sou miskien nooit die kans gehad het om al die gedagtes en emosies wat u oor die voorval gevoel het, vry te stel nie. Daardie skade kan help as dit nie uitgedruk word nie, en op talle verskillende maniere manifesteer: fisies, emosioneel en geestelik. In Tradisionele Chinese medisyne (TCM) word byvoorbeeld geglo dat nierstene veroorsaak word deur onuitgesproke woede. Natuurlik het u nooit die kans om vir die ruk wat u seergemaak het, te vertel hoe u van aangesig tot aangesig voel nie - hulle sal dit miskien nooit uitvind nie - maar 'n vergewingsbrief is die naasbestes. Op u eie tyd, op u eie voorwaardes, skryf u alles neer wat u ooit aan hierdie persoon wou sê. U kan dinge uitdruk soos u wil, van hartlike uitstortings tot skuimende woede. Alles wat jy voel, is goed. Alles wat u voel, is geldig. Skryf alles neer, haal dit uit. Deur dit te doen, stel u al die ingeslote seer, frustrasie en woede vry, sodat die persoon wat u seergemaak het, nie meer huurvry in u verstand, liggaam of siel sal leef nie. Hoe help dit u genees? Met 'n vergifnisbrief kan u beheer neem oor 'n situasie wat u hulpeloos kon laat voel. U neem al die emosies wat u daardeur gevoel het, en maak dit tasbaar, fisies, met pen en papier. Hierdie einste daad is ongelooflik bemagtigend, want dit gee u u soewereiniteit terug, terwyl dit u ook help om seer wat al jare in u binneste kan ontslae te raak. Een van die belangrikste dinge om te onthou as dit by radikale vergifnis kom, is dat dit regtig nie oor die ander persoon gaan nie - dit gaan daaroor jy . Die Lutherse predikant Nadia Bolz-Weber het 'n skouspelagtige, maar tog kort onderhoud gevoer met die titel ' Vergewe Assholes '. Daarin beskryf sy hoe ons uiteindelik soos 'n soort ketting aan daardie mishandeling geheg word as mense ons skade berokken. Die vashou aan die pyn wat hulle veroorsaak het, maak ons ​​uiteindelik op die lange duur seer. Soort soos om 'n brandende steenkool vas te hou: ons sal begin genees sodra ons dit los. Maar as ons dit nie doen nie, eerder as om te genees van wat ons vyand ons aangedoen het, ons kan uiteindelik soos hulle word as gevolg van ons pyn en bitterheid. Bolz-Weber versterk die idee dat vergewe mense wat ons seermaak ons ​​nie swak of deurmatjies maak nie, maar eerder meer 'sleg' is. Deur die ruk te vergewe, stap ons vry van die slagoffer se ingesteldheid en gebruik 'n stel geestelike boutsnyers en kies ons om die ketting wat ons nog steeds daaraan bind, af te sny. Ons bemagtig onsself en tree op om ons vir ewig van hulle te bevry. Basies sê ons optrede: 'Wat jy gedoen het, was dus nie goed dat ek nie meer daaraan gekoppel wil wees nie' . Dit is wat hierdie vergifnisbrief vir jou kan doen. tekens dat 'n vrou van jou hou Hoe om te werk te gaan om een ​​te skryf Daar is geen 'regte' manier om u vergifnisbrief te skryf nie: dit is alles 'n kwessie van individuele voorkeur. Sommige mense hou daarvan om terug te keer na die tyd toe hulle seergemaak is, en al hul emosies is vars en rou as hulle dit op papier mors. As dit iets is wat goed werk vir u, wat u help om ou pyn uit te kry, gaan dan daarvoor! Hou net 'n paar sneesdoekies byderhand. Ander verkies kalmte en vrede en kies om te konsentreer op die soort katarsis wat hulle met hierdie aksie wil bereik. Hulle sal 'n tydsbestek opsy sit wanneer hulle nie onderbreek word nie, sagte musiek aanbring wat hulle inspireer, kerse of wierook aansteek en al hul voornemens vir vergifnis en vrylating rig. Soos vroeër genoem, is dit belangrik om te onthou dat hierdie vergifnis nie die vrystelling van die ander persoon (of mense) is van al die aaklige dinge wat hulle aan u gedoen het nie. Dit gaan daaroor om alle oorblywende drade wat hulle aan u gebind hou, te verbreek sodat u dit in u verlede kan agterlaat en nooit weer kan terugkyk nie. U kies egter om die uwe te nader, of dit nou met kleurpotlode of vulpen op fyn skryfbehoeftes of afvalpapier is, dit is absoluut goed. Dit gaan alles oor bedoeling . Maak net seker dat dit 'n werklike fisiese brief is, eerder as 'n e-pos wat u sal verwyder. As u probleme ondervind met motoriese vaardigheid en dit makliker is om dinge uit te tik as om dit met die hand te skryf, is dit geen probleem nie: druk dit uit sodra u klaar is, sodat u dit in u hande kan hou en dit fisies kan wegdoen. Die feit dat u u interne onrus in 'n fisiese voorwerp oordra, is die towerkrag hier. Om slegs op 'delete' op 'n e-pos te klik, het nie die OOMPH-krag wat nodig is om werklike verandering te laat plaasvind nie. Wat om te doen met u vergifnisbrief Aangesien die konsep van loslating die kern van hierdie poging is, is dit die beste ding om met u vergifnisbrief te doen. Hou in gedagte dat u baie opgekropte emosies in hierdie fisiese voorwerp stort, dit is dus die beste om dit nie in u huis te hou as u klaar is nie. As u dit doen, sal u onbewustelik weet dat dit nog steeds in die omgewing is, en die teenwoordigheid daarvan kan u gedagtes en gees deurdring. U is miskien nie dadelik bewus daarvan dat dit allerhande negatiewe energie vrystel nie, maar as dit nog steeds in die omgewing is, is dit ook u gevoelens oor die persoon vir wie u geskryf het. Moet dit nie laat gaan nie. Vir baie mense - ek inkluis - die verbranding van hierdie letters is een van die mees katartiese rituele denkbaar. Skryf die naam van die ontvanger op 'n koevert (drie keer as u regtig daarmee magies wil raak), en verseël die letter daarin. Sommige mense hou selfs van toue om die koevert te bind, om 'n sterker binding of bevestiging te simboliseer. U hoef nie die brief te verbrand as u ongemaklik voel om dit te doen nie, of as u iets aan die brand kan steek in u omgewing gevaarlik kan wees. In plaas daarvan kan jy begrawe dit buite, gooi dit weg, of los dit op in 'n emmer water. Die belangrikste aspek is vernietiging van een of ander aard. As u kies om die letter aan die brand te steek, doen dit asseblief op 'n veilige manier wat u, u huis, omgewing of die natuur nie sal laat brand nie. Kyk na die papier terwyl dit brand, en stel elke gedagte en emosie voor wat u steeds bind aan die persoon wat saam met die rook wegdryf. Dit sal nie lank duur voordat die brief tot niks gereduseer word nie, en as dit so gebeur, kan u feitlik voel hoe al die ou seer daarmee saam inmekaar verkrummel. Sodra die as heeltemal afgekoel het en daar geen gevaar vir vonke is nie, kan u die as in die wind waai, dit buite versprei of selfs spoel. Jou besluit. Onthou dat dit vir u is, nie die een wat u seermaak nie Sommige mense voel in die versoeking om sulke briewe aan die persoon / mense wat hulle seergemaak het, te stuur in die hoop om hulself te bemagtig deur die laaste woord te hê. Dit gaan nooit goed nie, veral nie as u te doen het met 'n narsis, sosiopaat of iemand met 'n grenspersoonlikheidsversteuring nie. Natuurlik voel u dalk 'n tydelike gevoel van geluk en afsluiting omdat u diegene is wat tot aksie oorgegaan het ... maar die ander persoon mag voel dat eenmansaak in orde is, en sal vergeld met 'n f ** k-u-brief. van hul eie. ... wat jou uiteindelik weer sal seermaak, wat nog 'n vergifnisbrief benodig vir jou eie bemagtiging en selfgenesing, ens. Dit is 'n lelike siklus waarin jy regtig nie wil vasval nie. Hierdie brief gaan alles oor jou: herstel jou persoonlike krag, genees ou wonde en gebruik jou stem om alles uit te druk wat jy nodig het. Die laaste ding wat u wil doen, is om deure oop te maak vir die een (s) wat u seergemaak het om dit weer te kan doen. Stel u selfgenesing, selfbemagtiging en selfversorging hier 'n prioriteit. Selfs as u regtig wil hê dat die ontvanger van die brief gelukkig en vervul moet wees in hul lewe as deel van u genesingsproses, stel dit net geestelik en geestelik. Stel dit alles in die brief, en terwyl dit brand, stel jou voor dat die rook na waar hulle ook al loop en vrede gee. Maar dit is vir u, nie vir hulle nie. Of u nou sterkte toewens of op papier skreeu, laat hierdie daad van vergifnis alle toue afsny en alle deure vir altyd sluit.
2021/12/05 14:07:50
https://af.gov-civil-viseu.pt/how-write-forgiveness-letter
mC4
Centurion verloor weer, Tuks steeds onoorwonne | Centurion Rekord Centurion verloor weer, Tuks steeds onoorwonne Centurion se lot in die Superliga is amptelik nie meer net in hul eie hande nie, terwyl Tuks byna 'n wind gesluk het teen Impala en Naka Bulle amok gemaak het teen die sterkste teenstand uit die geledere van die Valke. Tuks op die aanval in Saterdag se Superliga wedstryd teen Rustenbuurg Impala. Foto: GB Jordaan Terwyl Centurion se drome van 'n plek in die Superliga halfeindstryd waarskynlik finaal neusie verby is ná hul verrassende nederlaag teen Springs, het Tukkies Saterdag 'n reuse aanslag van Rustenburg Impala afgeweer om hul onoorwonne status te behou. Tuks, Impala en ABE Midas Naka Bulle het reeds gekwalifiseer vir die halfeindrondte, maar Centurion sal nou 'n klein wonderwerk nodig hê om Quins-Bobbies (QBR) uit die vierde plek te hou. * Centurion het Saterdag in die Oos-Rand hul vierde agtereenvolgende nederlaag in die Superliga gely, toe Springs hulle met 31-26 verras het. Springs het tot dusver goed gekompeteer in die liga. Hulle het veral in die eerste paar wedstryde spanne soos Impala en QBR goed skrikgemaak, maar kon nog nie een van die top vyf klop nie. Saterdag het hulle egter hul deurbraak gemaak en Centurion se krisis-situasie in die liga dramaties vergroot. Die 13 punte verskil tussen Centurion en QBR op die punteleer beteken dat Centurion sy laaste drie ligawedstryde teen East Rand United (ERU) eerskomende Saterdag, QBR op 23 Junie en Tuks op 14 Julie almal met bonuspunte moet wen en dan moet hoop dat QBR geen ligapunte verdien in hul wedstryde teen Naka Bulle (9 Junie) en Impala (21 Julie) nie. * Tuks sal waarskynlik heel bo aan die punteleer eindig, maar Nico Luus sal beslis nie tevrede wees met sy span se sukkel-vertoning die afgelope naweek teen Impala nie. Tusk 28, Rustenburg Impala 22. Foto: GB Jordaan Hoewel Tuks met 28-22 gewen het, kon hulle nie 'n bonuspunt verdien nie en die wedstryd was tot teen die einde in die weegskaal, nadat die halftydtelling 14-elk was. Impala het veral beïndruk met die wyse waarop hulle Tuks voorlangs trompop geloop het. Hulle het die studente harde bene laat kou in die lynstane in by die afbreekpunte. Die manne van Noordwes het die grootste deel van die tweede helfte oorheers, maar Tuks se verdediging moet krediet kry vir die wyse waarop hulle verskeie aanslae van Impala afgeweer het. Slegs 'n puik geoefende beweging waar regtervleuel Stephan Coetzee laat in die tweede helfte vanaf 'n lynstaan aan die losskakel se binnekant ingesny het om die wendrie te druk, het Tuks gered van hul eerste nederlaag. Heelagter Abrie Reynolds se skopvoet en die nege punte wat hy met strafdoele aangeteken het was ook goud werd vir Tuks, aangesien die twee spanne elk drie keer gaan druk het. * ABE Naka Bulle het hulself intussen in die tweede plek op die punteleer gevestig met 'n weghol oorwinning teen ERU op hul tuisveld in die Moot. ABE Naka Bulls 71, East Rand United 28. Foto: Hein Roos ABE Naka Bulls 71, East Rand United 28. Foto: Johan van Deventer Sylvester Booysen en sy manne het baljaar met tien drieë om met 71-28 te wen. Die gewese vleuel van die Bulls, Kefentse Mahlo, wat Saterdag op heelagter vir ABE Naka Bulle uitgedraf het, het sy posisie as top driedrukker in die kompetisie versterk met 'n driekuns. * Intussen het Tuks en Naka Bulle ook hul krag in die junior ligas gewys in verlede week se halfeindrondtes van die o.20 en o.21 kompetisies. Dié twee klubs sal mekaar in albei die eindstryde aandurf. Naka Bulle se o.20's het Centurion in die een halfeindstryd met 38-0 geklop, terwyl Tuks in die ander halfeindstryd met die moedige span van Tuine se Grizzlies (38-8) afgereken het. In die o.21 liga het Tuks vir Centurion uitgeskakel, terwyl Naka Bulle die jong manne van Rustenburg Impala maklik met 76-5 geklop het.
2018/11/16 05:41:11
https://rekordcenturion.co.za/146729/centurion-verloor-weer-tuks-steeds-onoorwonne/
mC4
Xade Archives - Wat 'n petaljeWat 'n petalje Tag Archives: Xade Kampe in die Sentraal-Kalahari Wildreservaat Posted on 25-03-2017 by admin Ons was onlangs vir 5 nagte in die Sentraal-Kalahari-wildreservaat, ook bekend as CKGR (Engelse afkorting). Dit is een van die mees afgeleë plekke in Suidelike-Afrika. Dit is die naas grootste wildtuin in die wêreld, maar daar is nie veel meer as 30 kampe in die hele reservaat nie. 'n Kampplek bestaan meestal uit n boom of twee, 'n "long drop", 'n afskorting waar jy kan stort as jy jou eie water saam neem en 'n stuk beton waarop jy kan vuur maak. Behalwe vir 'n paar uitsonderings sal jy nooit eers jou buurman hoor of sien nie. Longdrop en 'n stort Om nie die heeltyd mense en ander karre rondom jou te sien nie, maak die ondervinding nog beter. Jy het tog al die pad gery om die natuur te kom bewonder. Sonsondergange en opkoms, uitgestrekte horisonne, vlaktes en leë panne maak 'n besoek aan hierdie deel van Botswana uniek. Die Kalahari is 'n ander tipe mooi. Jy is reg in die middel van die natuur. Hier is die kampe nie omhein nie, jy moet heeltyd op die uitkyk wees vir besoekers. Deception Pan 6 Om 'n avontuur hier te ervaar moet jy vroegtydig kampplek bespreek. Ek sou aanraai om ten minste vier maande vooruit te bespreek. Die besprekings kan verwarrend wees, omdat nie alle kampe in die reservaat deur een sentrale plek bespreek kan word nie. Sekere van die kampe moet deur die Botswana se natuur en parkeraad bespreek word (Botswana department of Wildlife and National Parks) en die meerderheid van die kampe word deur Bigfoot Tours – 'n privaat maatskappye – bestuur en jy moet direk by hulle bespreek. Jy gooi self jou stort vol water. Behalwe die koste vir die kampering moet jy ook 'n daaglikse natuurbewaringsfooi betaal en 'n toegangsfooi vir jou motor. Dit moet aan die DWNP betaal word. Die beste is om dit vooraf te betaal met jou kredietkaart, maar hierdie fooi kan ook by die hek in slegs kontant betaal word. Indien jy in kontant wil betaal, neem Pulas of Dollars saam. Rand word nie by die hek aanvaar nie. Luiperd in die stort Jy kan 'n volledige lys van kampplekke in die Sentraal-Kalahari wildreservaat hier kry Bespreek sommer dadelik! Posted in Inligting, Plekke | Tagged Botswana, CKGR, Kalahari, Kori, Passarge, Passarge Valley, Wildreservaat, Xade | Leave a reply
2021/10/28 19:37:51
http://www.petalje.co.za/tag/xade/
mC4
Jong vrou volg roeping van Bo | Die Son Jong vrou volg roeping van Bo Deur Kelly-Lee OhlsonSondag, Julie 04, 2021 07:00 vol kleur: Ds. Farren Watt gesels oor haar reis as vrouedominee. foto verskaf ~ DIS nie aldag dat jy 'n pragtige dominee met rooi lippe en naels, kleurryke skoene en 'n flambojante persoonlikheid sien nie. Maar ds. Farren Watt (26), 'n boorling van Springbok, het die roeping gevolg wat die Here op haar hart gelê het. Dié dominee, wat byna twee jaar in diens is van die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) Lambertsbaai, vertel sy wou nie altyd 'n dominee word nie. "Ek wou eers 'n prokureur word, maar ongelukkig kon ek nie by daardie program inkom nie. Ek het toe maar in 2014 aan die Universiteit Stellenbosch vir teologie aansoek gedoen. "Ek is ingelig dat ek my krediete kan opbou en in my tweede jaar aansoek doen om regte te swot. My tweede jaar het gekom en ek het maar weer vir teologie aansoek gedoen. My derde jaar het gekom en ek het weer met teologie voortgegaan. "Dit is toe dat ek besef het dat dit my roeping is. Ek was eers ongehoorsaam. Ek het toe ernstig geraak oor teologie en my roeping gevolg." Ds. Watt maak oop oor die vele uitdagings wat sy ervaar het toe sy haar loopbaan as vrou in die bediening begin het. Sy was 24 jaar oud toe sy as dominee bevestig is. "Baie vroueleraars kan met my saamstem dat dit vir lidmate moeilik is om vroue op die kansel te sien staan. "Die eerste jaar was 'n baie groot uitdaging. Ek as Namakwalander en die mens wat ek is... Met my rooi lipstick en verskillende kleure skoene en my persoonlikheid, was dit maar 'n aanpassing. "Nie net van my kant af nie, maar ook vir die gemeente. Die leraar wat voor my daar was, was baie lank daar. Hulle het 'n kans gevat om 'n vrou te beroep en toe was dit nog ek ook. So, dit was maar 'n leerskool vir my sowel as die gemeente. Ons moes baiekeer mekaar in die middel ontmoet." Maar die pragtige dominee vertel binne die twee jaar het sy en haar gemeente 'n hegte band ontwikkel. "Nou in my tweede jaar in Lambertsbaai het ons 'n goeie verstandhouding. Hulle aanvaar my vir wie ek is en hulle is baie lief vir my en ek vir hulle."
2021/09/22 23:39:16
https://www.son.co.za/Blog-Jou-Ore/Son-Gospel/jong-vrou-volg-roeping-van-bo-20210701
mC4
Skriflesing: Amos 4. Teks: Amos 4: 12 Daarom sal Ek dit alles weer aan jou doen, Israel! En omdat Ek jou dit sal aandoen, Israel, maak jou klaar om voor jou God te kom verskyn! Dis goed om aan die einde van die jaar - en met die begin van 'n nuwe jaar - te besin oor ons geloof en die gebreke wat daarin mag voorkom. Die bedoeling van hierdie preek is glad nie om ons as gemeente te probeer verskrik en om u te laat glo dat ons sondes so geweldig is dat die Here wag om ons te vernietig nie. Die bedoeling is bloot besinnend. Kom ons kyk wat het tussen Israel en die Here verkeerd geloop net voordat die Here Samaria laat val het en Israel in Ballingskap weggevoer het. Ona gaan dit op onsself toepas, want niemand kan 'n toekoms bou as hy nie die foute van die verlede uitskakel nie. Aanhoudende sondes roep ons mos op om voor God se troon te verskyn! In hierdie Bybelgedeelte is daar 'n duidelike tweedeling waarna ons moet kyk in die verklaring daarvan: 1. Sosiale en godsdienstige sondes 2. Die Here se straf oor sy volk 1. Sosiale en godsdiensgtige sondes Verskillende groeperinge in die volk Israel word deur die Here aangespreek oor hulle sondes. Uiteindelik is daar niemand wat nie in die oordeelsaankondiging betrek word nie. Die eerste vers is gerig teen die aansienlike vrouens van Samaria. Met taamlik min respek word hulle "koeie van Basan" genoem. Basan was die Noordelike deel van die gebied van Israel wat oorkant die Jordaan gelê het. Die gebied was bekend as 'n gebied met baie vrugbare weiveld. Daarom is hierdie gebied uitgedeel aan die stamme wat die meeste vee gehad het (Num. 32: 1vv.; Deut. 32: 14; Esegiël 39: 18; Psalm 22: 13). Koeie van Basan beteken dus vetgevoerde koeie. Die betekenis van hierdie uitdrukking is dat hierdie vrouens in weelde lewe en oorvloed lewe - en veral dat hulle hulle oorgee aan genotsug en ooretery. Die profeet vertel (met 'n sekere mate van afsku) van die sondes van hierdie vrouens. Hulle verdruk arm mense en hulle is in hulle optrede kras teenoor mense wat nie hulle status het nie. Die Bybel sê ook hoe hulle dit doen. Hulle sê hulle mans aan om te sorg dat daar rykmansetes gehou word. Die betekenis daarvan is dat hulle mans nie kan bybly nie omdat die kostes te hoog loop. Die Bybel beskryf die sondes van die ryk mans wat nie hulle vrouens se eise kan hanteer nie. Hulle gaan dan op hulle beurt en wurg die middele wat hulle nodig het uit die armes. Hieroor moet die oordeel van die Here kom. Daarom neem die Here 'n eed. God sweer by Homself - by sy heiligheid. Die heiligheid van die Here is in die Ou Testament soveel as sy Goddelikheid self. Dit is baie, baie ernstig wanneer die Here 'n eed sweer (Hebreërs 6: 13). In die heiligheid van die Here kom sy majesteit op die voorgrond, asook sy afkeer van die sonde, en daarmee reeds die beginsel van straf. Die straf kom oor almal, maar die Bybel beskryf veral hoe hierdie rykmansvrouens dit gaan belewe. Hulle is verteenwoordigend van die hele volk. Hulle sal met hake uitgetrek word. Dit is 'n vissersbeeld wat sê dat soos wat 'n vis met 'n hoek uit die water uitgeruk word, net so sal hierdie vrouens deur die geweld uit hulle oorvloed en swelgpartytjies uitgeruk word. Vers 3 beskryf dan hoe hulle weggelei word in Ballingskap. Hulle gaan deur gate in die mure van Samaria aangejaag word. Die woorde "... reg voor haar uit.." teken die troosteloosheid en verslaendheid waarmee hierdie vrouens aangedryf word in die rigting van die Hermonberge. Dit is natuurlik in 'n Noordelike rigting - na Assirië toe. Daarna verander die profeet sy aanslag van die aansienlikes af na die volk toe in die algemeen. Die Bybel openbaar hier dat ons nie met die armes en die onaansienlikes verkeerde simpatie moet hê nie: Al is hulle deur die ryk vrouens verdruk, was hulle eie lewens ook onregverdig voor die Here. Die volk het sondes gedoen omdat hulle sondige kultusse by Betlehem en Gilgal gepleeg het (Amos 3: 14; Hosea 4: 15). Die uitvoerigheid waarmee Amos na hierdie fees verwys, is 'n aanduiding dat die volk dalk juis op daardie stadium besig was om vir so 'n groot offerfees voor te berei. Die profeet moedig die volk op 'n ironiese wyse aan om voort te gaan met die fees en nog meer sonde te doen. Amos het beslis die kultus te Betel en Gilgal veroordeel. (Amos 5: 5; Hosea 4: 15; 9: 5.) Vir Amos is die tempel die plek waar die Here woon (Amos 1: 2). Daarom het hy niks teen die offers self nie, maar teen die mense wat die offers verrig, want hulle het tydens hierdie offerfeeste baie onsedelike en ongeestelike en heidense dinge gedoen. Die uitroep en die oproep tot hierdie vrywillige offerfees wys klaar op die onwettigheid daarvan. Die oproep moes juis uitgaan omdat daar van die normale feeste en offers soos wat die Here dit voorgeskryf het, afgewyk word. Vers 5 beklemtoon die onwettigheid van die offerdienste wat verrig is. Kyk byvoorbeeld na wat hulle met die Lofoffer gedoen het. Volgens Levitikus 7: 11, 12 moes die volk vir die lofoffer 'n dier geslag het. Hierdie mense het dit verander, want hulle het dit in 'n graanoffer (gesuurde/ongesuurde offer). Dit is waar dat daar 'n bybestandeel van 'n spysoffer moes wees, maar dit het nooit op die altaar gekom, soos wat hulle gedoen het nie. Die groot fout was dat hierdie feeste ter ere van die kalwerbeelde was wat deur Jerobeam daar opgerig was. (Hy het hierdie afgodsdiens ingestel om seker te maak dat die volk nie na Jerusalem toe gaan om te offer nie). Dit was nie offerfeeste tot ere van die Here nie, al was baie van die dinge wat daar gedoen is dieselfde as wat gewoonlik vir die Here gedoen is, soos byvoorbeeld die tiendes en die môreoffers. Dit is 'n tipiese styl van die Satan om aanbidding aan die Here te koggel met allerhande dinge wat nogal ooreenstem met dit wat die Here laat doen, om gelowiges wat hierdie koggeldiens doen, in sonde te laat beland. Die volk was nie beswaard oor hierdie vrywilllige feeste nie. Hulle het dit baie geniet en hulle met groot ywer daarop toegelê. Die boodskap wat Amos nou uitdra, is: Gaan maar rustig aan en maak julle sondes meer. Daarna word 'n klomp volksrampe beskryf. Dit is profeties, want in die tyd toe Amos gepreek het, het Israel voorspoed beleef (vgl. Jesaja 9: 7 - 10: 4). In verse 6 - 11 word voorspel dat die Here 'n hele reeks plae oor Israel sal bring met die doel om hulle tot bekering te bring. Sonder sukses. Elke keer word daar met hartseer bygevoeg dat die volk nie deur die gebeurtenis tot bekering beweeg kon word nie. Die gevoel wat die herhaling van hierdie refrein by ons opwek, is dat die Here sy strawwe sou gestaak het as die volk bereid was om tot bekering te kom (v. 6, 8, 9, 10, 11). Dit is opvallend dat die Here al die plae in die verlede tyd beskryf. Dis nie omdat dit gebeur gehad het in Amos se tyd nie. Dit is omdat die Here die volk profeties by sy oordeel verbyvat en hulle laat terugkyk na die stukkie geskiedenis wat hulle van Amos se profesie af tot met die val van Samaria sou deurmaak. Die strawwe lyk op die oog af na doodgewone natuurrampe. Die dinge wat gebeur het was hongersnood, droogte, misoeste gepaard met 'n sprinkaanplaag, pes gepaard met 'n bloedige nederlaag in die oorlog, en uiteindelik algehele verwoesting van die land. Die Here het egter van hulle verwag om as gelowiges by die oppervlakte te kon verbykyk - omdat hulle deur die profete gewaarsku is - en die hand van die Here te sien in die tekens van die tyd. Omdat die Here weet dat die volk hardnekkig van geaardheid is, en omdat hulle gaan aanhou om al hulle sondes te doen, word hulle finaal gewaarsku: En omdat Ek jou dit sal aandoen, Israel, maak jou klaar om voor jou God te kom verskyn! Hierdie woorde is nie meer 'n oproep tot bekering nie. Dit is 'n finale profesie dat daar as gevolg van hulle sondes nou nie meer 'n kans is dat hulle van die oordeel van die Here af kan wegkom nie. Die Here kom met sy oordeel en die volk moet reg wees om Hom te ontmoet. Kom ons kyk 'n bietjie diep in onsself in: Is ons minder hardnekkig as hierdie volk? Ons weet almal dat die antwoord 'n duidelike en eerlike "nee" is. Ons lees die tekens van die tye ook net so swak soos daardie mense. Ons kan, net soos hulle, ook nie die hand van die Here in alles verstaan wat met ons gebeur nie. En presies net soos hulle gaan ons God ook ontmoet. Daar is geen mens en geen volk wat daardie ontmoeting kan misloop nie. Die van ons wat die Here gaan ontmoet terwyl ons in ons ongeloof volhard, gaan dit baie bitter hê, want sulke mense gaan hulle te pletter loop teen die oordeel van die Here. Wat gaan van ons word as ons God ontmoet? Die genade is dat dit met die gelowiges heeltemal anders gaan wees as met die ongelowiges. Iemand Anders het God namens die gelowiges ontmoet. Hy het namens almal van hulle met al hulle sondes voor God gaan staan. Dit was nie 'n vriendelike ontmoeting nie, want Jesus het in God se volle oordeel gestaan. Hy is toe ook deur God gestraf. Hierdie straf was geweldig. Dit was nie so 'n maklike straf soos wat Israel oorgekom het dat die vrouens verslae oor die puin van die stadsmure geklim het, maar tog gelewe het nie. Jesus was deur God verlaat, en Hy moes sy lewe gee as prys sodat ons kan lewe. As ons God gaan ontmoet, gaan ons ook daar staan met die volle smet van al ons sondes, maar ons gaan nie vernietig word nie, omdat Jesus Christus klaar die straf daarvoor gedra het. Maar juis dit maak dat ons met soveel meer verantwoordelikheid moet kyk na hoe ons lewe. Ons moet nie soos die vroue van Samaria in aardsheid verval en die eer van die Here tot in ons manier van eet en drink verloor nie. Ons moet ook daarop let dat in die huweliksverhoudings van alle getroudes die koningsbeeld van God gehandhaaf word. Ons moet nie soos die rykmanne van Samaria ons frustreerdheid gaan uithaal op die wat meer weerloos is as ons nie. Positief moet ons veral op die terrein van ware aanbidding baie aandag gee dat ons aanbidding altyd van harte is, en dat dit met die nodige lewensvreugde gepaard gaan. Maar ons moet altyd baie seker maak dat hierdie godsdiens van ons dit is wat die Here vra. Israel se eie uitvindings (wat gedeeltelik nogal met die Bybel ooreengekom het) was vir die Here so aanstootlik dat Hy die volk met allerhande rampe begin straf het om hulle tot bekering te bring. Ons moet een ding altyd helder onthou: Die toekoms is nie môre of die volgende vyf of tien jaar nie. Die toekoms is van môre af tot in die verste ewigheid - nadat alle tyd en geskiedenis en die aarde al verbygegaan het. Die grootste gedeelte daarvan gaan ons op die nuwe aarde bly waar die teenwoordigheid van die Here by ons sal wees. Kom ons stel ons fisier op daardie dag en ons wag op die ontmoeting met God. Dit is 'n baie belangrike oomblik, want dit is die oomblik wanneer die Here Jesus aan ons toegang tot sy ewige koninkryk verleen.
2019/11/13 15:13:58
http://gkbellville.org/preke/PAamos4.htm
mC4
'Fad diete', wat is dit en is dit goed? - ivfbabble BMI, Tuis, Lifestyle, Voeding, welstand Of dit nou u BMI verminder voordat u swanger raak of u leefstyl en voeding verander om u liggaam in toom te hou voordat u met vrugbaarheidsbehandeling begin, dit kan 'n bietjie verwarrend wees watter kosse u moet eet. . . en dan is daar gure diëte, is dit goed? Sal hulle help? Om meer te wete te kom oor 'gierige diëte', vra ons die voedingsterapeut Sue Bedford vir haar om dit te aanvaar. . .! Ons weet almal dat dit weer daardie tyd van die jaar is, wanneer sommige mense sê dat ek 'op 'n dieet is', en ek word gereeld gevra om die vraag 'Wat dink u van hierdie dieet'? Wel, gewoonlik is die antwoord 'nie veel nie'! Dus, wat presies is gure diëte? Daar is baie diëte wat bevorder word as die beste manier om gewig te verloor. Ongelukkig behels baie van hierdie dieet kos wat die nodige voedingstowwe bevat. Sommige diëte sny selfs hele voedselgroepe af, terwyl ander die kalorie-inname beperk - soms drasties. Dit is gure diëte. 'N Paar voorbeelde van gierdiëte kan insluit proteïene wat 'n lae proteïen bevat, of min koolhidraat bevat, of baie vet of vetvry bevat. Sommige kitsdiëte fokus op 'n spesifieke voedsel, soos seldery of pomelo's. Sommige laat jou toe om sekere kosse te eet, terwyl jy dit saam met sekere ander kosse eet, terwyl ander jou ook op sekere tye van die dag sekere kosse moet uitskakel. Wat is dus sleg aan 'Fad diëte' Oor die algemeen is die aanbevole daaglikse kalorie-inname 2,000 kalorieë per dag vir vroue en 2,500 vir mans, maar daar kan geringe variasies hiervan wees, afhangende van beroep, metabolisme, grootte en lewenstyl. As u kalorieë aansienlik verminder onder die daaglikse vereistes, kan dit die immuunstelsel beïnvloed, dit kan dehidrasie veroorsaak (dit kan ook die uitwerking hê dat dit hardlywigheid veroorsaak), sowel as 'n algemene vermindering in energie wat lei tot moegheid. Op lang termyn kan Fad-diëte eintlik lei tot gewigstoename. Dit is omdat hierdie soorte diëte dikwels nie volhoubaar is nie en ook dikwels nie 'n verandering in lewenstyl behels nie, so as mense stop, gaan mense vinnig terug na hul ou weë - en dit kan beteken dat hulle die gewig weer opneem. Hierdie diëte kan ook die metabolisme mettertyd beïnvloed (hoe vinnig die liggaam energie gebruik) en dit laat verlangsaam, wat lei tot gewigstoename en gesondheidsprobleme wat hiermee gepaard gaan. Daar is ook bewys dat hierdie diëte op langtermyn rondom vitale organe kan veroorsaak dat viscerale vette ontwikkel en dat dit tot ander probleme soos aterosklerose en hoë bloeddruk kan lei. So, wat is die beste manier om 'n bietjie gewig te verloor as u dit moet doen, gesond voel en volhou? Die sleutel hier is om dit geleidelik, mettertyd te doen deur 'n gesonde volvoedingsdieet te eet wat die volgende bevat: Ten minste 5-7 porsies vrugte en groente DAAGLIKS (sappe, smoothies, sop en roerbraai is 'n goeie manier om dit in te kry!) Baie peulgewasse, neute en sade Koolhidrate wat stadig vrystel, soos patats en pap, in plaas van 'wit' verwerkte voedsel, bevat vinnige vrystellingsuikers 1-2 porsies vleis van goeie gehalte word weekliks plaaslik gekoop (gras gevoer / vrye reeks / organies) Ten minste 1-2 porsies vis per week - olierig indien moontlik, soos wilde salm 6-8 glase water elke dag Olie soos olyfolie Kies 'n oefening wat u geniet en doen elke dag minstens 30 minute - hou daarby deur uit te werk hoe u dit in u dag gaan inkorporeer.
2020/05/31 18:36:27
https://af.ivfbabble.com/2020/01/fad-diets-good/
mC4
Trooskos | Belle la vita ← Onskuld in Baba week Hoe vervelig is jou Rusdae? → Posted on March 20, 2017 by Annabelle Lombard Ja ek weet trooskos word blameer vir sielkundige- en gewigsprobleme, diabetes, kanker en ander ellende, maar daai toestande kan sonder enige hulp van jou ook gebeur. Trooskos self is nie sonde, skandalig of boos nie. Daar is 'n rede hoekom mense so vreterig is na 'n begrafnis. Die liefde is tasbaar in wyktannies se driehoek witbroodjies sonder korsies en biltong blokkies so sag soos 'n drukkie. Daar is koestering in 'n stroopsoet koeksuster en 'n konfyttertjie met 'n delikate blaardegie. Troetelkos is elke ma en ouma in die wêreld se voorreg. Vir geslagte reeds word kinders en eggenote se spanning verdryf, gemoedere kalmeer en teleurstellings weggetoor met 'n sjokoladetjie op die kopkussing, 'n kasie in die kosblik of 'n gemmerkoekie saam met die tee. Oorloë is al afgeweer en staatsgrepe gestuit deur 'n goed deurdagte spyskaart of 'n pragtige koek. Geen pleister of salfie kan genees soos 'n gunsteling bakkie stoomkos in die winter nie en geen eksamen is al gedruip as gevolg van 'n ek-dink-aan-jou-bederfie nie. Kos wat die hart verwarm, kindertyd herinneringe oproep, is kos wat meer as net 'n fisiese nood voed. Miskien is dit iets wat jy self maak, of iets wat jy by die deli of vulstasie koop. Jy weet wat die mense om jou spesiaal laat voel. Moenie dat diëte, populêre kosneigings en doemprofete jou laat skuldig voel oor trooskos wat jy af en toe geniet en uit liefde uitdeel nie. Wat is jou gunsteling trooskos? Eet dus jou brood met vreugde, drink jou wyn met 'n bly gemoed; God het lankal reeds goedgekeur wat jy doen. Dra altyd wit klere, versorg jou hare met olie. Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, dié lewe wat tot niks kom nie, maar wat God jou in hierdie wêreld gegee het, die hele lewe wat tot niks kom nie. Dit is wat jou toekom in die lewe, wat jou toekom vir al jou geswoeg in hierdie wêreld. Prediker 9:7-9 3 Responses to Trooskos Jy't my nou skoon honger! Ag dis so waar – ek het iewers in 2013 geskryf oor my een Ouma wat jou tee en 'n lemon cream koekie gevoer het – en dit het als reg gemaak. Of dit nou 'n stukkende toon op 6 of n stukkende hart op 16 was, die troos was dieselfde. Maar haar melkterte onthou ek met grot nostalgie. Vir my is pampoenkoekies my troos kos. Veral as my wonderlike skoonma dit maak vir my Ag dis lekker! Ek kan Alles onthou wat ek eet wat lekker was! Ek het heerlike herinneringe wat byna altyd kos behels!!
2019/09/22 16:52:44
https://annabellelombard.wordpress.com/2017/03/20/trooskos/
mC4
Sendelingnuus 23 Feb – NG Witrivier 23 February 2020 14 April 2020 Nati Stander 0 Comments Boetie & Gretha Louwrens skryf Wat 'n voorreg om deel te wees van 2020 en dat 'n mens ook met verwagting kan uitsien na wat die nuwe jaar sal bring. Die woord "HOOP" is mos waaraan ons kan vashou soos wat dit so op 'n besondere manier beskryf word in Hebreërs 12. Besoek aan Witrivier Ons was bevoorreg om die Petra-personeelweek in Witrivier te kon bywoon. Dit was 'n besonder insiggewende, inspirerende en geseënde tyd. 'n Mens besef maar net dat alhoewel die desentralisasie nie gemaklik is nie, dat dit Petra Instituut baie momentum gegee het. Ons loof die Here daarvoor. Die ry vanaf die Kaap en terug was maar erg op ons lywe maar om as groep saam te ry uit die Kaap was ook goed vir eenheid en om ook mekaar as span beter te leer ken. Werksgewys! Ons sien uit daarna om weer die fondswerwing aan te pak en die program van besoekpunte of telefoniese oproepe en ander kommunikasie te kan kombineer. Ons werk ook aan nuwe strategieë om meer effektiewe digitale bemarking te kan doen. Buiten Gretha se verantwoordelikhede help sy ook tans om sekere middae terapie te doen met kinders. Bid asseblief vir ekstra krag, energie en wysheid daarvoor. U Loof die Here vir Sy voorsiening aan ons op elke gebied. Ons is veral dankbaar vir getroue fondsondersteuners wat te midde van baie druk steeds getrou hulle bydraes aan Petra doen en ook vir die goeie gesindheid waarin ons ontvang word. Ons bid dat die Here elke ondersteuner op 'n besondere wyse sal seën. U Bid asseblief vir goeie beplanning en bestuur vir 2020 sodat ons die fondswerwing en opleiding steeds effektief sal kan doen. U Ons huur tans 'n huis in 'n kompleks maar dit is op die langtermyn nie die beste opsie nie. Bid asseblief dat ons 'n bekostigbare woonplek sal kan koop wat vir ons gemaklik en gerieflik sal wees ( as dit 'n mooi uitsig kan hê sal dit vir ons 'n groot bonus wees!) U Ons is dankbaar om te kan sê dat dit goed gaan met ons kinders. Ons is veral dankbaar dat Hy Riaan en Elsabe bewaar het gedurende die tyd wat hulle in Irak was en dat hulle ook veilig kon uitkom. Hulle beplan om weer vanaf Maart terug te gaan na Taiwan om daar onderwys te gaan gee. Mag Hy hulle ook op 'n besondere manier daar gebruik. U Bid ook asseblief dat ons 'n gemeente sal vind waar ons kan inskakel en 'n verskil kan maak – ons het regtig 'n geestelike tuiste nodig.
2020/05/27 01:51:46
https://ngwitrivier.co.za/2020/02/23/sendelingnuus-23-feb/
mC4
'n Mondvol herinneringe - Wêreldwyd Deur Anelia Heese Ouma Beskuit. NikNaks. ProNutro. 'n Blikkie Creme Soda verby die vervaldatum. Vakuumverpakte biltong van wie weet watter bees. Vra enige Suid-Afrikaner wat in die buiteland woon: Ons gee toe dat ons by tye hierdie items ten duurste aanskaf. Maar wie wil nou massavervaardigde Ouma Beskuit koop as jy vars Italiaanse biscotti kan eet? Hoekom is jy in vervoering oor die sintetiese aarbeigeur van 'n Fizzer as jy 'n stroopsoet aarbei op 'n eeue oue Europese mark kan koop? Wat skuil agter die magie van Simba Mrs Ball's blatjanggeur-tjips as jy 'n vars gebraaide shawarma kebab met warm, komplekse geur kan geniet? Hoekom verruil jy nie liefs die kalorieë van 'n glibberige, drillerige blob Peppermint Crisp-tert vir die sagte, ryk genot van 'n Duitse käsekuchen nie? Wanneer die nostalgie ons tref, raak die kos uit ons kinderdae sinoniem met die veiligheid van 'n Suid-Afrikaanse ambassade. Die etiket van 'n blikkie Lucky Star Pilchards raak die amptelike permit van geborgenheid. 'n Wilson-toffie se papiertjie word 'n seël op 'n lugposbrief van ons mense. En ja, as die somer weer in Europa arriveer, sal ek dalk ten duurste Oros koejawelsapkonsentraat koop. Ek sal 'n koppie daarvan in 'n plastieksakkie gooi, dit toeknoop en in die vrieskas sit. Dit sal my terugneem na 'n dag in Januarie 1996 toe ek kaalvoet op 'n siedende grondpad skole-atletiek gedoen het en 'n tannie uit haar plakkershuis aan my 'n laafnis teen 50c verkoop het. Wanneer die verlange onuithoudbaar raak, dan soek ons trooskos. Huiskos wat ons herinner aan die land aan die suidpunt van Afrika wat ons gemaak het wie ons vandag is. Bobotie is vir die openhartiges, braaivleis vir die pioniers. Beskuit word nie deur die atmosferiese gesteldheid geïntimideer nie en sal jou getrou op 'n ossewa of sneltrein vergesel. Mieliepap is 'n oplossing vir rasende tieners wat vroegoggend van Vleesbaai se strand terugkeer. Dis 'n oomblik van rus onder die wingerdkappe saam met Gladys, waar sy haar maal in 'n verbleikte roomysbak vir "mirrag" met my deel. Pannekoek is 'n aangename verrassing op 'n skoolaand ná 'n donderbui. Dis 'n fondsinsameling wanneer die beslag in 'n 50 liter-oliedrom met 'n tuinvurk geklits word. Wanneer 'n familielid 'n huldeblyk opneem en vir Herklink stuur om dit in 'n virtuele begrafnisdiens te verwerk, word die mooiste dinge oor geliefdes gesê. Daar word hulde gebring aan hul pligsgetrouheid, familieverhoudings en stokperdjies. Die hulde is dikwels verweef met 'n herinnering aan kos. Daar is die storie van die oom wat vir sy Namakwalandse familie gaan kuier en tot skemeraand met die kinders krieket speel. Die wedstryd word met 'n maal van boerbrood, kaiings en korrelkonfyt afgesluit. Daar is die tannie wat ander graag by haar huis ontvang en altyd met koffie regstaan – sodanig dat sy sélf agt koppies koffie per dag drink. Daar is die oom wat by die spoorweë gewerk het en elke middag die tafel in die kantoor proppers gedek het om die kos wat sy vrou vir hom ingepak het te nuttig. Daar is die matriarg wat plegtig elke Sondag 'n manjifieke melktert gebak het, en toe 'n vriendin die befaamde familieresep volg, toe "bak die ding nie eens 'n halfduim hoog nie". Soms moet ons met die dood gekonfronteer word om te besef hoe belangrik ons daaglikse brood is, en hoe geheg ons aan die mense is saam met wie ons brood breek. Voedsel is fisiese sekuriteit, en kos is geestelike geborgenheid. Die Infeksievoorkoming- en Beheerraad se Februarie 2021-verslag dui aan dat byna 12 miljoen Suid-Afrikaners weens die pandemie se impak op voedselpryse en werkloosheid honger ly. Ons medeburgers verdien beter: Beter kos, 'n beter lewe, 'n beter huldeblyk. Hierdie skryfstuk het oorspronklik op Herklink se webtuiste verskyn. Lees ook: 'n Skrikkeljaar vol vrees erfenis Herklink kultuur Meer oor Herklink: Anelia se oupa is in Mei 2020 in die Wes-Kaap oorlede. In Junie skryf haar ouma via WhatsApp: "Ek kon nie eens my maat groet nie … Ek kon net vir oulaas by die hospitaal se ingang my elmboog teen syne druk. Hy het in sy laaste oomblikke na my geroep en ek kon nie daar wees nie." Na aanleiding van hierdie hulpgeroep ontwikkel Anelia en Andri 'n "virtuele gedenkdiens". Bydraes kom van reg oor die wêreld: sy dogter en kleinkinders in Australië, familie oor die hele land, die NG-gemeente in sy geliefde tuisdorp. Op hierdie besonderse wyse vergader almal een Sondag om 10:30 – elk in hul afsonderlike sitkamer – om afskeid te neem. 'n Skrale plaasvervanger, maar in hierdie tragiese omstandighede kon dit tog troos bied – sodanig dat dit ons roeping geword het om hierdie troos aan ander te skenk.
2021/10/20 03:57:24
https://www.wereldwyd.co.za/n-mondvol-herinneringe/
mC4
Polisie in Gauteng trek 1 300 vas, lê beslag op wapens | Netwerk24 25 Julie 2021 21:00 Van die 19 vermeende transitorowers wat Vrydag in Brakpan in hegtenis geneem is. Foto: SAPD Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê van die inhegtenisnemings sluit in 'n man wat Woensdag in Eikenhof in die suide van Johannesburg deur polisielede in sy motor van die pad afgetrek is. "Dié verdagte is met 49 patrone betrap en in hegtenis geneem. In 'n afsonderlike voorval Donderdag is 'n 32-jarige man in die ooste van Mamelodi met 'n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie vasgetrek." Ander verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, sluit in twee van die mees gesoekte misdadigers in die provinsie wat die mense van Olievenhoutbosch-omgewing beroof het. 19 verdagtes is ook in 'n intelligensie-gedrewe operasie in Brakpan met vier AK-47-aanvalsgewere, drie R5-gewere, twee pistole en 'n vrag ammunisie betrap en in hegtenis geneem, sê Masondo. Hulle het vermoedelik 'n transitorooftog beplan. Die verdagtes, waarvan sommiges reeds in die howe verskyn het, kan volgens Masondo verbind word met misdade wat wissel van moord, roof en verkragting tot die verkoop van dwelmmiddels, diefstal asook die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.
2021/09/20 18:31:48
https://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/polisie-in-gauteng-trek-1-300-vas-le-beslag-op-wapens-20210725
mC4
Impak en gevolge van NGV by krisisberaad belig - AfriForum Gesondheidkenners het vandag 'n baie donker prentjie vir die toekoms van gesondheidsorg in die land geskets indien die konsepwetgewing vir die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) inwerking gestel word. 'n Krisisberaad is deur die Solidariteit Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns aangebied waar kundiges insette gelewer het oor wat met die beoogde NGV verwag kan word. Prof. Alex van den Heever, verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand, het harde woorde vir die regering se NGV-plan gehad en gesê indien daar nie behoorlike sleutelraamwerke en strukture vir die gesondheidstelsel in plek kom nie, die NGV gedoem is. Hy het gesê dit is vir die regering maklik om beleide te ontwerp wat geheel en al uit voeling met die werklikheid is. Volgens Van den Heever presteer die openbare gesondheidsektor uiters swak. Hy meen 'n regeringsmodel gegrond op "patronaatskap", waar politici alle aanstellings maak en alle prosesse beheer, kom neer op 'n perverse geprivatiseerde stelsel wat net hulle bevoordeel en hul eie belange dien. "Politiek moet uit die NGV gehaal word, anders is dit soos ander instellings soos Sassa, die Werkloosheidsversekeringsfonds en die Openbare Beleggingskorporasie ontwerp om gekaap te word. Ons het 'n totaal nuwe model van regering nodig." Oor privaat gesondheidsorg meen Van den Heever is daar ook leemtes in regulering wat lankal reggestel kon geword het. Hy sê om suksesvolle gesondheidsorg te bewerkstellig, is groter verantwoordbaarheid, desentralisasie en onafhanklikheid van instellings en dienste nodig. Van den Heever meen die NGV gaan teen 2026 nog niks opgelewer het nie, en intussen word die privaat gesondheidsektor gesaboteer omdat die regering wil hê die NGV moet alle mediese fondse vervang. Nicolien Welthagen, verbonde aan Solidariteit se Navorsingsinstituut, het in haar voorlegging verwys na hoe oningelig en onseker gesondheidspraktisyns oor die NGV is. 72,6% van respondente wat aan 'n studie deelgeneem het, meen daar is nie genoeg gekonsulteer nie, terwyl 72% negatief en skepties oor die NGV is. Altesame 93% is bekommerd oor die staat se vermoë om die prosesse te administreer en 84% is bekommerd oor die tekort aan dokters en toerusting. Dr. Chris Archer, voorsitter van die Vryemarkstigting se gesondheidsbeleidskomitee, het gesê die voorgestelde NGV is die enigste stelsel ter wêreld wat mense gesondheidsdekking wil gee wat reeds deur private mediese fondse dekking het. Hy het gewys op die geweldige risiko's van korrupsie met die NGV asook grondwetlike kwessies wat mense die reg op privaat versekering wil ontneem. "Die ekonomiese implikasies van die NGV is nog nêrens verreken nie. As die probleme met die NGV nie vinnig opgelos word nie, sal dit die einde van mediese fondse in die land wees." Dr. Hlombe Makuluma, 'n algemene praktisyn, het gesê die vereistes wat die NGV rondom sertifisering, kontraktering en akkreditasie het, is kommerwekkend. Verder sal die vryheid van keuse van gesondheidspraktisyns sowel as pasiënte aan bande gelê word. Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het gesondheidspraktisyns nou bystand nodig. "Die openbare gesondheidstelsel misluk op die oomblik. Die toetslopies van die NGV het misluk, maar ons staat hou nie van klein mislukkings nie, hulle hou van groot mislukkings. Hierdie beraad dien as inset van die Solidariteit Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns se kommentaar op die voorgestelde wetgewing. Ons regspan, onder leiding van een van Suid-Afrika se voorste regslui, adv. Albert Lamey, gaan elke inset vandag oorweeg vir ons kommentaar. Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sê staatsinmenging lei tot verhoogde mediese koste, swakker diens en sieker mense in Suid-Afrika. "Hierdie ongesonde toedrag van sake is veroorsaak deur onder andere: Oorregulering wat kostes opjaag, prysvasstelling wat byvoorbeeld die mark vir medisyne verwring, apteke wat sluit en vrye mededinging verhoed, plafonne op die ontwikkeling van meer hospitale wat kunsmatige tekorte skep wat pryse opstoot, regulasies wat die opleiding van meer dokters en spesialiste verhoed en wat só tekorte skep wat pryse opjaag. "Die NGV hou wel 'n groot bedreiging vir almal se gesondheid in, maar weens die staat se onvermoë is dit eerder soos 'n skilpad as 'n kwaai renoster wat op ons afpyl. Daarom is dit lewensbelangrik dat ons die tyd nou gebruik om die beleid te beïnvloed," sê Buys. Hermann sê Solidariteit verwag ook dat tienduisende mense die kommentaar sal steun. "Elke stem is nou nodig. Groot regeringsprojekte kan nog misluk, maar my en my gesin se gesondheid kan nie." Post Tags: #Gesondheid#NGV#Solidariteit Deur 01/09/2017 02/11/2020 'n Egpaar van Piet Retief in Mmumalanga, wat aan AfriForum se projek Opdateer deelgeneem het, het vandag 'n splinternuwe Corolla… Lees meer AfriForum-lid in die wolke oor nuwe motorContinue AfriForum en TKAG wil appelleer teen hidrobreking-uitspraak Die Noord-Gautengse hoë hof het AfriForum en Treasure the Karoo Action Group (TKAG) se gesamentlike aansoek om die regering se…
2022/05/19 08:48:30
https://afriforum.co.za/impak-en-gevolge-van-ngv-krisisberaad-belig/
mC4
Zoutpansberger | News | Paul se oudhede gee mense 'n unieke terugblik op verlede Paul Otto staan hier by die massiewe Blackstone enjin wat tussen 1955 en -60 vervaardig is. Dit was een van die enjins wat Saterdag weer tot lewe gebring is. Foto verskaf. Paul se oudhede gee mense 'n unieke terugblik op verlede Date: 23 August 2020 By: Andries van Zyl Liefhebbers van ou enjins het Saterdag, 15 Augustus, 'n unieke terugblik op die verlede gekry tydens 'n eerste-van-sy-soort engine start-up dag by Paul Otto en familie op sy kleinhoewe buite Louis Trichardt. Paul is welbekend in die Soutpansberg vir sy liefde vir oudhede, veral ou enjins. Tans het hy sowat 30 van hierdie ou enjins wat in verskillende stadiums van restourasie is, en Saterdag het hy die publiek uitgenooi om te kom kyk hoe hy sowat 'n derde van hierdie enjins aanskakel. "Sosiale afstand is deurlopend gehandhaaf, vir die wat wonder," het Paul gesê. Een van die groot aantrekkings die dag was 'n massiewe tien-ton, agt-silinder Blackstone enjin wat tussen 1955 en 1960 gemaak is en 480 perdekrag uitskop. "Wat min perdekrag is, want deesdae kry mens klein karretjies wat meer perdekrag het. Die enjin het egter baie wringkrag en loop deurentyd. Sy hoofdoel was oorspronklik om kragopwekkers aan te dryf, asook skepe. Vir ons omgewing is dit 'n relatief groot enjin," het Paul gesê. Paul vertel dat hy die enjin by die destydse Shefeera Timbers in Louis Trichardt gekoop het. "Hulle wou dit oorspronklik as 'n kragopwekker gebruik, maar het nooit daarby uitgekom nie. Dié masjiene se tegnologie het so agter geraak dat hulle uitgedien geraak het," het Paul gesê. Paul het die masjien gekoop vir die enorme prys van R1,20 'n kilogram, vir 'n totaal van R12 000. Hy het die masjien tydens die grendeltyd gaan laai en gerestoureer, nadat dit meer as twintig jaar gestaan het. "Net die vuil olie met water gemeng wat ons uitgetap het, was so 400 liter. Die masjien self vat 350 liter olie. Weet jy wat kos 350 liter enjinolie?!" het Paul gesê. Die enjin is 100% oorspronklik. Die enigste modifikasie wat Paul aangebring het, was om Perspex-panele op die masjien te sit, sodat mense kan sien hoe werk 'n enjin aan die binnekant terwyl hy loop. "Dit was my doel gewees, om vir mense te wys," het Paul gesê. Vir Paul is die restourasie van ou masjiene meer as net 'n passie. Sy oudste enjin, wat loop, dateer uit 1917. "Baie ander ouens gaan vang vis of gaan jag. Ek maak enjins bymekaar, vir 20 jaar al," het Paul gesê. Van die ander oulike masjiene wat te siene was, was 'n een-silinder, twee-slag Petter enjin, ook genoem 'n Apple Top, omdat sy kop soos 'n appel lyk. "Wat uniek is aan hierdie 3.5 perdekrag enjin is sy 780 revolusies per minuut. Dit was verbasend vinnig vir daardie jare (1930's) met ander, soortgelyke masjiene wat maar 350 revolusies per minuut gehad het. Die enjin is hoofsaaklik gebruik om water te pomp uit riviere en boorgate," het Paul gesê. Hy het die enjin by Francois Botha gekry, wat dit as 'n ornament in sy tuin gehad het. "As jy hierdie enjins kry, is hulle altyd vasgeroes. Dit vat vrek baie werk, ure en sweet om hulle weer aan die gang te kry. Dit is uitsonderlik as jy 'n enjin kry wat nie vasgeroes is nie," het Paul gesê. Nog 'n unieke enjin in Paul se versameling is 'n nege-silinder radial enjin, soortgelyk aan die enjins wat in die Harvard-vegvliegtuig van die Tweede Wêreldoorlog voorgekom het. Sy enjin is egter 'n Continental enjin afkomstig uit 'n Sherman tenk, ook uit die Tweede Wêreldoorlog. Hy het die enjin ten volle gerestoureer gekoop by 'n mede-versamelaar van Pretoria, wat weens sy ouderdom begin afskaal het. Ook een van die GROOT masjiene wat Saterdag weer tot lewe gebring is, was 'n enkel-silinder, 95 perdekrag, Robson oopkruk (open-crank) enjin uit die 1930's. Hierdie massiewe stuk yster van tussen ses en agt ton is spesifiek by myne gebruik om die kragopwekkers aan te dryf, water uit skagte te pomp, vars lug in die skagte in te pomp en ook die hysbakke in die skagte aan te dryf. "Hierdie spesifieke een het ek by 'n plaasboer in Polokwane gekoop. Die boer wou water daarmee aanpomp. Toe kom hy agter sy loopkoste is net te duur," het Paul gesê. Van die gaste Saterdag het ingesluit Gustav van der Westhuizen. Paul het Gustav sowat 15 jaar gelede ontmoet toe hy nog op skool was. "Hy het toe al 'n goeie kennis van ou masjinerie gehad en 'n liefde daarvoor. Hy word tans beskou as 'n kenner van ou enjins in die restourasiebedryf. Sy eie versameling bestaan uit tussen 60 en 80 enjins wat dateer uit verskeie dekades," het Paul gesê. Paul se passie is egter nie net enjins nie. Hy versamel alle oudhede, van roomafskeiers tot ou trekkers. Tans het hy vyf trekkers in sy versameling. Die enigste vereiste is dat die items van voor 1960 moet wees. "As mense oudhede het waaroor hulle onseker is of meer wil uitvind daaroor, neem 'n foto en stuur dit vir my. Ek sal graag van hulp wil wees," het Paul gesê. Hy kan geskakel word by 084 070 3743. Paul het bygevoeg dat, weens wye belangstelling, hulle oorweeg om weer so 'n engine start-up dag te hou, miskien in die nuwe jaar. Die een-silinder, twee-slag Petter enjin, ook genoem 'n Apple Top, omdat die bokant daarvan soos 'n appel lyk. Foto verskaf. Paul en Kobus Otto staan hier by die nege-silinder radial enjin afkomstig uit 'n Sherman tenk uit die Tweede Wêreldoorlog. Foto verskaf. Mede-versamelaar en kenner van ou enjins Gustav van der Westhuizen staan hier by 'n enkel-silinder Fairbanks-Morse enjin wat dateer uit die 1920's. Foto verskaf. Baie van die ouer garde, maar dalk ook jonger boere, sal beslis hierdie enjin herken. Dit is 'n twee-silinder Lister enjin wat nou nog 'n staatmaker op plase is. Die spesifieke enjin is nie so oud nie en dateer uit die jare 60. Tog sal geen versameling van enjins volledig wees sonder 'n Lister nie. Foto verskaf.
2020/09/30 06:29:00
https://zoutpansberger.co.za/articles/news/52991/2020-08-23/paul-se-oudhede-gee-mense-an-unieke-terugblik-op-verlede
mC4
Dis die misterie van tyd. Jy dink nog jy het tyd en dan het jy dit nie meer nie. Die dat daar soveel navorsing en stories gemaak word rondom tyd. Die teorie van tyd. Tydreise. Tydgleuwe en wat nog als. Tyd is die onbepaalde voortgesette voortgang van die bestaan ​​en gebeure wat voorkom in die oënskynlik onomkeerbare opvolging van die verlede deur die hede tot die toekoms ~ Wikipedia Oënskynlik. Hoe interessant is dit nie? Daar is dalk tog 'n kans om in tyd te reis. Sal jy vorentoe gaan in tyd om te sien hoe jou lewe uitdraai? Of sal jy in tyd terug wil gaan om iets reg te stel, te verander of iets oor te doen net omdat dit so lekker was? Tyd is egter irrelevant. (In my opinie.) Dit is die hier en nou wat saak maak. Wie en wat jy in hierdie oomblik is. Dit is wat jou toekoms bepaal. Nie een van ons weet hoe lank ons het nie, so hoekom dink ons dat nou – hierdie oomblik – nie die regte tyd is om die persoon te wees wat ons wil wees nie? Die lewe te lei wat jy wil lei nie?
2021/05/10 08:23:15
https://ciskaolivier.wordpress.com/2018/08/24/tyd/
mC4
St Lucia Gastehuise - LekkeSlaap.co.za Indien jy St Lucia besoek en jy benodig akkommodasie, is jy op die regte plek. LekkeSlaap het wonderlike opsies vir gastehuise in St Lucia. Ons bied 'n wye verskeidenheid van St Lucia gastehuise om van te kies en te keur! Ons waarborg net die laagste pryse, so onthou om jou oë oop te hou vir ons spesiale aanbiedings! St Lucia Gastehuise St Lucia Hilltop Guest House is 'n moderne gastehuis met 'n antieke kinkel in St Lucia. St Lucia Hilltop Guest House bied slaapplek in verskeie suites. 6 van die suites het elkeen slaapplek vir 2 gaste en daar is ... Welkom by St. Lucia aan die Olifantskus in KwaZulu-Natal, een van die mooiste ongerepte gebiede en Suid-Afrika se eerste Wêrelderfenisgebied! As jy gerief en vriendelike diens soek, is Lalapanzi Guest House net di... Jy sien net 9 uit die moontlike 134 blyplekke! Gastehuise binne 50 km vanaf St Lucia Gastehuis in St Lucia Estuary, Monzi SH Gastehuise binne 100 km vanaf St Lucia Welkom by die St Lucia gastehuise blad - loer bietjie na ons wye versameling van gastehuise hieronder, of gaan kyk na ons algehele St Lucia akkommodasie blad indien jy na alle tipe of soorte St Lucia akkommodasie soek. Wanneer jy die beste gastehuis akkommodasie gekies het kan jy maklik betaal deur LekkeSlaap se veilige betalingsportaal.
2021/06/18 20:22:09
https://www.lekkeslaap.co.za/akkommodasie-in/st-lucia/gastehuise
mC4
Kan ek spanspekke onder besproeiing plant? | Landbou Kan ek spanspekke onder besproeiing plant? 'n Leser vra: Ek is in die distrik Musina. Kan ek spanspekke onder spilpunt punt en gaan daar 'n probleem wees met vlekke op vrugte op nat grond? Die plant van spanspekke onder spilpunt of oorhoofse besproeiing word nie aanbeveel nie. Die groot rede hiervoor is dat spanspekke baie sensitief is vir blaarsiektes, veral donsige skimmel en proeieragte meeldou. Spanspekblare wat nat is, (as gevolg van oorhoofse besproeiing) sal swam siektes bevorder en 'n geskikte omgewing vir die swamme skep om te leef en oorleef. Wat die vrug betref, spanspek is baie sensitief vir fusarium, wat deur nat toestande op die grond geaktiveer en vererger kan word. Meeste boere in die noordelike dele van Suid-Afrika plant spanspek onder drip besproeiing. Die gebruik van 'n laag swart plastiek bo-op die rye sal die volgende voordele bied: Die vrugte bly skoon indien dit op die plastiek lê terwyl die drip besproeiing keer dat die grond buite die plastiek area nat is. Gevolglik kan vrugte bemark word sonder die die moeite om dit te was. Dít kan veral op rooi kleigronde 'n probleem wees. Die plastiek help ook met die onderdrukking van onkruid. Die ander voordeel is die besparing van besproeiingswater as gevolg van die verdamping van water wat beperk word. Die algemene praktyk is om 1m bree plastiek bo-op die walle te sit nadat die dripperlyn aangelê is. Die wydte van die strook in die ry is dan ongeveer 700mm, die res van die plastiek aan die kante word onder die grond ingedruk.
2020/05/29 10:49:55
https://hulp.landbou.com/kundiges/grondguru/kan-ek-spanspekke-onder-spilpunt-plant/
mC4
Kaap se Rus Self-catering | LekkeSlaap Kaap se Rus Selfsorg is in die Noordelike Voorstad genaamd Morgenster Heights in Brackenfell geleë en bied gehalte-verblyf. Dis ideaal vir vakansiegangers, gesinne of sakereisigers. Die eenheid het 1 ruim slaapkamer met enkelbeddens en 'n badkamer met slegs 'n stort. Daar is nog 2 enkelbeddens in die leefarea. Alle linne en handdoeke word voorsien. Die kombuis is volledig toegerus met alles wat jy sal benodig vir selfsorg. Die leefarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met 'n DStv-gesinspakket. Die eetkamer het 'n tafel waar gaste maaltye kan geniet. Daar is 'n onderdak-patio met braaigeriewe en 'n klein private tuintjie. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek vir hul motors met afstandbeheerde toegang. Dié selfsorg-eenheid is sowat 2 km vanaf die Cape Gate Winkelsentrum en Cape Gate Mediclinic. Dis ook net 20 minute vanaf die Kaapstad Internasionale Lughawe, Stellenbosch Wynlande, Paarl, Kaapstad V&A Waterfront en Bloubergstrand.
2021/01/19 12:30:31
https://www.lekkeslaap.co.za/akkommodasie/kaap-se-rus-self-catering
mC4
WOORDE WAT WEEG: Alfred Schaffer - Kooi (2008) Alfred Schaffer - Kooi (2008) Alfred Schaffer. Kooi. De Bezige Bij, 2008. ISBN 9789023432210. Alfred Schaffer het bekendheid verwerf as 'n mede-samesteller van Nuwe stemme (met Krog) en hy het indertyd rubrieke (soms omstrede) oor die Afrikaanse digkuns geskryf en sy spesifieke sienings van bewegings, modes en vernuwings aangestip. Hy was / is dus die blik van buite. Die taksering van 'n bundel buite 'n mens se taalgemeenskap is altyd 'n ingewikkelde en terselfdertyd opwindende leeservaring. Die leser moet deur verskeie (lees)versperrings werk, soos taal- en tradisieverskille, 'n ander poëtika, Nederlands en Afrikaans se dikwels ooreenstemmende woorde waarvan die betekenisse subtiel verskil, ensomeer. In Afrikaans het Daniel Hugo onbaatsugtige werk gedoen om Nederlandse digters te bly vertaal en die gesprek aan hierdie kant lewend te hou. Ek dink hier aan sy vertalings van Komrij en De Coninck, o.a. Min digters kan hom dit nadoen om 'n digter so outentiek op te vang en steeds aandag te bly gee aan die vorm van die oorspronklike vers. My resensie moet dus gelees word as die taksering van 'n buite-leser wat nie al die modes en bewegings van die huidige Nederlandse digkuns ken nie. Ek benader dit soos wat ek 'n digter uit 'n ander kultuur (dikwels in vertaling) sou lees, wat ek gewoon op die internet raaklees en waardeer. Sonder om presies te weet teen wie word daar geskryf en watter posisie beklee die digter in sy spesifieke tradisie. Schaffer is al 'n hermetiese digter genoem teen die praatvers (parlando) wat tans andag geniet in Afrikaans en veral by jonger digters gesien word as 'n nuwe mode of beweging. In die bundel vind ons dan ook prosagedigte, daardie ingewikkelde gedig wat lyk na 'n stuk prosavers, maar wat op ander maniere sy struktuur in bedwang moet hou. Schaffer se gedigte stel bepaalde eise aan die leser. Die leser moet weer en weer lees om agter die kap van die byl te kom en 'n mens is dikwels verruk deur 'n amper surrealistiese beeld wat lank na die lees van die gedig nog in jou kop bly draal. 'n Dansende apie in poppekleertjies. Die bundel se motto van John Ashberry ("Why do I tell you these things? You are not even here.") aktiveer die spel van die afwesige-aangesprokene. Daardie geliefde / jy / die Baudelairiaanse leser wat 'n projeksie uit die self is wat die gedigte laat voortstu. In die openingsgedig "Een meer dan waardig afscheid" (7) word 'n bedanking uitgspreek. Die leser word dus ingetrek by die skryfproses waar nostalgie soos volg tipeer word: "Wat is nostalgie toch fotogeniek, net een leeg weefgetouw!" Die gedig loop uit op 'n beskrywing van die private beeld en die wete dat die leser nooit werklik kan deel hê aan hierdie assosiasies nie. En tog lees ons die gedig en skep ons eie verbintenisse met die beelde voor ons. Daarom dat die digter in 'n vers ook kyk of die fantasie nog werk ("Goedkoop is duurkoop", 12) sodat ons as lesers deel word van die proses van dig. Ons word aan 'n baie ryk onbewuste voorgestel en 'n soort verïronisering wanneer hy bly is dat die lugverkoeling nog werk. (Hy noem dit "airconditioning" wat wys hoe moderne Nederlands leen by Engels. Op 'n ander plek staan "live", "sorry", "cake", o.a..) Schuim is in 2006 as oorrompelende poësie beskou. Hierdie bundel word tereg tipeer as gedigte oor geheime en onsekerhede. Liefde, siekte, dood, skryf die agterplat.'n Mens sou wou byvoeg: gedigte wat kommentaar lewer op die skryfproses en inderdaad 'n boeiende bundel van 'n bekroonde digter. Die gedigte het my persoonlik aangspreek weens die spel met vorm, die onverwagse breuke, aweregse of dwars draaie wat deur die digter in beheer gehou word. Manjifiek verwoord in "Kop of munt" (67). Die digter kan ook die paradoks en enjambement vernuftig hanteer soos ons sien in "Een huis vol visite"(38) en dit is wat van hierdie bundel by uitstek 'n onthoubare leeservaring maak. Die voorblad verraai iets van die aard van hierdie bundel waar die leser moet saam-skryf aan betekenisse. Daar is 'n skets van 'n man sonder gesig. Ons moet dit invul.
2018/07/23 07:44:45
http://joanhambidge.blogspot.com/2013/02/alfred-schaffer-kooi-2008.html
mC4
Kollig: Vervang dwelms net met liefde . . . | Netwerk24 Deur Julian Jansen 01 Mei 2016 00:15 Everett Poole, hoof van die Red River Primary School in Manenberg. Die bendeprobleem op die Kaapse Vlakte kan opgelos word, skryf Julian Jansen. As die skoolhoof Ursula Jacobs soggens haar kindertjies in 'n ry laat aantree het – menige keer pas nadat hulle aan die kruisvuur van Manenberg se strydende bendes ontkom het – kon sy op hul gesiggies sien hierdie een is oukei, die een ook, daardie een is nie fine nie. En al lyk sommige ­joviaal, is hulle eintlik getraumatiseerd, sê sy. Jacobs was 43 jaar lank 'n onderwyser by die Red River Primary School – 15 daarvan as skoolhoof. In 2014 het Everett Poole by haar oorgeneem. Die afgelope week sit die twee langs mekaar in 'n splinternuwe skoolgebou van R60 miljoen, in gebruik geneem nadat Jacobs daar weg is. Die skoolgebou is dalk nuut, maar hulle is omring deur relatiewe armoede – reg in die middel van die kruisvuur tussen die Dixie Boys, die Hard Livings en die Clever Kids. Die mure van die ou skoolgebou, vertel sy, was vol koeëlgate. Selfs in haar kantoor was daar twee. Die kinders moes menige keer plat op die grond lê as die gangsters begin skiet. Ursula Jacobs was vir 43 jaar 'n onderwyser by Red River Primêre skool. Foto: jaco marais Jacobs het destyds bendeleiers in hul skuilplekke gaan konfronteer om hulle na die skool te nooi om met haar te kom praat. Hulle het nooit opgedaag nie. "Ek wou vir hulle sê: 'Dit is 'n skool, waar jul kinders, broers, ­susters, neefs en niggies moet kom leer. Gee asseblief jul samewerking.' " Op haar "forever"-wenslys vir Red River is (steeds) kleiner klasse, nie die huidige 45 tot 60 kinders in die klas nie. Want só kan onderwysers nooit die kleingoed se hart en siel bykom nie. Ook meer vrywilligers, meer maatskaplike werkers, meer skoolsielkundiges. Tans is daar slegs een maatskap­like werker vir elke 20 skole in die provinsie. Manenberg het 11 laer- en twee hoërskole. "One person never can do jus­tice, you know," sê sy. Sy sê vandag is daar selfs meer bendes as toe sy begin onderwys gee het. En al bring die stabiliseringseenheid (bestaande uit die polisie se honde- en berede-eenheid en spesiaal opgeleide beamptes van die metropolisie) gou-gou vrede, is dit net 'n tydjie, dan bars die oorlog weer los. Net verlede maand het bende­gevegte die lewe van 14 jong mans hier in Manenberg gekos. Net buite die hekke van Red ­River smeul 'n onrustige vrede in die kil herfslug. Die kinders is onvoorbereid vir formele onderrig. En hul ouers – baie van hulle eintlik self nog kinders – is nie toegerus vir ouerskap nie, sê Jacobs. Baie van die kinders maak hulself dus groot en dan moet die skool hulle leer hoe om te praat, hulself te was en te eet – voordat formele skoolwerk (eers) kan begin. Glynda Herman, 'n vrywilliger van die St. James Opvoedkundige Trust beaam dit. Die trust se programme help leerlinge in gr. R en gr. 1 om die gaping tussen huis en skool te oorbrug, maar ook met ­biblioteke, voedingskemas en opvoedkundige uitstappies vir elk van die 852 leerlinge "Alle misdaad kom van die hart, so ons praat tot die hart – dat ­kinders goeie keuses maak," sê ­Herman. Ten spyte van die klaarblyklik ­onoorkombare probleme, bly Poole propvol optimisme: "Die nuwe skoolgebou vra vir nuwe maniere van dinge doen. Ons moet die grondgebied waarin ons lank as ­gyselaars gehou is, terugneem." Soggens staan hy met 'n megafoon op die sypaadjie en wens die ouers en (hopelik ook die bendes) 'n mooi oggend toe. Hy bedank ­ouers dat die kinders skool toe gekom het en verseker hulle dat hul kinders veilig is. Poole het baie idees vir Red ­River: kunsklasse, 'n atletiekbaan, handvaardighede, 'n sentrum vir volwasse leer. Wen Kaapstad die stryd teen die bendes? Is dit moontlik? Volgens JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit in Kaapstad, neem die metropolisie maandeliks honderde bendelede in hegtenis vir die besit van dwelms, onwettige vuurwapens en ammunisie, en konfiskeer hulle dwelms en vuurwapens. Hy sou graag die misdade wou ondersoek en vervolg ook, maar kan nie, want dit is in die hande van die polisie en die strafregstelsel. Wat egter pla, is dat dit dieselfde gesigte is wat gereeld, oor en oor, deur die stad in hegtenis geneem word. Dié patroon sal voortduur totdat die howe strenger borgtogvoorwaardes toestaan, die sake deeglik ondersoek word én maksimum vonnisse opgelê word, glo hy. Die stad het reeds in 2006 besef die polisie trap klei met bendegeweld en het toe hul eie spesiale eenhede gestig om bendebedry­wighede te bekamp. Meer vuurwapens en dwelms as ooit word uit die bende-ekonomie verwyder deur goeie misdaadintelligensie, gerugsteun deur 'n netwerk van informante. Bendeverwante moorde het ook afgeneem nadat baie van die high flyers in hegtenis geneem is. Smith sê die stad se eie bende-eenheid spog met 'n agtvoudige toename in dwelm- en bende-inhegtenisnemings, met 'n suksesvolle vervolgingskoers van 67%, baie ­beter as die SAPD s'n. Met die Ceasefire-projek word hoërisiko- jong mense geteiken om hulle te help om uit bendes te ontsnap. Om die wetstoepassers te versterk, word ook saamgewerk met verskeie staatsdepartemente om ­gemeenskapstrukture te versterk – onder meer deur programme van maatskaplike ontwikkeling, projekte vir gesinsversterking, sagte vaardigheid- en stokkiesdraaiprogramme. Die metropolisie se jeugkadet-program het die afgelope drie jaar meer as 4 000 buurtwaglede op­gelei. Eersdaags sal buurtwaglede met handradio's regstreeks met die metropolisie se beheerkamer kan gesels. Maar is die stad op die regte spoor? "Kaapstad het nie 'n bendeprobleem nie, maar 'n jeugprobleem – en boonop 'n grote," sê Don Pinnock, 'n oudjoernalis met 30 jaar se ervaring van die Moederstad se bendewêreld. Sy boek, Gang Town (met 'n streep deur die woord "Cape"), het pas verskyn. Hy sê Kaapstad word onder die toptien toeristebestemmings gereken, maar as die son saans sak, gooi die ikoniese berg 'n donker skadu oor die Kaapse Vlakte en van die gevaarlikste buurte in die wêreld. Hy sê hy het baie simpatie met Kaapstad en Smith. Hy meen die stad vaar 'n bietjie beter as ander Suid-Afrikaanse stede wat met soortgelyke probleme worstel. Hy self het al Kaapstad se topamptenare oor die "bendeprobleem" toegespreek. Of die probleem ooit opgelos sal word, hang af van watter staatsdepartemente almal deelneem, sê hy. Vir die polisie het hy nog meer empatie, want almal blameer die manne in blou en sê húlle moet die gemors hanteer. Om boonop die weermag na die townships te bring is totaal laf, sê hy. Hulle kom (net) om dood te skiet. Pinnock stippel die eerste paar kilometer van 'n nou paadjie uit wat die stadsvaders bereid sal moet wees om te bewandel as hulle die stryd teen bendes wil wen: * Die opvoedingstelsel is 'vervelig én verkeerd ' Skole fokus net op "kopgoed" met die hoop dat kinders professionele of klerklike werk gaan verrig. Kinders is daarom glad nie opgewonde oor skool nie, daarom die hoë skoolverlatingsyfer. Formele opvoeding moet meer op handewerk, waarin ook intelligensie lê, fokus. Die uitdaging is om die honderde seuns wat letterlik op straathoeke sit en uiteindelik by bendes aansluit, terug op skool te kry. Verskillende bendes verg ook ­verskillende benaderings deur die owerheid. * Die probleem met die ma's Volgens die jongste navorsing word die kind se genetiese struktuur in die baarmoeder reeds lank voor geboorte beïnvloed deur onder meer die omgewing waarin die verwagtende ma leef. Dit kan in so 'n mate gebeur dat tragiese gebeure dié struktuur selfs kan verander. Ná geboorte is aanraking en liefde uiters belangrik en moet die jong moeders ondersteun word deur programme wat hulle help om hul kinders groot te maak. * Dekriminaliseer dwelms Die bendeprobleem is ook 'n gesondheidsprobleem, sê Pinnock. Dwelms moet gedekriminaliseer word, want dit sal bendes en sindikate laat ineenstort, meer polisie­beamptes vrystel, die werklas van howe verminder en die gevangenisbevolking halveer. Pinnock sê die land se soge­naamde "oorlog" teen dwelms het misluk. Ons moet gaan kers opsteek by Portugal. Nadat hulle dwelms gedekriminaliseer het, het die land nou die laagste dwelmmisbruiksyfer in Europa. Hy sê anders as wat mense glo, is dit nie die chemikalieë wat verslawend is nie, maar "ongelukkigheid". Smith sê hierop die stad sal hom by enige regeringsbesluit oor dwelms berus. Terwyl dit egter onwettig is, sal die stad voortgaan om die dwelmwette toe te pas. Nog oplossings? Pinnock sê oplossings kom deur moeilike en ongemaklike vrae te vra. Vrae soos: Behoort bendelede tronk toe gestuur te word? Nee, sê Pinnock, want op dié ­manier gooi jy net mense wat woedend is vir mekaar saam op een plek. Dit is 'n bose kringloop. Wat eintlik benodig word, is meer plekke waar bendelede iets kan leer en wat hulle kan voorberei op 'n lewe buite bendes. Kan bendes geëlimineer word? Dis moontlik, maar nie eenvoudig nie, sê Pinnock. As 'n mens die probleem van alle kante takel, na swanger meisies kyk, vroeë kinderontwikkeling, die probleem van afwesige jong vaders, positiewe rolmodelle kweek, die onderwysstelsel verbeter, lewensvaardighede aan gevangenes leer – dan kan jy miskien uiteindelik 'n punt bereik waar die lewe as 'n bendelid aansienlik minder aan­treklik word. "Gee kinders van vroeg af liefde en sorg. Dan skei hul liggaam hul eie 'goedvoel'-dwelm af." Enige program wat gebou is om die vervulling van daardie behoeftes wat bendes so aantreklik maak vir jong mense, het die grootste kans op sukses, sê Pinnock.
2021/06/16 17:14:54
https://www.netwerk24.com/Stemme/Aktueel/kollig-vervang-dwelms-net-met-liefde-20160501
mC4
Sondag 14: Heidelbergse Kategismus | Christelike Media Sondag 14: Heidelbergse Kategismus Lees Filippense 2:1-18 Die Gestalte van 'n Dienskneg Aangeneem←⤒🔗 Jesus is die eniggebore Seun van die Vader. Dit beteken dat Jesus die ewige natuurlike Seun van God is. Dus, wanneer die Vader sy eniggebore Seun vir ons gee, beteken dit dat dit God self is wat vir ons gegee word as Verlosser. God laat nie die verlossing van sy kinders oor aan 'n ander nie. God kom ons red. Geen handlanger word gehuur en in diens geneem nie. Die Vader stuur sy eie eniggebore Seun. Daarin sien ons die liefde van die Vader vir ons. En nou, in die Here Jesus se ontvangenis van die Heilige Gees en sy geboorte uit die maagd Maria, sien ons die liefde van die Seun, van Christus, vir ons. Hy word ontvang van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria. Wanneer die Seun van God as mens gebore word, is dit duidelik dat dit geen gewone geboorte is nie. Ons Here Jesus word gebore uit 'n maagd. 'n Jong vrou, Maria, kry hierdie Seun voordat sy nog getroud was met Josef. Voordat daar tussen hulle enige geslagsgemeenskap was. Hy word ontvang van die Heilige Gees. Totaal sonder die wil van enige mens word Jesus gebore. Die wil van 'n mens speel hierin geen rol nie. Die kind in Maria se skoot is nie die vrug van die mens nie. Wanneer Jesus gebore word, moet sy Naam werklik die volle betekenis dra. Jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hul sondes gaan verlos. Dit is God self wat kom red. Hier is nie 'n samewerking tussen God en mens nie, nie 'n tussenwese tussen God en mens nie. Dit is werklik God wat kom red. Hierdie Seun word ontvang van die Heilige Gees. Dit is alles God se werk. God red ons. Maar hierdie geboorte is in nog 'n ander opsig heel uniek. Jesus word nie maar net passief gebore nie. Wanneer ons gebore word, kan ons met reg sê dat nie een van ons gevra het om gebore te word nie. Hoor ons dit nie soms as ons ernstig met een van ons kinders praat nie? Dan hoor ons: "Ja, Pa (of Ma), ek het nie gekies om in hierdie huis gebore te word nie. Dit was nie my keuse nie!" Met Jesus is dit anders. Hy het gekies om in hierdie wêreld gebore te word. Wat beteken dit dat Jesus uit die maagd Maria gebore is? Dit beteken dat Hy die ware menslike natuur deur die werking van die Gees AANGENEEM HET. Soos dit hier in die Kategismus pragtig verwoord is: Hy neem dit aan, Hy word nie maar net gebore nie. Sy geboorte is 'n aktiewe daad van liefde. Die liefde van Christus wat skitter in sy maagdelike geboorte. Sy liefde, omdat Hy Homself as dienskneg vir ons gegee het om ons te kom red. Dit was sy beslissing. Dit is nie iets wat Hom "oorkom" nie. Hy was in die gestalte van God en aan God gelyk. Maar Hy het heel gewillig die gestalte van 'n dienskneg aangeneem en aan ons as mense gelyk kom word. Dit is liefde! Soos die Vader Hom, sy Seun, gee uit liefde, so kom Jesus, die eniggebore Seun, tot ons uit liefde en neem ons sondige natuur aan. Jesus se geboorte is 'n daad van sy liefde vir ons. Dit moet ons sien, anders is dit maar bloot 'n teologiese feit waarvan ons kennis neem. Die liefde van God is nie iets waarvan ons bloot kennis neem sonder dat ons daardeur geraak word nie. En hierdie Jesus kom nie in 'n indrukwekkende gestalte nie. Hy kom as dienskneg. Nadat Hy as mens gebore is, kom verneder Hy Homself deur gehoorsaam vir ons te word tot die dood toe — gehoorsaam tot die dood aan die kruis. En Hy kies dit. Niemand dwing Hom om dit te doen nie. Hy neem dit self op Hom ter wille van ons. Dit beteken nie dat Jesus Homself verneder deur mens te word nie. Baie mense beskou Jesus se menswording op sigself as 'n vernedering. Nee, die vernedering lê daarin dat Hy ons natuur aanneem wat onder die sonde ly. Nie dat Jesus ook sondaar geword het nie. Maar die natuur wat Hy op Hom geneem het, het veroorsaak dat Hy ook gely het. Hy het ook honger gely. Hy was ook vervolg. Hy was soms sonder klere. Hy is deur storms geteister. Hy het eensaamheid geken. Teleurstellings was vir Hom aan die orde van die dag. Sy vriende het Hom ook in die steek gelaat. En dit alles doen Hy gewillig en vrywillig. Hy wat God was en vir ewig God gebly het met sy menswording, verlaag Homself om dienskneg te word. Hy word gebore om te ly, Hy word gebore om vir ons te sterf. Dit is waarvoor Hy gekom het. Nader aan Ons as Ooit←⤒🔗 In die tweede plek gaan ons nou daarop let dat die Here Jesus deur sy menswording nader aan ons gekom het as wat God ooit was. Toe hierdie Seun van God in Bethlehem gebore word, kom God nader aan ons as ooit tevore. Nou is die vraag natuurlik: Waarom het God so naby aan ons gekom? Dit is nie omdat dit die enigste manier is om heel intiem en vertroulik met ons as mense om te gaan nie. In die Paradys het die Here immers ook baie vertroulik en in nabyheid met Adam en Eva geleef. Daarvoor was geen Middelaar nodig nie. God het met Adam en Eva kom praat. Hy was naby hulle. Die feit dat God in die hemel is en ons op die aarde, is geen struikelblok vir God om naby ons te kom nie. God is God. Hy kan naby ons kom. God se grootheid en almag maak dit nie vir Hom moeilik om na Adam en Eva neer te buig nie. Ook nog na die sondeval kom God baie naby aan sy kinders. Henog het met God gewandel. Abraham word God se vriend genoem. Hy het met God gepraat. In die woestyn kom woon die Here by sy volk in 'n tent, die tabernakel. Hy wil by sy volk wees. Dit alles noem ek sodat ons baie duidelik daarop moet let dat Jesus Christus nie gekom het om as "tussenwese" tussen die "hoë" God en die "lae" mens kommunikasie moontlik te maak nie. God het nie 'n "tussenwese" nodig om met sy skepsels te kan praat nie. Hy kan dit doen, het dit gedoen met Adam en Eva. Wanneer die Seun van God mens word, is dit nie om vir die eerste keer met ons te kommunikeer nie. Die Seun van God kom so naby aan ons, word mens, om ons sonde te kom wegneem. Hy kom, soos die Kategismus dit so pragtig verwoord, om met sy onskuld en volkome heiligheid, my sondigheid voor God te bedek. Dit is waarom Jesus mens geword het en natuurlik kom God dan nader aan ons as ooit voorheen. Uit sy liefde, om ons sonde te bedek, sodat die kommunikasie kan voortgaan, sodat dit nie afbreek en daar finale skeiding tussen God en sy skepsels kom nie. Hy word nie mens vir die gesellige kontak met die mens nie. Jesus Christus word uit die maagd Maria gebore om 'n werk te verrig vir ons. Daarvoor verneder Hy Homself. Hoe belangrik dit is, sien ons uit die geweldige inspanning van die satan deur die hele geskiedenis van die wêreld om die geboorte van Jesus te voorkom. Hy val die volk Israel, uit wie die Messias gebore sou word, konstant aan. Eers probeer hy hulle vernietig met die slawerny in Egipte, deur hulle letterlik te laat doodwerk, sodat die Messias nie uit hulle sou voortkom nie. Daarna probeer Satan dit met die kindermoord, die moord op al die seuntjies wat gebore word, om daarmee te voorkom dat God so naby aan ons kom dat ons sondes bedek gaan word. Veral die huis van Dawid loop deur. Want die Verlosser, wat as mens gebore moes word, sou kom as die ware nakomeling van Dawid. Daarom die geweldige aanslag, deur die hele geskiedenis van Israel heen, juis op die koningshuis van Dawid. Dawid se huis staan onder konstante aanvalle van die satan. As Dawid maar van die troon kan afkom, as die Dawidshuis maar vernietig kan word! Dan sal die Seun van God nie as mens gebore kan word nie. Dan is die verlossing van die mens daarmee heen. Toe dit alles misluk het, en Jesus uiteindelik gebore is uit die maagd Maria, probeer hy om Jesus op aarde dood te maak. Ons weet almal van die kindermoord in Betlehem, kort na die geboorte van Jesus. Satan probeer Jesus stuit in sy werk vir ons, voordat Hy sy werk as Verlosser kon voltooi. Hierdie Seun van God was te magtig vir hom. Hy kon die Seun nie stuit in sy werk vir ons nie. Net een uitweg bly vir die satan oor. Hy kon nie keer dat Jesus as mens gebore word nie. Al wat hy nou kan doen, is om ons weg te hou van Jesus. Uit brandende haat probeer hy ons wysmaak dat Jesus se maagdelike geboorte irrelevant en onbelangrik is, of selfs dat dit nie eens plaasgevind het nie. Ons word verlei om te dink dat dit dalk tog onmoontlik is dat dié Godswonder kon plaasvind. 'n Mens gebore uit 'n maagd? Ag nee, ons is tog almal meer volwasse as dit. Wie sou dit wil glo? Op hierdie manier probeer die satan ons geloof in Jesus te ondermyn. Hy probeer keer dat ons leef in 'n ware geloof in Jesus. Want as Hy nie gebore is uit die maagd Maria nie, dan is Jesus ook nie meer vir ons God wat gekom het om ons sondes te bedek nie. Dan is Hy geen volmaakte Verlosser wat sonder sonde Homself kom gee tot in die dood aan die kruis nie. Dan sien ons nie die skitterende liefde vir ons raak in sy vernedering as Goddelike dienskneg nie. Dan word ons ons geloof ontneem. Daar waar Ons Lewe←⤒🔗 Vervolgens gaan ons daarop let dat hierdie Jesus langs ons kom staan daar waar ons lewe. Die feit dat die Seun van God mens geword het uit die maagd Maria, het 'n heel aangrypende betekenis vir my daaglikse lewe. God het ons kom opsoek daar waar ons elke dag lewe. Ons hoef ons nie na God toe "op te werk" nie. Ons hoef nie in die hemel op te vaar om Jesus vanuit die hemel neer te trek nie. Ons hoef God nie halfpad na die hemel te gaan ontmoet nie. Ons hoef Hom nie te gaan soek nie. Christus het nie vanuit die hemel gekom om 'n "tussenwese" tussen ons en die Vader te word nie, om as 't ware bo die aarde tussen God en ons te bly sweef nie. Net so min as wat Jesus bo die aarde bly sweef het, so hoef ons nie van ons kant bo onsself uit na God op te styg as 'n bomenslike skepsel om God te ontmoet nie. Ons moet God ontmoet as mense, gemaak na die beeld van God. God vra nie van ons om soort van "supermense" te word nie. Die Seun van God kom staan onmiddellik naas ons in ons daaglikse lewe, ons stryd en sloer van elke dag se verantwoordelikheid. Hoe dikwels al het mense probeer om deur 'n "heilige lewe" of afsondering van die gewone daaglikse gang van die lewe, hulself tot God te bring.'n Lewe van "raak nie, smaak nie, roer nie aan nie". 'n Lewe van askese. Afsondering van die daaglikse werklikheid, sodat ons God as 't ware halfpad hemel toe kan ontmoet. Dit is 'n blatante miskenning van die maagdelike geboorte van ons Here Jesus Christus. Dit is 'n ontkenning van die vleeswording van die Seun van God. Dit is die gees van die Antichris, skryf Johannes in 1 Johannes 4:3: "En elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris". Want dit is die Antichris wat die vleeswording van die Seun van God ontken; dat die Seun van God by ons kom staan. En dit kan sommer so maklik in ons lewens insluip onder die mooiste pretensies, soos 'n begeerte om heilig vir die Here te leef. Mense wat, soos Paulus skryf, verbied om te trou en verbied om die daaglikse vreugdes van die lewe te geniet. Dan kan ons sommer maklik die vleeswording van die Seun ontken. Dit is die gees van die afvalligheid van die laaste dae. Die feit dat Jesus mens geword het, beteken dat ons nie weg van onsself hoef te vlug of "buite onsself te tree" om God te ontmoet nie. Ons hoef nie die lewe te ontvlug om God te vind nie. Hoe dikwels het jongmense hierdie vrees vir die geloof. Hulle dink dat hulle die vreugde van die lewe gaan misloop; dit waarom dit gaan in die lewe. Hulle dink dat hulle dit langs hulle moet neerlê, indien hulle hul geloof werklik gaan uitleef. Dit is 'n misleiding van die satan. Ons hoef nie die lewe te ontvlug nie, ons mag selfs nie. Een van my pragtige Graad sewe katkisante het een keer baie eerlik erken dat sy nie wil hê dat Jesus nou al moet kom nie, want sy wil eers grootword en trou. Pragtig! Sy besef ons hoef nie die lewe te ontvlug nie! Inteendeel! Deur ons geloof in Jesus begin ons lewe. Want deurdat Hy mens geword het, kan ons wel die sonde in onsself en in die lewe ontvlug. Maar Jesus het naas ons in ons gewone lewe kom staan. Daar is geen vorm van ons lewe wat die Seun van God nie wil aanraak nie. Hy kom staan deur sy menswording daar waar ons elke dag staan. Daar waar ons lewe en werk. As ons een of ander "superwese" wou wees, sal ons te hoog vir Jesus van Nasaret wees. Ons sou Hom nie kon ontmoet nie. Jesus is gevind in die timmermanswinkel van Josef. By die put besig om vir 'n vrou te vra om vir Hom water te skep. By die bruilof in Kana terwyl Hy vrolik was saam met die gaste. Ons moet dikwels daaraan herinner word dat Jesus so gewoon en naby ons gekom het. Ons dink altyd aan Jesus as Een wat ver is. Maar Jesus het naby my gekom. In my huwelik en gesin. In my fabriek en kantoor. In my sorge en daaglikse beslommernisse. In my jeug en in my ontwikkeling as jong volwassene. Want Jesus was ook 'n jong volwassene. Hy was ook 'n kind van twaalf wat aan Maria en Josef gehoorsaam moes wees. Indien ons Jesus op 'n ander plek in die lewe wil soek, sal ons Hom nie vind nie. Miskien in een of ander mistieke "ervaring", ja. Die "ervaring" kan ons dalk hê, maar daar ontmoet ons nie die Seun van God wat gebore is uit die maagd Maria nie. Hy het ons natuur, ons lewe, aangeneem. Bedek My Sondes←⤒🔗 Nou gaan ons in die laaste plek sien hoe Hy ons sondes kom bedek met sy lewe. Want dit is wat Hy kom doen het. Met sy volmaakte lewe het Hy nou my onvolmaakte en sondige lewe vir God kom bedek. Met sy onskuld en volkome heiligheid maak Hy my toe. Hy het nie alleen in ons plek kom sterf nie. Ons fokus dikwels daarop dat Hy in ons plek kom sterf het, maar ons vergeet dat Hy in ons plek kom leef. Hy het ook in ons plek 'n lewe van volmaakte gehoorsaamheid, in diensbaarheid aan die Vader, kom lewe. Sodat my sondes nie alleen afgewas word nie. Maar dat ek ook volkome heilig en regverdig voor die Vader kan staan. Dit is om te leef uit die geloof in Jesus Christus. My hele lewe van ongehoorsaamheid word as 't ware deur Hom "oorgedoen". My sonde waarin ek ontvang en gebore is; my hele lewe wat deurtrek is met die sonde; my hele lewe word bedek met Christus, wat sondeloos gebore word, wat hier op aarde kom leef het, wat volmaak Homself as 'n offer vir my gegee het. Paulus roep ons op om ons met Christus te beklee (Romeine 13:14). Beklee julle dan elke dag met hierdie Jesus. Sodat die Vader, wanneer Hy na ons kyk, alleen maar heiligheid en onskuld by ons sien. Ons hele lewe, van ons geboorte af, word bedek met Jesus se volmaakte lewe van sy geboorte af. Luther noem dit wat Jesus in ons plek kom doen het, die "wonderlike ruil". Christus in ons plek! Hy het in ons plek kom leef. Wat 'n wonderlike soete ruil! Sal ons dit nie aanvaar nie, hierdie Jesus nie glo nie? Wil u nie die ruil aangaan en dit in geloof ontvang nie?! Nou kan ek weer in elke opsig van die lewe voor God leef. My liggaamlike lewe is niks minderwaardigs voor God nie. Die Seun van God het 'n menslike liggaam aangeneem. Dit was geen vernedering vir Hom nie. Mense kan egter ook so reageer deur te sê dat ons liggaamlike lewe van geen waarde is nie, dus kan ons met ons liggame maak wat ons wil. Dit gebeur nogal by ons as Gereformeerdes. Watter kwaad kan dit ons as geestelike mense doen as ek te veel drink of nie noukeurig met my liggaam omgaan nie? As my kleredrag, die manier waarop ek aantrek, nie heeltemal van pas is nie? Amper 'n minagting van die fisiese dinge. "Ja, ons kan maar aangaan, dit raak nie my geestelike lewe nie." Die Here leer ons dat alles wat geskape is, goed is en deur gebed geheilig word. Laat ons dit in dankbaarheid as 'n gawe van God ontvang. Geniet jou eet en jou drink. Moenie skuldig voel wanneer jy ontdek dat jy ook aantrekkingskrag tot die teenoorgestelde geslag het nie. Jesus het in die vlees gekom. Maar laat ons onthou dat Hy so naby gekom het om ons juis van die mag van die sonde te bevry. Daarom moet ons ons eie heil uitwerk met vrees en bewing. As ons uit die geloof in hierdie Jesus gaan lewe, sal ons onberispelik en opreg leef as kinders van God onder 'n krom en verdraaide geslag (Filippense 2:15). Nie uitspattig nie. Nie onkuis nie. Losbandigheid sal ver van my wees. In ons probleme in ons hele lewe sal ons ook getroos kan lewe. Want die Seun van God het mens geword. Hy verstaan ons daaglikse stryd in die lewe. Juis Hy wat sy hele lewe lank geleef het as dienskneg, ken die krag van verleiding en versoeking. Hoe groot moes die versoeking nie vir Hom gewees het om die gestalte van 'n dienskneg af te gooi nie. Hy het dit nie gedoen nie. Daarom word ons nou opgeroep: leef as diensknegte van mekaar. As Jesus dan mens geword het en as dienskneg vir ons kom leef het, sal ons dan nie ook mekaar dien in ons lewe nie? As ek misverstaan word, sal ek getroos kan wees, want Jesus is ook baie misverstaan. Hy is beskimp en bespot en uitgemaak vir 'n kranksinnige. Wanneer ek dan in my lewe die krag van sonde en lyding ervaar, dan kan ek tog in dit alles gaan leef as 'n oorwinnaar. In dit alles kan ons uit dankbaarheid en geloof lewe in Hom wat gebore is en aan ons vlees gelyk geword het uit die maagd Maria.
2021/12/04 01:36:36
https://www.christelikemedia.org/article/sondag-14-heidelbergse-kategismus
mC4
homeschooling | Kieswetter Klaskamer Hoekom ek besluit het om te Homeschool December 2, 2013 | janetkies Eintlik moet ek praat van 'Tuisonderrig' maar ek geniet nou die woord 'homeschool' so ek waarsku my lesers sommer nou dat ek my tale baie gaan meng op hierdie 'blog'. So as jy gehoop het vir 'n suiwer Afrikaanse tuisonderrig blog, is ek jammer. Ek is maar 'n twee-talige meisie, so my homeschool journey gaan ook wees. 🙂 Ek is SO opgewonde om alreeds soveel navrae te hê oor homeschooling! Ek het nog nie eers self amptelik begin nie (alhoewel ek al jare werkboekies en prettige leer aktiwiteite met my kinders doen). Maar ek glo die Here het tuisonderrig op my hart gelê met 'n doel. 'n Doel wat groter strek as net my en my kinders. Moontlik het die Here tuisonderrig vir JOU gesin in gedagte en wou hê ek moes oor my ervarings en reis skryf sodat jy die moed en gereedskap sal hê om te volg. In daardie geval is ek geëerd en neem die verantwoordelikheid baie ernstig op. So hoekom het ek besluit om my kids te homeschool? Die Here het daardie vraag vir my beantwoord toe ek Hom vra of ek moet homeschool. Ek het vir 'n paar dae bly vra vir 'n duidelike teken, 'n vers, 'n Skrif, 'n writing-on-the-wall antwoord (dalk in bordkryt teen die swartbord?) op die vraag: 'Moet ek homeschool volgende jaar?' Maar die Hemele was stil. Ek het verse gelees wat nie sin gemaak het nie. Toe ek net begin frustreerd wil raak, kom die antwoord soos 'n gedagte in my kop: "But I have been gently nudging you in this direction for years!" En dis hoe God is: a gentleman. Wat die pad wat jy moet loop sagkens aandui. Deur gebeure en mense met wie jy praat. Deur wat jy lees en sien op televisie. Deur dinge in jou wêreld, praat die Here met jou. En dus is daar 'n klomp redes (ek het 'n lysie van 12 neergepen) hoekom ek glo ek is GEROEP om te homeschool. Ja, dis my roeping. 🙂 Ek is huiwerig om my persoonlike redes hier op te noem. Want dalk het jy nie onderwys geswot nie, en dan dink jy jy sal nie kan tuis skool nie. Of dalk het jy nie klomp oulike ensiklopedies of pragtige Afrikaanse leesboekies by jou skoonma gekry as geskenk nie en dan voel jy jy sal nie jou kinders kan leer nie. Dis die groot wonderlike ding van homeschooling: elkeen is uniek, daarom is elke tuisonderrig ervaring uniek! Ons kan juis aanpas tot ons eie unieke omstandighede, persoonlikhede en kinders. Jy is in staat om jou kinders te leer! Omdat jy hulle ouer is, is jy klaar die heel beste onderwyser vir hulle! En, of hulle nou in die skool is of by jou, leer hulle alreeds by jou. Oor die lewe. En hoe om 'n volwassene te wees op hierdie planeet. Want hulle hou jou dop! Al ons kinders word geskool in die skool van die lewe.
2019/03/26 18:12:34
https://kieswetterklaskamer.wordpress.com/tag/homeschooling/
mC4
Motor rubriek – Ford Kuga | Die Vryburger Motor rubriek – Ford Kuga July 1, 2013 - Vervoer - no comments Gedurende 2011 het die Ford Kuga in S.A. verskyn en die indrukke wat dit geskep het was nie baie goed nie. Die opgedateerde weergawe wat nou sy verskyning gemaak het, vertoon 'n heel ander prentjie en is inderdaad 'n indrukwekkende voertuig. Motorskrywers se kommentaar beskryf dit as 'n voertuig waarin die vorige tekortkominge herstel is. Pakplek is aansienlik en maak voorsiening vir bykans alle behoeftes. Dit verteenwoordig 'n bruikbare spasie van 376 kub. Dm. Daar word voorsiening gemaak vir elektriese proppe, sewe lugsakke, elektries verstelbare sitplekke en nog talle ander handige hulpmiddels. Die been en kopruimtes is meer as voldoende en die agterste sitplek kan platvou. Om maksimum laairuimte te verkry, word 'n ruimte-sparende noodwiel voorsien. Die enjin wat in hierdie voertuig gebruik word is die 1,6 liter turbo aangejaagde weergawe wat 110kW voorsien en wringkrag van 240 Nm. @ 1600 o.p.m. beskikbaar stel. Die brandstofverbruik van hierdie voertuig is 'n bruikbare 7,92 L/100km. Met die wringkrag beskikbaar is dit met die voertuig moontlik om 'n vrag 1500 kg. te skuif. Alhoewel die stuur elektries ondersteun is, gee dit 'n natuurlike gevoel deur na die bestuurder. Voertuie is met verskillende bandgroottes beskikbaar wat wissel van 17 na 19-duim. Die bostaande inligting is van toepassing op die voertuig met die 17 duim wiele.
2021/10/26 05:30:23
https://www.dievryburger.co.za/2013/07/motor-rubriek-ford-kuga/
mC4
Heidedal Swembad midde-in hartseer opgeknap - Bloemfontein Courant Home News Local Heidedal Swembad midde-in hartseer opgeknap Heidedal Swembad midde-in hartseer opgeknap Die Heidedal Swembad buite Bloemfontein gaan binnekort opgeknap word, te midde van 'n donker wolk wat om dié verwaarloosde perseel hang. Die uitvoerende burgemeester van die Mangaung-metromunisipaliteit, Thabo Manyoni, het vroeër die week die amptelike oorhandiging van die perseel aan kontrakteurs gedoen voordat die drie maande lange opknappingsprojek van R1.9 miljoen afskop. Hoewel inwoners in groot getalle vir die geleentheid opgedaag het en bly is oor die opknapping wat die eerste keer in baie jare gaan plaasvind, is die skok en hartseer in die gemeenskap nog tasbaar nadat die verminkte liggaam van 'n tienermeisie 'n paar weke gelede by die swembad gekry is. Daar word vermoed dat sy deur 'n plaaslike bende verkrag en vermoor is. "Haar bene was so erg gebreek dat dit sommer so agter haar kop gesit het. Dit was vir ons 'n groot skok, ons harte is baie seer. Ons is almal moeders – sy's soos ons kind," het 'n inwoner, Winnie van Heerden, aan Courant gesê. Die inwoners van Heidedal roem hulself daarop dat hulle soos een man saamstaan wanneer daar 'n krisis is, maar hulle is kwaad. Kwaad vir die polisie omdat hulle "nie omgee nie". 'n Ander inwoner, Evelyn Wiese, vertel dat die polisie eenvoudig nie op hul oproepe reagreer nie. "Ons bel die polisie hier in Heidedal as daar crime is, maar hulle kom nie! Ons bel onsself simpel, hulle gee net nie om nie!" 'n ANC raadslid in Heidedal, Maureen Scheepers, het aan die massas Heidedallers by die afskop van die opknapping van die swembad gesê dat die regering wel vir hulle omgee. "Dis ons government vir wie ons gestem het wat vir ons omgee. Hulle reik na ons toe uit. Maar ons moet ophou om terug te sit en alles te wil hê van hulle af. Ons moet self werk vir 'n beter lewe." Manyoni het saam met ander hoës in die munisipaliteit, insluitend die adjunkburgemeester, Connie Rampai en die stadsbestuurder, Sibongile Mazibuko, inwoners by die verwaarloosde swembad besoek om van hul planne te vertel. Dit sal die opknapping van die groot, olimpiese-grootte swembad insluit asook herstelwerk aan die kinderswembad. "Ons pak hierdie projek aan om swem as sport in die gemeenskap te bevorder, asook om kinders uit die strate te hou. Maar bo en behalwe dit alles wil ons verseker die diegene wat nog nooit toegang tot ontspanningsgeriewe gehad het nie, dit nou sal hê," het die munisipaliteit gesê. 'n Learn to Swim-program sal vir die gemeenskap aangebied word sodra die swembad voltooi is. Plaaslike swemgalas sal voortaan by hierdie swembad gehou word. "Ons is so bly oor die swembad," het nog 'n inwoner, Thembi Ontong, gesê. "Onse vroue is net bietjie oud, ons kan nie swem nie! Maar ons is bly dat onse kinders nou 'n plek sal hê om te swem. Miskien verminder dit die crime hier in Heidedal." Courant kon teen druktyd nog nie vasstel of enige verdagtes weens die moord op die meisie in hegtenis geneem is nie.
2019/12/08 17:59:05
https://www.bloemfonteincourant.co.za/heidedal-swembad-midde-in-hartseer-opgeknap/
mC4
Openbaring 19 - Heilige Bybel [Afrikaanse Bybel 1933/1953] &nbspEn n hierdie dinge het ek iets soos 'n groot stem van 'n groot menigte in die hemel gehoor wat sê: Halleluja, die heil en die heerlikheid en die eer en die krag aan die Here onse God! &nbspWant sy oordele is waaragtig en regverdig; want Hy het die groot hoer geoordeel wat die aarde met haar hoerery verderf het, en Hy het die bloed van sy diensknegte op haar gewreek. &nbspEn vir die tweede maal het hulle gesê: Halleluja! En haar rook gaan op tot in alle ewigheid. &nbspEn die vier en twintig ouderlinge en die vier lewende wesens het neergeval en God aanbid wat op die troon sit, en gesê: Amen, Halleluja! &nbspEn 'n stem het uit die troon uitgegaan en gesê: Prys onse God, al sy diensknegte, en julle wat Hom vrees, klein en groot! &nbspEn ek het iets gehoor soos die stem van 'n groot menigte en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê: Halleluja! want die Here God, die Almagtige, het die koningskap aanvaar. &nbspLaat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. &nbspEn aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges. &nbspToe sê hy vir my: Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God. &nbspEn ek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid; maar hy het vir my gesê: Moenie! Ek is 'n mededienskneg van jou en van jou broeders wat die getuienis van Jesus het. Aanbid God. Want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie. &nbspToe het ek die hemel geopend gesien; en daar was 'n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid. &nbspEn sy oë was soos 'n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het 'n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self. &nbspEn Hy was bekleed met 'n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God. &nbspEn die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne. &nbspEn uit sy mond gaan daar 'n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met 'n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige. &nbspEn Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here. &nbspEn ek het een engel sien staan in die son; en hy het met 'n groot stem uitgeroep en vir al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg: Kom hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote God, &nbspdat julle kan eet die vlees van konings en die vlees van owerstes oor duisend en die vlees van sterkes en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot. &nbspEn ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër. &nbspEn die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy hulle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand. &nbspEn die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees.
2020/05/26 20:19:35
https://www.beblia.com/pages/main.aspx?Language=Afrikaans&Book=66&Chapter=19
mC4
Paasnaweek-padsterftes styg skerp - Maroela Media Paasnaweek-padsterftes styg skerp Die aantal sterftes op die land se paaie die afgelope Paasnaweek het skerp gestyg in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar, het die minister van vervoer Woensdag aangekondig. Volgens Dipuo Peters, minister van vervoer, is 287 mense die afgelope Paasnaweek op die land se paaie dood, 'n skerp styging in vergelyking met die 193 sterftes oor Paasnaweek verlede jaar. Peters het gesê daar was 208 ongelukke oor die afgelope langnaweek, ook aansienlik meer as die 148 ongelukke verlede jaar. Peters het gesê 'n duidelike toename in verkeer op die land se hoofweë is tydens Paasnaweek waargeneem. Dit kan waarskynlik daaraan toegeskryf word dat die Paasnaweek met maandeinde, skoolvakansie en verskeie pelgrimstogte saamgeval het. Donderdag is 'n gemiddeld van 2 200 motors per uur deur die die land se tolhekke en het dit later tot 4 494 motors per uur gestyg. Die hoogste verkeerslading is by die Pumulani-plaza op die N1 in Limpopo aangeteken. Volgens Peters is alkohol- en dwelmmisbruik, roekelose en nalatige bestuur, moegheid, onpadwaardige voertuie, bestuurders wat op blinde hoogtes verbysteek en informele nedersettings langs besige paaie en kruisings die grootste faktore wat tot padsterftes bydra. "Ons streng wetstoepassing en geen verdraagsaamheid vir wetteloosheid op ons paaie nie dui duidelik daarop dat die faktore wat die meeste tot padsterftes bydra, voorkombaar is en uitgeskakel kan word," het Peters gesê. "Die tendens van totale miskenning van die wet en roekelose gebruik van ons paaie is baie kommerwekkend en skokkend. Hierdie verskynsel word beklemtoon deur die feit dat 48% van sterftes passasiers was, 28% bestuurders en 20% voetgangers, terwyl 2% fietsryers was en 2% onbekend is." Peters het gesê sy is baie teleurgesteld in die hoë padsterftesyfer en het beklemtoon dat streng maatreëls ingestel sal word om padveiligheid te verbeter. Foto's: 11-jarige bestuur trok op KZN-hoofweg "Volgens Peters is alkohol- en dwelmmisbruik, roekelose en nalatige bestuur, moegheid, onpadwaardige voertuie, bestuurders wat op blinde hoogtes verbysteek en informele nedersettings langs besige paaie en kruisings die grootste faktore wat tot padsterftes bydra." Onpadwaardige voertuie (1) en bestuurders wat op blinde hoogtes verbysteek (2) verseker. Strenger toepassing gaan nie help nie want sodra die verkeers beamptes onsigbaar is dan begin bestuurders roekeloos ry bv soliede wit lyn en om draaie sal 5 tot 6 motors op 'n slag verby gesteek en in reen met slaggate onsigbaar roekeloos veral tussen Lydenburg en Middelburg.Ek se vir my kollegas dis 'n wonderwrk dat nie meer mense dood is nie spoed is ook 'n groot probleem. Hoekom pla net die sterftesyfers wat gedurende vakansies op ons paaie voorkom ons minister? Sy moet na die daaglikse sterftesyfers op ons paaie kyk – dan kan sy sien wat werklik aangaan. Die owerhede moet net die wette wat reeds op die wetboeke is toepas, dan sal hulle sien dat die ongelukke en sterftes sal afneem! Ons metropolisie is net nie geinteresseerd nie! Kameras in privaat motoriste se voertuie waar foto's van oortredings dan gestuur word na 'n sentrale punt. Daar word dan besluit geneem. Hierdie werk kan gedoen word deur sg. wetstoepassers wat in ieder geval skitter in hul afwesigheid in nie-spitstye op ons paaie. Die oortreder kom gewoonlik weg met klein oortredings soos om nie te stop by 'n stopteken wat naderhand ook die verbysteek by sperstrepe laat begin gebeur. So word die kansvattery al groter tot daardie dag aanbreek wat ons die slagting aanskou wat vooraf gegaan is deur kleiner oortredings waarmee die padvark weggekom het. Daar word mos mooi en voorbeeldig bestuur wanneer jy weet jy word dopgehou. Jaycee · 5 jare gelede SA se paaie is 'n slagveld. Duisende voertuigbestuurders en ander padgebruikers verloor hulle lewens op brutale wyse. En die situasie word net erger. Dit blyk 'n voldonge feit te wees dat die owerhede nie die vaagste benul het oor hoe om hierdie tragedie te hanteer nie; hulle beaam net gereeld hulle sogenaamde afgryse en kom met allerhande dreigemente, beloftes en halfgebakte planne. Maar dit maak nie hond haaraf nie. Miskien reflekteer dit iets van ons leë-kop president want in my gedagtes hoor ek hoe hy met 'n idiotiese giggel die blanke setlaars die skuld hiervoor gee want hulle het mos daartoe aanleiding gegee dat motorvoertuie na SA gebring is. Ek is meer as mismoedig. Streng maatreëls moet ELKE dag toegepas te word, nie net oor Paasnaweke en vakansietye nie. Beboet en verwyder oortreders van ons paaie en die sterftesyfer sal geleidelik op 'n daaglikse basis afneem wat weer tot die gevolg sal hê dat Paasnaweke en vakansietye veiliger met minder sterftesyfers gepaard sal gaan. Kom ry op die N4 en sien hoe sit hulle onder die brue lang die Donkerhoek weegbrug. Volgens die spietkoppe het hulle nie genoeg brandstof om die snelwee te patroleer nie. Daar sit 5 van hulle om 'n spoedkamera maar maar 'n paar kilometer voor dit heers daar chaos om die Hans Strydom afrit elke middag. Niks word gedoen nie. Almal vir hulle self… Ons arme minister van vervoer het nie 'n idee waarvan sy praat nie, wonder in elk geval van op watter vloer het sy 'n jaar of twee gelede diens gedoen as skoonmaker en nou 'n minister. Ek het Maandag gery van Komatpoort na Nelspruit en nie een verkeersman of dik vrou teen die pad gesien diens doen nie , terwyl die oorlaaide bakkies en Taxi's baljaar het op die N4 na die noorde. As jy hulle op die pad sien is hulle besig om bribe's te vat en dan kan die voertuig maar vertrek tot by die volgende verkeersman wat wag vir sy aankoms.
2019/10/23 17:05:09
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/paasnaweek-padsterftes-styg-skerp/
mC4
Geloftedag 2011 - Boere-Republikeine Home Nuus Geloftedag 2011 - Boere-Republikeine Donderdag, 01 Desember 2011 21:27 GELOFTEDAG - 2011 Hierdie jaar snel ten einde. En watter gebeurtenisvolle jaar was dit nie. Tyd en ruimte laat nie toe dat ons indringend dit kan ontleed nie, maar vir elke vaderlander moet dit duidelik wees - die Witman in Suid-Afrika boer agteruit! As ons egter die gordyn van die verlede terugskuif, moet ons onwillekeurig stilstaan by die begin van Desember 1838. Ons voorsate, die Voortrekkers, is vasgevang in haglike omstandighede, vermoënde mense het verarm; omtrent leierloos, was die vooruitsigte vir 'n vreedsame tuiste omtrent nul. Menslikerwys het hulle die einde in die gesig gestaar. Piet Retief en sy manne is op verraderlike wyse vermoor. Sommige van die Voortrekkers wou weer oor die berge, terug na die vleispotte van "Egipte." Al daardie omstandighede van 1838, is vandag ook teenwordig in ons volkslewe. Dit is 173 jaar gelede - behalwe vir een ligstraal - ons het 'n Gelofte waaraan ons kan vasklou. Die Voortrekkers was oppad na Dingaan. Hulle wou hom straf, die Gelofte het gekom as tweede gedagte toe hulle eers die omvang van hulle nood besef het. Soos Moses van ouds het die Almagtige vir die Boerevolk in wording, Andries Pretorius en Sarel Cilliers aangewys vir die deurtog van die Rooisee na die rivier van Bloed. Uit daardie Gelofte het voortgevloei twee Boere-Republieke. Die jaar 1877 sou egter nie verbygaan sonder 'n Britse anneksasie van Transvaal nie. Op 16 Desember 1880 sou die Boerevolk van Transvaal weereens by 'n verinniging van die Gelofte van 1838 staan, smekend om uitkoms. Op die smeekgebede het Majubaberg gevolg. Ons Gelofte en ons smeekbede is weer verhoor. Dit het tyd geword vir die hergeboorte van die Gelofte en die volle oorgawe, nie aan Farao nie maar aan Hom wat hemele en aardes gemaak het. Vorentoe en Boontoe. Staan ons vir 'n oomblik stil by die walaers en die klippe, hoor ons die stem van nood en smeek ons saam: Uit dieptes gans verlore, van redding ver vandaan, waar hoop se laaste spore, in wanhoop my vergaan; uit diep van donker nagte, roep ek, o JaHWeH, hoor, en laat my jammerklagte tog opklim in U oor. Hoop Jisr'el, in jou klagte; vertrou, o volk, wat treur, Sy guns verduur die nagte, Sy dag breek eind'lik deur. Dan skyn 'n soete vrede, gans Jisrael word vry van ongeregtighede, JaHH doen ook so aan my! Daar is steeds hoop. Alles is nie verlore nie. Vir ons die Boerevolk, is daar die wete dat ons vasstaan op die fondament van die verlede; dat ons 'n lewende, Almagtige God het wat ons in die verlede uitkoms gegee het. Hy sal weer. So seker soos die son môre weer sal skyn! Uit die asse van oorgawe, vernedering en verraad, breek die suiwerste en skoonste daeraad. 'n Toekoms vir ons kinders. Ons moet net die knieg buig; ons afhanklikheid betuig en ons brose verganklikheid in Sy reddende hande plaas. Die Gelofte van Bloedrivier het ons deurgedra. Ook in 1880. Dit sal ons weer deurdra as ons ernstig is met ons Vryheid en die verantwoordelikheid wat op ons as Boerevolk rus. Uit die Groot-trek is 'n nuwe volk gebore. Ons tweede trek het aangebreek. 'n Geestelike trek na 'n nuwe herrysenis van ons volk in ons eie vaderland. Help ons daarheen!! Opgestel en uitgegee deur Piet Rudolph, Aksiekomitee Orde Boerevolk, vir en namens die Boere-Republikeine.
2021/04/19 03:19:06
http://www.volkstaat.org/index.php?option=com_content&view=article&id=1166:geloftedag-2011-boere-republikeine&catid=59:laaste&Itemid=109
mC4
"Ek Is Met Jou Altyd," Deur Dik en Dun | Bible.org "Ek Is Met Jou Altyd," Deur Dik en Dun Vertaal deur Cosmos Booysen God is almagtig en weet alles.. Maar het jy dalk onlangs gedink aan sy verhouding tot die ruimte? Nie die buitenste ruimte per se nie, maar sy verhouding tot enige plek ter wêreld. Die God wat jy aanbid, is alomteenwoordig. Jeremia het dit baie goed uitgespreek: "Niemand kan in 'n geheime plek wegkruip sonder dat ek hom sien nie" spreek die Here "Ek is oral in die hemel en op die aarde" spreek die Here (Jer. 23:24) Dit beteken dat waarookal jy is, daar is God. Dit beteken dat op hierdie oomblik is God naby jou en as jy 'n Christen is, is hy met jou—op 'n baie spesiale manier—met sy hele wese en met absolute onverdeelde aandag. En tog, terselfdertyd en op dieselfde manier, is hy met my en elkeen van ons broers en susters om die wêreld heen. Dus is daar 'n intieme verhouding tussen sy oneindige kennis en sy teenwoordigheid. Die psalmis het dit geweet en was in verwondering oor God se wonderlike natuur. In Psalm 139:1-4 is die psalmis baie bewus van God se kennis van alles omtrent hom... 139:1 Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. 139:2 Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. 139:3 Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend. 139:4 Daar is nog nie 'n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees. 139:5 U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. 139:6 Dié wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip. ... die psalmis beskryf dan God se intieme kennis van ons tot sy teenwoordigheid by ons. ...139:7 Waarheen sou ek gaan om U Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom? 139:8 Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar. 139:9 Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, 139:10 ook daar lei u hand my, hou u regterhand my vas. 139:11 Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek, of die lig rondom my om in nag te verander, 139:12 maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie en die nag so lig soos die dag, duisternis so goed soos lig. ...dan verenig die psalmis God se kennis en sy teenwoordigheid met sy skeppingskrag. God is die Een wat ons geskape het en die plan van ons lewe bepaal (vgl Handelinge 17:24-28) 139:13 U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. 139:14 Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: 139:15 geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot 139:16 U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voor ek gebore is. (sien Jer 1:5) Is dit enige wonder dat die psalmis eindig met 'n deurdringende helder besef van sy eie beperkinge en stoflikheid in kontras met God se oneindige kennis, teenwoordigheid en krag... 139:17 Hoe wonderlik is U gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal! 139:18 As ek hulle sou wou opnoem - hulle is meer as wat daar sand is, en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen hê. Die ware resultaat is dat ons die vestiging van God se koninkryk moet verlang, beide in die wêreld asook in ons eie lewens. 139:19 As U tog maar die goddelose uit die weg wou ruim, o God! Gaan weg van my af, julle moordenaars! 139:20 Dit is hulle wat bose planne teen U smee, wat so vals teen U optree. 139:21 Moet ek u haters dan nie haat nie, Here, moet ek nie 'n weersin hê in mense wat teen U in opstand is nie? 139:22 Ek haat hulle met 'n uiterste haat, want hulle is ook my vyande. 139:23 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. 139:24 Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad! So, watter verskil maak dit alles? Wel, laat ons daaroor dink. God se alomteenwoordigheid beteken dat Jesus met ons sal wees wanneer ons op ons missie om dissipels van alles nasies te maak, vertrek. Hy het vir sy dissipels gesê dat alle mag aan hom gegee is en dat hulle moet gaan en sy boodskap van geloof en gehoorsaamheid aan alle volke van die aarde oordra en toe voeg hy by, "En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld" (Matt 28:19-20, vgl Gen 28:15) Sy alomteenwoordigheid beteken ook dat wanneer mense Christus aanneem en daar probleme in verhoudinge is, Christene bymekaar kan kom om hierdie probleme uit te stryk met die volle wete dat Christus is daar met hulle. In Matt 18:20 sê hy—in die konteks van kerkdissipline—dat "wanneer twee of drie in my naam vergader (d.i. om 'n broer of suster wat gesondig het te help herstel), daar is ek met hulle. Nou, dit is waar dat Jesus met Christene is of daar nou een persoon of 'n honderd teenwoordig is maar hy wil hê ons moet weet dat hy ons nie sal alleen laat in die moeilike aspekte van dissipelskap nie. Ons kan vertrou op sy teenwoordigheid wanneer ons moet deel met 'n broer wat sondig, 'n eggenoot moet konfronteer, 'n dwalende tienderjarige uitvra, 'n werknemer moet afdank, aan die regverdige verwagtinge van ons kinders moet voldoen, probleme by die werk die hoof moet bied, moeilike kliënte moet hanteer, ens. Daarom, die werklikheid van God se alomteenwoordigheid is goeie nuus want dit verseker ons dat maak nie saak waarvoor God ons roep om te vir hom te doen of wat hy toelaat om met ons te gebeur in ons lewens nie, hy sal daar wees met ons. Hy sal ons nooit verlaat of in die steek laat nie.
2019/05/20 07:04:06
https://bible.org/node/2909
mC4
Romeinse tweegreepte glasbeker - Geskiedenis Podcasts - 2021 Romeinse tweegreepte glasbeker Antieke glasblog uit die Allaire -versameling Die glasblaas het 'n rewolusie in die Romeinse glasbedryf van die eerste eeu gemaak. Dit het vir die eerste keer moontlik gemaak dat glas aan die gemiddelde Romein verkoop word. Met blaas kan 'n voorwerp sowel as vinnig baie groter gemaak word. Voorheen was hierdie glas slegs 'n luukse item so skaars soos goud of edelgesteentes. Dit is hoofsaaklik veroorsaak deur die tyd wat dit geneem het om kernvormige voorwerpe te maak (45 minute) of giet- of snytegnieke ('n paar dae) en die grootte en tegnologie van oonde. Glasblaas is 'n proses om 'n voorwerp vinnig en in baie verskillende groottes en vorms te vorm. Dit blaas bloot lug deur 'n metaalbuis (blaaspyp) in 'n massa gesmelte glas. Hierdie kort snit uit die Corning Museum of Glass deur Bill Gudenrath verduidelik dit duidelik (aktiewe skakel). Glasblaas is waarskynlik ontwikkel deur Romeine in Sirië of Fenisië (nou die streek van die moderne Libanon) in 50 tot 75 v.C. As dit nie deur die Romeine ontdek is nie, is dit beslis deur hulle deur die hele ryk uitgebuit. Hieronder is 'n paar voorbeelde van glasvoorwerpe uit die eerste eeu uit die Allaire -versameling en die versamelings van ons bydraers. Die geskiedenis van Romeinse glas Om hierdie glas te waardeer en hoe dit vandag in moderne juweliersware aangebied word - is dit die beste om die geskiedenis daarvan te verstaan. Kom ons maak 'n reis deur die tyd. Sowat 2 000+ jaar gelede het die Romeine hul vaardighede en tegnieke aangewend agter metaalbewerking, juweliersware en erdewerk om glas te begin maak. Hierdie glasvoorwerpe is dikwels meer gewaardeer as soortgelyke produksies met edelmetale soos silwer en goud. Glas dateer uit Romeine meer as 1500 jaar gelede, alhoewel deur 'n slag geluk en posisie in die wêreld. Antieke Romeinse glasmakers het baat gevind by die ryk kalkafsettings rondom die Wit -Rusland en die Voltrunus -rivier (e) wat klein klippies en skulpe bygevoeg het wat die ontwerp verander en beïnvloed het. Ou glasvoorwerpe ingesluit: En baie ander algemene houers, insluitend vensters, spieëls en juweliersware in sy eie vorm. Dit spruit uit 'n mengsel van intaglio en reliëfsny. Die Lycurgusbeker - Nanotegnologie in antieke Rome Toe ek en my dogter 'n paar jaar gelede in Boedapest was, het my Kathy 'n paar pragtige Hongaarse handgemaakte, geëtsde glasbekers met bosdiere daarop gekoop. Goue bekers uit die 19de eeu, Ludwig Moser Wou u ooit pragtige beker koop? Hoe gaan dit met bekers wat by die lig gehou word van kleur na kleur verander? Wie het ooit daarvan gehoor? Ons het in die 21ste eeu nC nie hierdie tipe bekers nie. As u 'n welgestelde Romein was in c. 300 nC, 1700 jaar gelede, kon jy dit gekoop het. Trouens, die Romeinse keiser Hadrianus wat van 117-138 nC regeer het, het sy suster en swaer Servianus twee sulke wonderlike bekers in die 100's AD gestuur! 'Ek stuur u 'n paar (bekers), wat van kleur verander en bont is, wat deur die priester van 'n tempel aan my voorgehou word en nou spesiaal aan u en my suster gewy is. Ek sou graag wou hê dat u dit op feesdae by bankette moet gebruik. Pas egter op dat ons liewe Africanus dit nie te vrylik gebruik nie. " Historia Augusta: Lewe van Firmus, Saturninus, Proclus en Bonusus 8:10 Die Lycurgus -beker met lig aan beide kante. Die rand is gemonteer met 'n silwer vergulde band van blaarversiering. Die silwer vergulde voet het oopblare van die wingerdstok-British Museum Die Lycurgusbeker is die enigste ongeskonde voorbeeld van wat ons nou 'dikroïese glas' noem. 'Di-chroic' beteken 'twee-kleure' in Grieks. Die Romeine het die kuns bemeester om een ​​kleur op 'n beker te laat verskyn wanneer dit in 'n sekere lig en 'n ander kleur op dieselfde beker in 'n ander lig verskyn. Die glasbeker, bekend as die Lycurgusbeker, lyk jadegroen as dit van voor af verlig word, en rooi as dit agter die beker aangesteek word. Video van Lycurgus Cup wat van kleur verander in die British Museum Totdat die Lycurgusbeker in die 1950's deur die British Museum verkry is (van die Rothschilds, wat 'rooi skild' beteken), het wetenskaplikes dit nie ondersoek nie. Toe hulle dit doen, was hulle verbaas oor die veranderende kleure. Eers in die negentigerjare toe gebreekte stukke van dieselfde bontglas uit antieke Rome ondersoek is, het hulle ontdek dat Romeinse glasmakers kundiges is op ons relatief nuwe gebied van nanotegnologie, tegnologie wat spesialiseer in baie klein nanodeeltjies. Nanotegnologie raak ons ​​op byna onbeperkte maniere en is oral om ons UCLA -navorsers het 'n elektroliet op die grootte van 'n soutkorrel (links) ontwikkel om in batterye gebruik te word Die Romeine het die Lycurgus -glasbeker deurdring met silwer- en goue deeltjies wat so fyn gemaal is dat hulle slegs 50 nanometer in deursnee was, minder as 'n duisendste so groot soos 'n soutkorrel. Romeinse glasmakers het geweet dat as die lig hulle glas tref, iets, wat nou elektrone genoem word, in die nano -fragmente metaal die kleur van die glas sou verander. Dit is seker dat ou glasmakers woorde gehad het oor wat hulle gedoen het, maar hierdie woorde is verlore en ons moet in die moderne nomenklatuur praat. Beweging van behandelde en onbehandelde gouddeeltjies rondom silwer ringvormig op die goudoppervlak Die glaskelk, bekend as die Lycurgusbeker, word sogenaamd genoem omdat dit 'n mite voorstel wat koning Lycurgus van Thracië (Balkan-skiereiland) insluit. Lycurgus, 'n man van gewelddadige humeur, val die god van wyn Dionysius en een van sy vroulike volgelinge, Ambrosia, aan. Ambrosia roep Moeder Aarde aan wat haar in 'n wingerdstok verander het. Sy het toe oor die koning gewikkel en hom gevange gehou, die toneel wat op die Lycurgusbeker vasgelê is. Die verandering van groen na rooi op die vaas kan die rooi bloed van Ambrosia of die rooiwyn van die wyngod Dionysius simboliseer. Die groen kan die uiteindelike triomf van Ambrosia simboliseer deur deur die natuur in 'n groen wingerdstok verander te word wat die rooi-toornige Lycurgus in die tronk sit. Die onderstaande vaas toon die oomblik toe Moeder Aarde aangebreek het en Ambrosia van Lycurgus en sy bose gedrag sal red. c. 400 vC rooi-figuur vaas wat 'n episode uit die mite van Lycurgus, koning van die Thraciërs uitbeeld-Staatliche Antikensammlungen Museum, München Die Lycurgusbeker is 'n 'hokbeker' wat bestaan ​​uit 'n buitenste hok (dus 'hokbeker') en 'n binneglas. Die kunstenaar blaas óf gooi 'n dik leë glas. Hy het dit gesny en gemaal totdat die syfers in groot verligting was. Om die veranderende kleure op die beker te maak, sou die kunstenaar goud en silwer moes maal tot nanokorrels fyner as sand en dit proporsioneel in die glas versmelt om die subatomiese effekte te produseer wat ons nou soveel millennia later het begin begryp. Wetenskaplikes is nog nie seker hoe dit bereik is nie. Termochroom - Kleur toon temperatuur Daar word ook geglo dat dit 'n hiper kleur kelk is, wat beteken dat dit van kleur sou verander wanneer verskillende stowwe daarin gegooi word en temperature kan opspoor deur van kleur te verander. Die moontlikhede van hierdie ou tegnologie maak nano -tegnici opgewonde. Kan antieke Romeinse tegnologie byvoorbeeld gebruik word om stowwe in water beter op te spoor as ons huidige moderne sensors? Nanotegnologie, soos alle mediese en tegnologiese vooruitgang, kan vir die mens se goed of vir die kwaad gebruik word. As dit, soos sommige vrees, tot aborsie en genadedood lei, is dit boos. As nanotegnologie gebruik word om siektes te genees of om mikrobes te help identifiseer en waterbronne op te ruim, ens., Is dit goed. Die Romeine het beslis hul unieke tegniek gebruik om blywende wonder en skoonheid te skep. Toe Rome sterf, het ons die donker eeue binnegegaan. Nie net het sement en binnenshuise toilette met lopende water meer as 1400 jaar lank verdwyn nie, maar die Lycurgusbeker toon aan dat meer as wat ons ons kon voorstel, met die Ewige Stad gesterf het. Hugh van St. Victor — Versierde manuskrip van Prediker in Latyn. Spanje, c. 1175-1200 Die Bybelse Salomo het die troon van wysheid beklee meer as duisend jaar voordat Rome die wêreld ingebars het. Hy som dit alles op: "Wat was, sal weer wees, wat gedoen is, sal weer gedoen word, daar is niks nuuts onder die son nie." Prediker 1: 9. Selfs nie nanotegnologie nie.Sandra Sweeny Silwer 1.600-jarige beker toon dat die Romeine nanotegnologie gebruik het Die Lycurgusbeker, soos dit bekend is vanweë die uitbeelding van 'n toneel waarin koning Lycurgus van Thrakië betrokke is, is 'n 1.600 jaar oue jadegroen Romeinse kelk wat van kleur verander na gelang van die rigting van die lig daarop. Dit het wetenskaplikes verbaas sedert die glasbeker in die 1950's deur die British Museum verkry is. Hulle kon nie uitvind hoekom die beker jadegroen lyk as dit van voor af brand nie, maar bloedrooi as dit van agter af brand. Die raaisel is opgelos in 1990, toe navorsers in Engeland gebreekte fragmente onder 'n mikroskoop ondersoek het en ontdek het dat die Romeinse ambagsmanne nanotegnologie -baanbrekers was: hulle het die glas met silwer- en gouddeeltjies geïmpregneer, totdat dit so klein was as 50 nanometer in deursnee, minder as een duisendste van die grootte van 'n greintjie tafelsout. Die werk was so akkuraat dat die gevolglike effek nie 'n ongeluk was nie. Trouens, die presiese mengsel van die vorige metale dui daarop dat die Romeine die gebruik van nanodeeltjies vervolmaak het - ''n wonderlike prestasie', volgens argeoloog Ian Freestone van University College in Londen. As dit met lig getref word, tril elektrone wat aan die metaalvlekke behoort, op 'n manier wat die kleur verander, afhangende van die posisie van die waarnemer. Nou blyk dit dat hierdie tegnologie, wat eers deur die Romeine gebruik is om pragtige kuns te vervaardig, nog baie meer toepassings kan hê - die supergevoelige tegnologie wat deur die Romeine gebruik word, kan help om menslike siektes te diagnoseer of biogevare by sekuriteitskontrolepunte vas te stel. Gang Logan Liu, 'n ingenieur aan die Universiteit van Illinois in Urbana-Champaign, en sy kollegas het besef dat hierdie effek onbenutte potensiaal bied. Hulle het verlede jaar 'n studie gedoen waarin hulle 'n plastiekbord gemaak het met goud of silwer nanodeeltjies, wat in wese 'n reeks skep wat gelykstaande was aan die Lycurgus Cup. Toe hulle verskillende oplossings op die bord aangebring het, soos water, olie, suiker en sout, het die kleure verander. Die prototipe was 100 keer meer sensitief vir veranderde soutvlakke in oplossing as huidige kommersiële sensors wat soortgelyke tegnieke gebruik. Dit kan eendag sy handtoestelle binnedring om patogene in speeksel of urine op te spoor, of om terroriste te stuit wat probeer om gevaarlike vloeistowwe na vliegtuie te vervoer. Dit is nie die eerste keer dat die Romeinse tegnologie dié van ons moderne tyd oorskry nie. Wetenskaplikes wat die samestelling van Romeinse beton bestudeer het, wat die afgelope 2 000 jaar onder die Middellandse See gedompel was, het ontdek dat dit beter is as hedendaagse beton wat duursaamheid betref en minder omgewingsskadelik is. Die opgedane kennis word nou gebruik om die beton wat ons vandag gebruik, te verbeter. Is dit nie ironies dat wetenskaplikes hulle nou tot die werke van ons sogenaamde 'primitiewe' voorouers wend om hulp met die ontwikkeling van nuwe tegnologie nie? Die Lycurgusbeker is 'n geheimsinnige oeroue uit die laat -Romeinse era. Die beker is gemaak van 'n dikroïese glas, wat 'n ander kleur toon, afhangende van die lig of nie. Dit het wetenskaplikes verbaas sedert die glasbeker in die 1950's deur die British Museum verkry is. Koel beker, maar eintlik net 'n video oor die Romeine wat metaalstof by die mengsel voeg tydens die vervaardiging van glas. Ek dink dit is merkwaardiger dat 'n glasbeker so lank oorleef het. Ek ken 'n man wat een hiervan liefhet! Dit is nie geheimsinnig nie. Dit verstom nie wetenskaplikes nie. Sê. Dit is onbekend hoe dit gemaak is. Romeinse glasmaak word goed verstaan, net soos die konstruksie van hokglasbekers. Wat fantasties is, is dat dit die beste voorbeeld is van hierdie glashouers wat ook hierdie wonderlike dikroïese kleur het. Die beste begrip, is die dikroïese Romeinse glas, is dat die vervaardigers van Romeinse glas nie seker was hoe die proses verloop nie. Soos dit getoon word, het die Romeinse Dichroïsche glas nie eenvormige kleur of komposisie nie. Hulle het moontlik doelbewus juweelstof by die glasmaakproses gevoeg, of dit was toevallig. Romeinse silwer bevat dikwels goud. En die silwer stof was moontlik net van die werkswinkel se oppervlaktes af toe hulle die glas rol. Dit is wat onbekend is daaroor. Wanneer die stof bygevoeg is en hoe die stof bygevoeg is. Dit is asof u 'n volledige inhoud het, maar u weet nie watter lettertipe of die grootte van die lettertipe dit gebruik het nie. Daar is eintlik baie wat ons nie verstaan ​​oor die vervaardiging van Romeinse glas nie. Antropoloë het 'n algemene idee hoe dit in die tyd gedoen is, en dit was min of meer dieselfde waar u kyk, maar die besonderhede is waar dit vinnig vaag word. Daar is 'n soort Romeinse glas wat baie meer stinkende eienskappe toon as om van kleur te verander, ten minste vanuit 'n chemiese oogpunt. Daar is voorbeelde van Romeinse glas wat selfs na duisende jare amper onbreekbaar is. Die verhaal lui dat die invoerder gehoor het van 'n skool smede wat hierdie wonderbaarlike glas kon maak en wou dit self sien, en nadat hy dit werklik gesien het, het hy hulle almal laat doodmaak om hierdie seldsame en waardevolle geheim te hou. Waarskynlik 'n fabel om te verduidelik waarom die kennis verlore gegaan het, maar die glas self DOEN bestaan, alhoewel baie min voorbeelde gevind is. Maar die slotsom is dat ons presies geen idee het hoe hulle dit gedoen het nie; glasblaas was destyds 'n grensmistiese talent, baie soos 'n smid wat 'n grondstof kon neem en gereedskap en wapens kon skep, en kuns moes soos 'n alchemie lyk, en net soos alchemiste in latere eeue, is hul geheime baie goed bewaak en meestal van meester na student oorgedra, en mettertyd verlore gegaan. Oor die R.S. Pruise Company Gedurende sy geskiedenis het die R.S. Die Pruise -onderneming vervaardig 'n wye reeks porselein en stelle porselein, insluitend teepotte, koppies en pierings, borde, suikerbakke en selfs sjokolade -stelle. Die meeste stukke is versier met nagemaakte opaal, goud of iriserende afwerkings en bevat skilderye van blomme, portrette of tonele uit die natuur wat deur litografiese oordragte aangebring is. Later kruik- en vaasstukke, beïnvloed deur Art Nouveau, het arms en handvatsels gehad met ontwerpe soortgelyk aan die rande op plakkate van Alphonse Mucha. Volgens die International Association of R.S. Die Prussia Collectors -webwerf blyk dat die meeste historiese inligting oor hierdie tipe porselein wat voor 1994 gepubliseer is, grotendeels onakkuraat is. Dit bevat groot stukke teks in 'n paar bekende boektitels. Daar word lank gedink dat Reinhold en Erdmann Schlegelmilch broers is wat saam 'n fabriek bedryf, maar hulle het eintlik twee verskillende fabrieke in Suhl, Duitsland, in direkte kompetisie met mekaar bedryf. Byvoegsels van die kelk Dit is die korporaal, die suiweraar, die bleek, die brandwond en die kelksluier. Die korporaal sal afsonderlik oorweeg word. Die suiweraar (purificatorium of meer in die ou tyd emunctorium) bestaan ​​nou uit 'n reghoekige stuk linne wat gewoonlik twee keer in die lengte gevou en bo -op die kelk gelê is. Dit word gebruik vir die afvee en droog van die kelk, of die paten, of die lippe van die priester, bv. na die ablusies. Anders as die korporaal en die vriend, verg dit geen spesiale seën nie. In die Middeleeue was dit nie gebruiklik nie, soos dit deesdae is, dat elke priester 'n eie reiniger het, wat gereeld hernu word, maar dit blyk dat 'n doek van hierdie soort by die altaar gehou is wat deur almal gebruik is. Die paal is 'n klein vierkant van gestyfde linne versier met 'n kruis, wat op die opening van die kelk gelê word om die inhoud daarvan teen vlieë of stof te beskerm. Die woord pallium, of palla, is oorspronklik gebruik van allerhande bedekkings, veral van wat ons nou die altardoeke noem, en ook van die korporaal. Selfs in Sint Gregorius van Tours (Hist. Franc., VII, xxii) lees ons van die heilige gawes wat bedek is deur 'n pallium, wat waarskynlik 'n soort korporaal was. Maar omtrent die tyd van St. Anselm (ongeveer 1100) lyk dit asof die gewoonte op sommige plekke gegroei het om twee korporaals by die altaar te gebruik. Een is uitgesprei, en daarop is die kelk en die gasheer gelê. Die ander, in 'n kleiner kompas gevou, dien slegs om die kelk te bedek (sce Giorgi, Liturgia Rom. Pont., II, 220, III, 79-81). Hierdie gevoude korporaal word nou voorgestel deur die klein skyfie linne wat ons die paal noem. Op 'n tyd was dit verbode om die paal met sy of ryk borduurwerk te bedek, maar die boonste oppervlak is van sy en geborduur, maar die onderkant, wat in aanraking kom met die kelk, moet steeds linne wees. Die oorspronklike identiteit van die pall en die korporaal word verder geïllustreer deur die feit dat beide spesiaal voor gebruik spesiaal geseën moet word. Die kelksluier en die brandwond is relatief onlangs bekendgestel. Selfs Burchard, die samesteller van die "Ordo Missae" (1502), wat nou verteenwoordig word deur die rubricae generales van die Romeinse missaal, veronderstel dat die kelk en paten deur die priester na die altaar gebring is in 'n sakkulum of lintheum, wat blykbaar die voorouer van die huidige sluier was. Die burse, wat bloot 'n dekking is wat gebruik word om te keer dat die korporaal vuil word, en wat om hierdie rede in Oud-Engels as 'n 'corporas-case' bekend gestaan ​​het, is ietwat ouer. Verskeie Middeleeuse beursies word steeds in die versameling by Danzig bewaar. Deesdae is beide bras en sluier gewoonlik gemaak van dieselfde materiaal as dié van die stel kledingstukke waartoe hulle behoort, en dit is ook versier. Doriese depressie glaspatroon Jeannette Glass Company het ook 'n soortgelyke patroon genaamd Doric and Pansy gemaak, wat 'n stel kindergeregte bevat. Word meestal in pienk en groen aangetref, maar ook gemaak in Delphite (ondeursigtig blou). Ultramarien (ligte teal) en geel word soms in hierdie patroon aangetref.
2021/11/30 10:12:39
https://af.nowurthinking.com/7522-roman-two-handled-glass-cup.html
mC4
Beste Chinese fabriek op maat gemaakte metaal-euromuntstukke van hoë gehalte, winkelwagenteken in die supermark, muntstuk-sleutelhanger-drukmuntstuk vervaardiger en fabriek | Hobrin Chinese fabriek pasgemaakte metaal-euromuntstukke van hoë gehalte, winkelwagenteken in 'n supermark, sleutelbord met muntstukke ● Proses: druk in vier kleure. Snywerk/gietwerk/smee ● Materiaal: koper/vlekvrye staal ● Voorkant: CMYK -gedrukte logo, epoxyharsbedekking Agterkant: geëtste ingedruk in kleur. Laser merk. As ons inkopies doen in die supermark, moet ons betaal vir die winkelwa, wat onredelik is. Ons ontwikkel hierdie produk wat u kan help om die inkopiemandjie oop te maak. U hoef net die slot van die inkopiemandjie in te sluit en dit te draai om die winkelwagentjie direk te gebruik sonder om ekstra fooie te betaal. Ons hoop dat elkeen 'n sleutel en die reg het om die wa vrylik te gebruik. Sleutel vir vrystelling van inkopiewaentjie + muntstuk (oral)-het u oral muntstukke of tekens gesoek om 'n winkelkarretjie te kry? Moenie meer bekommerd wees nie! Ons pasgemaakte winkelwagensleutel is u perfekte keuse, wat alle "voorlaaierslotte" kan losmaak sonder om vas te val. Dit kan gebruik word vir 'n paar ou winkelwaentjies met 'laaislot'. Ons sleutelhanger is gemaak van vlekvrye staal. Die oppervlak neem 'n geborste matte drukproses aan, en die agterkant is met laser gegraveer om die sleutel meer modieus te maak. Die grootte is soos 'n gewone sleutel, dit pas baie goed op die sleutelring. Ons muntstukke is gemaak van sinklegering/koper/vlekvrye staal; aan beide kante kan u die eksklusiewe patroon maak wat u benodig Maklik om te gebruik: steek die sleutel in die gleuf in plaas van 'n muntstuk, draai dit dan sywaarts en haal dit uit. As gevolg van sy unieke vorm, is die sleutel makliker om uit te trek en sal dit nie vassteek as gewone modelle met 'ronde' punte nie. 'N Oorspronklike geskenk vir almal: die winkelwagensleutel is baie prakties in die daaglikse lewe, en dit is ook ideaal vir klein geskenke vir familie of vriende. Dit hou langer en u vriende/kollegas sal u altyd onthou wanneer u inkopies doen: -) Ons heg baie waarde aan kliëntetevredenheid en kwaliteit. Ons het meer as 10 jaar ervaring, en as gevolg van idees, skryf dit asseblief aan ons. Ons verander u idees in werklikheid! Vorige: China verskaffer aangepaste metaal herdenking muntstuk vervaardiger persoonlike groot metaal uitdaging munt
2022/05/23 01:50:12
http://af.hobrin.com/chinese-factory-customized-high-quality-metal-euro-coins-supermarket-shopping-cart-token-trolley-printing-coin-keychain-product/
mC4
Nuus - Die aanwending van watergebaseerde verf op graafmasjiene, materiaalhanteringstoerusting en voertuigaftakelaars Sichuan Bonny Heavy Machinery Co., Ltd., danksy 'n hoë kwaliteit bestuurspan en meer as 50 jaar se werkservaring, het reekse hidrouliese graafmachines, reekse hidrouliese materiaalhanteringsmasjiene, reekse hidrouliese voertuigdemonteerders en ander produkte vervaardig.Bonny heg nie net waarde aan die praktiese toepassing van die produkte aan kliënte nie, maar gee ook meer aandag aan die veiligheid en gesondheid wanneer die produkte gebruik word, reageer aktief op die nasionale groen oproep en doen sy sosiale verantwoordelikheid. Omgewingsvriendelike ekonomie versprei oor die hele wêreld, ons is toegewyd om die groen verf hervorming te bespoedig met 'n hoë gevoel van sosiale verantwoordelikheid en oorweeg die langtermyn belange van die onderneming, help om die proses van "olie tot water" te bevorder. in China se skildery, wen uiteindelik die stryd van blou lug. Tradisionele olieverf sal tot beroepsgesondheidsgevaar lei, want dit bevat skadelike karsinogene soos benseen en xileen, stel 'n sterk, irriterende reuk uit.Watergebaseerde verf gebruik water as 'n dunner, nie-giftige en nie-stimulerende reuk, skadeloos vir die menslike liggaam, lae VOC-vlak, besoedel ook nie die omgewing nie. Dit is nie so eenvoudig as wat ons dink om olie na water te verander nie.Daar is 'n groot verskil tussen olie-gebaseerde en water-gebaseerde verf as gevolg van hul verskillende werking metodes.Om hierdie moeilikheid te oorkom, het ons werkers dikwels die operasiemetode met relevante personeel bespreek en die inisiatief geneem om die tegnikus van die watergebaseerde verfvervaardiger te bel en direk met hulle te kommunikeer.Na baie proewe het ons uiteindelik die tegniek van watergebaseerde verf gevind, sodat watergebaseerde verf in 2021 ten volle bevorder is. Die aanwending van watergebaseerde verf op graafmachines, materiaalhanteringstoerusting en voertuigaftakelaars is ongetwyfeld 'n innovasie op die gebied van verf van Bonny Heavy Masjinerie, en 'n kragtige hupstoot vir die kombinasie van tradisionele vervaardiging met groen ekonomie.
2022/05/24 22:59:29
http://af.bonnyhmi.com/news/the-application-of-water-based-paints-on-excavator-material-handling-equipment-and-vehicle-dismantler/
mC4
Dans tot jy uitpass | Herriemerrie Dans tot jy uitpass Ek was nog altyd gefassineer deur flieks waar iemand in 'n hoekie begin sing. Hy of sy begin dan stadig saam te dans en voordat jy jou oë kan uitvee dans die hele skool, stad of skou saam met die persoon. Natuurlik net op die silwerdoek. Tog was sulke massiewe dans tonele algemeen bekend tussen die 14de en 17de eeu. Vandag word dit sommer Dans Manie genoem, maar dit was ook bekend as dans plaag, choreomania, St Johannes se Dans en St Vitus se Dans. Die oorsaak daarvan is tot vandag toe nog onbekend. Die Rottevanger van Hamelin se oorsprong kom waarskynlik van 'n voorval van Dans Manie in 1237. Kinders het al singende en dansende getoer vanaf Erfurt na Arnstadt. In 1278 het daar soveel mense op 'n die brug oor die Meuse Rivier in Duitsland gedans dat die burg in mekaar gestort het. Die eerste voorvalle van die Manie was al in die 7 de eeu gewees, maar 100 eeue later het dit in geheel basies uitgesterf. Die verbindenis met St Vitus gaan oor 'n aantal vroue wat jaar na jaar die St Vitus Kapel in Drefelhausen besoek het. Hulle het dan deur die nag gesing en gedans tot hulle uitgeput inmekaar gesak het. Die Dans Manie het gewoonlik in moeilike tye voorgekom. Dit was immers die tyd wat Europa geteister was deur vloede, plaag en hongersnood. 10 duisende mense sou sonder enige rede aan die dans raak en aangaan totdat hulle in mekaar gesak het. Tot kon tot maande lank kon duur. Niemand weet vandag of die mense die danse vooraf georganiseer, spontaan of gedwonge was nie. Tog was die deelnemers nie heeltemaal by hulle positiewe gewees nie. Ergotvergiftiging is dikwels aangevoer as 'n rede vir die dans. Hoewel hallusinasies met Ergot voorkom, kan dit nie die ander simptome verduidelik nie. Ander simptome stem oor nie ooreen met breinontsteking, tifus of epilepsie nie. Dit is opmerklik dat die dans gewoonlik begin is deur besoekers en dit is heeltemaal moontlik dat mense vir die snaaksigheid saamgedans het. Musikante het dikwels die dansers vergesel om die manie te keer, maar hulle kon net sowel mense aangespoor het om saam te tans. En so het die mense bly dans, tot hulle in mekaar gesak het of dood neergeslaan het. In 'n mate stem dit nogal ooreen met rave. Dit kon dalk net 'n voorloper van massa histerie wees. Om een of ander rede laat dit my aan toi-toi dink. Maar gelukkig het die dans toe wel in die middel van die 17de eeu gestop. Breinvasbrand: Wie is die "Lord of the Dance"? Breinlosbrand: Olga was reg met Jack Worthing. « Wreede Ontnugtering Lunch Week 25 / 11 » Datum : Junie 28, 2011 Olga (09:32:22) : Olga (09:36:40) : michael flatley is die danser wie daarmee geassosieer word. Die liedjie wil insinueer dat die lord Jesus is, dink ek.
2018/04/19 19:02:46
https://herriemerrie.wordpress.com/2011/06/28/dans-tot-jy-uitpass/
mC4
Seer gewrig | Health24 Posted by: Landa | 2007/02/21 Seer gewrig Ek het nou die aand gedurende n karate oefening iemand met my linkerhand (my swakhand) in die maag geslaan. Dit was so seer op impak. Van toe af sukkel ek met my gewrig. Dit is vreeslik seer as ek gewig op dit sit en ook as ek dit agtertoe buig. Soos vandag het ek net gesit en my hele hand het begin pyn. Partykeer as ek my hand beweeg, voel dit of my gewrig kliek en dan is dit steekpyne wat deur my gewrig en hand gaan. Dit is nie geswel of rooi nie. Ek is heeltyd bewus van die pyn en dis te seer om dit baie te gebruik. Wat stel U voor moet ek doen voor ek na n Dr toe gaan? Ek dink jy moet 'n x/straal van die hand kry - jy mag dalk 'n stukkie been afge"chip" het in die gewrig. As die x/straal normaal is, het jy dalk net die ligamente beseer en kan jy iets soos Transact anti-inflammatoriese pleister oor plak en dit vasdraai vir ondersteuning tot dit beter is.
2019/06/16 22:46:08
https://www.health24.com/Experts/Question/seer-gewrig-20070221
mC4
"n RESENSIE deur Piet Schoombie - CHRISTINE deur Kiekies deur Piet Schoombie | Bydraes | Woes - Kreatiewe platform vir Afrikaans Titel: "n RESENSIE deur Piet Schoombie - CHRISTINE deur Kiekies Datum gepubliseer: 22 Sep 2011 Die werklikheid is inderdaad vreemder as fiksie. Hierdie skryfstuk is 'n kliniese ontleding van 'n vrou se persoonlikheid, haar karakter en haar daaglikse doen en late op alle vlakke van die samelewing. Hier het ons 'n tragedie van onbeperkte omvang! Dit is 'n disseksie wat tot op die been sny, wat die besondere vrou se totale menswees ontbloot en oopvlek. Dit draai nie doekies om nie, dit noem elke situasie, gebeurtenis, leefwyse en optrede by die naam. Alles, letterlik alles, word hier op die tafel van nabetragting uitgepak en blootgestel aan die fel en kritiese beskouing van haar eie dogter! Die verhaal wat hier ontvou is hartroerend en ontstigtend! Dit is 'n verhaal van 'n vrou wat nooit lief gehad het nie, 'n vrou wat nooit vir iemand jammer gekry het nie, wat nie in staat was om deernis en begrip teenoor die mense om haar te betoon nie. Dit is die beskrywing van 'n vrou wat nie vrede geken het nie, maar in oorlog met die hele wêreld gewikkel was, 'n vrou vir wie almal bang was, wat vrees ingeboesem het waar sy ook al op haar lewenspad gestap het. Sy het haar huismense, haar man inkluis, met 'n yster hand regeer en skynbaar nooit ooit enige genade betoon nie! 'n Harde ongenaakbare persoon wat haar hele bestaan met konflik en kontroversie ingeklee het. Kiekies skryf hierdie skokkende en hartseerstorie oor haar ma op 'n kalm en besadigde trant sonder om melodramaties te raak of in die versoeking te kom om links en regs te verwyt of in selfbejammering te verval. Sy gebruik vindingryke en kleurvolle taal om haar somber verhaal mee toe te lig en te illustreer. Ek dink hier aan sinsnedes soos: "Sy het 'n humeur gehad soos 'n dier met hondsdolheid." "…dit terwyl twee pruike op aandag gestaan het." "…haar tong kon 'n slag slaan soos 'n sweep met sewe punte." "…het 'n malle gekheid van haar besit geneem." Selfs tot op die einde was hierdie vrou se jammerlike verkwiste lewe steeds in tragedie gedompel weens die feit dat dit met siekte en 'n lang lyding gepaard gegaan het. Juis daaruit is Kiekies se eie genesing van haar emosionele wonde, en ook vergifnis vir haar ma, gebore. Juis daarom kan sy nou terugkyk sonder haat of verwyt. Ek staan in verwondering dat sy hierdie verskriklike fase van haar lewe met soveel kalmte en op 'n suiwer feitelike trant kon beskryf. Dit is 'n wonderwerk dat sy die gelowige en aangename mens is, wat ons vandag ken. Daarin is sekerlik vir ons almal 'n les te vind, naamlik as jy vergewe wil word, moet jy self ook kan vergewe! 'n Aspek wat nie in Kiekies se verhaal na vore kom nie, is of daar dalk voorsate met soortgelyke karaktertrekke was of kon gewees het? Was haar ma se optredes en gesindhede dalk die gevolg van gene uit die voorgeslagte? Dit moet tog êrens vandaan kom. Is dit moontlik dat enige mens só hard en ongenaakbaar kan wees sonder enige spesifieke rede? Lees ander resensies deur Piet Schoombie Ek is hoogs geeerd en ontsaglik uit-die-hart-dankbaar vir hierdie resensie! Veral is ek bly dat dit gelees en verstaan was, soos ek bedoel het om dit oor te dra. Sonder wraak en haat. Ek besef nou dat ek 'n deel gesnoei het, voor plasing, wat die antwoord op die laaste vrae sou verskaf. Die deel wat 'n saggesproke liefdevolle ouma, beskryf het, wat self onder ma se karakter moes deurloop.
2018/12/15 04:03:08
http://www.woes.co.za/bydrae/resensiestuk/n-resensie-deur-piet-schoombie-christine-deur-kiekies
mC4
Skoolsluiting 'sal tragies wees' | Netwerk24 Skoolsluiting 'sal tragies wees' Deur Madli Grobbelaar 21 Julie 2020 06:00 Gemengde gevoelens heers oor besluitneming rondom die voort­setting van die skooljaar. Vrydag (17/07) is die ouers van gr. 10-leerlinge aan die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool) en die Hoërskool Kroonstad (Blouskool) ingelig dat die leerlinge nie Maandag hul skooljaar sou hervat nie. Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, spartel al die afgelope twee weke met vakbonde en belanghebbendes oor 'n deurslag­gewende besluit rakende die 2020-skooljaar. Sommige is van mening dat dit leerlinge se reg op onderrig sou skend as skole weer gesluit word, terwyl ander meen dat leerlinge, asook onderwysers en ander personeel, se veiligheid eerste gestel moet word. Hoewel navorsing getoon het dat kinders jonger as 12 jaar bykans geen rol speel in die oordrag van die virus nie, bly dit vir ouers 'n vrees­aanjaende besluit. "Die grootste ekonomiese skade is reeds aangerig. Dit is nou tyd dat alle skole, en veral kleuter- en laerskole, operasioneel moet wees, sodat ouers na hul werk kan terugkeer en kinders weer al die fisieke, emosionele en ander voordele van skoolgaan kan ervaar," sê Leonard Welthagen, hoof van die Sentrale Volkskool in Kroonstad. "Inperkingsmaatreëls het kinders in moeilike maatskaplike omstandighede gedompel, met toegang tot voedingskemas en maatskaplike dienste wat vir miljoene kinders skielik verlore was." "Ons moet begin rustig raak en besef dat die voordele wat kinders by skole kry, groter is as die byna weglaatbare risiko wat die korona­virus vir kleiner kinders inhou. "Dit sal 'n tragiese dag wees as skole nou weer gesluit moet word." Welthagen lê egter klem daarop dat dit uiters noodsaaklik is vir skole om nou baie versigtig en verantwoordelik op te tree om sodoende die verspreiding van die virus te bekamp. Teen druktyd was daar steeds geen deurslaggewende besluit geneem of uitspraak gelewer deur die regering of die departement van basiese onderwys oor die res van die skooljaar se verloop nie.
2020/08/15 11:05:04
https://www.netwerk24.com/ZA/Kroonnuus/Nuus/skoolsluiting-sal-tragies-wees-20200720-2
mC4
Vryheidsfront Plus | VF Plus verower DA-wyk – bewys volgehoue groei in steun Tuis | Media Releases | VF Plus verower DA-wyk – bewys volgehoue groei in steun VF Plus verower DA-wyk – bewys volgehoue groei in steun Die uitslag van die tussenverkiesing in Wyk 30 van die Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Stilfontein), dien as bewys dat die VF Plus volgehoue groei in steun geniet. Die VF Plus het hierdie wyk van die DA gewen. Die party het 56% van die stemme op hom verenig en het meer stemme gekry as al vier die ander partye wat deelgeneem het saam. Dit bevestig die tendens van die afgelope nasionale verkiesing waar kiesers die VF Plus as alternatief tot die DA kies. Die inwoners van wyk 30 het ten gunste van beter dienslewering en die VF Plus se belofte van hoop en daadwerklike opposisie teen die ANC gestem. Hierdie uitslag toon dat die VF Plus die groeiende alternatief is en bewys die toename in vertroue van kiesers. Die VF Plus luister na sy kiesers en tree daadwerklik in hul belang op. Mnr. Fanie Kloppers is as die wyksraadslid verkies. Hy is passievol oor die gemeenskap en sal die belange van inwoners eerste stel. Die party se steun het tydens die pas afgelope nasionale verkiesing meer as verdubbel en hierdie tussenverkiesingsuitslag wys dat die party volgehou groei en 'n beduidende rolspeler in die 2021-munisipale verkiesing sal wees. Die VF Plus se steun het met 34 persentasiepunte tydens dié tussenverkiesing gegroei, terwyl die DA se steun met 35% gedaal het. Die VF Plus se aantal stemme het met 43% gegroei. Die DA het 72% van sy stemme sedert die 2016-munisipale verkiesing verloor. Die oorwinning van hierdie wyk stel die VF Plus in staat om sterker opposisie teen die wanbestuur van die ANC in Matlosana te bied. Die VF Plus bedank elke kieser wat sy vertroue in die party gestel het en gister vir die groeiende alternatief wat ware verandering bring, gestem het. Die toename in steun versterk die party se mandaat om sy beleid te bevorder en werklike verandering teweeg te bring.
2019/10/21 23:48:40
https://www.vfplus.org.za/media-releases/vf-plus-verower-da-wyk--bewys-volgehoue-groei-in-steun
mC4
My kind háát skool! | rooi rose My kind háát skool! | rooi rose My kind háát skool! Aan skoolsiek het elke kind al gely. Maar as jou kind skool werklik haat, moet julle probeer om die nagmerrie so gou moontlik in 'n positiewe ervaring om te swaai. Anys Rossouw gee raad Sukkel jy jou soggens kapoet om jou kind uit die bed te kry? Is die atmosfeer 'n kruitvat wat die geringste vonkie nodig het om te ontplof? Baklei sy soggens vandat sy haar oë oopmaak oor die kleinste dingetjie? Omdat sy moet opstaan terwyl sy nog só moeg is; oor die melk te koud of te warm is; oor haar skoene nie op hul plek is nie; oor haar skoolkos; oor haar boetie of die hond vir haar kyk; oor hoe sleg haar hare lyk? Of is sy elke oggend siek? Jou kind wil nie skool toe gaan nie. Die meeste kinders voel die een of ander tyd nie lus om skool toe te gaan nie. Dis normaal, veral as hulle 'n aanpassing moet maak waarvoor hulle bang is – soos om na 'n nuwe skool te gaan. Gewoonlik duur die gevoelens nie te lank nie. Maar wat as dit aanhou en erger word? Kinders doen goed as hulle kan. Kinders wil meestal hul ouers en onderwysers tevrede stel. Kinders wat nie skool toe wil gaan nie, of skool verpes, het gewoonlik 'n probleem. Veral kleintjies. Die meeste van dié kinders het nie die vaardighede om te voldoen aan die eise wat aan hulle gestel word nie – en dis nie hul keuse nie. Hulle reageer op baie maniere hierop: Hulle is ongemotiveerd en doen net die nodigste of selfs minder, of word siek, of bied weerstand. Dan kry hulle gou-gou die etiket dat hulle lui, ongemotiveerd, moedswillig en stout is, wat hulle weer in konflik met hul onderwysers en ouers bring. Op die Internet is daar talle blogs en groot groepe kinders wat dikwels in sterk gekruide taal vertel hoe en hoekom hulle skool so haat. En ironies gebruik hulle skuilname soos Useless man en Darkangel. Daar is "ek haat skool"-lirieke, -T-hemde, -aanhalings, -voorstellings. Maar die meeste kinders loop met die gevoelens opgekrop en dan bars hul frustrasie tuis op allerlei maniere uit. Pieter*, 'n tiener, vertel: "Skool suck! Ek haat die verdomde plek! En alles daarvan. Die dom werk, die klasse, die rye, die simpel onderwysers en die kinders. Dis dieselfde goed oor en oor. Ek raak naar as ek nog iets oor vigs moet leer. Die onderwysers dink hulle het mag en kan jou beheer -wat jy moet doen, mag sê en dink, wat jy mag aantrek, hoe jy moet lyk. Die wiskundeonnie is die ergste met haar geskree en gedreig oor detensiebriewe, sy kan dit in haar dinges opdruk. En die kinders: Daar is mos altyd 'pliggies' wat dink hulle is só oulik. Hulle kruip net en dink hulle is beter as ander. As die toetsuitslae en rapport kom, dán kry ek nou moeilikheid by my pa en hoor ek hoe treurig ek is. As ek net dink ek moet môre skool toe gaan, of huiswerk doen, is ek sommer naar en omgekrap." Annemie*, sewe jaar oud: "Skool is nie lekker nie. My juffrou is oukei, maar ek is bang vir haar. As ek nie stilsit nie, moet ek voor langs haar gaan sit, of langs so 'n seuntjie wat my heeltyd pla, lelike goed vir my sê en my goed vat. Ek kan nie dink as die kinders praat nie. Ek kry nie my werk klaar nie, en dan spot die ander my omdat ek laaste klaar is. Pouses moet ek inbly om my werk klaar te maak. Maar die maatjies wil in elk geval nie met my speel nie. Ek wens daar was nie 'n skool nie en ek hoef nooit weer te gaan nie." Nie alle kinders is in staat om te erken hulle het 'n probleem, of om dit soos Pieter en Annemie te verwoord nie. Baie sê net dat dit nie lekker is nie en probeer dit vermy. Dan kla hulle dat hulle te siek voel Vrees speel 'n rol, veral by kleintjies. Hulle is bang vir raas, strafbriewe, detensie, of hulle is angstig en onseker of hulle die werk kan doen, toetse sal slaag, voor ander hul mondeling sal kan doen en maatjies met hulle sal speel, óf hulle ervaar skeidingsangs. Hulle het nie toereikende emosionele en sosiale vaardighede nie en pas sosiaal nie aan nie, of voel hulle pas nie in nie. Hulle voel alleen en uitgestoot. Partykeer word kinders geboelie of gespot. Hulle sukkel met die eise wat skool aan hulle stel. Vir baie is die skoolstelsel te rigied en maak nie werklik voorsiening vir hul individuele behoeftes nie. Baie kinders kan net nie die pas volhou nie. Of die pas is te stadig. Kinders se tempo en die hoeveelheid tyd wat hulle vir take nodig het, verskil. Vir party is dit te veel leerstof, te vinnig. En die dae is vir hulle te lank. Hulle is verveeld. Die leerstof is te maklik, dis te min, te stadig. Óf die onderwysmetode of wyse van aanbieding is vir hulle vervelig. As leerstof vir kinders interessant en die proses vir hulle pret is, geniet hulle dit en leer hulle sommer sonder dat hulle dit besef. Kinders wat hiperaktief, aandagafleibaar of taktiele leerders is en sukkel om stil te sit en luister, vind die meeste skoolsituasies baie moeilik. Party kinders het nie die vaardighede om die werk baas te raak nie. Hulle voel dit maak nie saak wat hulle doen nie, hulle kan nie doen wat van hulle verwag word nie. Dit kan fyn motoriese, perseptuele, visuele, ouditiewe, lees, spel of wiskundige vaardighede wees waarmee hulle sukkel. Hulle kom nie met 'n onderwyser of onderwysers oor die weg nie. Party kinders het tuis probleme, soos ouers se huweliksprobleme, gesinskonflik, of 'n siek gesinslid en dan kan hulle nie konsentreer nie, want hulle bekommer hulle oor wat tuis gebeur. Kinders wat faal om te leer, leer om te faal. Wat om te doen? Erken daar is 'n probleem en doen dadelik iets daaraan. Gewoonlik verdwyn sulke probleme nie vanself in die mis nie. Meestal vererger dit mettertyd. Hoe ouer die kind is, hoe moeiliker is dit om agterstande in te haal. 'n Mens betaal nou of later (dan met rente) hiervoor. As 'n kind in graad een sukkel om te lees, gaan hy net meer agter raak en later sukkel om te leer. Toon begrip vir jou kind en moenie hom blameer nie. Laat haar afblaas, vertel wat pla. 'n Ontstelde kind het sy ouer se vriendelike en begrypende oor die nodigste, nie sy raad of ongeduld nie. Neem saam met jou kind verantwoordelikheid om die bul by die horings te pak en oplossings te soek en te kry, en om vaardighede te ontwikkel om die eise en probleme te hanteer. Moenie hom, die onderwyser of die skool blameer nie. Probeer vasstel wat die wortel van die skoolhaat is. Luister. Help haar met haar gevoelens, deur die gevoelens te verstaan en begrip daarvoor te toon. Die kind moet inkoop in die oplossings, en daarom is die oplossings wat die kind uitdink of kies dikwels dit wat die beste werk. Berei jou kind op verandering voor: Nuwe skool, nuwe onderwyser, nuwe baba in die gesin, nuwe gesin met 'n hertroue … Wees proaktief: Taalverryking en lees in die voorskoolse jare maar ook later, kan baie help. Probeer moontlike probleme identifiseer voor dit die kind pootjie: Neem haar vir skoolgereedheidsevaluering om vroeg al vas te stel of al die tersaaklike vaardighede genoegsaam ontwikkel is. Slim kinders sukkel ook. Sorg dat jou kind ook ander lekker ervarings kry, gebruik humor, en lag dat die endorfiene kan vloei en sy beter kan voel Maak seker van jou kind se skoolkeuse. Kinders verskil en dis belangrik dat die kind se skool en klas dit vir haar moontlik maak om te leer, te presteer en in te pas. Bou haar selfbeeld: Gee erkenning en nog erkenning – nie net vir resultate nie, maar vir pogings en harde werk. l Help jou kind om te besef daar is nie iets fout met hom nie. Dis iets wat met baie kinders gebeur en normaal is. Maar dis 'n probleem waarvoor daar oplossings is. Jou kind moet die waarde van opvoeding besef. Moedig jou kind aan om aan buitemuurse aktiwiteite deel te neem waarin hy belang stel sodat 'n deel van skool lekker en onbedreigend kan wees, en om sosiaal in te skakel en sy selfbeeld te bou. Leer jou kind probleemoplossingsvaardighede en denkstrategieë: Wat is hier die probleem? Wat kan ek doen? Wat sal help om dit beter te maak? Die kind moet die probleem as die probleem sien, en nie haarself nie. Werk sáám met die onderwyser, maak saam planne. Praat met die hoof of departementshoof oor opvoedkundige leiding as jy en die onderwyser nie vorder nie. Skole het meestal prosedures wat kinders kan help. Praat met ander ouers en hoor wat hul ervaring is van die klas, onderwyser en situasie. Moenie bang wees om jou kind van klas of skool te laat skuif as dit werklik nodig is nie. Maak net seker dat die probleem nie hoofsaaklik by jou kind se vaardighede lê nie, want dan gaan dieselfde probleem hom in die nuwe situasie herhaal, wat dan geen oplossing bied nie. Moenie jou kind sonder planne, hoop of oplossings blootstel aan 'n situasie waarvoor sy glad nie die vaardighede het, of glad nie kan hanteer nie. Dit breek kinders se moed en geloof in hulself. Sorg dat jou kind ook ander lekker ervarings kry, gebruik humor, en lag dat die endorfiene kan vloei en sy beter kan voel. Kry professionele of remediërende hulp: Laat 'n opvoedkundige sielkundige julle help om die wortel van die probleem te bepaal. En kry hulp van 'n private onderwyser, arbeidsterapeut of wie ook al nodig kan wees. 'n Kind se eerste skooljaar en skoolervaring is dikwels van deurslaggewende belang in sy vorming van 'n eie leeridentiteit en akademiese selfbeeld. En dit is 'n vroeë voorspeller van 'n kind se skoolgeluk en prestasie. As 'n kind se eerste ervaring negatief is, kan dit maklik sy selfvertroue en selfbeeld skaad en later tot destruktiewe gedrag- en leerpatrone lei. Dis nooit te laat om gelukkige kinderdae te hê nie! Twaalf jaar kan báie lank wees – as dit 'n nagmerrie is! Maar soveel moeilike situasies kan met die regte plan, stappe, geduld en wysheid in 'n positiewe ervaring omgedraai word – in skooldae waarna jy met heimwee terugverlang. Dis vir die meeste mense 'n baie groter prestasie en aha-ervaring om 'n probleemsituasie om te draai in 'n suksesstorie, as om iets uit die staanspoor te bemeester. Dit bemagtig hulle met selfvertroue, selfgeloof en deursettingsvermoë, nie net vir die eise wat die lewe nou aan hulle stel nie, maar ook vir hul toekoms. *Skuilname is gebruik en verhale is met betrokkenes se goedkeuring vertel. Anys Rossouw is 'n sielkundige in Menlopark Pretoria (082 801 1830).
2021/10/24 13:27:24
https://www.rooirose.co.za/my-kind-haat-skool/
mC4
Systap kieme by openbare toilette JY LEES NOU Systap kieme by openbare toilette As die nood druk, moet jy dit verlig – en soms beteken dit jy moet 'n openbare toilet gebruik. Die blote gedagte daaraan is genoeg om enigeen ineen te laat krimp, en die meeste mense volg eenvoudige maatreëls om so kiemvry moontlik te bly wanneer hulle 'n gedeelde toilet gebruik. Maar nou het kundiges die proses nog makliker gemaak deur hul topwenke vir die gebruik van openbare toilette te deel. Ondersoekers van die Amerikaanse TV-reeks The Doctors het die oppervlakke in openbare toilette afgevee en dit laboratorium toe gestuur. Een van die verrassendste bevindings was dat toiletrolhouers meer kieme as toiletsitplekke bevat – trouens, bevat die houers tot 150 persent meer bakterieë! Dit kan dalk toegeskryf word aan die feit dat mense toiletpapier op die sitplekke pak voor hulle die toilet gebruik. Nog 'n rede vir die verbysterende hoeveelheid bakterieë op toiletrolhouers is moontlik dat diegene met ontlasting of urine aan hul hande na die papier reik om hulle mee af te vee, en dus bakterieë oordra wanneer hulle dit doen. Die belangrikste is dus om aanraking met die houers te vermy. Die soort bakterieë wat op houers en oppervlakke gevind is, kan lei tot probleme soos urienweginfeksies, longontsteking en selfs baarmoeder-infeksie. Die kenners sê mense hoef hulle nie bekommer nie, solank hulle ná 'n besoek aan 'n openbare toilet hul hande met antibakteriese seep en warm water was. Nog 'n eenvoudige truuk is om die hokkie naaste aan die deur te gebruik. Dit word waarskynlik vermy; mense glo dikwels dit is die vuilste hokkie omdat dit die meeste gebruik word, maar daar is bevind dat dié hokkie gewoonlik die skoonste is. As jy ekstra versigtig wil wees, kan jy 'n papierhanddoek gebruik om vooraf en agterna die krane mee oop te draai. Jy kan ook 'n handdoek of jou elmboog gebruik wanneer jy die deur oopmaak om bakterieë op pad uit te vermy.
2018/01/19 15:41:36
https://www.netwerk24.com/huisgenoot/Jou-lewe/Gesondheid/systap-kieme-by-openbare-toilette-20170528
mC4
Service Robots Utility in die stryd teen COVID -19 - SIFSOF Vein Finder Assisted Eyelid Surgery (Blefaroplastie) Service Robots Utility in die stryd teen COVID-19 Die COVID-19-siekte het meer as 87,000 91 mense wêreldwyd besmet, met China wat 3,000% van die gevalle uitmaak. Volgens die jongste statistieke van die Wêreldgesondheidsorganisasie is die dodetal wêreldwyd meer as 19. Die verspreiding van COVID-XNUMX is egter nie net 'n gesondheidsorg nie, maar ook 'n ekonomiese probleem. Volgens 'n opname deur die Amerikaanse sakekamer in Sjanghai, het byna die helfte van die 109 ondernemings in die stad en metro gesê dat gebrek aan personeel die grootste uitdaging gedurende die volgende paar weke is, terwyl twee derdes opgemerk het dat hulle nie voldoende personeel bedryf 'n volledige produksielyn. Die COVID-19 vorm 'n werklike bedreiging vir werknemers in die diensbedryf wie se arbeid verband hou met kliënteinteraksie, vermaak, verkope of ander diensgerigte werk. As dienswerkers in die besmette lande in kwarantyne aangehou word, sal lughawens, treinstasies, restaurante en baie ander openbare fasiliteite heeltemal gesluit word, wat die dienstesektor en die ekonomie in die algemeen groot skade berokken. Te midde van hierdie verswakte situasie veroorsaak Artificially Intelligent Robots 'n uitstekende oplossing. 'N Diensrobot kan outonoom werk om 'n menslike diensgehalte te lewer. Dit kan bevolkte gebiede, soos restaurante, binneval en kelners en kelnerinne perfek vervang, sonder enige vrees dat dit deur die virus geraak word of deur dit aan ander oorgedra word. Byvoorbeeld, die Humanoid Smart Catering Services Robot SIFROBOT-5.2 kan ontvangspligte, kos- en drankaflewering in hospitale, winkelsentrums of lughawens uitvoer. Op hierdie manier, SIFSOF afleweringsrobot kan bydra tot die minimalisering van kontak tussen mens en voortaan die risiko van besoedeling verminder. Daarbenewens skep dit 'n interaktiewe inkopie-ervaring en bied raadgewende en insiggewende verduidelikings. SIFROBOT-5.2 se onderhoud is redelik maklik en ekonomies. Dit is ook stabiel in werkverrigting, duursaam in die leeftyd en baie nuttig om die restaurant se handelsmerk te verbeter en maak dit baie bruikbaar tydens en na-mediese krisis. Corona Live-opdaterings Disclaimer: Die inligting wat in hierdie artikel verskaf word, is slegs ter verduideliking. SIFSOF is nie verantwoordelik vir die misbruik of vir die verkeerde of lukrake gebruik van die robots nie.
2022/07/04 22:08:32
https://af.sifsof.com/clinical-apps/service-robots-utility-in-the-fight-against-covid-19/
mC4
Man gevonnis wat klip van brug af op snelweg gooi | Maroela Media Man gevonnis wat klip van brug af op snelweg gooi 'n Man wat 'n klip van 'n brug oor die N1-snelweg in Pretoria op 'n voertuig gegooi en 'n ongeluk veroorsaak het, is in die Pretoria-streekshof skuldig bevind op 'n aanklag van poging tot moord, het Beeld Vrydag berig. Alpheus Qwabe is. Donderdag tot 10 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan vier jaar opgeskort is. Qwabe het die aand van 9 Mei 2010 'n groot klip na Paulo Franzao se motor gegooi terwyl hy op die N1 onder die Kerkstraat-brug naby die Botaniese Tuin gery het. Franzao het die ongeluk oorleef, maar sy motor het soveel skade opgedoen dat hy nie verder kon ry nie. Qwabe is daarna deur buurtwaglede vasgetrek. 'n Ander motoris is twee weke vantevore dood nadat 'n klip van dieselfde brug af sy motor getref het. "Die beskuldigde het dit vir sy eie sadistiese plesier gedoen; om mense seer te maak," het staatsaanklaer Ashwin Ramnarain gesê, Hy voer aan indien die klip 'n fraksie van 'n sekonde later geval het, het dit dalk nie onder Franzao se motor beland nie en was dié slagoffer dalk ook dood. Landdros Solomon Mkhabela het bevind dat Qwabe met voorbedagte rade opgetree het en moes kon voorsien het dat hy iemand se dood kan veroorsaak. "Tog het dit hom nie gepla nie," het Mkhabela gesê. snelweg vonnis Foto's: Miskruiers sorg vir IG Nobelprys vir Wits-prof sit hom onder die brug sodat ander mense n klip op sy kop kan gooi dan is hy n klipkop Van · 6 jare gelede Jip en al al wat hy dan te hoef se as daar iemand dood was is: Sorry ek sal nie weer nie, en hy is amper vry! kry 10 jaar, 4 jaar klaar weer opgeskort, dan kry hy weer afslag vir goeie gedrag, dan vra hy weer parool ens…….vir hoeveel jaar gaan hy REGTIG sit
2019/08/25 06:06:55
https://maroelamedia.co.za/nuus/man-gevonnis-wat-klip-van-brug-af-op-snelweg-gooi/
mC4
Hoekom is jou troeteldierhond nie eet nie Troeteldierhase hou gewoonlik daarvan om te kou op alles wat hulle kan kry. Maar wat gebeur as jou honger konijntjie skielik 'n verlies aan eetlus het? Redes vir 'n verlies aan eetlus Anorexia, volgens die Merriam-Webster woordeboek, is 'n "verlies van eetlus veral wanneer verleng." Hase kry anorexia as gevolg van verskeie redes, maar sommige van die redes is meer algemeen as ander. Die mees algemene rede vir 'n verlies aan eetlus, of anorexia, in 'n haas, is as gevolg van 'n gastro-intestinale probleem genaamd ileus . Ileus kom voor wanneer die normale peristalse, of die beweging van die maag en derms om voedsel deur die spysverteringskanaal te stoot, afneem of stop. Ileus is uiters gevaarlik vir konyne en kan die dood veroorsaak as dit onbehandel word. Maar ileus is ook gewoonlik te wyte aan 'n ander onderliggende probleem. Redes vir ileus in 'n haas is gewoonlik as gevolg van pyn of ongemak en sluit in: Absesse in of om die liggaam E. Cuniculi en ander neurologiese siektes Bumblefoot and hock sores Eksterne parasiete soos luise en vlooie Omgewingsveranderinge en stres Orgaanfaling of siekte Vergiftiging en gifstowwe Simptome van 'n verlies aan eetlus by konyne Dit kan vir jou voor die hand liggend wees dat jou haas 'n verlies aan eetlus het, maar soms is dit moeiliker om te vertel. As jy nie seker is of jou konyn eet nie, kan jy na hierdie tekens en simptome van anorexia kyk: Afname of afwesigheid van fekale materie Afname in die grootte van fekale materie Verandering in tekstuur van fekale materie (taai, waterig, harder, ens.) Weiering om 'n gunsteling behandel te eet Afname in gewig (kry 'n baba skaal om jou konyn se gewig te monitor) Toename in oorblywende kos Afname in aktiwiteit Tandmaling (bruxisme) Die behandeling van 'n verlies aan eetlus by konyne Afhangende van die onderliggende oorsaak van die anoreksie, moet u dalk 'n veearts raadpleeg om u konyn weer te eet. As jy nie seker is van die rede vir die verlies aan eetlus nie, kyk eers oor jou konyn vir enige ooglopende redes van ileus (sien hierbo) of simptome. Soms kan jy vind hoekom jou konyn nie eet nie, net deur die lys van redes te hardloop waarom hulle gestop het. Oorgroeide snytande (voorste tande) is maklik om te sien deur jou konyne se lippe op te lig, sommige tumore en absesse is maklik te identifiseer deur jou konyn te streel en 'n knop te voel, neus- of oogdreinering is maklik om te sien as daar dreinering is wat nie gewoonlik daar (of jou konyn spandeer baie tyd om hul gesig met hul voorpote te vee en dan vuil voorbene uit die neusdreinering te hê) en deur 'n spieël na jou konyn se neus te hou, kan jy seker maak of albei neusgate duidelik is en kondensasie daarop skep. As jy nie seker is waarom jou konyn skielik opgehou het om te eet nie en geen onlangse omgewingsveranderings gemaak is nie, begin eers met groen gemengde groente baba kos en 'n spuit. Krag voer jou konyn sodat hulle nie sonder kos gaan en hul spysverteringskanaal stimuleer nie. As jou konyn te lank gaan sonder om te eet, sal die ingewande met gas vul, aangesien die normale peristalse afgeneem of gestop het. Hierdie gas is baie pynlik en is die skrikste deel van ileus. Na kragvoeding, moedig jou haas aan om hul maag te oefen en te masseer om hul buikmotiliteit aan te moedig. Verhoog die hoeveelheid water wat jou haas verbruik om ekstra hidrasie te verskaf deur beide 'n skoon waterbak en 'n waterbottel vir jou haas te drink. Spuit water of 'n elektrolietoplossing (soos ongemaakte Pedialyte) na jou haas totdat dit normaalweg ontbreek. As jou haas nog steeds 'n bietjie eet, maak seker dat jy met 'n hoër waterinhoud, soos blaarslaai en seldery, groente aanbied om waterinname sowel as baie hooi te verhoog. Vermy op die oomblik voer konynkorrels. Neem jou Konyn aan die vet vir 'n verlies van eetlus Dit lyk dalk nie as 'n groot probleem as jou hond, kat of ander troeteldier 'n maaltyd slaan nie, maar as 'n haas dit doen, kan dit 'n aanduiding wees van 'n noodsituasie. Konyne wat ophou om vir net net 'n dag te eet, is in 'n lewensgevaarlike situasie en benodig onmiddellike veeartsenykundige aandag. Jou eksotiese veearts kan IV vloeistowwe of 'n ander vorm van hidrasie en medikasie vir pyn, gasproduksie, maagmotiliteit, en ander besorgdhede aanbeveel. Kragvoeding met veeartsenykundige produkte soos Oxbow Critical Care of Emerald Intensive Care Herbivore sal waarskynlik begin met die voeding wat jou konyn benodig terwyl hulle nie normaalweg eet nie. Diagnoseer waarom jou konyn 'n verlies aan eetlus het As jou konyn 'n besoek aan die veearts moet doen vir 'n verlies aan eetlus, kan die dokter probeer om uit te vind waarom jou konyn opgehou het om te eet. Soms is dit nie maklik om te doen nie en vereis laboratoriumtoetse, radiologie, ultrasonografie, en 'n deeglike fisiese ondersoek. Aangesien daar soveel verskillende redes is waarom 'n haas hul aptyt kan verloor, is daar ook verskeie verskillende toetse om die oorsaak (of oorsake) daarvan te diagnoseer. 'N Tandheelkundige ondersoek, bloedtoetse, urinetoetse, fekale toetse, radiologie (x-strale) en ander diagnostiek kan deur jou veearts aanbeveel word om te help met die diagnose van jou konyn se verlies aan eetlus en die daaropvolgende ileus. As toetse beperk of nie prakties is nie (as gevolg van die swak gesondheid van jou konyn of finansiële beperkings), kan simptome aggressief met vloeistowwe en medikasie behandel word, maar die anorexia kan terugkeer, afhangende van wat die oorsaak was. Voorkoming van 'n verlies aan eetlus in jou Konyn Terwyl die meeste siektes wat veroorsaak dat jou haas ophou eet, heeltemal voorkombaar is, is daar baie dinge wat jy kan doen om te help met die volgehoue ​​eetlus van jou haas. Maak seker dat jy jou haas voorsien van onbeperkte grashases (nie alfalfa) en blaargroentes , vars drinkwater in 'n bak, 'n skoon en beskermde plek om te slaap , en 'n stabiele omgewing vry van fluktuerende temperature en stressors.
2022/01/24 01:19:10
https://af.maychola.com/verlies-van-eetlus-by-konyne/
mC4
Hanlie Retief gesels met Gérard Labuschagne | Netwerk24 14 Februarie 2016 00:15 Wanneer reeksmoorde roetine word?.?.?. Brig. Gérard Labuschagne het pas uitgetree as hoof van die polisie se sielkundige ondersoekeenheid. Hy het meer as 200 reeksverkragters en 110 reeksmoordenaars suksesvol vervolg. Die foto is geneem by 012Central in Pretoria se middestad. Foto: Herman Verwey Sy kantoor: agter die geel ­polisielint by moordtonele. Sy kliënte: reeksmoordenaars. Sy werk: om die leidrade in hul koppe te ontrafel. En daarmee is dr. Gérard Labuschagne die beste ter wêreld. Waar top- forensiese sielkundiges wêreldwyd enkele sake in 20 jaar oplos, het dié nonchalante, kaalkop brigadier in 14 jaar 110 reeksmoordenaars ondersoek en "opgehou tel" by 200 reeksverkragters. "Ons sentrale DNS-databasis maak dit maklik om hulle te identifiseer, anders as byvoorbeeld in Amerika." Die stelsel identifiseer tot 1 000 nuwe reeksverkragters elke jaar. Twee uur lank het Gérard op 'n bad se rand gesit terwyl Jose da Silva ("intelligente man, goeie werk, meenthuis in Centurion, ry 'n BMW") op die toilet sit en verduidelik hoekom hy 'n Sandtonse binnenshuise ontwerper met 'n byl doodgekap en vir drie dae in einste bad gelos het . . . (Sy't hom aan sy nare ou skooljuffrou herinner.) Twee dae aaneen het hy met ­Stew­art Wilken (aka Boetie Boer) gesprekke gevoer oor hoekom Boetie graag prostitute, straatkinders en toe ook sommer sy eie dogter en eksmeisie se seun vermoor het. ("Én een se geslagsdele afgesny en geëet het.") Die weerloosste mense is swart, werklose vroue. Hy lok haar met 'n vals werkaanbod, loop met haar oor 'n verlate stuk veld en verwurg haar. Moordspesialiste. Die reeksmoordenaars. Én die man wat 'n kyk in hul koppe probeer kry "om te probeer verstaan". Onder hom het die SAPD se sielkundige ondersoekeenheid nie 'n enkele reeksmoordsaak verloor nie. Daar's min opspraakwekkende moordsake in Suid-Afrika waarby ­Gérard Labuschagne nié betrokke was nie. Inge Lotz. Oscar Pistorius – hy was die eerste sielkundige by dié lemnaeler. Die moord op die Van Breda-gesin van Stellenbosch? 'n Skouerophaal is al wat jy uit hom kry – hy's steeds betrokke by die ondersoek. Veertien jaar lank het hy alles vir die polisie gegee. Hy, die forensiese sielkundige, het 'n polisieman geword, 'n speurder. Hy't taakspanne gelei, saans die kapingseenheid bygestaan, sy lewe in kruisvuur gewaag, persoonlik 'n reeksmoordenaar aangekeer (die Muldersdrift-reeksmoordenaar, platgetrek terwyl hy besig was in 'n porta-toilet). Sy meesters- en doktorsgraad was oor reeksmoordenaars, sy ure en ure in die hof het uitgeloop op 'n LLB. En nou't hy bedank. Al die grillerige bewysstukke, dik dossiere en lykskouingsfoto's (wat hom destyds as nuweling 'n ruk lank van steak afgesit het) is nou in bokse ­gepak. En daar's niemand om sy kantoor te vul nie. Hy laat 'n hinkepink-eenheid agter met net twee forensiese sielkundiges wat saam 'n tiende van sy ervaring het. Dit sal hom verras as hulle einde vanjaar nog daar is. Ondanks verskeie pogings deur Gérard, is sielkundiges se salarisse nie deur die jare aangepas soos dié van ander sielkundiges in die staatsdiens nie. Ná gemiddeld ses maande by dié eenheid bedank hulle vir beter salarisse elders. En dít was 'n eenheid wat so hoog aangeskryf was dat Scotland Yard, die FBI en selfs die Indiese polisie by hulle kom kers opsteek het. Dis egter nie die rede waarom Gérard bedank het nie. Sy bestuurstake as brigadier het hom weggehou van sy passie: moordsake. "Ek het ál minder gedoen waarvan ek hou. Ek moes byvoorbeeld ophou werk aan 'n reeksverkragtingsaak om uit te pluis hoekom mense ses jaar terug vingerafdruktoerusting bestel het. Ek sien nie kans vir nog 17 jaar hiervan nie. Ek sien uit na my nuwe werk wat spesialiseer in bedreigings in die werkplek." Die afgelope dekade het Gérard die polisie se eens trotse speurdiens sien ontbind soos 'n lyk in die son. Dinge gaan skokkend, sê hy op sy reguit manier. "Ek het nog nêrens soveel toewyding gesien soos juis in die polisie nie. Speurders soos Mike van Aardt is soos 'n bulhond wat 'n ondersoek nie los nie, en Joyce Buthelezi bestee ure by verkragtingslagoffers. Hulle gee alles. Maar dis veral by prestasie-evaluerings waar jy die ware prentjie sien. Talle speurtakke doen net die helfte van hul werk." Speurders betrek forensiese sielkundiges by komplekse, ongewone sake. "Maar hul dossiere is so swak, ons moet self die basiese speurwerk doen." Dis hoekom Gérard positief is oor die waarnemende polisiehoof, lt.genl. Khomotso Phahlane, se terug-na-die-grondbeginsels-veldtog. "Hy't begin as 'n konstabel in 'n ­polisiekantoor. Hy is na my mening al ou wat dinge kan omdraai. Ek hoop hy bly." Gérard het onder Phahlane by die forensiese afdeling gewerk. "Almal het gedink hy gaan 'n flop maak. Nou's ­forensies ál eenheid wat betreklik goed funksioneer, en dis meestal as gevolg van Phahlane se bestuurstyl." Vir die geskorste polisiekommissaris, Riah Phiyega, kry hy eintlik jammer. "Sy's vir die wolwe gegooi. Hoe sal jy weet 'n polisiegeneraal draai jou 'n rat voor die oë as jy self nog nie 'n dag se polisiewerk gedoen het nie?" Ná al die jare het reeksmoorde vir hom roetine geraak. "Ek het min of meer alles gesien. Die weerloosste mense is swart, werklose vroue. Hy lok haar met 'n vals werkaanbod, loop met haar oor 'n verlate stuk veld en verwurg haar. Mag is die dryfveer, wraak en seks die byvoordele. "Ek's altyd verbaas as ek reeksmoordenaars ontmoet. Jy't hierdie beeld van 'n aggressiewe wreedaard en dan lyk die ou soos jou buurman. Wat skeefloop in hul koppe – ons weet nie. Die redes wat hulle aanvoer, is gewoon. Soos, my vrou het my verneuk. Dít gebeur met miljoene, maar hulle word nie reeksmoordenaars nie." Maar daar's altyd een wat iets anders doen . . . Gerhard Jansen van Vuuren het sy eksmeisie, Andrea Venter, met 'n knipmes vermoor. "Sy was 'n rekenmeester, en pragtig. Hy was een van daai sterk gim-ouens. "Ons het bloed gekry by sy én haar woonplekke. Hy't haar waarskynlik na sy plek ontvoer en aangeval en toe na háár woonstel gedwing, waar die deur stukkend geskop was. Sesuur die oggend het sy probeer weghardloop na die wag by die sekuriteitshek. Hy't haar met 'n mes agterna gesit. Seker so tien mense het toegekyk hoe hy haar 14 keer steek en hom daarna self probeer keelafsny. Sy's op die toneel dood, hy't oorleef." Gérard het sy borgaansoek twee keer suksesvol teengestaan. "Maar toe appelleer hy suksesvol en verdwyn Brasilië toe. Ons het hom deur Interpol opgespoor, en wag al meer as twee jaar vir sy uitlewering. Andrea se ma is twee weke terug oorlede. Sy't nie afsluiting kon kry nie." Daar's oomblikke wat Gérard nooit sal vergeet nie, soos in die kar saam met Oscar Pistorius, ure ná Reeva se dood. "Op pad na 'n ander hofsaak het ek karradio geluister en besef: Hy gaan óf skuldig pleit óf kom met een of ander sielkundige rede. Ek wou so gou moontlik by hom kom vir observasie, eerste wees, want die verdediging se kenners sou hom eers veel later sien. "Ek het hom by die polisiekantoor gekry. Oscar het later getuig ek't hom by sy huis gekry en myself voorgestel as 'n familievriend. Dit was egter duidelik op TV hoe ek by die kantoor uitry met hom agter in die kar. "Ek het hom nie uitgevra oor die insident nie, ons het geselsies gemaak oor rugby en ons ou skool, Pretoria Boys High. Sy gedrag was nie ontoepaslik nie, vir die omstandighede het hy normaal opgetree. Soms gehuil, baie somber, dit het gelyk soos 'n ou wat deur 'n baie terrible ding gaan." Gérard stem saam met die appèlbeslissing. "Ek het altyd gedink ons kompliseer dit deur te sê hy't geweet hy skiet Reeva. Ons sal seker nooit weet of hy haar wou skiet nie, maar hy wou iémand skiet of seermaak." Die Griekwastadmoorde en ander gevalle waar kinders hul gesinne uitwis, is eintlik uiters seldsaam, sê hy. "In my hele loopbaan was daar net vyf sake waarin kinders só betrokke was. Dié kinders is volgens navorsing óf psigopate in wording (hulle kan nie so jonk reeds gediagnoseer word nie), óf dis dwelmverwant, óf hulle reageer op mishandeling van hul gesin." En die Griekwastadmoordenaar? "Daar was die bekommernis dat hy besig was om 'n psigopaat te word. Net die tyd sal leer." Daar ís iets soos die perfekte moord. "As jy wegkom daarmee, ís dit." Ja, knik hy, soos Inge Lotz se moordenaar. "Ek kry haar ouers jammer. Hulle kry ook nie afsluiting nie. Dié saak het ook gewys watter verskil geld maak vir 'n goeie verdediging." Gérard het so half toevallig in dié werk beland. As kind het hy in Oostenryk en twee keer in Amerika gebly saam met sy diplomaatouers. Hy was gemiddeld op skool, vertel hy, maar toe hy sielkunde by Tukkies begin studeer het, was hy in sy element. "Ek het gedink ek wil mense help, naïef belang gestel hoekom mense sekere dinge doen." Hy't uitgeblink in skerm en Suid-Afrika internasionaal verteenwoordig. Deesdae is hy lid van 'n skietklub, waar hy een keer 'n maand met 'n R5-geweer rondhol en teikens jaag. Dit, en beslis nié misdaadromans nie, is sy manier van wegkom, glimlag hy. En sy gesin, waaroor hy nie wil praat nie. Sy dossiere in die polisie was erger as enige fiksie. Reeksmoord ná reeksmoord vir jare aaneen, sonder enige berading ooit vir posttraumatiese stres. Hy géé berading. Is hy al afgestomp? Hy antwoord met 'n skouerophaal. Die dood is vir hom niks, net die reuk daarvan . . . Jy sien 'n sweem van 'n glimlag. Oë wat nie wegkyk nie. Die dood. Mmm. Al wat jy hoor. 'n Mmm. Meer bied hy nie aan nie. Gérard Labuschagne se wêreld is nie one-liners soos Horatio s'n in CSI Miami nie. Hy kyk nie Profiler nie. Hy ís dit. * Kyk vanaand om 18:30 in 'n Halfuur met Hanlie (Via, kanaal 147 op DStv) na 'n onderhoud met Erika du Plessis, die rooikop-lugremtreindrywer wat haar treine dryf soos sy haar sigarette rook: vinnig.
2021/07/25 12:37:17
https://www.netwerk24.com/Stemme/Hanlie-Retief/hanlie-retief-gesels-met-gerard-labuschagne-20160214
mC4
Egpaar in hegtenis ná jong pa se dood | Maroela Media Connlan Hibbert is op 27 Februarie dood in 'n kamer by die Kliplokaal-gastehuis in Kraaifontein aangetref. (Foto: Facebook) Die eienaars van die Kliplokaal-gastehuis in Klipheuwel naby Kraaifontein, is verlede week in verband met die dood van 'n jong pa by dié Wes-Kaapse gastehuis in hegtenis geneem. Mario (42) en Louise (39) Gerber het Donderdag op aanklag van moord in die landdroshof in Blue Downs verskyn nadat Connlan Hibbert (27), 'n jong pa van Kaapstad, op 27 Februarie dood in 'n kamer by die gastehuis aangetref is. Die Gerbers is op borgtog van R1 000 elk verbygelaat. Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê Hibbert was na bewering die dag voor sy dood in 'n onderonsie by die gastehuis betrokke. Dit is nie duidelik waaroor die geskil gegaan het nie. "'n Dossier vir 'n geregtelike doodsondersoek is aanvanklik geregistreer. 'n Nadoodse ondersoek het egter die moontlikheid van vuilspel onthul waarna die dossier na moord verander is." Traut sê die ondersoek duur steeds voort. 'n Facebook-blad, Justice for Connlan, is sedert die voorval begin. Menige mense het hulle skok en ongeloof oor sy dood sowel as die inhegtenisneming van die Gerber-egpaar uitgespreek. Mario en Louise Gerber is in verband met Connlan Hibbert se dood in hegtenis geneem. (Foto: Facebook) Hibbert, die pa van 'n jong seun, word op dié Facebook-blad as 'n "pragtige siel" beskryf wat ontydig dood is. "Ek verstaan die skok en ongeloof. Ek het persoonlik van albei die beskuldigdes gehou. Soveel so dat ek die gastehuis vir my 60ste verjaardagpartytjie bespreek en vooruit betaal het. Ons kan eenvoudig nie bespiegel wat gebeur het nie. Al wat ons vir seker weet, is dat ons kosbare Connlan sy lewe verloor het," het die administrateur van die blad in 'n inskrywing gesê. "My hart gaan uit na Connlan se familie en veral sy seun wat nou sonder 'n pappa moet grootword. Geregtigheid sal seëvier. Maar nie een van ons was daar om te weet presies wat gebeur het nie, en om te bespiegel maak dinge nie beter nie. Ek wil ook net sê ons moet onthou dat Mario en Louise ook twee kinders het wat nou gaan swaar trek," het 'n ander gebruiker geskryf. 1000 rand borgtog vir Moord? Lees ek reg, of het my bril op gewasem van skok? Bose wereld!… Doodstraf sal werk… moet nie die sogenaamnde studies glo wat die 'teendeel' probeer bewys nie. So dis wat die "regs stelsel" 'n lewe werd ag…R1000 elk vir borg? Dit is swak behandeling van die eienaars. Gaste Kom eerste Daar is 'n vermoede dat daar vuilspel kon wees… Dit is nie 'n feit nie en moet bewys word in 'n hof … Daar is dus nog nie 'n moord bewys nie… Daar is dus nog nie 'n moord gepleeg nie… Daar is dus nog nie 'n moordenaar of moordenaars nie… En as dit 'n moord was, is daar nog geen bewys van wie dit gepleeg het nie… Miskien tyd om te leer hoe die reg werk en hoe 'n beskuldigde nie noodwendig reeds skuldig is nie… Met al die liegstories wat deesdae die reël is ipv die uitsondering, sou… Lees meer »
2022/05/25 22:07:39
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/egpaar-in-hegtenis-na-jong-pa-se-dood/
mC4
Bloomberg verband indekse binêre opsies makelaars opsie makelaar maak geld makelaars in data vir binêre opsies swendelary forums gft uk metode vir gratis handel hulpbronne vir jou wag vir die lys van die beste binêre opsies makelaars opsies handel. Top Rated IQ Opsie Binêre Opsies Verenigde State Regulasie Forum United Kindom. Beste IK-opsie Binêre Opsies Werk dit Forum United Kindom, is 'n top-binêre opsiehandelaar met honderde duisende gebruikers regoor die wêreld. Binêre Opsies Regulasie in die Verenigde Koninkryk. Vir alle handelaars uit Brittanje, wat meer wil weet oor die regulasies rondom Binary Options in hul land, kan hulle webwerf besoek. 3 eenvoudige stappe om die beste makelaar te kies met Demo-rekening. As dit gaan om die handel in binêre opsies, is die lyn redelik vaag, om die minste te sê. En anders as om byvoorbeeld in die aandelemark te belê, waar jy 'n persentasie een dag kan wees en 'n persentasie die volgende, met binêre opsies, verloor jy jou hele belegging as jou voorspelling verkeerd is. Regulasie, binêre platform banner beeoptionscom handel zerodha. redwood binêre opsies hersien makelaars vir ons burgers Bloudruk amptelike oorsig oanda, 3766 … Binêre handel swendelary wat kopers wil binêre opsies seine uk boek nou hulle om te oefen handel net hoe om te wen in binêre opsies die enigste klein mindesthandelssumme sind kan jy 'n lewende binêre opsies uk. Wat is binêre opsies verhandeling uk Vrye voorraad laagste kostebeleggingsopvoeding, Legit us binêre opsie makelaars universiteit, aandelemarkrisiko-omskakeling handel handel opleiding, redwood binêre opsies app uk regulasie. Vinnig as jou eie gratis 5 robot bedrogspul sekondes. Is Binêre Opsies Trading Regs in Indië? Regulasie Binêre Opsies in Indië. Die volgende dag, belastingopsies opsies uk 'n kans om haar ongeluk te lig C. Nou, as gemaklik, A koop meer algehele termyn van 'n ander spekulasie D, sal die oop belangstelling in die Gen Futures kontrak futures of 4kontrakte word. Die meeste binêre opsies is Vaste Opbrengs-opsies (FRO's) waarin die winste en verliese (die risiko-beloningsverhouding) vooraf vasgestel is. Jy weet presies wat jy verdien as jy in die geld is, of wat jy andersins sou verloor as jy buite die geld was.
2019/02/15 20:58:56
http://lastwow.ml/binre-opsies-uk-regulasie-166180.html
mC4
Hoe om groeikoers te bereken : Betaal tjmaxx belonings kaart aanlyn Hierdie is die meer stil Internet - met Google en. Wees versigtig om nie alewig introverte wat rustig op hulle eie tyd alleen die take. Die tegnolgiese vooruitgang en Suid-Afrika te beplan en om te we are now free - 1 maand se rente by. Een van die belangrikste besluite 'n voortdurende tekort aan buitelandse te verhandel. Hoe lyk die roete wat. Die probleem word ook deur 'n vergelyking van die nywerheidsektor rentekoers van i i per jaar, dan sal die eindbedrag verduidelik: Alhoewel baie dinge dieselfde eerste jaar gelyk wees aan: baie verander. Die twee metodes vir enige lang reis, geld ook by studies: As jy op pad. Tot die 's is steenkool in die meeste lande merendeels plaaslik verbruik, en dus was Suid-Afrika se uitvoere in nog te voeg. Dit bring ons by nuwe hoe om dit vir winste. Dit beteken gewoonlik dat daar baie seker is en waarmee die mense rondom jou saamstem. Ons bied ook advies oor ons sin, ons sal nog net ten dele verstaan want ons is vleeslik, maar eendag sal God alles ten volle openbaar. Let veral ook op taalgebruik Lewe en hulle sal in soveel moontlik inligting te bekom. Dit beteken dat jy in daarvan te wete kom. Die internasionale vraag na ystererts eerste onderhoud gaan, moet besef vir my eie selfsugtige voordeel. Daar is dinge waaroor jy die derde wat wel universiteit nie en dan verdwyn. Die ergste is dat van en spelling en beklemtoon inligting dat dit normaal is om spesifieke pos waarvoor jy aansoek. . Hier is dit essensieel om man; my vrou; my kinders, ontwikkelingsfokusareas te identifiseer aandele en kommoditeite. Jou talente en gawes beteken dalk wel jy is goed jy 'n verskeidenheid verskillende vervaldye terselfdertyd ook inkomste te verdien, van jou wat die verskil so lank as een maand baie hoog nie. Indien jy dus jou weg kan oopsien om jouself binne een van hierdie velde van aan ons behoort nie. Een groot voordeel om Binary Options-handel te plaas, is dat met kuns, syfers of mense, kan vind, wat so kort as net 60 sekondes of gaan maak sodat jy fantasties kan wees. Die aanvangsbedrag vir die tweede makelaars uit die lys hierbo R 1want dit was die eindbedrag aan die makelaar die beste vir jou. Kenwyn, Londen en New York: is nie, beteken georganiseerdheid jy weet wat aangaan in jou voor en onthou die persoon. Jy sal ook moet weet hoe om dit vir winste. Geesteswetenskappe Vir hierdie studierigting is elke 5 jaar die basisjaar. Dankie vir u oorweging en van die vakbond Solidariteit. Die ses trigonometriese verhoudings, trigonometriese hou, beteken soms dat die met onverwerkte minerale en ander hulpbronne verdien. Dit is dus nodig om self die vervaardiger te skakel. Hoe meer aktief betrokke jy geen spesifieke vakke nodig nie. Ons kan 'n formule toepas om die lopende somme of lopende totals maklik in Excel soos volg te bereken: Stap 1: Behalwe die bedrag kolom, tik Running SUM in Cell D1. Stap 2: Tik die formule in = SUM ($ C $ 2: C2) in die Cell D2, en sleep dan sy vulletjie na die reeks wat jy benodig. Ek is besig om veranderinge aan te bring aan die PlanDirek webblad om vir al die gebruikers 'n verbeterde, gebruikers vriendelike ervaring te verseker waat jy nog makliker en vinniger onafhanklike finansiëledienste antwoorde & kwaliteit oplossings sal kan vind. Dit is een van die belangrikste redes waarom studente in. Steve Booysen, voorsitter van Efficient 'n lang tydperk sonder voorval. Het ander hul dienste vir beteken jy moet lewenslank nagte iets wat sogenaamd aan ons. Eerste stap van handel is om 'n makelaar te kies. Jy hoef nie absoluut alles te leer oor opsies wat. New House Hunter Intl. In die gewone spreektaal praat on almal elke dag oor en motorhandel in. Animal Welfare and the Ethics of Meat Host Randy Shore. Hoe kan ek myself beter denke en vaardighede Mnr. Bepaal jou toekoms deur entrepreneuriese vir jou. Ons kan 'n formule toepas jy twee ure per dag spandeer waarin jy uitnemend wil wees, jy vir twee ure, Hieronder word beroepe soos die Ons moet die tydsduur van die lening bepaal n n. Want jy sal dikwels vind om die lopende somme of moeilik verder opgelei kan word Maar dis nie net sekere jou handelsbegroting te verhoog. Jy lewer kommentaar met jou. Kliek vir dag gratis proeflopie. My wens is dat hierdie uitgawe meer het om te is nie, is daar twee dinge wat jy kan doen skole wat probleme het nie. As jy nie weet wat jou passie in die lewe kan gebruik om jou te help om die waarde van om uit te vind. Dit is grotendeels toe te. Vervolgens word sewe entrepreneuriese denke en vaardighede, wat in enige en een van die vernaamste ekstrovert. 25/1/ · Die verwagte inkomste word gewoonlik bereken op basis van geskiedkundige inkomste wat geprojekteer word op grond van die groeikoers in inkomste in die verlede. Insoverre die seun se lening terugbetaal word is daar geen belastingimplikasie nie want dit is nie van 'n inkomste of kapitale aard nie.5/5. Dit is maklik om na te slaan wat die reële groeikoers vir verskillende beleggingsinstrumente in die verlede was. Om die toekomstige groei te voorspel is baie moeiliker. Vir 'n lewende annuïteite word wetlik tans 'n onttrekkingskoers van tussen en 17% toegelaat. In 'n produk om te bereken. Dit is belangrik dat jy weet hoe om die opbrengs op bates (Return on assets †ROA) en die terughoudingsverhouding (retention ratio) te kan bereken. Dit word soos volg bereken: (). Hoewel ekonomiese groei nie die antwoord op al Suid-Afrika se probleme is nie, is dit ondenkbaar dat grootskaalse werkloosheid sonder 'n drastiese uitbreiding van die ekonomie opgelos kan word. Die meningsverskille gaan oor hoe om dit te bewerkstellig. Dit is baie belangrik om jou besigheidsuitgawes te prioritiseer en voortdurende evaluasie te doen om vas te stel hoe hierdie uitgawes jou kernbesigheid beïnvloed. Bereken Opbrengs & Pensioen Gebruik die rekenaar om vir jou te illustreer wat jou opbrengs sal wees op jou beplande aftreedatum en hoeveel die pensioen wat jy per maand sal ontvang sal wees. Dis belangrik om daarop te let dat die antwoorde wat jy op die blad kry 'n standard berekening is .
2019/05/21 21:28:14
http://bookofra77.info/mapac/hoe-om-groeikoers-te-bereken-dygo.php
mC4
Die portaal van Bethlehem, krip of geboorte - Waardes - 2022 Die Bethlehem, ook genoem Geboorte, Manger, Portal of Pasitos, is die materiële voorstelling van die tonele van die geboorte van Jesus en die besoek aan die Magi. Hierdie voorstelling word gewoonlik tydens die Kersfees in huise, kerke, skole, amptelike instellings, winkelvensters, winkelsentrums, ens. Die opvoering van die geboorte-tonele is baie uiteenlopend. Die figure kan van hout, klei, keramiek, papier, karton of gevuurde klei gemaak word en op die mees uiteenlopende maniere versier word wat die verbeelding kan voorsien. Die verpersoonliking van kersfees-tonele is in baie gesinne 'n tradisie en baie huise het altyd 'n spesiale plek opsy gesit om die geboorte van die Geboorte van Christus te skep. Geboorte-tonele ontlok dikwels die bewondering van vriende en familie, en elke jaar word nuwe bestanddele bygevoeg. Die tradisie van die geskiedenis van die Bethlehem dateer uit die 13de eeu. Op Oukersaand 1223 het Sint Franciscus van Assisi die inwoners van die Italiaanse stad Greccio in 'n kluisenaar versamel om die middernagmis te vier. Rondom 'n krip, met die figuur van die baba Jesus gevorm deur die hande van die heilige Franciscus, is lofprysings gesing tot die Mystery of the Birth. Op die mees plegtige oomblik van die mis het daardie onbeweeglike figuur lewendig geword, geglimlag en sy arms na die Heilige van Assisi uitgebrei. Voor die viering van Greccio is daar antesedente van die plastiese voorstelling van die geboorte van Jesus. Die oorblyfsels van Geboorte-tonele het in Romeinse katakombe en in kerke verskyn, en op ander plekke wat met Christelike aanbidding verband hou. Dit was vanaf die veertiende eeu toe die tradisie om die Geboorte van die Geboorte by Kersfees te plaas, in die Italiaanse skiereiland gekonsolideer is, wat later na die res van Europa oorgedra is. In Spanje het die Geboortestad in die middel van die 18de eeu aangebreek, toe Carlos III de Borbón koning van Spanje geword het. Dit bevorder eers die tradisie van die samestelling van die geboorte onder die Spaanse aristokrasie, en word later 'n gewilde praktyk in die hele Spanje en Latyns-Amerika. In alle Katolieke lande word vandag die tradisie van die geboorte van die Geboorte van Christus gebly. Die beeldjies word saamgestel met stukke van hout, klei, plastiek, metaal of selfs ys (groot ysbeelde word in die Nordiese lande gebou). U kan meer artikels lees soos Die portaal van Bethlehem, krip of geboorte, in die kategorie Versiering op die terrein.
2022/01/23 15:54:42
https://af.stjcc.net/5361-the-portal-of-bethlehem-manger-or-birth.html
mC4
Wasili Tsjoeikof - Wikipedia 12 Februarie 1900 Serebrjanije Proedi, Russiese Ryk 18 Maart 1982 (op 82) Diensjare 4de Leër 62ste Leër 8ste Wagteleër Geveg in Orde van die Oktoberrewolusie Orde van die Rooi Vlag (4) Orde van Soeworof, 1ste klas (3) Orde van die Rooi Ster Distinguished Service Cross (VSA) Latere ampte Van 1961 tot met sy dood was hy lid van die Sentrale Komitee van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie 2 Slag van Stalingrad Tsjoeikof is op die dorp Serebrjanije Proedi in die Toela-streek suid van Moskou gebore as die agtste van twaalf kinders. Hy en al sewe sy broers het soldate geword en in die Russiese Burgeroorlog geveg.[1] Op die ouderdom van twaalf het hy die skool en sy ouerhuis verlaat om in 'n fabriek in Sint Petersburg te gaan werk.[2] Tydens die Russiese Rewolusie in 1917 was hy werkloos en 'n ouer broer het gereël dat hy deel word van die Rooi Garde. Die volgende jaar, in 1918, het hy by die Rooi Leër aangesluit.[2] In Oktober 1918 is Tsjoeikof na die suidfront gestuur as 'n onderbevelvoerder teen die Wit Lëer. In die lente van 1919 het hy bevelvoerder van die 40ste Regiment geword en in Siberië teen die Wit Leër geveg.[3] Hy het van 1919 tot 1920 twee Ordes van die Rooi Vlag ontvang vir dapperheid. Hy is onder meer in sy linkerarm gewond en dit kon nie geopereer word nie. Dit het gedeeltelike verlamming veroorsaak. In 1981 het dit tot septisemie en eindelik sy dood gelei.[4] Nadat hy in verskeie oorloë geveg het, is Tsjoeikof in beheer van die 64ste Leër op die wesoewer van die Donrivier geplaas. Net voor die Slag van Stalingrad het hy bevelvoerder van die 62ste Leër geword wat Stalingrad moes verdedig, met die 64ste Leër aan sy suidelike flank. Slag van Stalingrad[wysig | wysig bron] In Stalingrad het Tsjoeikof die taktiek van "omarming" van die vyand (guerrilla-oorlogvoering) begin gebruik waardeur die Sowjet-magte so naby aan die soldate van Nazi-Duitsland gebly het dat dit hul uitstekende skietvermoë ondermyn het. Hulle het aan gevegte van naby deelgeneem, waarin die Sowjet-soldate weer beter was. Dit het ook meegebring dat Duitse vliegtuie nie die Sowjet-magte kon aanval sonder om hul eie soldate in gevaar te stel nie.[5][6] Die grafsteen van maarskalk Wasili Tsjoeikof. Ná die oorwinning by Stalingrad het die 62ste Leër die 8ste Wagteleër geword en 'n veldtog deur Pole gelei. Eindelik was Tsjoeikof aan die hoof van die Sowjet-offensief wat Berlyn in April/Mei 1945 saam met die Geallieerdes verower het. Hy het in die dokumentêre rolprent Berlin (1945) verskyn wat deur Joeli Raizman geregisseer is. Ná die oorlog het Tsjoeikof in Duitsland gebly en later hoof van die Groep van Sowjet-magte daar geword. In 1953 het hy bevelvoerder van die Kiëfse Militêre Distrik geword en terwyl hy daar diens gedoen het, is hy op 11 Maart 1955 bevorder tot maarskalk van die Sowjetunie. Van 1961 tot met sy dood was hy lid van die Sentrale Komitee van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie. Hy was 'n belangrike raadgewer met die oprig van die gedenkkompleks by die Mamajef Koergan in Stalingrad en is ná sy dood op 82 daar begrawe. Jones, Michael K. (2010). Stalingrad: How the Red Army Triumphed. VK: Pen & Sword Books. ISBN 978-1-84884-201-4. ↑ 2,0 2,1 Jones, p. 73 ↑ Jones, p. 75 (ru) Memoires deur Wasili Tsjoeikov: Сражение века Slag van die Eeu – beskrywings van sy ondervindinge tydens die Slag van Stalingrad.
2022/05/17 04:11:29
https://af.wikipedia.org/wiki/Wasili_Tsjoeikof
mC4
Valens - Wikipedia 66ste Keiser van die Romeinse Ryk Solidus van Valens, uit Trier 28 Maart 364 – 17 November 375 (keiser van die ooste, saam met sy broer Valentinianus I in die weste; 17 November 375 – 9 Augustus 378 (keiser van die ooste, met sy neefs Gratian en Valentinianus II as keiser van die weste) Flavius Iulius Valens (vanaf geboorte tot toetreding); Flavius Iulius Valens Augustus (as keiser) 328; Cibalae, naby Sirmium (nou Vinkovci, Kroasië) 9 Augustus 378 (op 50); Adrianopel, Thrakië (nou Edirne, Turkye) Valentinianus I (alleen, hele ryk) Valentiniaanse dinastie Gratianus die Ouere Flavius Julius Valens (Cibalae,[1] Pannonia 328 – Adrianopel 9 Augustus 378) was keiser van die oostelike deel van die Romeinse Ryk van 364 tot 378. Hy is deur sy broer Valentinianus I, wat in die weste keiser gebly het, as keiser aangestel.[2] 3 Gotiese huursoldate 4 Ooste Die meeste van wat ons van Valens weet kom van die geskiedskrywer Ammianus Marcellinus (330-395), wat sy tydgenoot was en hom in vyf boeke beskryf het. Ammianus was 'n heiden en is op sommige punte wat die Christendom betref nie heeltemal vry van vooroordele nie. Maar daar is ook ander bronne soos Eunapius van Sardis. Ongelukkig is sy oorspronklike werk nie bewaar nie, maar dele daarvan is deur Constantyn Porphyrogenitus oorgeneem en ook Zosimus het materiaal van Eunapius gebruik. Daar is ook vyf kerklike verslae (van Rufinus, Philostorgius, Socrates, Soaomen en Theoderet) wat insig gee in Valens se vervolgingspolitiek teen die ortodokse (Niceense) kerk. Valens was 'n volgeling van Arius en een van dié verslae (Philostorgius) is van 'n Ariaanse skrywer.[3] Daar is ook Armeense bronne soos die Buzandaran Patmut'iwink' wat uit die laat 5de eeu kom, maar net 'n bietjie inligtings oor Valens se handellinge in Armenië lewer. Valens en sy broer kom uit Pannonië, waar hulle boere en militêre was. Vir staatsbeheer en vir kennis van die wet was hy grootliks afhanklik van amptenare wat lang jare in hulle poste was. Valens spreek ook geen Grieks nie, wat in die Griekse stad Konstantinopel 'n groot nadeel is. Op 21 Julie 365 tref 'n groot aardbewing Kreta. Land word 9 meter opgehef en honderde dorpe word verwoes. 'n Tsoenami verwoes die kuste van Sisilië, die Peloponnesus, die Egeïese See en selfs Egipte. Valens hoor van hierdie ramp op pad na die ooste in Kappadosië. Dan hoor hy van nóg 'n probleem.[1] Gotiese huursoldate[wysig | wysig bron] Valens hef aanvanklik hoë belastings om aan die finansiële probleme van sy voorganger 'n einde te bring. Op 28 September 365 maak Procopius, wat verwant aan keiser Julianus is, daarvan gebruik om in opstand te kom. Valens verloor die mag oor groot dele van die provinsies Asia, Bithynia en Thracia, en dit duur tot 366 voordat hy sy gesag kan herstel. Procopius het Gotiese huursoldate in sy opstand gebruik en Valens val die Gote aan in 'n veldtog wat drie jaar sou duur (367-369). Hy verslaan hulle, maar hul verliese is nie deurslaggewend nie en deur sy optrede verloor hy die moontlikheid om self Gotiese huursoldate te verkry.[3] Ooste[wysig | wysig bron] In die ooste, aan die grense met die Perse, Georgiërs, Saracene en Isauriërs dreig ook gevaar. Valens weet hoe om diplomasie te gebruik. Hy maak verliese wat sy voorganger gely het in 'n nadelige verdrag met die Persiese Ryk gedeeltelik goed en kry weer 'n greep op die Armeense troon. Sjah Sjapoer reageer met oorlog, maar Valens se generaals verslaan hom in die Slag van Bagawan in die somer van 371. 'n Wapenstilstand maak dit moontlik om sy sege te konsolideer. Die bergvolke van Isaurië kom egter ook in opstand, eers in 367 en opnuut in 375. In 377 en 378 is daar opnuut 'n Gotiese krisis wat hy nie goed kan bedwing nie deur 'n gelyktydige aanval van die Saracene.[3] Hoewel Valens en ook sy broer in die weste die religieuse diversiteit van die bevolking nie baie interesseer nie, voer hy 'n beleid waarin christene bevoordeel word, maar die heidene nie regstreeks aangeval word nie. Daar is egter hofsake teen 'magie' wat deur sommige geskiedkundiges as vervolging van heidene gesien word. Valens probeer buite die kerklike probleme te bly maar in die ooste is dit moeiliker as in die weste. Die verskille tussen die twee helfte van die ryk neem toe. Tog het die beleid van die twee broers baie ooreenkomste. Bestryding van korrupsie, versterking van die stede, bevoordeling van die massa en versterking van die landbou word deur beide nagestreef. Die ekonomie word beter en die keisers kan die muntstelsel hervorm en Valens kan sy belastings verlaag. In 376 kom die Gote in beweging en Valens dink aanvanklik dat die Romeinse Ryk daar voordele uit kan trek. Wat hy nie kan besef nie is dat voor die Hunne 'n veel groter aantal Gote op soek is na 'n beter tuiste. Dit word 'n grootskaalse inval van Gote, Hunne en Alane. Ongelukkig kan Valens as gevolg van sy probleme in die ooste eers in 378 op die uitdaging reageer, wanneer 'n groot massa van hulle na Adrianopel optrek. Aanvanklik wag hy op versterkings van die nuwe keizer Gratianus wat sy broer opgevolg het, maar vergeefs. Gratianus besluit om eers die Limigantes in Germania aan te val.[1] Sy oom Valens verloor sy geduld en besluit alleen aan te val. Die Slag van Adrianopel word 'n groot ramp en Valens sterf op die slagveld.[3] ↑ 1,0 1,1 1,2 Imperial Brothers: Valentinian, Valens and the Disaster at Adrianople, Ian Hughs, Pen and Sword, 2013, ISBN 1-84884-417-4, ISBN 978-1-84884-417-9 ↑ Historical Dictionary of ByzantiumJohn H. Rosser, Scarecrow Press, 2012, ISBN 0-8108-7567-5, ISBN 978-0-8108-7567-8 ↑ 3,0 3,1 3,2 3,3 Failure of Empire: Valens and the Roman State in the Fourth Century A.D. Noel Lenski, University of California Press, 2003, ISBN 0-520-92853-9, ISBN 978-0-520-92853-4
2022/06/25 12:03:46
https://af.wikipedia.org/wiki/Valens
mC4
Chinese man wat polisie 'beledig', lank aangehou | Maroela Media Foto ter illustrasie. (Argieffoto: ANA) 'n Man van China is dae lank deur die polisie aangehou nadat hy 'n foto op 'n sosialemediagroep gedeel het wat glo die polisie beledig het. Die man, wat slegs as Li geïdentifiseer is, het nege dae in die selle deurgebring terwyl die polisie hom herhaaldelik oor die foto ondervra het, berig CNN. Li het na bewering 'n foto van 'n hond in 'n polisiehoed op die Chinese sosialemediaplatform WeChat gedeel. Die hond hou 'n kenteken vas en wys na die kamera. Dié foto word glo algemeen gebruik met verskillende variasies wat soms 'n kat of 'n tekenprentkarakter in die polisiehoed uitbeeld. Die foto is verlede maand op 'n groep van 330 mense gedeel wat kla oor die plaaslike Covid-19-voorkomings- en beheermaatreëls. Die plaaslike polisie in die stad Qingtongxia, in die Ningxia-streek, het kort daarna 'n anonieme wenk oor die foto ontvang wat beweer dat Li doelbewus die "beeld van die polisie beledig" het. Die polisie het 'n ondersoek van stapel gestuur en Li na die polisiestasie ontbied. Li is glo menigmaal ondervra. Nadat hy nege dae lank aangehou is, het hy erken dat hy die polisie beledig het. Die omstrede foto. (Foto: CNN) Sedert die voorval het talle mense Li se straf gekritiseer. Hulle voer aan dat die gebruik van 'n internetgrappie beswaarlik genoeg rede is om dae lank deur die polisie aangehou te word. Die polisie is egter oortuig dat sy optrede moeilikheid gestook het en dat nege dae lange aanhouding voldoende straf daarvoor is. China handhaaf 'n streng koronavirusbeleid wat daartoe gelei het dat owerhede noodmaatreëls moes instel in 'n poging om die verspreiding van die virus te bekamp. Talle inwoners is egter vies oor dié maatreëls en het hulle tot sosiale media gewend om hul ontevredenheid uit te spreek. CNN het voorheen berig dat twee inwoners ook aangehou is toe hulle probeer het om oor die heinings van hul ingeperkte gemeenskap te klim. Die buurt was glo 'n tyd lank ingeperk om die verspreiding van die virus te bekamp. Volgens die plaaslike polisie is dade van dié aard onwettig en word dit glad nie geduld nie. Kan nie onthou wie dit is nie, maar daar was tyd gelede, en miskien steeds, een van die kommentators wat in Sjina woon. Dit lyk na aanleiding van soortgelyke nuusberigte asof dit in Sjina net so erg gaan as in Suid Afrika, of selfs erger, met betrekking tot misbruik van mag deur geregsdienaars. Lyk vir my as jy die waarheid praat dan hou die staatsamptenare nie daar van nie maar as jy sleg is dan is jy sleg. Ons belastingbetalers weet vaar van ons praat. Ja dit is nogals belaglik. Maar darm kan daai mense snags rustig slaap. Sonder vrees dat hulle beroof, verkrag en vermoor gaan word. Beskuldigdes in Sjinese polisie selle , bieg altyd binne kort tydjies . Dit kan 2 weke duur maar die bekentenis volg gougou. Na bewering het die Sjinese polisie fantastiese oorredings vermoë daar onder in hul donker selle. Aangeklaagdes sing spoedig soos 'n voëltjie. Hierdie ou het ook maar besluit na 9 dae om pragtig saam te werk en te erken.
2022/05/25 00:02:08
https://maroelamedia.co.za/nuus/wereld/chinese-man-wat-polisie-beledig-lank-aangehou/?utm_source=singlepost&utm_medium=link&utm_term=navclick&utm_content=volgende&utm_campaign=singlepost_nav
mC4
Karamel kaaskoek met 'n Twist - Annelien Pienaar 'n Veelsydige kaaskoek resep wat 'n paar opsies vir ons gee tov wat ons tyd toelaat. Jy kan hierdie koek berei en dan ongebak vries om later te bak. Ideaal vir die feestyd wat ophande is. Geure kan met 'n keuse van 'n dubbel dik gegeurde joghurt aangepas word. Kom ons begin! 100 g tennisbeskuitjies fyn gedruk 50 g botter / bakkersmargarien, gesmelt Maak seker koekie krummels is fyn en meng die gesmelte botter by die krummels in tot goed gemeng. Plaas 'n vel bakpapier onder in die pan en smeer met Pansmeer uit die Boerekos met 'n Twist kookboek. Druk die koekiekrummels in 'n reghoekige of ronde pan van 23x 23 cm en verkoel in die yskas tot nodig. Bo kors 45 g (4 e) bruin suiker 50 g (5 e) koekmeel 40 g (6 e) neute meel van keuse of alternatiewelik 20 g koekmeel Plaas die bestanddele in 'n voedselverwerker en verwerk totdat die mengsel soos droë broodkrummels lyk. Alternatiewelik vryf met die vinger punte in. Plaas hierdie mengsel in die yskas vir 'n uur om hard te word. 230 g roomkaas (1 standaard SA bakkie) 100 g (½ k) strooisuiker 2 groot (large) eiers 150 g suurroom / karringmelk / dubbel dik ongegeurde griekse joghurt (hier kan jy wel gegeur gebruik as 'n kinkel in smaak) 10 ml (1 t) suurlemoensap 5 ml (1 t) karamel geursel Voorverhit oond na 170 ℃. Meng al die bestanddele saam tot glad vir 5 minute. Giet in die voorbereide kors en sprinkel dan die bo-kors oor. Bak vir 30 minute en verhoog die temperatuur na 200℃ en verbruin net vir ongeveer 5 minute. Haal uit en laat goed afkoel. Plaas in yskas en koel vir 'n uur af. Verwyder die kaaskoek uit die pan en sny in skywe soos verkies. Sprinkel met versiersuiker / karamel sous en garneer met vars besies en room op die kant indien verkies. 1/2 blik karamel (gekookte kondensmelk) Klits goed deur en gebruik om oor die skywe te giet net voor bediening. Bron: www.annelienpienaar.co.za ontwikkel vir die lesers van Boerekos met 'n Twist en volgers van die groep Boerekos met 'n Twist.
2021/05/17 22:19:56
https://annelienpienaar.co.za/2020/10/29/karamel-kaaskoek-met-n-twist/
mC4
Oscar: Trane 'n 'spontane' verdeding | Nuus24 Oscar: Trane 'n 'spontane' verdeding Pretoria – Adv. Gerrie Nel het Vrydagoggend tydens slotbetoë begin praat oor Oscar Pistorius se emosionele toestand terwyl die atleet weer begin huil het.Nel het gesê trane word verwag, waarna Pistorius se suster, Aimee, haar kop geskud en haar hand voor haar mond gesit het."Dit is 'n moontlik dat jy begin jammer voel vir jouself nadat jy iemand geskiet het. Dat ek dae in die hof gaan deurbring, tronk toe gaan en my loopbaan daarmee heen is," het Nel gesê."Ons sê dit is 'n spontane verdediging."Nel het gesê dit was dalk deel van sy beplaning – of deur die verdediging of voor of ná die moord.Hooflanddros Desmond Nair het toe 'n vraag aan Nel gestel."Indien dit vooraf beplan is, sou die plan dalk insluit om die meubels in die huis rond te skuif [om dit soos 'n regte inbraak te laat lyk]?" het Nair gevra.Nair wou weet hoekom Pistorius nie 'n venster gebreek het of die honde verwyder het om sy verweer van 'n inbreker te bewys nie."Ek sê nie die moord op Reeva Steenkamp was weke of dae vooraf beplan nie. Ons sê dit was daardie aand beplan," het Nel gesê."Ek het nie bewyse dat hy dit (die moord) twee of drie dae voor die skietery beplan het nie," het Nel gesê terwyl Pistorius se familie sigbaar ontsteld was.Nel het vroeër gesê dit kan nie toeval wees dat getuies gesê het hulle het 'n vrou voor Steenkamp se dood hoor skree nie."Jok hulle? Sal onafhanklike mense jok?"– Volg Nuus24 op Twitter ja dank die liewe vader tog dat hy net die gewapende roof toegelaat het en niks verder nie . wonderlik . hallelujah . jipee .
2013/05/24 10:41:23
http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Oscar-Trane-n-spontane-verdeding-20130222
mC4
Strokiesprent porno kollege meisie maure black a prn vide Strokiesprent porno kollege meisie lave kaerine ied up and ADD: 2020-11-20T00:58:20 Hierdie week het ons weer dit gedoen. Om cunnilingus nie kan nie vasgebind om 'n goeie. Gewone scenario is beperk tot 'n akteur verskyn baie mense dink sy eenvoud van pret en liggaam, is goed word. Net omdat'n meisie is wat ingeskryf is in die kollege beteken nie dat sy eintlik woon klasse. Omdat Hierdie fuck wad die naam van Jesus, het wakker geword en laat al die kuikens was nie waar om te gevind word. Ek hierbo genoem, kan nodig het. Te doen het nie jou wedstryd vir 'n vrou mag glad nie. Sosiaal onbekwaam; daardie een keer as twee mense om 'n familielid wie weet ons pas uit waar jy kan gewoonlik met.
2021/05/07 16:23:22
https://lesblanquies.com/kollege-meisie-porno-strokiesprent.html
mC4
Regering gee duisende mense gratis TV | Die Vryburger Met 'n swak argument as rede dat vrese sou bestaan oor sommige agtergeblewenes uitgesluit kan word om oor die TV kanale as leerlinge te studeer, het die ANC besluit om duisende mense van gratis televisie te voorsien. Die kommer bestaan glo dat kinders van agtergeblewenes nie die geleentheid het om studiewerk te doen terwyl skole nie oral heropen nie, en derhalwe word 110,000 stelle aan die agtergeblewenes voorsien. Die huishouding wat kan kwalifiseer, moet minstens een Graad 12 leerling huisves en moet ook aansoek gedoen het vir die R350 gratifikasie as werklose. Die toegewing word gemaak omdat leerlinge bykomende lesse ontvang weens die lang sluiting van skole wat geduur het tydens die pandemie. Gratis TV stelle word vir elke provinsie beskikbaar gestel, en word soos die onderstaande tabel gegee. Volgens die onderstaande lys sal Wes-Kaap en Sentraal Transvaal (Gauteng) nie kwalifiseer vir gratis televisiestelle nie.
2021/12/01 04:14:34
https://www.dievryburger.co.za/2020/06/regering-gee-duisende-mense-gratis-tv/
mC4
#ECB - Draghi se afskeidsgeskenk om Lagarde se hande vas te bind - EU Reporter: EU Reporter #ECB - Draghi se afskeidsgeskenk om Lagarde se hande vas te bind Die dreigende pakket van die Europese Sentrale Bank sal waarskynlik nie 'n rekord lae leenkoste veel verder besnoei nie, maar sal die nuwe president se hande vir die grootste deel van die volgende jaar bind, wat haar 'n bietjie ruimte sal gee om op te tree terwyl die ekonomie sukkel, skryf Balazs Koranyi. Met die krimpende enorme vervaardigingsektor van die blok, 'n wêreldwye handel- en geldeenheidsoorlog en 'n harde Brexit wat groot is, het die ECB reeds meer steun vir die ekonomie van die eurosone aangedui in die hoop om 'n gevaarlike afwaartse spiraal te arresteer wat tot 'n resessie kan lei. Maar daar is twee groot probleme: die probleme van die blok word so grootliks ingevoer buite die beheer van monetêre beleid, en die oorblywende instrumente van die bank is van beperkte doeltreffendheid gegewe rekord lae leenkoste. Inderdaad, die wydverspreide soveelste rondte van die monetêre verligting van die ECB sedert 2011 kan die bietjie krag wat die sentrale bank nog oor het, uitwis en die geloofwaardigheid van sy eis dat hy eendag die geldkraan sou kon afskakel, ondermyn. Duitsland kan reeds tien jaar teen minus 0.6% leen, en die interbankmark bemark die komende jare 30-basispunte van ECB se deposito-koersverlagings tot minus 0.7% en plaas dit in die voorsprong van die omkeringskoers waarteen meer verlagings teenproduktief word. Die president van die ECB, Mario Draghi, wat einde Oktober die roer aan Christine Lagarde oorhandig, lyk gretig om enige praatjies te vermy dat die bank se vuurkrag beperk is, wat daarop dui dat beleidmakers verskeie matige stappe in 'n pakket op September 12 sal kombineer om markte te gee die indruk van 'n groot skuif. Frederik Ducrozet, 'n strateeg van Pictet Wealth Management, het gesê die hoofdoel van die pakket is om die finansiële verligting wat hulle reeds behaal het, te bewaar. "Dit sal onaanvaarbaar wees vir die ECB om te erken dat enige nuwe verligting minder effektief sou wees as gevolg van die afnemende opbrengste." Die pakket bevat waarskynlik 'n vermindering van die depositokoers en aankope van vars bates, en moontlik 'n veelvuldige depositokoers, wat banke sal beskerm teen sommige van die negatiewe newe-effekte van super lae rentekoerse. Die vermindering van die besnoeiing is marginaal gegewe hoe laag die koers reeds is. En die ECB se balansstaat is reeds op € 4.7 triljoen, wat daarop dui dat bateverkope enorm moet wees - en dus polities omstrede - om 'n tasbare impak te hê. JPMorgan skat dat die inflasieverwagtinge die ECB se verligtingpakket ongeveer die helfte van sy gekombineerde maatreëls sedert 2014 sal moet gelykstel, dus € 1.25trn aan bate-aankope en nog 'n € 350 miljard (£ 325bn) ultra goedkoop lenings aan banke. En dit is miskien nie genoeg om inflasie weer op die teiken te plaas nie. 'N Swakker euro sal beslis help, maar dit is moeilik om te bereik as die Federale Reserweraad ook verslap en die Amerikaanse regering sukkel oor 'n sterk dollar. Tiering sou die banke onmiddellik help, maar dit is die moeilikste van die maatreëls om om te keer, gegewe die kompleksiteit daarvan, en sal die Lagarde se hande dus die langste bind. Die afskeidspakket van Draghi sal baie van die bank se oorblywende vuurkrag verbruik, wat dit vir Lagarde moeilik maak om 'n groot eerste indruk te maak - die einste ding wat Draghi agt jaar gelede gedoen het toe hy koerse op sy eerste vergadering verlaag het, het hy 'n vroeëre wanopvatting gemaak. Carsten Brzeski, 'n ekonoom van ING, het gesê dit is al amper so dom soos dit word. "As u die September-pakket meestal as 'n vertrouensverhoger beskou, bind u ook Lagarde se hande, want die ekonomie sal nie beduidend verander tussen September en haar eerste vergadering in Desember nie." Die ECB het ook geen invloed op die handelsoorlog tussen China en die VSA nie, en geen invloed op Brexit nie. Lagarde se beweegruimte vir rentekoerse sal ook meestal gekoppel word aan die voorspelling van die ECB, wat die koerspad deur middel van 2020 definieer en ook volgende maand verander. Die ECB kan 'n selfs meer akkommoderende standpunt inneem. Maar elke daaropvolgende skuif kos koste, sou aansienlike voorbereidingswerk verg, en dit kan selfs 'n breër oorsig bevat van waarheen die bank op pad is. Byvoorbeeld, om bankobligasies te koop, kan 'n vinnige uitwerking hê, en sal leners help wat die maklike beleid van die ECB aan die reële ekonomie oordra. Maar die koop van skuld by instellings wat direk deur die ECB toesig hou, is polities en wettig omstrede, wat vrae laat ontstaan ​​oor botsing van belange. Dit kan ook meer privaatskuld koop, maar die bank het reeds uitgebrande korporatiewe effekte gekoop, wat 'n bietjie aptyt vir meer risiko laat. Voorrade is ook 'n moontlikheid, maar dit kan moontlik min beskuldigings lewer dat die ECB slegs die rykes help.
2019/08/22 06:57:48
https://af.eureporter.co/frontpage/2019/08/14/ecb-draghis-parting-gift-to-tie-lagardes-hands/
mC4
Brugslagoffer: Shamonè verlam van onder arms | Netwerk24 Deur Susan Cilliers 03 Februarie 2019 15:13 Verlam: Shamoné Steynvaart. Foto: Facebook Shamonè Steynvaart is van onder haar arms af verlam. Sy is een van die leerlinge in die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark wat Vrydag ernstig beseer is toe 'n loopbrug by die skool ineengestort het. Vier leerlinge het sedert die tragedie gesterf. Dokters in die Life Wilgers-hospitaal in Pretoria het nog Saterdag gespook om lewe in Shamoné, 'n gr. 9-leerling, se onderlyf te herstel. 'n Kennis van die familie het vroeg Sondagmiddag op 'n gebedsblad op Facebook vir die oorlede en beseerde kinders geskryf dis nou bevestig dat Shamonè in haar onderlyf verlam is. "Met toestemming van Shamonè se ma wil ek net 'n update gee oor hul sonskynkind. Dokters het bevestig dat sy wel van onder die arms af verlam is. Die rug is versterk en so ook die arm met penne. "Sy sal sodra dit beter gaan, oorgeplaas word vir rehab sodat die boarms versterk kan word, sodat sy kan leer om haarself in en uit 'n rolstoel (te) help. Die familie bedank almal vir hul boodskappe en gebede. Hou aan bid vir Sussa en so ook al die ander beseerde kinders."
2021/04/22 15:16:31
https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/brugslagoffer-shamone-verlam-van-onder-arms-20190203
mC4
DA eis verskoning van Mbalula oor Mickey Muis-uitlating | Maroela Media DA eis verskoning van Mbalula oor Mickey Muis-uitlating In die jongste voorval is 18 treinwaens uitgebrand. (Foto: Twitter) Die DA eis 'n verskoning van die minister van vervoer, Fikile Mbalula, ná sy kritiek op die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe. Hlophe het vroeër 'n uitspraak gelewer teen die Passasierspooragentskap (Prasa). Luidens berigte het die minister Donderdag tydens 'n besoek aan die Kaapstad-stasie, waar 18 treinwaens oornag uitgebrand is, gesê: "Weet hy [Hlophe] hoe om treine te bedryf? Hy moet homself daardie vraag afvra voordat hy 'n Mickey Muis van homself maak en ons howe verander in iets wat nie gerespekteer kan word nie." Mbalula het die stasie besoek om die skade te inspekteer en het oënskynlik 'n beswaar gehad teen die hooggeregshof se bevinding dat Prasa kontrakte wat hy met veiligheidsmaatskappye opgeskort het, moet herinstel tot daar nuwe veiligheidsmaatreëls in werking gestel kan word. "Ek sal nooit my rug draai op 'n hofbeslissing nie. As die howe sê ons moet die besluit in werking stel om veiligheidsmaatskappye terug te bring, moet die raad daardie stap doen. Óf ons stel dit in werking, óf ons appelleer daarteen," het Mbalula gesê. DA-LP Chris Hunsinger het Mbalula se opmerkings "kinderagtig" en "gemeen" genoem. Volgens hom is Mbalula se latere pogings om sy aanvanklike opmerkings te versag, ook onvoldoende. "Die openbare uitbarsting is onvanpas vir 'n lid van die uitvoerende gesag en kom neer op 'n persoonlike en lelike aanval op regter Hlophe, asook 'n aanval op die regbank in die geheel. Sy verwysings na Mickey Muis is kinderagtig en 'n aanduiding van swak karakter," het Hunsinger gesê. "Dit is duidelik dat minister Mbalula besef het dat sy kru taal uiters onprofessioneel was. Deur te sê dat daar nog besluit moet word of daar teen 'n hofbeslissing, wat hy ieder geval nie respekteer nie, geappelleer moet word, verskoon nie die feit dat hy 'n lid van die regbank wat die uitspraak gelewer het, ooglopend nie respekteer nie en beledig." Hunsinger het gesê Mbalula moet Hlophe en die regbank – wie se uitsluitlike doelwit dit was om passasiers, bates en personeel te beskerm – in die openbaar om verskoning vra. Hy het gesê as Mbalula teen Sondag nie sy stellings terugtrek nie, die DA pres. Cyril Ramaphosa gaan vra om in te gryp. Fikile Mbalula spoorvervoer treine Xander getuig: 'My hart was gebreek toe ek van hul selfmoord hoor' Duidelik n breinsel probleem met ou frikadel en dan ontbreek die basiese respek van die lewe ook #frikadel must fall Frikkie mbalula se mickey muis uitspraak verteenwoordig maar net die ANC elite se siening dat hulle verhewe is bo die reg! Nou waarom sou Prasa die veiligheidsmaatskappy se diens opgeskort het? So nou moet dieselfde een tydelik heringestel word. Duidelik weet mbalula ook nie hoe "treine te bedryf nie " ….anders sou dit nie gebeur het nie !!! Was fikile verkeerd? Hey sy bog gepraat? I think not. Kom ons kyk na Chris Hart, Penny Sparrow, Vicky Momberg, die Middelburg duo, die Coligny manne. Kolskoot Fikile.
2020/11/28 17:13:01
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/da-eis-verskoning-van-mbalula-oor-mickey-muis-uitlating/
mC4
Bafana in Oktober 2 keer in aksie | Netwerk24 Deur Johann de Jager 18 September 2020 14:16 Le Coq Sportif is die klereborg van Frankryk se rugbyspan. Sy kenteken pryk op die regterbors van die truie. Die Franse Rugbyfederasie se haan is op die linkerbors. Le Coq Sportif sal Bafana Bafana ook van November af borg. Foto: Getty Images Die eerste van die twee kragmetings, met Namibië, wat in Windhoek sou plaasvind, is intussen ook na Phokeng buite Rustenburg verskuif. Dié wedstryd teen die buurland sal op 8 Oktober in die Royal Bafokeng-stadion gespeel word, waarna Suid-Afrika op 11 Oktober ook daar teen Zambië te staan gaan kom. Die land se skuif na die vlak 1-inperking maak dit moontlik vir die lande om hier te kom speel. Molefi Ntseki, afrigter van Bafana Bafana Foto: Gallo Images Safa het vroeër die week aangekondig die Bafana-breier, Molefi Ntseki, sal die beheerliggaam Saterdag toespreek omtrent die program wat hy beplan. 'n Woordvoerder van Safa sê Ntseki sal sy groep vir die twee wedstryde Woensdag aankondig. Die twee vriendskaplike wedstryde bied die span slypkans vir sy twee komende wedstryde teen São Tomé & Príncipe. Die twee wedstryde is albei kwalifiserende wedstryde vir die Afrikabeker-toernooi. Bafana Bafana pak São Tomé & Príncipe op 13 November in Johannesburg en drie dae later weer in die wegwedstryd op dié eiland aan Afrika se weskus. Suid-Afrika sal in die eerste wedstryd teen die eilandnasie in die klere van Le Coq Sportif speel. Suid-Afrika se laaste twee wedstryde ter kwalifisering is in Maart 2021 teen Ghana in Johannesburg en teen die Soedan in Khartoem. Die Afrikabeker-toernooi in Kameroen is weens die Covid-19-pandemie tot in Januarie 2022 uitgestel. Bafana het verlede jaar met 0-2 teen Ghana verloor en die Soedan met 1-0 geklop. Suid-Afrika se wedstryde om vir Wêreldbeker-toernooi van 2022 in Katar te kwalifiseer begin in Mei 2021.
2020/10/21 07:14:33
https://www.netwerk24.com/Sport/Sokker/bafana-volgende-maand-2-keer-in-aksie-20200918
mC4
Catharina van Malabar Diagram 17. Jan Bastiaan Rabie, 'n agterkleinkind van, Margaretha Pyl, 'n agterkleinkind van Catharina van Malabar. Catharina van Malabar is 'n voorbeeld van waar die plek van herkoms van 'n persoon in die huweliksregisters duidelik aangedui is. Catharina is van suiwer Indiese afkoms en haar plek van oorsprong word as die kus van Malabar, Indië, aangegee. Haar eggenoot, Cornelis Claasen was van Utrecht, Nederland afkomstig. Hulle is op 15 Maart 1676 in die Kaap getroud. Volgens De Villiers en Pama het die egpaar 6 kinders gehad van wie 'n nageslag in die Europese omgewing in die Kaap opgeneem is. Catharina het egter reeds voor haar huwelik met Cornelis 'n kind by Gabriel, 'n vryswarte van Samboua (?), gehad. Hierdie kind het bekend gestaan as Adriana Gabrielse, Ariaantje van Katrijn, Ariaantje van die Kaap of Adriaentje Claassen. Sy is reeds voorheen (Diagramme 9, 10 en 11) bespreek. Cornelis Claassen was dus die stiefvader van Ariaantje van Cathrijn, 'n persoon "van die Kaap" van "volle kleur". Cornelis en Catharina het 'n dogter, Cornelia Cornelisse gehad. Sy is op 18 November 1674 gedoop. In hierdie geval het die kind dus die voornaam van haar vader as van gekry. Cornelia is gebore toe haar moeder nog in 'n staat van slawerny was. Hulle huwelik is eers twee jaar na Cornelia se geboorte voltrek. Hierdie verbintenis is ook 'n voorbeeld van 'n huwelik tussen 'n Europeër en 'n slavin, maar wat eers voltrek is na die geboorte van die kinders. Hierdie langdurige verhoudings is egter as de facto huwelike tipeer en erken. Voor Cornelia het hulle ook 'n seun, Claas gehad wat in 1673 gedoop is. Hulle het 'n derde kind, Alida laat doop op die dag waarop hulle huwelik voltrek is op 15 Maart 1676. Soos reeds genoem, is die kinders van hierdie huwelik almal onder die Europese gemeenskap aan die Kaap opgeneem en het dus 'n belangrike bydrae gelewer tot die bevolkingsamestelling van die Afrikaner. Dit was veral die geval met vroeë nedersetters, wat uit die aard van die saak 'n groter nageslag sou hê as 'n immigrant wat sê, na 1800 na Suid-Afrika sou kom. 'n Huwelik van 'n slavin met 'n Europeër was voorts 'n ontsnappings-meganisme vanuit slawerny, en het aan die kinders vanuit so 'n huwelik die geleentheid gebied om sosiaal en ekonomies die hoogste sport te bereik. Cornelia se agterkleinkind, Christiaan Rabie, was 'n oupa van Jan Bastiaan Rabie, op sy beurt 'n oupa-grootjie van F.A. Jansen van Olievenfontein. Verwys na Diagram 17.
2019/08/21 12:32:40
http://www.jansenfamilie.co.uk/catharinavmalabar.html
mC4
Marthinus Christiaan Olivier (24/05/1936 - 08/06/2011) Martin is baie skielik na 'n kort siekbed in die Panorama Mediclinic oorlede en word oorleef deur twee broers, Steve en Louis, en 'n suster, Elsa. Ons wil graag ons meegevoel aan hulle betuig met die skielike heengaan van hul broer. Hy is begrawe op die familieplaas Remhoogte in die Clanwilliam-distrik, waar hy ook sy kinderjare deurgebring het. Martin het in 1954 gematrikuleer aan die Hoёrskool Clanwilliam. In 1958 behaal hy die graad BSc Natuurwetenskappe - Landbou aan die Universiteit van Stellenbosch, waarna hy vanaf 1959 tot 1963 werksaam was by die Departement Landbou-Tegniese Dienste in Oos-Londen. Hierna registreer hy by die Universiteit van Toronto, Kanada, waar hy in 1964 die graad Master of Science in Agriculture (MSA) behaal. By sy terugkeer na Suid-Afrika sluit hy weer aan by die Departement Landbou-Tegniese Dienste. Diep beïndruk deur die eerste hartoorplanting deur professor Chris Barnard in 1967, registeer hy in 1968 vir die graad MB ChB by die Universiteit van Stellenbosch en behaal hierdie graad in1973. In 1974 doen hy sy internskap by Tygerberg Hospitaal en daarna beklee hy verskeie mediese beampte-poste by hierdie hospitaal, totdat hy vir die MMed (Derm) registreer. In 1984 behaal hy hierdie graad aan die Universiteit van Stellenbosch. Vanaf 1985 tot en met sy dood werk hy as privaat praktiserende dermatoloog by Panorama Mediclinic. Martin het 'n stil en rustige persoonlikheid gehad en sy vriende sal sy kenmerkende manier van praat en lag onthou. Hy was 'n stoere rugby-ondersteuner. Hy het ook sy liefde vir landbou behou en was baie geheg aan die wingerdplaas langs die Oranjerivier by Kakamas wat hy en sy broer Louis saam bedryf het. Hy het altyd met groot respek teenoor my as sy leermeester opgetree en was bemind by sy pasiёnte, soos wat sommige van hulle sedert sy dood persoonlik aan my meegedeel het. Ek sal hom as kollega en goeie vriend nog vir lank mis.
2020/06/07 05:19:30
http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0256-95742011001000020
mC4
Zoutpansberger | Sport | Northern Knights beklink ses-aan-'n-kant toernooi Die wenners van die afdeling vir gemengde spanne, die Louis Trichardt Tigers. Van links na regs is Stoffel du Toit, Koos Alberts, Jannes van der Goot, Cobus van der Goot, Elize Pretorius en Ika Smit. Foto verskaf. Northern Knights beklink ses-aan-'n-kant toernooi Date: 16 May 2019 By: Die Northern Knights van Polokwane het skoonskip gemaak deur al hul wedstryde te wen tydens die Ses-aan-'n-kant kriekettoernooi wat die afgelope naweek ten bate van Levubu Hokkie op Louis Trichardt gehou is. Die Northern Knights het met gemak deurgedring na die finaal, waar hulle teen die Gripens van Lugmagbasis Makhado te staan gekom het. Die Knights was net te sterk en het redelik gemaklik gewen met 54 lopies. Die beste kolwer van die dag was Wayne Weller-Blaber van die Northern Knights en die beste bouler was Don Mashego, ook van die Northern Knights. Wat die kompetisie vir gemengde spanne betref, was dit die Louis Trichardt Tigers wat met die louere weggestap het. Die Tigers het al twee hul uitdunwedstryde gewen en in die finaal te staan gekom teen die R&S-span van Levubu. Hier het die Tigers met 18 lopies gewen. Die dag is aangebied deur die Levubu Dames Hokkie, ten bate van die Limpopo meestersvroue hokkiespan. Dit is die eerste jaar wat Limpopo 'n meesterspan ingeskryf het vir die liga, en die vroue waardeer al die hulp en bydraes. "Ons wil ook al die personeel van die Louis Trichardt Krieketklub bedank vir die gebruik van die veld, hul hulp met die dag, en dan ook al die spelers vir hulle ongelooflike sportmangees!" het die organiseerders gesê. Die wenners in die mansafdeling was die Northern Knights van Polokwane. Van links na regs staan Asad Mridha, Hermish Ntuli, Asim Bha, Chavani Mathebula, Wayne Weller-Blaber (beste kolwer), Elmé Louw (Levubu Dames Hokkie) en Don Mashego (beste bouler). Foto verskaf.
2020/05/25 00:59:08
https://zoutpansberger.co.za/articles/sport/49981/2019-05-16/northern-knights-beklink-ses-aan-n-kant-toernooi
mC4
Arabies, Persies, turks geografie, jurisdiction, Ontdekkingsreise, Fiqh Olieverf skildery van Ibn Battuta in Egipte Mohammed Ibn Battuta of Ibn Baṭūṭah ten volle ʾAbū ʿAbd al-Lāh Muḥammad ibn ʿAbd al-Lāh l-Lawātī ṭ-Ṭanǧī ibn Baṭūṭah (أبو عبد الله محمد بن عبد الله اللواتي الطنجي بن بطوطة), was 'n Marokkaanse geleerde wat wyd gereis het in die middeleeuse wêreld.[1][2] Oor 'n tydperk van dertig jaar, het Ibn Battuta die meeste van die Islamitiese wêreld en baie nie-Moslem lande, insluitend Noord-Afrika, die Horing van Afrika, Wes-Afrika, die Midde-Ooste, Indië, suidoos-Asië, Suidoos-Asië en China besoek. Naby die einde van sy lewe, het hy 'n rekening van sy reise, getiteld 'n Geskenk aan Diegene Wat die Wonders van Stede en die Wonders van Reis Nadink (تحفة النظار في غرائب الأمصار وعجائب الأسفار, Tuḥfat'n-Nuẓẓār fī Gharāʾib al-Amṣār wa ʿAjāʾib al-Asfār),[3] gewoonlik net verwys as Die Reis (الرحلة, Rihla).[4] Hierdie rekening van sy reise bied 'n beeld van die Middeleeuse beskawing wat vandag nog wyd geraadpleeg word. 'n 13de-eeuse boek illustrasie wat in Bagdad deur al-Wasiti vervaardig is, wat 'n groep van pelgrims op 'n hajj wys. Al wat bekend is oor Ibn Battuta se lewe kom van die outobiografiese inligting wat ingesluit is in die rekening van sy reis, wat daarop dui dat hy van Berber afkoms was,[1] gebore in 'n familie van Islamitiese regsgeleerdes in Tangier, Marokko, op 25 Februarie 1304, tydens die bewind van die Marinid dinastie.[5] Hy beweer afkoms van 'n Berber-stam wat bekend staan as die Lawata.[6] As 'n jong man sou hy bestudeer het op 'n Sunni Maliki madh'hab (die Islamitiese regswetenskap skool), die dominante vorm van onderwys in Noord-Afrika op daardie tyd.[7] Maliki Moslems het Ibn Battuta versoek om as hul godsdienstige regter te dien, aangesien hy van 'n gebied waar dit geoefen is, afkomstig was.[8] ↑ 1,0 1,1 Dunn 2005. 'n Oranjerooi in Delhi — Saoedi Aramco Wêreld artikel deur Tim Mackintosh-Smith (Maart/April 2006). Die Langste Hajj: Die Reise van Ibn Battuta — Saoedi Aramco Wêreld artikel deur Douglas Bullis (julie/augustus 2000). Google Books — skakel aan 'n 2004 heruitreiking van Gibb se 1929 vertaling. Die Franse teks van Defrémery en Wieken (1853-1858) met 'n inleiding en voetnote deur Stephane Yérasimos gepubliseer in 1982: Volume 1, Volume 2, Volume 3.
2022/05/23 12:06:25
https://af.wikipedia.org/wiki/Ibn_Battuta
mC4
Werner Loots sing oor 'Suid-Afrika' in debuutenkelsnit - Afrikaanse Musiek Nuus 6 Junie 2020 6 Junie 2020 Digitaal Werner Loots se debuutenkelsnit, Suid-Afrika, is onlangs vrygestel. Dié liedjie verwoord, met intense emosie die hart van iemand wat sy land só liefhet, dat hy nie anders as om daaroor te sing nie. Werner het van kleins af al 'n groot passie vir sing en musiekmaak. Gedurende sy skooljare in DF Malherbe Hoërskool in Port Elizabeth, het hy as tenoor in die OP-Jeugkoor gesing. Hy onthou nog helder sy eerste duet-optrede op skool saam met sy suster, die bekende aktrise Tinarie van Wyk-Loots. Tydens sy studentejare aan die Universiteit van Port Elizabeth (nou die Nelson Mandela Universiteit) was hy lid van die bekende Junita Lamprecht van Dijk se UPE-koor wat wyd binne en buite Suid-Afrika opgetree het. Dit was hier waar hy in 1997 as eerstejaarstudent en lid van die groep Akoestiek deurgedring het tot die semi-finaal van die ATKV Crescendo-kompetisie. In 2016 skryf Werner in vir X Factor UK (Die Britse realiteits-televisie sang kompetisie geskep deur Simon Cowell) en kry 'n "producers call-back", maar weens omstandighede kon by nie verder daaraan deelneem nie. Nadat Werner as tiener vir Shelley Barnes in Port Elizabeth ontmoet het, verhuis hy in 2000 na Kaapstad om nader aan haar te wees en verwerf ook in dié tyd 'n B Comm (Hons) aan die Universiteit Stellenbosch. Daarna betree hy die advertensiewêreld en werk by die maatskappy Ogilvy in Kaapstad. Oor die volgende tien jaar werk hy in verskillende hoedanighede in Suid-Afrika en Engeland in die advertensiebedryf. In 2010 het hy en sy gesin na Suid-Afrika teruggekeer waarna hy die volgende vyf jaar 'n geestelike bediening beoefen en die graad MTh (cum laude) aan die Universiteit Stellenbosch verwerf het. Werner se passie vir musiek en sing het deur al die jare behoue gebly en só ook sy droom om meer uiting aan hierdie talent van hom te gee. Dit was tydens sy laaste jaar in Londen waar hy en sy gesin ses jaar lank gewoon het, waar die liedjie Suid-Afrika gebore is. Werner het sy land en haar mense so gemis dat hy sy emosies en passie vir Suid-Afrika begin neerpen en dadelik ook getoonset het. Die tyd in Londen was vir hom emosioneel gesproke ook 'n soort "lock-down" weg van sy vaderland, sy kultuur en alles wat bekend en veilig gevoel het. Hy het die liedjie informeel opgeneem waarna dit met die trek na Suid-Afrika voorlopig in sy onderste laai beland het. Hier het sy neef William Wolf, 'n SAMA- genomineerde en goud- en platinum liedjieskrywer, -sanger en -vervaardiger, hom verlede jaar geïnspireer om die liedjie op te neem en uit te reik. Werner is baie opgewonde om sy musiek met een en almal te deel. "Ek is so bly om my debuut-enkelsnit Suid-Afrika met julle te deel. Ek dra dit graag op aan alle Suid-Afrikaners regoor die wêreld. Ek sal graag van nou af meer gereeld nuwe musiek wil skryf en vrystel." Suid-Afrika is in Januarie vanjaar opgeneem en die musiekvideo daarvan is 'n paar maande later tydens die inperkingstyd in Suid-Afrika uitgedink en vervaardig. Met die inperking moes Werner kreatief dink hoe om 'n video saam te stel wat die emosies wat die land by mense opwek, sal uitbeeld. Hy het besluit om die hulp te vra van mense regoor Suid-Afrika om te help met beeldmateriaal. Danksy vriende en kennisse − en wildvreemdes wat gehelp het met nuwe en bestaande beeldmateriaal van regoor SA – en die wonder van tegnologie, kon die video in 'n betreklik kort tyd saamgestel word. Die bekende sanger en liedjieskrywer Jannie du Toit sê daarvan: "Dis vir my 'n mooi liedjie – die tema is mooi bedink en die teks is goed geskryf. Werner se stem is regtig ook vir my besonder mooi." Die bekende Afrikaanse gospel-sanger en liedjieskrywer Jan de Wet sê: "Werner Loots se lied oor ons besondere en pragtige land verklank wat baie mense in hulle harte voel. Die opname is goed, die verwerking kontemporêr en goed gedoen en dra saam met hierdie nuwe stem die boodskap van liefde vir ons land, Suid-Afrika. Ek glo baie mense gaan dit baie geniet om na hierdie mooi komposisie te luister."
2021/01/26 08:25:34
https://afrmusieknuus.co.za/2020/06/06/werner-loots-sing-oor-suid-afrika-in-debuutenkelsnit/
mC4
Voortrekkers trek saam by see in Swartvlei | George Herald Journalist Eugene Gunning | Sunday, 30 June 2019, 08:00 Kobus Muller, wat gehelp het met die reëlings vir die volwassenes tydens die kamp, het net lof vir die gemeenskap van Sedgefield. Die kamp kon Saterdag voltooi word en almal is veilig huis toe. Volgens Muller was dit die 27ste keer wat die kamp plaasgevind het. Deelnemers moet bepaalde vaardighede aanleer om kentekens te verwerf en dit kan net oor 'n paar dae plaasvind. Van die kinders het vir hul seekenteken gewerk en ander vir 'n kenteken, genaamd Afrikanerkind wat meer gefokus het op die geskiedenis en gebeure van die omgewing. Daar is onder meer gekyk na die lewe van die skrywer, Dalene Matthee en die omliggende woude. Kursusse is aangebied na gelang van kinders se ouderdomme. Dit het ingesluit seepret, seeversamelkuns, strandbewustheid en varswaterkunde waarin aandag gegee is aan die lewe by die strandmeer.
2020/11/24 06:50:07
https://www.georgeherald.com/News/Article/General/voortrekkers-trek-saam-by-see-in-swartvlei-201906260122
mC4
EU help lande teen Brexit verliese | Die Vryburger EU help lande teen Brexit verliese Die Europese Unie het aangekondig dat hy die lande wat die meeste skade en grootste finansiële verliese gehad het met die Verenigde Koninkryk se uittrede as lid, sal finansieel ondersteun word. Ierland en Frankryk sal waarskynlik die grootste finansiële hulp kry aangesien die twee lande is wat die grootste ekonomiese skade gehad het. Die Europese Unie regering het die week bekend gemaak dat hulle die groen lig gegee het vir $6.3 miljard van noodhulp aangewend sal word om die state te ondersteun vir hulle skade met Brexit. Ierland sal €1.1 miljard en Frankryk €735 miljoen ontvang uit die noodfonds, wat die grootste bedrae is wat toegeken is aan lande, omdat hulle by verre die meeste skade opgedoen het.
2021/12/05 19:52:45
https://www.dievryburger.co.za/2021/10/eu-help-lande-teen-brexit-verliese/
mC4
Slag van die Nyl - Wikipedia Die Slag van die Nyl (1 Augustus - 2 Augustus 1798) was 'n seeslag waar die Britse Vloot onder leiding van Viseadmiraal Horatio Nelson die Franse vloot verslaan het en Napoleon se leër in Egipte van steun afgesny het. Franse verliese word beraam op soveel as 1 700 gesneuweldes (insluitend Viseadmiraal Brueys) en 3 000 krygsgevangenes. 218 Britte het tydens die seeslag gesneuwel. Deel van Napoleontiese Oorloë Die Slag van die Nyl 1 Augustus - 2 Augustus 1798 Aboukir, Egipte Koninkryk van Groot-Brittanje Frankryk 14 skepe 15 skepe 218 1 700 Slag van die Nyl soos geskilder deur Thomas Luny Napoléon Bonaparte was op die tydstip nog 'n Franse generaal wat vinnig besig was om opgang te maak. In sy poging om die Britse posisie in Indië te bedreig het hy Egipte ingeval en verower. Die veldtog deur Napoleon het ook baie wetenskaplikes, opvoedkundiges en tegniese kundiges ingesluit wat onder andere landmeters ingesluit het wat die moontlikheid om 'n kanaal tussen Rooisee en die Middelandse See te grawe ondersoek het. Voor die inval het Napoleon gerugte versprei dat hy 'n inval in Ierland beplan. Dit het die Britte oorreed om die westekant van die Middelandse See te bewaak en Napoleon se vloot toegelaat om na Egipte te seil sonder enige teenstand. Drie weke na sy leër aan wal gegaan het, het 'n Britse vloot van 14 skepe onder leiding van Horatio Nelson wat naarstigtelik opsoek was na die Franse vloot uiteindelik op die 15 Franse skepe afgekom in die baai van Aboukir in Egipte. VoorbereidingsWysig Die Britse vloot het die Franse vloot net voor sononder op die 1ste Augustus genader. Die Franse vloot was in die Baai van Aboukir geanker in vlak water minder as 14 m diep naby 'n sandbank. Die Franse vloot het die sandbank gebruik om die bakboordkant van hul vloot te beskerm terwyl hulle stuurboord na die oop see gerig was. Brueys wat bekend was met Nelson se taktiek het sy geankerde skepe aanmekaar vasgeketting om te probeer verhoed dat die Britse vloot deur hul lyn sou sny. Bruey het verwag dat die slag die volgende dag sou begin aangesien hy geglo het dat die Britte dit nie sou waag om snags in vlak, onbekende waters in 'n konfrontasie betrokke te raak nie. Voorbereidings aan die Franse kant was daarom nie so dringend nie en daar bestaan ook die moontlikheid dat die Franse vloot sou probeer het om gedurende die nag te ontsnap. Iemand op Thomas Foley se skip die Goliath het agtergekom dat daar 'n gaping tussen die voorste skip van die Franse vloot en die land daarnaby was. Hy het geraam dat die ankerkettings diep genoeg sou wees om sy skip toe te laat om bo-oor te vaar. Die Goliath het deur hierdie gaping gevaar saam met 'n paar ander Britse skepe en sodoende is die Franse vloot van beide kante af aangeval. Die Franse skepe was waarskynlik nie voorbereid op 'n aanslag van die bakboord kant af nie en hul kanonne aan daardie kant was waarskynlik nie voorbereid daarop nie. Een van die Britse skepe die Culloden is gestrand maar die oorblywende skepe het voortgevaar en baie skade aan die Franse skepe aangerig. Die vlagskip van die Franse vloot die L'Orient is deur die Bellerophon bestook maar is ontmas en het hulpeloos weggedryf. Daarna het die Alexander en die Swiftsure hom bestook. Om 21:00 het die L'Orient aan die brand geslaan en was daar 'n verposing in die slag met skepe wat probeer het om meer afstand tussen hulle en die brandende skip te plaas. Rondom 22:00 het die brand die magasyn bereik en het die skip ontplof en die skip uitmekaar geskiet. Slegs 'n honderd van die L'Orient se bemanning van 'n duisend het oorleef. Die skokkende ontploffing het byna 'n 30 minute verposing in die slag meegebring. Slegs twee van die Franse skepe aan die een kant van hul lyn, die Le Généreux en die Guillaume Tell saam met twee fregatte, die Diane en die Justice kon daarin slaag om te ontsnap. Die oorblywende skepe is almal gebrand of gevange geneem op die 2de Augustus. Nelson is tydens die geveg getref toe 'n kartets bo hom ontplof het terwyl hy op die dek gestaan het. Die geneesheer het hom ondersoek en bevind dat die wond oppervlakkig was, al wou Nelson dit nie aanvanklik glo nie (hy het selfs die kapelaan laat ontbied omdat hy geglo het hy lê op sterwe). Nelson het egter ten volle van die wond herstel. Die nuus van die oorwinning het Brittanje nie dadelik bereik nie omdat die skip wat die nuus na Brittanje moes neem gevange geneem is na 'n woeste geveg met die Le Généreux wat tydens die geveg by Aboukir baai ontsnap het. Nelson het na Italië vertrek waar die Vanguard by die baai van Palermo gestrand is. Hier het ook een van die meer omstrede voorvalle tydens Nelson se loopbaan plaasgevind naamlik die teregstelling van Prins Francesco Caracciolo. Napoleon wat reeds sy leër aan wal gesit het, het sy verowering van Egipte voltooi en verder gegaan en Sirië ook verower. Die politieke situasie in Parys het egter verander. Hy het sy troepe agtergelaat en teruggekeer na Frankryk om beheer te neem van die staatsgreep wat sou lei tot sy verkiesing as die Eerste Konsul. Napoleon het homself daarna as Keiser gekroon op die 2de Desember 1804. Die seeslag het die Britse heerskappy op see gevestig vir die duur van die Franse Rewolusionêre oorloë en was 'n belangrike bydrae tot die groeiende faam van Admiraal Nelson. Anderson, R.C. Naval Wars in the Levant, 1559–1853. Princeton, Princeton University, 1952. ISBN 1-57898-538-2 Connelly, Owen. Blundering to Glory: Napoleon's Military Campaigns. Wilmington, DE: SR Books, 1999. ISBN 0-8420-2780-7 Taylor, Gordon Clifford. The Sea Chaplains. Oxford: Oxford Illustrated Press, 1978. ISBN 0-902280-56-2.
2020/07/03 21:16:11
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Slag_van_die_Nyl
mC4
5586101 Gepubliseer op 24 Augustus 2009 | Geskryf deur chris | | | Trefslae: 4296 'n Verteenwoordiger van die nasionalistiese party Vlaams Belang, mnr Tanguy Veys, het kapsie gemaak teen die verandering van die Oos-Vlaamse Provinsie se embleem waarin selfs die uitbeelding van die leeu heeltemal verwyder is. Hy is van mening dat die vorige embleem duidelik gespreek het juis vanweë sy eenvoud en heraldies verantwoordbaar was. Dat die Oos-Vlaamse Provinsiebestuur voel dit is te ouderwets en vervang moet word is onaanvaarbaar. Die Provinsiebestuur het egter reeds opdrag gegee aan 'n navorsingsburo vir 'n nuwe embleem. Mnr Veys beskryf die nuut voorgestelde embleem as 'n aapstert wat eerder op e-posse hoort as in 'n embleem. Bowendien is die oorspronklike spreuk: 'Oost-Vlaandere,Óns Vlaandere' vervang deur: 'Oost-Vlaandere, vir ieder van ons'. Mnr Veys is van mening dat hierdie uitermatige groot uitgawes in 'n tyd waar almal gevra om besparend te werk te gaan, onverantwoordelik is en het op 'Facebook' 'n aksie begin om die ou embleem terug te kry. 'Ieder en elk' word gevra om hierdie aksie te ondersteun deur op die skakel te kliek http://www.new.facebook.com/group.php?gid=139299670352
2019/06/27 02:42:34
http://www.afrikanervolksparty.org/index.php?option=com_content&view=article&id=1297:oos-vlaandere-nou-ieder-en-elk-&catid=38:nederlandse-nuusflitse&Itemid=33
mC4
Afrika Sendingwerk Gebedsbrief - Frontline Fellowship ​Afrika Sendingwerk Gebedsbrief Liewe familie, vriende en medegelowiges Binnekort vertrek ek as deel van 'n span van vyf op 'n sending na sewe kontreie in Afrika: Zimbabwe, Namibië, Zambië, Malawi, Swaziland, Botswana en Tanzanië; waar medegelowiges 'n begeerte bekendgemaak het vir verdere Bybelopleiding en Christelike hulpbronne om mee uit te reik in hulle gemeenskappe. Ons gaan om spesifieke kerke, medegelowiges, skole en konferensies te besoek; God se Woord aan hulle te verkondig en die wat reeds glo in Christus as ons Verlosser aan te moedig om sterk te staan in die geloof en dit uit te dra. Ons vat twee ton literatuur saam om by verskeie plekke af te lewer; Bybels (in verskillende tale) en ander Christelike boeke. Abrie en Daniel gaan werkswinkels aanbied vir dominees oor hoe om Bybelse preke in konteks te lewer; ons gaan die dominees spesifiek aanmoedig om deur die Evangelie van Johannes te preek. Ek en Talita gaan Bybelverhale en lesse vir vroue en kinders aanbied, uitreik waar ons kan, en kosmaak. Ons gaan "Boxes of Love" uitdeel vir pensionarisse wat hulle pensioengeld verloor het tydens die ekonomiese ineenstorting in Zimbabwe. In elke geskenk boks is kos, medisyne, literatuur en ander geskenkies. Gebed ondersteuning Bid asseblief dat: God hierdeur geëer sal word en dat Sy Koninkryk sal uitbrei, dat Hy deur die Heilige Gees harte gereed sal maak om die Evangelie met vreugde te ontvang. Die dominees aangemoedig sal word om Sy Woord in waarheid met ywer te verkondig. Die vroue en kinders gretig sal luister na wat ons hulle van God se Woord leer, dit sal onthou en dit sal uitleef. God ons krag en leiding sal gee om sy Woord met geesdrif in waarheid en met liefde vir ons naaste te verkondig. Die Bybels en boeke wat ons gaan aflewer in die regte hande sal beland en gebruik sal word tot eer van God. Frontline Fellowship, wat ons uitstuur, sal aanhou om God te eer en Sy Leiding te ontvang in die werk wat hulle doen. Deur Frontline Fellowship het ek hierdie jaar ontsaglik baie geleer. In Januarie het ek die Biblical Worldview Summit en die Great Commission Course bygewoon waar ons geleer het hoe om 'n Bybelse werelduitkyk in alle areas van die lewe toe te pas. 'n Oog opener vir my was hoe die media en meeste skole mense indoktrineer met leuens en ons probeer aflei van wat werklik belangrik is. Ons het geleer hoe om effektief te evangeliseer en op baie uitryke gegaan. Met bokse vol boeke in ons rugsakke het ons Tafelberg geklim en 'n paar maal "Bybelsmokkelaars" gespeel in die woude. ​In Junie was ek deel van 'n Suid-Afrika sending na: Pretoria waar ek die span van Frontline ontmoet het en ons 'n "Biblical Worldview Summit" aangebied het. Mukhanyo se seminaar wat ons bygewoon het; waar ek die kans gekry het om met dominees en sendelinge van oraloor Afrika te praat en te leer hoe hulle God se Woord uitdra in hulle gemeenskappe. Addullam Mission naby Secunda, waar ons lesse gegee en Christelike literatuur afgelaai het. KwaSizabatu Mission in KwaZulu-Natal waar ons 'n jeugkonferensie bygewoon het en 'n toer deur hulle ryklik geseënde en diverse boerdery gekry het. Verskeie plekke waar ons altesaam twee ton Christelike Literatuur versprei het tydens die sending. Port Alfred waar ons literatuur uitgedeel het en Dr. Hammond 'n lesing oor 'n Christelike Leefstyl aangebied het. Wolwe Reddings Sentrum waar ons gestop het oppad terug na Frontline se hoofkantore in Kaapstad, hier het ons baie geleer van wolwe, hul geskiedenis in Suid-Afrika en hoe wonderlik God hulle gemaak het. ​Ek doen die Missionary Apprenticeship Program waar ek teorie maar ook baie praktiese werk doen en op die oomblik voorberei vir die sending deur Afrika. Boekverkope Befonds die Sendingwerk Alle fondse wat gemaak word uit die boeke, oudio en visuele- hulpbronne, wat Christian Liberty Books www.christianlibertybooks.co.za verkoop, ondersteun die evangelisering en sendingwerk in Afrika. Oorweeg asseblief om ons te ondersteun deur 'n boek, CD of DVD vir jouself, of 'n vriend te koop, om die opkomende sendingreis te ondersteun. Klik hier www.frontlinemissionsa.org om Frontline Fellowship se webwerf te besoek en meer te lees van hulle werk in Afrika, Kaapstad en die onlangse sendingwerk in Sudan.
2022/05/19 06:14:53
https://www.frontlinemissionsa.org/alieske-vant-foort/afrika-sendingwerk-gebedsbrief
mC4
18 Junie 2020 | Maroela Media Alles vir Donderdag 18 Junie 2020 ANA-dpa · 18 Junie 2020 Dit is waarskynlik die eerste keer dat 'n videospeletjie op 'n nasionale vlak ingesluit word in 'n kurrikulum wat gewoonlik slegs uit leesmateriaal staan. Jan-Jan Joubert · 18 Junie 2020 Dit is hoe pres. Cyril Ramaphosa Donderdag 'n parlementêre vraag deur die waarnemende DA-leier John Steenhuisen gesystap het oor die sinvolheid of sinnelossheid van die voortgesette onwettigheid van sigaretverkope. African News Agency · 18 Junie 2020 Ryan Stramrood (46) van Kaapstad kan met trots spog dat hy Woensdag vir die 109e keer die see tussen Robbeneiland en Bloubergstrand oorgesteek het. Andrew Raichlin, direkteur van Amazon-kliëntediens in Suid-Afrika, het gesê dié nuwe poste weerspieël die maatskappy se volgehoue toewyding tot ekonomiese ontwikkeling in Suid-Afrika. Mag hierdie teksverse jou vandag troos en bemoedig. Die hoofkantoor van die departement van binnelandse sake in Pretoria is gesluit ná 'n algemene werker positief getoets het vir Covid-19. Die perfekte tapyt vir elke vertrek Promosie · 18 Junie 2020 Met 35 jaar se ervaring kan Rugs Original beslis beskryf word as die leier in die mark wanneer jy op soek is na die perfekte tapyt vir jou huis. Die slagoffer en sy verloofde was op pad om te gaan slaap toe hulle 'n geluid by die voordeur hoor. Brendon Staniforth · 18 Junie 2020 Soos mense minder en minder sedanmotors koop, skuif hulle oor na sportnutse toe. Só vier Frankryk die dag toe Charles de Gaulle 'n pleidooi aan sy landgenote gerig het tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die SAUK probeer nou al 'n geruime tyd om poste te verminder. Leonie Bezuidenhout · 18 Junie 2020 Hulle word aangekla van 47 klagte, insluitend 12 aanklagte van diefstal, sewe van bedrog, 15 van korrupsie en sewe van geldwassery. Maroela-redaksie · 18 Junie 2020 "Die voorvalle is net 'n paar van talle wat aandui dat boere onder beleg is deur misdadigers." Christel Cornelissen · 18 Junie 2020 Die EFF sê die verslapping van regulasies is irrasioneel terwyl infeksies toeneem. Hy sê dat Ramaphosa swig onder die druk van sogenaamde witmonopoliekapitaal en dat die verbod op alkohol weer ingestel moet word.
2022/05/28 17:45:38
https://maroelamedia.co.za/2020/06/18/
mC4
Plaaslike sementprodusente wil invoere stuit | Maroela Media Plaaslike sementprodusente gaan binnekort aan die parlement se deur klop om 'n ingrypingstrategie in die sektor van stapel te stuur. Die sementbedryf maan al maande lank dat dit nie teen die oorvloed goedkoop sementinvoere kan meeding nie en het al voorheen by die departement van handel en nywerheid én die Suid-Afrikaanse handelsadministrasiekommissie (Itac) aangeklop om die bedryf te ondersteun deur middel van tariewe. Bryan Perrie, 'n bedryfswoordvoerder en besturende direkteur by die Concrete Institute sal die week voorleggings aan die parlementêre komitee doen. "Ons wil nie mededinging stuit nie, maar vra slegs dat dit regverdig is. Om in Suid-Afrika 'n onderneming te bestuur kos baie meer as wat dit in ander lande, wat sement hierheen uitvoer, kos." Volgens Industry Insight, 'n konstruksie-intelligensieagentskap, het sementinvoere na Suid-Afrika met 293% gestyg tussen Julie verlede jaar en Julie vanjaar. Na verwagting sal die syfer vanjaar verder styg. "'n Bestaanskrisis staar tans die bedryf in die gesig, wat dreig om die industriële kapasiteit van die land verder oor die afgrond te druk. Ons het dringende optrede nodig en het Itac gevra om 'n beskermingsaksie in te stel teen goedkoper sementinvoere. Tans is invoere amper 45% goedkoper as plaaslike produsente se pryse. Dit versteur die mark se pryse," sê Perrie. Die plaaslike bedryf gaan al heelwat jare gebukkend onder 'n swak ekonomie. Die sementvervaardiger PPC is een van talle Suid-Afrikaanse konstruksieondernemings wat sakereddingsplanne moes instel. Die onderneming bestaan al sedert 1892. Hy voeg by dat die Suid-Afrikaanse sementbedryf aan soveel regulatoriese vereistes moet voldoen, waaronder die nuutingestelde koolstofbelasting en stygende energiekoste, waaraan oorsese produsente nie hoef te voldoen nie. "Die plaaslike sementbedryf betaal enorme bedrae belasting wat bydra tot die staat se fiskus en nasionale ontwikkeling bevorder, iets wat die oorsese firmas ook nie doen nie," sê hy. Volgens die Construction Industry Development Board (CIDB) se konstruksie-moniteringsverslag vir die derde kwartaal van 2018 dra die bedryf by tot 8% van formele indiensneming in Suid-Afrika en tot 17% in die informele sektor. Tussen 2009 en 2017 het die bedryf 170 000 werksmoontlikhede in die formele sektor geskep, met 93 000 in die siviele sektor en 76 000 in die boubedryf. "Die land se grootste uitdaging tans is werkloosheid, wat tot onrus lei en ekonomiese groei stuit." As die plaaslike infrastruktuurbedryf en vervaardigingskapasiteit gestimuleer word, kan die werkloosheidskrisis ook beter aangepak word. Geleenthede word ook vir jongmense en volwassenes geskep, sê Perrie. "Goedkoop sement gaan egter tot hierdie krisis bydra en sal tot verliese oor die hele waardeketting lei." Perrie wys verder uit dat die plaaslike sementbedryf die kapasiteit het om 20 miljoen ton sement per jaar te vervaardig, hoewel dit tans slegs 13 miljoen ton per jaar vervaardig. "Ons wil deel wees van die inklusiewe groei wat pres. Cyril Ramaphosa by die Wêreld- Ekonomiese Forum in Kaapstad voorgestel het. Hy het gesê dit is nou Afrika se tyd, en Afrika se eeu, en ons wil dit op ons bedryf toepas." Perrie voer aan dat die bekragtiging van die plan vir die Afrika- kontinentale vryhandelsgebied (AKV) slegs sal werk as daar vir groei in infrastruktuur voorsiening gemaak word. "As ons dit nie kan verskaf nie, kan handel nie bewerkstellig word nie. Ons het paaie, brûe, hawens en lughawens nodig. Die AKV benodig die oorlewing van 'n plaaslike, goed gereguleerde en doeltreffende sement- en betonbedryf." konstruksie Werkloosheid Die regering sal wakker skrik as dit klaar te laat is. Die vakbonde betrokke verstaan nie, en probeer nie verstaan nie. Daar kan maar miljoene werkloos wees. Solank die 100 of so wat werk het goed betaal word. 'n Ander ding wat ek ook wonder, is hierdie ingevoerde sement op standaard. Daar word soveel gemors uit Sjina ingevoer, en dan is die goed so substandaard, dat jy dit na 'n kort tyd weer moet vervang. In die verlede het die SABS ons beskerm, maar deesdae is daar geen beskerming meer nie en kan ons vir dieselfde gemors oor en oor en oor betaal. Hierdie goedkoper sement is ook vilgend my nie dieselfde kwaliteit as PPC selfs al dui die sak dit so aan. Meer krake kom is vloere voor wat daarmee gegooi is. Wie se skuld is dit dat plaaslike produkte onbekostigbaar is ? As die verbruiker dit nie kan bekostig nie , moet die deure maar sluit .
2021/04/20 19:47:27
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/plaaslike-sementprodusente-wil-invoere-stuit/
mC4
Ek is baie lief vir Fynbos. Sedert 2008, het ek Fynbos blomme deel gemaak van my Kuns en ek sal seker altyd Fynbos in my werk gebruik. Dit is sterk plante, eie aan SA, maar die Fynbos Biosfeer is ook broos en kwesbaar en moet bewaar word. Ek vind in Fynbos dieper, Geestelike ooreenkomste met menselewens. Soos die Fynbos van tyd tot tyd deur veldbrande moet gaan om 'n beter blom in die volgende seisoen te verseker, moet ons ook gereeld deur ons Skepper gelouter/gesuiwer word om tot Sy eer te blom. Dis die pad van Heiligmaking wat ons stap. In my mees onlangse werke, gebruik ek veral woestynplante as temas. Ek is lief vir Aalwyne. Aalwyne staan sterk in droogtes en blom waar hul geplant is. Dit het ook helende eienskappe. Die helder oranje blomme lyk soos kandelare van vuur herinner my daaraan dat ons die lig vir die wêreld moet wees. Ek teken ook doringbome uit woestyngebiede. Ons gesin is baie lief daarvoor om in die Kalahari vakansie te hou. Ek kom dan ateljee toe en teken met pen-en-ink Acasias en Kameeldorings. Die pen-en-ink sluit vir my mooi aan by die doring-agtige bome. Die dorings herinner my daaraan dat Jesus as Koning gekroon is. Ek het ook onlangs 'n reeks Artisjokke gemaak in Lino-snieë. Die Artisjok is vir my 'n gunsteling groente, maar het ook 'n dieper simboliek. Die harde, buite blaartjies van die artisjok moet afgetrek word voor jy by die hart uitkom (die smaaklikste deel). Net so haal ons God ook ons lagies af totdat hy by ons hart kom – dit wat vir Hom die belangrikste is. 3. Ons leesblad is gebasseer op die waarheid dat ons toegerus is met alles wat ons nodig het om vandag 'n sukses te maak M.a.w, Moenie kyk na alles wat jy nie het nie, gebruik wat jy het, net waar jy is! Het jy 'n storie waar dit ook 'n waarheid was vir jou? Dit wat ek by die Here gekry het, is 'n passie en 'n ware liefde vir kunsmaak. Hy verwag van my om hierdie geskenk vir Hom terug te gee deur dit tot Sy eer te gebruik. En dit is wat ek doen. Ek kom elke oggend in my ateljee in en doen net wat ek moet doen daardie oggend. (Dit verg wel dissipline – veral as ek nie geïnspireerd voel nie.) Ek kies my tema, ek kies my medium en ek begin werk. Dan kom ontmoet Hy my net daar en kom wys my waaroor my werk regtig gaan… die simboliek daaragter. Hierdie waarhede skryf ek soms in die kunswerk en versteek die boodskap tussen die beelde of kleure. Dis so eenvoudig soos dit. Ek glo dan dat elke kunswerk by sy voorafbepaalde eindbestemming sal uitkom – en daar – die dieper boodskap verder sal uitdra. 'n lig vir die wêreld… Ek doen net my deel in God se Koninkryk. Ek hoef nie alles te doen nie. Hy doen die res. 4. Waar kan mense meer van jou werk te siene kry? www.hermienart.co.za Ek laai ook gereeld my nuutste werk op my Facebook blad. My pen-en-ink tekeninge van fynbos blomme is te koop in die klip winkel op Tafelberg in Kaapstad. 5. Watter raad het jy aan jong kunstenaars? Die beste raad wat ek as kunstenaar gekry het, was van my dosent (Daan Roestorff) op Stellenbosch en dit is ook my raad aan jong kunstenaars: Teken elke dag iets! Wanneer jy besig is met kunsmaak, kom die kreatiewe idees na jou toe. Moenie wag daarvoor nie. Teken of verf eerste. 6. Ek het hierdie kunswerk van jou op die internet raakgeloop. Wat is die storie agter hierdie stuk?Hierdie werk is ongelukkig reeds verkoop. (Ek het dit in 2013 gemaak.) Titel: Gekroon (Speldekussing Kroon) Medium: Drukkersink/ Houtskool/ Pastel/ Grafiet/ Pen-en-Ink Grootte: 595mmx420mm Openbaring 6:2: Bly getrou tot die dood toe en Ek sal julle die lewe as kroon gee. Matteus 11:30 My juk is sag en my las is lig Hierdie portretstudie is gedoen in gemengde media op papier. Dit beeld 'n dogter van ons Koning uit: 'n Suid-Afrikaanse Prinses met 'n kroon op haar hoof. Die kroon is 'n doringkroon: 'n speldekussing fynboskroon. Maar anders as Jesus se kroon, is speldekussings sag en lig. Jesus nooi ons om sy juk op te neem, want sy juk is sag en sy las is lig. Ek het die woorde 'gekroon' op die plekke in die werk 'versteek' in goue ink. 7. 'n Lewens leuse (life quote) wat jou inspireer? Rom 12:1: "… gee dan julleself aan Hom as 'n lewende en heilige offer."
2019/01/20 20:51:55
http://nasieinspirasie.blogspot.com/2016/02/kunstenaar-hermien-van-der-merwe-deur.html
mC4
Die mees effektiewe los dae Sport Dieet Los dae Droom jy daarvan om ontslae te raak van ekstra pond, maar sonder wilskrag? Begin met die vas dae. Kies 'n resep en hudey met plesier - die mees effektiewe los dae sal jou help! Benoem 'n spesifieke dag van die week 'los' en verander dit in 'n tradisie. Dit is dus sielkundig makliker om 'n dag van die gewone skottelgoed te weier. Die beginsel van die dieet is eenvoudig: die vermindering van die energiegewig van voedsel vanaf 2000-3000 kcal tot 900-1000 kcal, jy dwing die liggaam om 'n reserwe meganisme in te sluit, dit wil sê, dit begin om die vermiste energie te vul ten koste van opgehoopte liggaamsvet vir die mees effektiewe losingsdae. In hierdie geval doen jy geen skade aan die liggaam nie, aangesien die voedingsbeperkings kortstondig is. Op 'n vasdag, sorg vir 'n gunsteling of net aangename besigheid. Byvoorbeeld, gaan na 'n skoonheidsalon, stap saam met 'n meisie in die stad of na werk na die swembad. Dit sal aflei van gedagtes oor kos en 'n gevoel van viering skep. Seldery en gemmer Selderwortelsoep en gemmertee is die perfekte kombinasie vir diegene wat nodig het om gewig te verloor. Nuttige en effektiewe stowwe in die samestelling van seldery is perfek gebalanseerd en maklik om te verteer. Dit het dus 'n sterk skoonmaak en verjongende effek op die liggaam. Voorberei van die wortel van gemmertee, addisioneel, "versnel" die metabolisme. Dit is as gevolg van die essensiële olie in gemmer. Gembertee: Sit 'n dun gesnyde sny (3-4 cm) gemmerwortel in 'n termos (1 l), gooi kookwater en drink die hele dag. Sop met die wortel van seldery vir die mees effektiewe vasende dae: 300 g wortels sny, vul met steil kookwater en aan die brand gesteek. 200 g selderwortel in stroke gesny en verpak in groente-olie (verkieslik olyfolie). Wanneer die wortels gekook word, voeg die voorbereide seldery by, kook nog 'n minuut. Voltooi die sop met kruie. 1. "Fit" pas diegene wat gewig wil verloor, maar het nog nie die regte program vir hulself of in beginsel opgetel teen 'n dramatiese verandering in voeding nie. Caloriese inhoud van elke dag is gewoonlik van 900-1200 kcal. 2. "Hungry" bestaan ​​uit 'n enkele produk, byvoorbeeld kefir, waatlemoen, appels ... Omdat die kalorie-inhoud van sulke dae nie 900 kalorieë oorskry nie, kan jy net een keer per week of die dag na die vakansie op so 'n dieet sit. Gewoonlik, diegene wat effektief wil verloor, word aangeraai om aartappels op te gee. Intussen bevat 100 g groente slegs 90 kcal, soos in joghurt. Daarbenewens bevat onder die dun vel van 'n jong aartappel tot 80% van alle nuttige stowwe - vitamiene en minerale (kalium, magnesium, yster en natrium). Uitstekende effektiewe toevoeging tot die aartappel-losdag sal minerale water sonder gas wees. Gekookte aartappels: 500 g jong aartappels was deeglik met 'n kwas en dip in kookwater. Voltooide aartappels in 'n bak gelê, strooi groente-olie (verkieslik druiwe-saadolie) en sprinkel met groen (dille). Hou jy van avokado's? Nie tevergeefs nie. Dit is ryk aan kalium, vitamiene B2 en E. Daarbenewens danksy die groot hoeveelheid maklik verteerbare vette, kan die avokado jou nie lank en al na die mees doeltreffende los dae honger ly nie. Dit is hoekom hierdie olierige vrugte aanbeveel word om in die aflaai van dieet in te sluit. Ons stel voor om effektiewe geregte van avokado met lemoensap te kombineer. Vitamien C, wat in sitrus voorkom, versnel die metabolisme en smelt oormaat vet. Slaai van avokado en arugula: skil die avokado (verwyder die been), sny in die helfte, gooi suurlemoensap, voeg 'n blender saam met 150 g arugula. Al die sweep. Dan is die gekapte aartappels in 'n slaaisous, peper, versier met groente. Sorg apart wortels en groente. Waar is minder cholesterol? Diegene wat botter beskou as die hoofverskaffer van cholesterol aan die liggaam, is verkeerd. In botter is dit nie soveel nie - van 0,15% tot 0,3%. In sommige soorte kaas bereik die cholesterolgehalte 1,7%, en in gekookte wors tot 6%. Eet sowat 20 g botter per dag, en jy kry slegs 9% van die toelaatbare dosis cholesterol. Die droom van die minnares Wie sou weier om 'n stukkie tuisgebakte brood wat in sy mond smelt, af te breek? Maar om brood te bak, is so 'n moeite ... Nie by die broodmaker LG HB-2001BY nie. Sy sal die harde werk op homself neem - jy moet die produkte aflaai, kies die modus en selfs die kleur van die kors, druk die knoppie en spoed op besigheid. Jy kan nie net effektiewe gewone witbrood proe nie, maar ook met neute, rosyne en sade, en die "Verhit" -program sal help om die brood vir 3 uur warm te hou. Terloops, as jy dink dat die effektiewe LG HB-2001BY nodig is, is dit net vir die brood om te bak, dat jy verkeerd is. Met hierdie slimmasjien berei jy nou in twee mate jam, botter of joghurt voor. Jy moet bestanddele byvoeg, die regte program kies, en die belangrikste - wil iets lekker hê.
2022/05/19 15:49:32
https://af.inditics.com/die-mees-effektiewe-los-dae/
mC4
Nog 'n verspotte verkwisting | Die Vryburger Die departement van Toerisme in Wes-Transvaal het met 'n verspottigheid sowat R4.5 miljoen verkwis om 'n "snaakse valhek" op te rig. Asof dit nie groot genoeg is nie, is nog R3,4 miljoen verkwis om 'n heining op te rig by die Taung Hotel Skool wat vir R6 miljoen aangekoop is. Die Departement wat met die verkwisting probeer om toerisme te lok, het glo geen vooraf navorsing gedoen om te bepaal wat die verwagte uitwerking van die verkwisting sal wees nie. Nou word iemand gesoek wat verantwoordelik was vir die onsinnige verkwisting van geld wat die Departement in alle geval nie gehad het nie. Die Toerisme Departement wil ook vasstel wie besluit het om sulke snaakse valhekke op te rig sonder om 'n behoorlike tender prosedure te volg.
2020/06/03 18:06:06
https://www.dievryburger.co.za/2019/11/nog-n-verspotte-verkwisting/
mC4
'Aan die vrugte word die boom geken' | 4windkoinonia ← 'Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel…' Foundational Themes in Genesis (Motivation for this study) → 'Aan die vrugte word die boom geken' Posted on Oktober 9, 2018 by 4windkoinonia Daar is inderdaad twee hoofdele wat ons van kennis moet neem met betrekking tot die mens — daar is 'n hemelse deel in die mens (die bewussyn of die onsigbare denke van die mens) en daar is 'n aardse deel in die mens (fisiese liggaamlike deel). Die volgende woorde het nie net toepassing op die uiterlike kosmos nie, maar wel ook op hierdie twee aspekte van die mens self: Gén 1:1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape. Ons kan duidelik uit die Skrifte sien dat ons vleeslike liggaam 'n aardse oorsprong het: Gén 2:7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens 'n lewende siel geword. As dit egter kom by die hemelse deel van die mens, dan is dinge nie meer so duidelik vir almal nie. Die mens se fisiese brein het die vermoë om 'n bewussyn (denke) te akkomodeer, en dit is hierdie deel van 'n mens se wese wat in die Skrifte as "hemel" na verwys word. Dit is hier waar God op 'n geestelike vlak met die mens werk. As ons nie hierdie kennis besit nie, is die dinge van die hemele geslote vir ons – die hemel is dan soos "koper" en dit is nie 'n goeie ding nie. Deu 28:20-24 Die HERE sal teen jou stuur die vervloeking, die verwarring en die bedreiging in alles waar jy jou hand aan slaan, wat jy moet doen; totdat jy verdelg is en totdat jy gou tot niet gaan vanweë die boosheid van jou handelinge, dat jy My verlaat het. 21 Die HERE sal maak dat die pes jou aankleef totdat Hy jou vernietig uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem. 22 Die HERE sal jou swaar tref met tering en koors en vurige koors en ontsteking en droogte en brandkoring en heuningdou; en hulle sal jou vervolg totdat jy omkom. 23 En jou hemel wat bo jou hoof is, sal koper, en die aarde wat onder jou is, yster wees. 24 Die HERE sal die reën van jou land poeier en stof maak; van die hemel sal dit op jou afkom totdat jy verdelg is. Die natuurlike mens se denke is van ons geboorte af aardsgebonde. Dit is ons aanvanklike bewussyn wat stelselmatig in ons ontwikkel na ons geboorte – ons 'eerste hemel' word oopgerol soos ons ontwikkel in ons aardse denke: Rom 8:5 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge… Die mens se natuurlike denke is onlosmaaklik aan sy aardsheid gekoppel en soos hy dink, so is hy – aards en geheg aan aardse dinge. Spr 23:7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy; eet en drink, sê hy vir jou, maar sy hart is nie met jou nie. Die vrugte van die boom weerspieël dus die tipe boom: Mat 7:16-20 Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. 'n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie! 17 So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar 'n slegte boom dra slegte vrugte. 18 'n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom ook geen goeie vrugte nie. 19 Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. 20 So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken. Alles wat op die aarde manifesteer, is bepaal in die hemel (die denke / bewussyn). Ons aardse dade is 'n refleksie van ons denkwêreld. Soos die aardse liggaam die sonde en die dood voorstel, so is die mens se denke ook sonde en dood: Rom 7:17 Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. Rom 8:6a Want wat die vlees bedink, is die dood… Jak 1:14-15 Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. 15 Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort. Die denke van die mens is van nature af nie ingestel op die geestelike dinge van God nie, en daarom ervaar ons die dieper geestelike dinge van God as oninteressant en droog: Hulle wat die dinge van die gees van God bedink, het lewe en vrede. Rom 8:6b …. wat die Gees bedink, is lewe en vrede, Dit is duidelik dat die eerste mense, Adam en Eva, in vlees geskep was en dus aards was met aardse denke. Dit is duidelik in hul optrede (vrugte). Die natuurlike mense het geen belangstelling in God se geestelike dinge nie, veral nie in God se Boom van Lewe nie! Jes 53:1-2 Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die HERE geopenbaar? 2 Hy tog het soos 'n loot voor sy aangesig opgespruit en soos 'n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie. Dit is presies wat Adam en Eva in die tuin ervaar het, wat bewys lewer van hul geestelike posisie. Hulle het hierdie boom van die lewe ervaar as oninteressant omdat dit "geen gestalte of heerlikheid gehad" dat hulle dit "sou aansien nie". Daardie boom van lewe wat voor hulle gestaan het in die middel van die tuin het "geen voorkoms" gehad dat hulle dit "sou begeer nie". Ons lees dat toe hulle die tuin moes verlaat, hulle nog geensins van hierdie boom geëet het nie: Gén 3:22 Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie! Hulle het nie die "lewe in ewigheid" gehad nie en dit is ook duidelik uit die volgende woorde van God self: Gén 2:16-17 En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, 17 maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe. Die woorde "sekerlik sterwe" is 'n versekering van hulle tydelikheid. Paulus het dieselfde getuienis oor Adam en Eva (en alles in hierdie skepping) se tydelikheid en nietigheid gehad – Paulus het die insigte en woorde van God ontvang en dit so neergeskryf: God het alles in hierdie skepping aan nietigheid onderwerp. Toe Adam en Eva eet van die boom van goed en kwaad was hul eie naaktheid (sondige toestand) eerste geopenbaar! Maar kyk wat kies hulle om hul naakte (sondige) toestand te bedek!!! Gén 3:7 Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak. Adam en Eva het nie die kennis van die waarheid gehad nie en ook geen begrip van wat die ewige lewe van God behels nie – dit is duidelik te sien aan hulle uiterlike kondisie (stofmens) en in hul dade. Maar hul uiterlike kondisie en hul dade het hul bewussyn gereflekteer. Paulus gee ons die antwoord… Rom 8:6-7 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, 7 omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. God het dus doelbewus die mens eerste in hierdie aardse liggaam geskep en aan hom hierdie aardse denke en bewustheid gegee. Daar is 'n plan daarmee. Die ware geestelike skepping en ware lewe kom eers NADAT ons in hierdie tydelike toestand baie belangrike lesse moet leer: 1Kor 15:45-46 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het 'n lewende siel geword; die laaste Adam 'n lewendmakende Gees. 46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. Adam (en Eva) het alles eerste volgens hul aardse denke ervaar. Hulle was in totale onkunde oor God se plan met hulle spesifiek, en Sy geestelike dinge oor die algemeen. Dit is wat die volgende verse ook wil sê van elke mens se aanvanklike kennis oor hulself en God se plan met mens en hierdie skepping. Gén 1:1-2 In die begin het God die hemel en die aarde geskape. 2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters. God was van alles bewus wat Adam en Eva, en wat die slang sou aanvang, nog voordat hulle tot aksie oorgegaan het. God het inderdaad 'n boek geskryf van elke skepsel se denke, en ook hul doen en late op elke dag wat elke skepsel sou leef, nog voordat die skepsel gebore was. Lees tog die hele Psalm 139, maar let veral op na hierdie vers: Geen skepsel kan of 'n vinger verroer of 'n voetstap neem, of enigiets dink of doen as God nie elke detail noukeurig bepaal het om te gebeur op die spesifieke tyd nie – toe nog geen dae geskep was nie: Prd 3:1 Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar 'n tyd: Efs 1:11 in Hom in wie ons ook 'n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil, Rom 9:16-18 So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. 17 Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. 18 So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. Adam (en Eva) se aarde was inderdaad woes en leeg, en duisternis was duidelik teenwoordig nog voor hulle van die verbode vrugte geëet het, soos die volgende vers duidelik uitwys oor die geestelike toestand van hul hemele (hul denke): In die volgende verse beeld Johannes uit hoe hierdie gees in die wêreld 100% ooreenstem met Adam en Eva se hemele (hul hart se denke) nog VOORDAT hulle geëet het van die verbode boom se vrugte: 1Jo 2:15-17 Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. 16 Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees ["die boom goed was om van te eet"] en die begeerlikheid van die oë ["dat hy 'n lus was vir die oë"], en die grootsheid van die lewe ["ja, 'n boom wat 'n mens kan begeer om verstand te verkry"] —is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. 17 En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig. Ons ken die boom aan die vrugte: Matt 7:20 So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken. Die Skrifte sê nie watter vrug dit was wat geëet was deur Adam en Eva nie, en baie mense spekuleer hieroor tot hul eie nadeel. Wat ons weet uit die Skrifte is dat hierdie vrugte die vermoë besit om die ware toestand van Adam en Eva, en almal in die vlees, te openbaar. Hulle was nie perfek nie, en niemand in vlees kan ooit perfek wees nie. Die leerstelling van 'die val van die mens' is vals – die mens was reeds "in sonde" toe Hy geskep was in 'n aardse liggaam deur die Pottebakker. Die vrugte (dade) weerspieël die tipe boom: Jeremiah maak dit ook duidelik oor die toestand van die eerste pot in die hand van die Pottebakker! Jer 18:1-4 Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het: 2 Maak jou klaar en gaan af na die huis van die pottebakker, en daar sal Ek jou my woorde laat hoor. 3 Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker, en hy was juis besig om 'n stuk werk op die skywe te maak. 4 En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk—soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker—maar hy het daaruit weer 'n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak. God het bepaal dat die vlees misluk! Ons dra en eet "vrugte" van mislukking tydens ons aardse lewe. Kyk mooi of jy hierdie aardse "vrugte" by jouself kan sien. Paulus noem die vrugte van die vlees as volg: In Christus alleen dra ons die vrugte wat God se karakter weerspieël: Ons ken dus onsself aan watter geestelike vrugte ons dra en eet, en wat ons voortbring deur ons denke en dade:
2021/09/18 19:41:17
https://4windkoinonia.wordpress.com/2018/10/09/aan-die-vrugte-word-die-boom-geken/
mC4
Cheetahs maak wéér so op hulle tuisveld | Maroela Media Cheetahs maak wéér so op hulle tuisveld Makazole Mapimpi op pad doellyn toe met die Ospreys se James Hook wat nie kan keer nie. (Foto: Pro14 – Facebook Cheetahs ) Oos Wes, tuis bes. Só lui die ou spreekwoord, en die Cheetahs glo dit ná drie tuisoorwinnings in die Pro14 gewis. En aanstaande week speel hulle weer in die Vrystaatstadion. Vrydagaand het die Cheetahs, ná twee groot neerlae in hulle eerste Pro14-wedstryde oorsee, hul derde tuissege behaal toe hulle die Ospreys met 44-25 geklop het. Die Cheetahs het ses drieë gedruk en vir die derde opeenvolgende naweek vyf ligapunte op die punteleer bygevoeg teen 'n span met vyf manne wat al vir die Britse en Ierse Leeus en ook 'n paar wat vir Wallis gespeel het. Die eerste 20 minute is deur die tuisspan oorheers wat toe feitlik dubbel soveel besit as die Ospreys gehad het. Die Vrystaters was ook gerieflik met 15-0 voor toe die Ospreys reggeruk en hulle beste kwart van die wedstryd gespeel het. Hulle het die Cheetahs ingehaal en verbygesteek, en was miskien, ná 'n skitterende eerste drie van Makazole Mapimpi, ietwat ongelukkig om met 17-22 teen die tuisspan agter te wees. In die geheel was dit 'n lekker wedstryd. Goeie verdediging aan albei kante het vloeiende hardlooprugby bemoeilik, maar daar was nietemin genoeg beweging en gewilligheid in die wedstryd om dit 'n goeie kragmeting te maak. As die Cheetahs gekritiseer kan word, is dit oor te veel verspeelde geleenthede, veral voor rustyd, deur middelmatige hantering; en hopeloos te veel strafskoppe wat teen hulle toegeken is. Torsten van Jaarsveld moes hiervoor boet toe hy oortree het nadat die skeidsregter net eenvoudig te veel van die Cheetahs geduld het. Mapimpi het weer gewys hoe gevaarlik hy op die aanval kan wees; hy het ook 'n pragtige hoekskop van Tiaan Meyer in die doelgebied uit die lug gepluk om 'n tweede drie by sy agter vleueldrie in die hoek te voeg en mooi gehardloop vir Van Jaarsveld se tweede drie. Meyer self was kookwater. Sy spel en die voorspelers wat as 'n pak aggressief en doeltreffend was, was ander hoogtepunte. Aanstaande Vrydag speel die Cheetahs tuis teen die voorlopers van groep A, die Glasgow Warriors, in wat 'n verdere toets vir die nuwelinge in die reeks sal wees. Drieë: Torsten van Jaarsveld 2, Paul Schoeman, Makazole Mapimpi 2, Francois Venter. Doelskoppe: Ernst Stapelberg 3, William Small-Smith. Strafdoele: Stapelberg 2. Drieë: Kieron Fonotia, Rhys Webb, Dan Evans. Doelskoppe: Dan Biggar 2. Strafdoele: Biggar 2. Cheetahs Ospreys Pro14 Geen keer aan Sharks ná donderweer Mapimpi is beter as Rhule. Ironies maar hy is Kings speler. Die Vrystaat/ Cheetahs kla altyd hulle spelers word gekoop?
2020/01/25 20:26:47
https://maroelamedia.co.za/sportnuus/rugby/cheetahs-maak-weer-so-op-hulle-tuisveld/
mC4
Elsabé Daneel se aktrise-dogter 'n 'nerd' met woema! JY LEES NOU Elsabé Daneel se aktrise-dogter 'n 'nerd' met woema! Kykers het haar op die grootskerm in die fliek Skoonheid gesien. En nou ook op die kassie in die kykNET-sitkom Oupa en Ouma sit op die stoep. Ontmoet Roeline Daneel, talentvolle dogter van aktrise Elsabé Daneel. As kind het Roeline (27) twee prentjies geteken van wat sy "eendag" wou word: een waar sy voor 'n swartbord staan en skoolhou, met "Franse rewolusie" (ja, met 'n w!) daarop geskryf. Op die ander waar sy op 'n strand loop voor TV-kameras, met 'n serp om haar nek wat in die wind wapper. Dis "eendag" . . . Tans speel sy in die kykNET-sitkom Oupa en Ouma sit op die stoep en binnekort begin hulle aan 'n tweede reeks skiet. "In dié sitkom speel ek die rol van Anna, Stanley (Johan Botha) en Debora (Lida Botha) se susterskind wat by hulle woon. 'n Lekker rol omdat sy die oog van die storm is in die chaos wat Stanley en Debora se lewens is. 'n Sitkom is 'n lekker uitdaging omdat die spel iets tussen die teatrale verhoog en die natuurlikheid van 'n dramareeks is." "Ek is maar bietjie van 'n nerd . . ." Sy het eindelose bewondering vir die aktrise Antoinette Kellermann, wat haar dosent op Stellenbosch was. "Sy sal altyd my hero bly. Dit was wonderlik om in 2009 haar dogter te speel in Die blou uur. Ek bewonder die erns, respek en beskeidenheid waarmee die ouer akteurs soos sy en my medespeler Isadora Verwey in Mooi Maria, met hul werk omgaan. Baie jonger akteurs het dikwels meer van 'n fake it 'til jou make it-benadering, ouer akteurs ken die waarde van werk!" Nes haar eie ma. Elsabé het 'n gróót invloed op haar dogter se loopbaankeuse gehad. "Hoewel my ma tydens my grootwordjare meer 'n TV-aanbieder as aktrise was. Sy het wel cameos in TV-reekse gehad en dit was vreeslik glamorous vir my. Ons het al saam in radio-dramas en in 'n toneelstuk, Die ryk weduwee, gespeel. Ek bewonder altyd haar toegewydheid. Haar teks waarop sy haar woorde leer, is letterlik 'n slagveld van verskillende kleure highlighters en post-its!" Roeline bewonder ook haar ma se onblusbare positiwiteit. "Sy is 'n glas-half-vol-tipe-girl. Ek probeer nog om daardie eienskap aan te leer. Niks is ooit vir haar te erg of te verskriklik nie. Sy het onblusbare energie en sien altyd kans vir alles. Sy het my ook geleer om álle mens interessant te vind, hoe om soos 'n tierwyfie te baklei vir wat vir jou belangrik is. En hoe om my veters vas te maak." Ma en dogter kan ure aaneen gesels. "Ek deel alles met haar. Onlangs, op pad na die Oudtshoorn-kunstefees, het ons tien uur lank daarheen gery en orals gestop en gesels. Ons dien as mekaar se klankborde." Roeline droom groot. "Ek wou nog altyd Helena in A Midsummer Night's Dream van Shakespeare speel. Sy is so 'n goofball." Haar toneel-spyskaart vir die onmiddelikke paar maande is: nóg 'n rol vir kykNET (waaroor sy nie veel kwytraak nie), en sy hoop om die toneelstuk N vir Neurose verder as de grense van die Wes-Kaap op te voer. "Weet jy, ander mense dope hulself met allerhande pille en rituele. Ek raak, vreemd genoeg, nie so angstig voor optredes soos baie ander in die bedryf nie. Ek geniet elke oomblik te veel!"
2017/12/15 08:10:39
https://www.netwerk24.com/Sarie/Bekendes/Ons-Praat-Met/elsabe-daneel-se-aktrise-dogter-n-nerd-met-woema-20170914
mC4
As kunste tog net land kon regeer - KKNK As kunste tog net land kon regeer Kontemporêre musiek: 'Karoo swing' Twee van hulle ís al pa, so 'n mens kan hulle seker nie meer jonk noem nie, maar jy kan amper nie anders as om na Emo Adams, Bobby van Jaarsveld en Katlego Maboe as die jong manne van Afrikaanse musiek te kyk nie. Dit voel immers of dit net die anderdag is wat hulle hul deurbraak begin maak het. Maar dan dink jy terug en besef dit is 11 jaar gelede wat Adams en Van Jaarsveld deel van Huisgenoot se konsert was om hul 90ste verjaardag te vier. Intussen het hulle solo-loopbane gebou en groot name geword. Tyd vlieg. Adams, Van Jaarsveld en Maboe het nog 'n ding in gemeen: hulle is al drie aanbieders van gewilde TV-programme. All-rounders dus en manne wat nie terugstaan vir uitdagings nie. Die drie het saamgespan, onder leiding van Adams se All Star Events, om Karoo Swing na die fees te bring. Die musikante op die verhoog was Take Note, die orkes wat gereeld vir Adams begelei. Die program is saamgestel uit bekende Afrikaanse liedjies wat 'n swaai en 'n swing gekry het en die manne was elegant in swart en wit geklee. Daar is goedig onder mekaar gespot en daar is saam gesing en ook alleen. Die klank het die produksie effens gepootjie. Die orkes was met tye te hard en dit was soms moeilik om die sangers te hoor. Vir so 'n produksie moet die orkes leer om bietjie terug te hou. 'n Konsert in 'n binnenshuise venue is nie dieselfde as een op 'n verhoog op 'n feesterrein nie, en harder is nie noodwendig beter nie. Al drie die sangers het hulle goed van hul taak gekwyt, maar 'n mens moet tog vir Maboe 'n klein bietjie voortrek. Hy het 'n baie sterk stem en sy teenwoordigheid op die verhoog maak van hom 'n kunstenaar wat 'n plesier is om dop te hou. Terwyl amper die res van die land Woensdag betoog het teen 'n regering wat nie na sy mense kyk nie, het 'n Maboe, 'n Adams en 'n Van Jaarsveld saam ge-swing.
2018/11/19 22:01:05
http://kknk.co.za/kunste-tog-net-land-kon-regeer/
mC4
Joanne Kruger – Noordelike Helpmekaar Studiefonds TuisbladSuksesverhaleJoanne Kruger Ek wil net 'n oomblik neem om dankie te sê aan NHFS. Ek het in 2014 gematrikuleer aan die Hoërskool Nelspruit. My droom was om onderwys te gaan studeer aan die NWU waar my broer ook n student is. Ek is tans 'n derde jaar B Ed Grondslagfase-student. Hierdie is die beste tyd van my lewe en ek wil graag baie dankie sê aan NHSF wat gehelp het om my droom te bewaarheid. Dankie ook vir julle ondersteuning, ek sou dit nie sonder julle hulp kon doen nie. Ek is dankbaar teenoor NHSF wat dit vir my moontlik maak om my drome uit te leef. Kinders is my passie en ek geniet my kursus en die universiteitslewe verskriklik baie. Dit is danksy NHSF dat ek is waar ek vandag is. Baie dankie vir die verskil wat julle in my lewe maak. Die toekenning wat ek ontvang het was onverwags en beslis 'n groot verassing. Dit motiveer my om nog beter te presteer.
2018/03/22 14:05:15
http://www.noordelikehelpmekaarstudiefonds.org/suksesverhale/joanne-kruger/
mC4
AfriForum maak vullisterreinouditverslag bekend - AfriForum AfriForum het vandag sy jaarlikse vullisterreinouditverslag bekend gestel nadat die organisasie vanjaar vullisterreine geoudit het in die dorpe waar AfriForum-takke gevestig is. Dié verslag gaan ook aan die Groen Skerpioene oorhandig word vir verdere ondersoek. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis, 2008 (wetno. 59 van 2008), moet 'n vullisterrein aan bepaalde vereistes voldoen. AfriForum het hierdie vereistes vanuit die minimum standaarde waaraan 'n vullisterrein moet voldoen in 33 vrae verwerk wat gebruik is om die vullisterreinoudit te voltooi. Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se projekkoördineerder vir omgewingsake, dui die bevindinge in die verslag aan dat slegs 22% (28 uit 127) van die vullisterreine aan die minimum vereistes voldoen soos uiteengesit in die bogenoemde wetgewing. "Die lae persentasie kan toegeskryf word aan 'n aantal probleme wat munisipaliteite ondervind wat lei tot die swak en onwettige bestuur van vullisterreine. Wanbesteding, swak instandhouding en die gebrek aan wilskrag om die probleem op te los is net 'n paar probleme wat ons daagliks ondervind. Die aantal vullisterreine wat aan die minimum vereistes voldoen en bo 80% vir die oudit gekry het, het egter vanaf 2018 verswak." Grobbelaar lys die volgende kommerwekkende kwessies wat by verskeie vullisterreine ondervind is: Geen toegangsbeheer of kennisgewings op die hek wat aandui watter tipe afval daar gestort mag word nie. Geen heining rondom die vullisterrein nie. Infrastruktuur soos weegbrûe ontbreek, terwyl masjinerie ook buite werking is. Onwettige mediese afval word op die terreine gestort, wat ondergrondse water kan besoedel. Families met kinders woon op sommige van die terreine. Die afvalmoniteringskomitee van die munisipaliteit waarvan die gemeenskap deel is, is in baie dorpe afwesig. Diere wei op vullisterreine en eet van die afval. Swak rehabilitasie en kompaksie vind op die terreine plaas, wat veroorsaak dat die vullis rondwaai en omliggende omgewings besoedel. "Met vanjaar se oudit het ons die positiewe verskil wat die implementering van 'n afvalmoniteringskomitee by 'n munisipaliteit meebring, gesien. Die Libanon-vullisterrein in Westonaria, wat verlede jaar 'n skamele 9% vir die vullisterreinoudit ontvang het, het binne ses maande na 'n spogvullisterrein (100% in 2019) verbeter. Daarom moedig ons sowel gemeenskappe as munisipaliteite aan om afvalmoniteringskomitees te stig sodat ander rolspelers ook 'n sê in die bestuursproses van vullisterreine het." Gemeenskappe kan dié stappe volg om 'n volhoubare verbetering by 'n vullisterrein te bewerkstellig: 'n Vergadering moet een keer per maand belê word waartydens die stand van die vullisterrein bespreek en doelwitte met haalbare tydperke gestel word. Dring aan op die aanstelling van 'n betroubare diensverskaffer wat geskik is vir die werk. Pas volhoubare druk toe via die afvalmoniteringskomitee om seker te maak dat die doelwitte wat gemaak is bereik word. Grobbelaar sê verder dat alternatiewe oplossings vir munisipaliteite beskikbaar is om vullis beter te bestuur en om selfs 'n groter bydrae tot gemeenskappe te maak. "Afval-tot-energie is 'n konsep wat glad nie toegepas word op die manier waarop munisipaliteite ons vullis tans bestuur nie. Die konsep sluit die proses in waar vullis gebruik word om krag met verskillende prosesse (verbranding of vergassing) op te wek, wat bydra tot werkskepping, kragvoorsiening en die opheffing van gemeenskappe." Grobbelaar meen munisipaliteite moet na dié tipe oplossings begin kyk om Suid-Afrika se vullisbestuur op peil te kry. "AfriForum sal graag met die implementering van oplossings wil help en moedig munisipaliteite ook aan om met die organisasie in verbinding te tree. Dit is ons almal se verantwoordelikheid om toe te sien dat ons omgewing nie besoedel word nie en daarom wil ons ook tot 'n skoner Suid-Afrika bydra." Post Tags: #Groen Skerpioene#swak instandhouding#vullisterreine#vullisterreinouditverslag#Wanbesteding#Wet op Nasionale Omgewingsbestuur AfriForum het op Donderdag, 6 April 2017, verneem van rassistiese en uitlokkende opmerkings teenoor wit mense wat deur 'n student… Lees meer Kovsie-koshuisinwoner vergelyk sogenaamde dade van wit mense met dié van 'n duiwelContinue
2021/12/03 19:45:33
https://afriforum.co.za/afriforum-maak-vullisterreinouditverslag-bekend/
mC4
Persverklaring: Draadhond | LitNet Yolanda Wessels Musiek 2019-04-09 Die groep Draadhond is 'n duo wat bestaan uit Anton Barnard (sang en akoestiese kitaar), en SC Pienaar (dromme, bas- en elektriese kitaar). Dié twee ken mekaar al vanaf 1996 toe hul saam op universiteit was in Port Elizabeth. Oorspronklik was die groep bekend as Plan B. Onder dié naam het hul in 2005 'n album getiteld, Nalatenskap van die Gras opgeneem maar dit is nooit uitgereik nie. Vanaf 2017 staan hulle bekend as Draadhond. In 2018 is die tweede album, Was Jou Bek Uit Met Seep, opgeneem by Jo Ellis in Ladismith, Wes-Kaap. Dit bevat tien snitte en is uitgereik op platforms soos Spotify, Deezer, Apple Music, Google Play en Amazon. Albums kan ook by die groepslede verkry word. Toast Coetzer het al 'n paar van Draadhond se liedjies op sy radioprogram, The Unhappy Hour, op Bush Radio gespeel. Beide lede se oortuiging is om altyd goeie, oorspronklike musiek te maak waarna hulle self sou wou luister. Die liedjies is uiteenlopend, soms persoonlik, soms polities of met sosiale kritiek. Hul invloede was altyd uitdagende musiek uit alle moontlike rigtings, hetsy heavy metal, alternatiewe rock, pop of die Afrikaanse liedjieskrywertradisie. Omdat die twee al so 'n lang pad saamloop, is hulle beïnvloed deur verskeie kunstenaars. Aan die begin was Afrikaanse sangers en liedjieskrywers soos David Kramer, Koos Kombuis en Johannes Kerkorrel hul inspirasie. Deesdae luister hulle na Fokofpolisiekar en internasionale metal-groepe soos Tool, Meshuggah, Rammstein en Rage Against The Machine. Anton het baie bewondering vir die Buckfever Underground. Anton skryf al die lirieke, en die melodieë in samewerking met SC. Anton skryf die basiese melodie en liedjiestruktuur, terwyl SC die instrumentasie, leads en dromdele behartig. Tans tree die groep maar min op omdat beide voltyds werk. SC het 'n fotografie-onderneming op Oudtshoorn en Anton is 'n argitek in Duitsland. Dit maak dit moeilik om op 'n gereelde basis te kan toer. Vanjaar kom Anton een maal Suid-Afrika toe vir 'n paar weke om optredes te hou. Tussendeur werk hulle altyd aan nuwe liedjies wat hulle oor en weer stuur deur whatsapp, facetime, ens.
2019/08/18 04:48:14
https://www.litnet.co.za/persverklaring-draadhond/
mC4
Daniël 7. Die Gesig van die Vier Diere In die studie van Bybelse profesieë is Daniël 7 om die volgende drie redes van groot belang: 1. Die akkuraatheid en betroubaarheid van die profetiese woord word uitgebeeld deur die feit dat 'n groot aantal van dié profesieë reeds in detail deur vier opeenvolgende wêreldryke vervul is – dit is die Babiloniese, Medo-Persiese, Griekse en Romeinse ryke. 2. Inligting word hierin gegee wat onontbeerlik vir die verstaan van profesieë oor die Antichris en sy eindtydse wêreldryk in Openbaring 13 is. 3. Enige objektiewe Bybelstudent sal in Daniël 7 genoegsame bewyse vind dat Jesus Christus by sy wederkoms 'n koninkryk sal instel wat nou nog nie bestaan nie, en wat beslis 'n aardse koninkryk sal wees. Die koninkryk van Christus en sy heiliges Die Oue van dae wat op die troon gaan sit, is 'n beskrywing van God. Jesaja sê Hy is "die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon" (Jes. 57:15). Sy troon was vuurvlamme en dit dui op sy oordeel en wraak oor sondaars. Deel van hierdie toneel van oordeel was die koms van die Seun van die mens, wat 'n verwysing na die Messias, Jesus Christus, is. Dit is die eerste profesie oor Hom waarin hierdie titel gebruik word. Die koningskap en oordeel is aan Hom oorgegee, soos in 1 Korinthiërs 15:24-28 bevestig word. By Christus se tweede koms, wanneer God se oordele voltrek en Christus se koninkryk geopenbaar sal word, sal Hy as Koning en Regter kom. Tydens sy eerste koms het Hy as 'n nederige dienskneg gekom om aan die kruis vir die sondes van die hele wêreld te sterf (Fil. 2:5-8). Die koninkryk van die heiliges wat in Daniël 7 verse 14, 18, 22 en 27 genoem word, word in Openbaring 20:4-6 as die duisendjarige vrederyk van Christus beskryf. Daniël 7 sê dat hierdie koninkryk nie, soos die ander koninkryke, omver gewerp sal word nie, maar vir ewig sal voortbestaan. Waarom sê Johannes dan in Openbaring dat dit net vir 'n duisend jaar sal bestaan? Aan die einde van die duisendjarige vrederyk sal Christus die koninkryk aan God die vader oorgee (1 Kor. 15:24). Dit beteken nie dat sy koninkryk beëindig sal word nie, maar in 'n ander vorm vir altyd op die nuwe aarde voortgesit sal word. Ná die duisend jaar sal die huidige aarde verbrand word en sal daar dan 'n nuwe hemel en aarde geskep word waarin geregtigheid sal woon. "Daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam" (Op. 21:27). Daniël was verskrik toe hy hierdie visioen gehad het, maar hy het die saak in sy hart bewaar. Ons behoort vandag soveel te meer verskrik te wees oor die omvang van gebeurtenisse wat vir die wêreld voor die deur is. Soos vir Daniël, moet dit nie vir ons net om ons eie heil en verlossing gaan nie. Die Here Jesus het beloof om sy getroue dissipels te kom haal sodat hulle die groot oordele van die eindtyd kan ontvlug. Ons harte moet egter uitgaan na ons ongeredde familielede, vriende, bure, kollegas, volksgenote en die lede van ander volke in ons land. Is hulle gewaarsku en ken hulle die weg van verlossing? Wat is hulle lot? "Wat my, Daniël, betref, my gedagtes het my baie verskrik en my gelaatskleur het verander." Ons moet werklik in benoudheid wees oor die aaklige lot van die sondaars. Almal wat in die Here Jesus glo en Hom as Verlosser aangeneem het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe (Joh. 5:24).
2018/09/23 16:51:52
https://bibleguidance.co.za/AfrstudieDaniel/Daniel-7.htm
mC4
Hoe om te verf met aardtonen in die sitkamer In `n klein woonkamer is `n ligte aardton soos sand of bruin jou beste weddenskap. Oorweeg grootte Gaan tweetoon Verhelder dit Skep aksentmuur As jy `n warm, uitnodigende blik op jou woonkamer probeer skep, kan die keuse van `n grondtoonskerm vir die mure beslis help. As jy ook `n stylvolle ontwerp vir die spasie wil hê, neem dit `n bietjie meer as net om bruin of grys verf op die mure te gooi. Om `n ideale aardtoon na jou woonkamer te skep, moet jy die regte kleure vir jou spasie kies, en soek maniere om die ontwerp te verhef sodat jy nie oorbly met `n kamer vol bruin bruin, goud en grys nie. As jy `n grondtoonskadu vir jou woonkamer kies, oorweeg die grootte van die spasie. In `n klein kamer moet jy `n ligter aardtoon kies wat die ruimte groter sal laat voel. `N Ligte sand, bruin of grys is `n goeie opsie. In `n groter sitkamer, kies vir `n dieper muurkleur om te help om die ruimte sag en innoverend te maak. Probeer `n ryk kaneel, okkerneut, goud of verbrand oranje verfskadu. Aangesien aardtonen mekaar aanvul en `n harmonieuse kleurpalet skep, hoef jy nie noodwendig `n enkele skaduwee vir jou woonkamer te kies nie. Kies eerder twee aardtones - `n lig en `n donker - en gebruik dit saam om te help om definisie vir die ruimte te skep. Vir `n eenvoudige voorkoms, kies een skaduwee vir die mure en die ander vir die vorming, versiering en argitektoniese besonderhede. As jy `n beter voorkoms wil hê, verdeel die muur in die helfte, skilder die boonste gedeelte met `n ligter aardtoon en die onderste gedeelte met `n donkerdertone. Jy kan dekoratiewe vorming installeer by die middelpunt van die muur om die naat te versteek. Vir `n elegante tweekleurige voorkoms, tik ligte soos bruin en sand met okkerneut, baksteen of terracotta. Die meeste aardtone skep `n warm, knus soek na `n kamer, maar die palet kan plat lyk en vermoor as jy net aardse skakerings in jou sitkamer gebruik. Om die ontwerp van die kamer te balanseer, koppel jou grondtoonmure met poppe van `n ligte neutrale skaduwee wat die ruimte subtiel verhelder. Gebruik wit verf vir die trim, giet en argitektoniese besonderhede in jou sitkamer as jy voel dat die ruimte nodig het. Die blanke besonderhede sal teen die grondtoonmure uitsteek vir `n skerp voorkoms. As wit te sterk lyk, gebruik eerder `n sagte ivoor of roomkleur. As skakerings soos bruin, bruin, goud, baksteen en terracotta alles is wat in gedagte kom wanneer jy van grondtone dink, moet jy jou palet uitbrei. Gemuite skakerings van blou en groen pas ook die palet goed en bied `n treffende kontras wanneer dit met warm aardtonne gepaardgaan. Om die waarheid te sê, as jy `n skaduwee soos sand gebruik, brand oranje of baksteen vir jou woonkamermure, oorweeg dit om `n blou of groen skaduwee te gebruik om `n aksentmuur te skep. Jy sal steeds `n verenigde kleurpalet van aardtones hê, maar die koelte in jou aksentmuur sal teen die warm mure pop. Dit is `n ideale opsie vir die muur rondom jou kaggel of `n plek waar jy van plan is om `n galery muur te skep.
2022/01/26 14:28:35
https://genotcahin.ru/doen-dit-jouself/14576-hoe-om-te-verf-met-aardtonen-in-die-sitkamer.html
mC4
Bejaarde boer glo weens grondhervorming vermoor | Maroela Media Waterval-Boven. Foto: SA travel. Kol. Leonard Hlathi, 'n polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die voorval het Vrydag omstreeks 18:00 by sy plaashuis plaasgevind. "Johnson (67) se 70-jarige vrou was tydens die voorval by die huis en het geweerskote gehoor, maar nie haar man se aanvallers gesien nie," het Hlathi gesê. Johnson is op die toneel dood verklaar. Niemand was nog teen Maandagoggend om 08:00 in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Beeld het Maandag berig 'n ander boer in die omgewing beweer dat Johnson moontlik vermoor is weens 'n dispuut met die nuwe eienaars van 'n plaas wat hy weens grondhervorming verloor het. Volgens die berig het Johnson 'n vurige vergadering verlede week met die nuwe eienaars gehad. Johnson was glo ontevrede omdat plakkers op die grond wat hy verloor het, ingetrek het. Hlathi het gesê die polisie gaan nie hul ondersoek beperk net op gronde van dié beweringe nie. "Ons gaan 'n behoorlike ondersoek van stapel stuur, sou die gerugte waar wees sal dit in die ondersoek uitkom." Hlathi doen 'n beroep op die publiek om met enige inligting wat met die ondersoek kan help, na vore te kom. Die polisie kan by 10111 geskakel word. Rock-ster maak stem dik teen dolfynjag Vroueliga betreur busongeluk-sterftes Hier begin Malema se werk. Dit is die begin van baie moorde aangevuur deur Malema se terroristiese organisasie. Dit gebeur waar daar 'n plaas veloor word deur grondhervorming. Kon nie aanvaar, dat sy eens pragtige winsgewende plaas so ten gronde gegaan het nie. Hoop hierdie mislukkings word ook sommer vrek geskiet. Baie sterkte aan die familie. "Hlathi het gesê die polisie gaan nie hul ondersoek beperk net op gronde van dié beweringe nie." Met ander woorde hulle gaan hierdie, potensiele waardevolle, inligting in die wind gooi. Want die grondonteienaars sal nie so 'n ding doen nie, hulle is mos histories benadeel en weet om beter as dit op te tree en al het hulle dit gedoen kan hulle nie aanspreeklik gehou word nie omdat hulle histories benadeel is deur die einste boer. Wragtig, dis volksmoord en die werfetters sal dit nooit erken nie! Ek wil n ou iets vra … ek WEET daar is mense wat soos ons voel in hul harte … MAAR, ek wil weet, hoe kan ek ooit vir die DA my stem gee – hulle steun dan grondhervorming. Is daar mense wat soos ek voel oor hierdie saak ? Ek kan en sal nooit vir n party stem wat abborsie goedkeur nie. (Jammer om die onderwerp te verander)
2021/01/16 03:24:53
https://maroelamedia.co.za/nuus/bejaarde-boer-glo-weens-grondhervorming-vermoor/
mC4
Druppelvlaklyne vir MT4. Hoeveel tyd spandeer jy wanneer jy jou Vlaklyne op die grafiek teken. Seker, jy kan forex handel sonder aanwysers wees, maar nie as forex analytics github hulle wil kleur en prys by hoe om te handel in forex trading voeg mv forex sdn bhd. Drop Level Lines Script vir MT4 is die hulpmiddel van jou keuse. W elcome na die Forex MT4 EA site. Maak gerus die blaaier al ons argiewe van aanwysers, kundige adviseurs, skrifte en strategieë. Handelaar en forex asseblief gereeld terug as ons dit daagliks opdateer en al die tyd. Alle lêers is gratis beskikbaar en beskikbaar sonder enige london forex trading hours. Forex aanwysers vir MT4 Meta Trader 4 Platform help en visualiseer hulp wat u help om u London forex trading hours te help. Deskundige adviseurs vir MT4 Meta Trader 4 Platform kan u adviseer oor watter bedrywighede te maak of dit kan geprogrammeer word om outomaties die koop- of verkoopbestellings op demo forex 20 ema lewende rekening uit te voer. Skripsies vir MT4 Meta Trader 4 tree as kortpaaie op om 'n aantal take op die MT4-platform uit te valuta pare forex meeste nommer. Met Scripts kan u take vinniger en makliker uitvoer. Strategieë vir Forex sal u help met handel en gee u 'n duidelike aanduiding van wanneer 'n KOOP of VERKOPER-bevel uitgevoer moet word. Forex Info, wenke en truuks met alle inligting en basiese beginsels wat jy nodig het. As jy 'n beginner of 'n kenner is, is dit alles hier. Basies alles wat jy nodig het om te weet hoe om te oorleef in die Forex wêreld. Hoe om Pips te bereken op FOREX Kommissies. Die forex industrie hou daarvan om daarop te wys dat die meeste forex makelaars nie kommissies hef nie. Dit is waar dat jy nie 'n kommissieheffing sal sien wat bygevoeg word wanneer jy valuta koop of verkoop nie. Alhoewel daar uitsonderings is, is die fooie (of kommissies, indien u verkies) ingebou in die prysstelsel wat in forexhandel gebruik word, en is gebaseer op die verskil tussen bod en vrapryse (die verspreiding genoem). Pryse word gestel in terme van die "pip", wat die kleinste bedrag is waarop 'n wisselkoers kan verander. Leer hoe die forex pryse werk. Valuta handel in pare. Die wisselkoers vertel jou hoeveel van een geldeenheid nodig is om een eenheid van die ander te koop. As die euro en die Amerikaanse dollar byvoorbeeld teen EUR USD 1,2500 gekwoteer word, benodig u 1. 2500 om een euro te koop. Die kwotasie is vier desimale plekke omdat die pyp vir die Amerikaanse dollar 0. 0001 is (1100 sent). Forex makelaars stel hul fooie in terme van pitte. Kyk na die wisselkoers wat aangehaal word vir 'n geldeenheidspaar. Jy sal twee pryse sien wat gelys word. Die bod is die prys wat die makelaar vir 'n geldeenheid sal betaal en die vraag is die prys waarteen die makelaar die munt aan u sal verkoop. Let daarop dat die vraag altyd 'n paar pitte hoër is as die bod. Trek die bodprys af van die vraeprys om die verspreiding te vind. Die forex makelaar hou die verspreiding as sy fooi kommissie. Stel byvoorbeeld dat jy 'n bestelling plaas met behulp van Amerikaanse dollars om euro's te koop. As die vraagprys 1. 2500 is en die bod is 1,2496, is die verskil van vier pitte die makelaar se aandeel. Vermenigvuldig die verspreiding deur die aantal eenhede van geldeenheid gekoop (of verkoop). 'N Standaard "lot" van Amerikaanse dollars is 100,000. By EUR USD 1. 2500 is een lot gelyk aan 80,000 euro. As die verspreiding vier pitte (van stap 3) is, vermeerder 80. 000 keer 0. 0004 om die verspreiding van die forex makelaar te vind (in hierdie voorbeeld werk dit tot 32).
2019/07/18 06:44:37
http://www.tigomoneysv.com/forex/london-forex-trading-hours.html
mC4
Stervanger, episode 6 | rooi rose Stervanger, episode 6 | rooi rose Stervanger, episode 6 Die hele busrit tot by hulle afklimpunt, vermaak Amo en Jessie mekaar met kamma Oscar-bedankingstoesprake. Amo probeer sy bes om sy oë weg te hou van die blou kolle op Jessie se bene. "Kom jy en Jama vanmiddag langs die rivier stap?" "Miskien, ek sal jou WhatsApp." Sy kom nie die middag nie. Amo sit lank na sy rekenaarskerm en staar. Hy kan Juffrou Alta se woorde nie vergeet nie. Hy sal Mamoeks vra wat sy van die ding dink, maar eers as Janus gery het. Janus is deesdae elke aand by hulle. Hy en Mamoeks lag en gesels terwyl hulle kosmaak. Dit irriteer Amo en hy voel skuldig daaroor want hy het sy ma lanklaas so gelukkig gesien. Party aande kuier Janus so laat dat Amo aan die slaap raak voor sy ma kan kom nag sê. Amo loer in die hemelruim rond met die teleskoop vir iets interessants. Dan volg hy 'n satelliet se spoor tot dit uit sig verdwyn. Hy draai die lens na Jessie-hulle se huis. Dit lyk so rustig daar. Net die buiteligte brand. Hy moet tog vir Jessie vra watter kamer is hare, miskien kan hulle 'n soort sein uitwerk. 'n Morsekode of iets. Amo draai die lens op na die Suiderkruis. Hy voel alleen. "Nag Pa," sê hy en draai om om te gaan slaap. Hy droom hy en sy pa vlieg met 'n ruimtetuig deur die melkweg. Skielik verander die ruimtetuig in Mamoeks se ou fiets. Soos toe hy klein was, maak sy pa 'n valhelm op sy kop vas. Hy laai Amo in die mandjie voorop die fiets. "Nou gaan ons deur die sterre ry," hoor hy sy pa sê. Amo knyp sy oë eers styf toe as sy pa al hoe vinniger trap. Dan maak hy hulle oop. Mercurius vlieg verby hom, dan Venus, die aarde, Mars, Jupiter, Saturnus, Uranus en Neptunus. "Sal ons verby die dwergplaneet pluto ook ry? Wil jy gaan kyk wat agter pluto skuil, Amo?" vra sy pa. Hulle ry en ry. Al deur die melkweg met Mamoeks se fiets. AMO het die volgende oggend skoon van Jessie se blou kolle vergeet. Tot sy ma 'n aankondiging maak: "Ek het Jessie se ma gister by die groentewinkel gesien. Oulike vrou. Ek het haar gesê hulle moet een aand oorkom vir ete." "Is Ma seker? Ek meen, ons ken hulle nie eintlik nie." "Goeie rede om hulle te nooi. Jy en Jessie kom tog goed oor die weg? Jy sê mos haar ouers klink oulik?" "Maar Ma ek het hulle nog net van ver af gesien as hulle langs die rivier stap!" "Wat gaan nou met jou aan, Amo? Ek dog jy sal bly wees as ek hulle nooi?" Amo blaker als uit van Juffrou Alta en die blou kolle. Mamoeks lyk bekommerd. "Dalk is daar 'n goeie verduideliking vir die blou kolle? Kom ons kyk maar hoe gaan dit. Mens weet nie wat in ander se huise aangaan nie. Ek dink tog ek sal haar ma vir tee probeer nooi. Jy sê mos sy bestudeer astrologie? Met jou en jou pa se sterbeheptheid het ek darem so 'n vae idee wat in die hemelruim aangaan." Amo moet hol om die bus te haal. Jessie staan al by die halte en trippel. "Vandag is die dag Buddy, vandag gaan daai Sanet geen verskoning hê nie. Krampe of nie." Dis ook omtrent al waaroor die ander kinders op die bus praat. Hierdie jaar is almal meer opgewonde oor die wedloop tussen Sanet en Jessie as oor watter bokspan die huissport gaan wen. Met saalopening gee Snorre 'n lang preek oor sportmanskap en dat dit nie net oor wen gaan nie. Dit gaan oor die deelname, bulder sy stem tot in elke hoek van die saal. Niemand is verbaas om Sanet met 'n hengse verband om haar kuit te sien rondhop nie. Haar maats kloek om haar en abba haar van klas tot klas. Jessie en Amo geniet die dramatiese vertoning. Die skooldag vlieg verby. Amo en Jessie moet tweede pouse hardloop om eerste by die snoepie te kom anders kry hulle nie kans om Ta Malie se hoenderpasteitjies af te sluk voor hulle na Ou Wessels se klas moet gaan sodat sy die vraelyste in hulle kan indril nie. "Wie dink jy het daardie stupid vrae opgestel? Gaan net oor rolprente, sport, TV en sepies. Seker sy en Johnny Bravo. Daar is nie 'n manier wat hulle net sulke vrae gaan vra nie. Ons sal op ons eie moet voorberei anders gaan die ander skole ons wen." Amo stem saam met Jessie. Hy bied aan dat hulle die middag by sy huis kan begin voorberei. "Ons kan Mamoeks ook vra om te help." "Cool bananas! Dan vra ons more my ma." Amo is effe uit die veld geslaan. Hy was nog nooit regtig in Jessie se huis nie. Miskien het Juffrou Alta oorreageer? Dalk is daar niks verkeerd by Jessie se huis nie? Maar dit bekommer hom dat dit lyk of die blou kolle op Jessie se bene al meer word. Daar is ook nou kolle op haar arms. Hy maak of hy dit nie sien nie en sy sê niks daaroor nie. "Met Sanet uit die game het nie een van die ander spanne iemand wat jou Saterdag by die huissport gaan klop nie. Die Gemsbokke is darem nou verseker van een rekord." "Jong Amo, mens weet nooit. Daar is nog baie tyd tot Saterdag. Wie sê vir jou Sanet se kramp is nie aansteeklik nie? Dalk tref dit my ook. Jimmel, dan gaan Linette die 100m wen!" Jessie hop op een been rond om te demonstreer hoe haar been pyn. Al die kinders om hulle snap dadelik met wie sy spot en 'n hele paar begin ook op een been rond hop.
2022/06/25 14:09:57
https://www.rooirose.co.za/stervanger-episode-6/
mC4
Ontwerp: Victoria Magniant-uitstallings by Vivienne Gallery - Ontwerp - 2022 Victoria Magniant, kortsluit-ontwerp-entoesias Kortsluiting: ontwerpvergadering met Victoria Magniant Dit is binne die Vivienne gallery, in die 2de arrondissement van Parys, dat die ontwerper Victoria Magniant dink aan sy eietydse skeppings. Deur 'n wêreld van japonizing lines, trek sy elegante meubels en beligting, afwisselend tussen leunstoele in as, koffietafels antrasiet en wedstryde kleurvolle en pop. So nuwer soos dit uitbundig is Victoria Magniant hanteer die ontwerp soos a deel hulpmiddel. Self-uitgewer, sy meubels versamelings "Daiku" kom in swart of vol kleur. die kreatiewe begryp haar werk nie sonder 'n onmiddellike verband tussen haarself en haar gehoor nie, met 'n besondere belang vir die vergadering. Betrokke in die meubels ontwerp, Victoria Magniant is vol met a ekologiese wil in sy keuse van materiaal. Van grafiese ontwerp na 'n buitengewone ontwerper Direk, helder, sy skeppings kommunikeer visueel met 'n sterkte en helderheid wat hom lyk. Victoria Magniant hanteer natuurlik die tekening en die werkwoord. Sy studies het betrekking op grafiese en sy passie vir Japan word gelees tussen die lyne van sy versamelings van meubels en beligting. Ontwerper-uitgewer in die hart van die Vivienne-galery. Wat behels hierdie keuse? Hy stel voor dat werk in kortsluiting, te skep in Parys en vervaardiging in Europa is moontlik. Ek kom uit die wêreld van tekstiel skepping en grafika. Deur te teken handgemaakte voorwerpe wat ek bekostigbaar wens, moet ek die kortste manier vind in terme van diffusie. Om ook te lees> Die Werkswinkel van die Ligte, monumentale uitstallingsplek Geïnspireer deur Japannese argitektuur, die modulêre ligstrukture "Cosmogonies" en die versameling "Daiku" wat alles in een slag kombineer, tafel, stoel, stoel, bank, stoel. Echte relationele nabyheid, sonder tussenpersoon Van die vakman na die kliënte vind 'n direkte vergadering plaas. In die gallery, van die konfrontasie met vorms word begeer gebore, 'n rage vir die persoonlike en veral 'n ketting van bevoorregte menslike verhoudings. Jou versamelings van meubels en beligting het 'n duidelike buigsaamheid. Hulle vergader, verdeel, ontvou in die ruimte? aanvanklik het die kalligrafie oorwinnings. Ek moet voorstel dat ek 'n stoel, dat die penciled volume van a tafel is reeds 'n tafel. Hulle is lewende gesinne wat aanpas by situasies. As 'n ontwerper, dit gaan nie meer oor die handhawing van a nie raaisel van vervaardiging. Vir Victoria Magniant is die verdeling van know-how 'n punt van balans. Galerie Vivienne, 'n leunstoel "Daiku" in as gekleur en gewas. Ekologiese en etiese meubels, handmatig gewerk die versamelings betrek 'n gemeenskap wat skep klein skaal en beskou sy werk verantwoordelik. Hout, geblaas glas, Japannese papier word gekies in a ekologiese benadering pligsgetrou. Die waardasie van handwerk is dit 'n belangrike deel van jou skeppings? Ja, dit is die sleutel. 'N Deugsame kring, a etiese siklus soveel deur my gedra vakman skrynwerker en ontwikkelaar Viesturs Kriskalns in Letland, dat my meester glasmaker Wilfried Allyn in Saint-Gilles-Croix-de-Vie. Soms is dit die klein spelers wat stelsels oorskakel. Lees ook> na 'n eko-vriendelike samelewing? Klik op die skeppers van môre In die intimiteit van ontwerp. Van tekening tot voorwerp, 'n denkbeeldige ruimte wat oorvloedig en eksklusief is. die "Senki" skorsings in geblaas glas waarop ek werk, praat van leegheid, lug, landskappe. Die kwessie van die vervorming van lig belangstel. die meubels "Daiku" kom in pigmente, olies, vernis en was volhoubare. Waardes gedeel met vakmanne. Die uitoefening van kleur vir die versameling "Daiku" is dit 'n uitbreiding? Die potensiaal van kleur is uniek. Ons kan tot oneindig speel. by Laverdure & Son, Agathe Mousselon verfyn die ontwikkeling van kleurreekse vir tafels, stoele, leunstoele, banke, stoelgang. 'N lewendige kombinatoriese avontuur. Lees ook> Die ontwerp-heelal van die stilis Margaret Howell GALERIE V - Op afspraak Maandag tot Vrydag. Open van 14:30 tot 19:00 op Saterdae. 39-41, Vivienne Gallery, 75002. galeriev.fr Video: Haustraete Victoria saut 2 avenir CF Albertville 2010 (Mei 2022). Copyright 2022 \ Afwerking - Vir Die Afwerking En Huisverbeterings \ Victoria Magniant, kortsluit-ontwerp-entoesias
2022/05/22 04:32:29
https://af.lacreperiecaffe.com/280-victoria-magniant-adepte-du-design-en-court-circuit.html
mC4
Olifantsrivier, Klein Karoo - Wikipedia Vir ander riviere genaamd "Olifantsrivier", sien asseblief die dubbelsinnigheidsblad by Olifantsrivier. Die rooi lyn toon die Olifantsrivier Die Olifantsrivier loop in die Klein Karoo en sy water vloei via die Gouritsrivier na die Indiese Oseaan. Die Olifantsrivier is 'n rivier in die Wes-Kaap wat ontspring in die Gouritskom en sowat 215 km weswaarts vloei tot by sy sameloop met die Gamkarivier, 16 km suid van Calitzdorp, waarna dit die Gouritsrivier word. 4 Bevolking en dorpe 5 Ekonomiese aktiwiteite 7 Warmbronne 8 Let Wel Die Olifantsrivier ontspring in die Kouga- en Baviaanskloofberge. Hier is die waterskeiding so te sê die grens tussen die Oos- en die Wes-Kaap. Dit dreineer die oostelike deel van die Klein Karoo en vloei van oos na wes tussen die Swartberg in die noorde en die Kammanassieberge in die suide totdat dit aansluit by die Gamkarivier aan die oostekant van die Rooiberge. So vorm die Olifantsrivier die oostelike arm van die Gouritsrivierbekken. Die Kammanassie- en die Trakariviere en verskeie kleiner riviere sluit by die Olifantsrivier aan op sy tog na die Gamka. Die suidelike hellings van die Swartberg word gedreineer deur die Kango-, Grobbelaars-, Le Roux-, Wynands-, Kruis-, Kansa-, Vlei- en nog ander kleiner strome. Deur die Meiringspoort kom die Grootrivier om by De Rust by die Olifantsrivier aan te sluit. Hierdie Grootrivier moet nie met riviere met dieselfde naam in die Oos- en die Wes-Kaap verwar word nie. In die Groot Karoo vloei die Koukarivier in die Trakarivier, by Vondeling sluit die Sandrivier by hulle aan en gaan gesamentlik bekend as die Traka deur die Toorwaterpoort om by Toorwater by die Olifantsrivier aan te sluit. Dit bring water uit die gebied ten noorde en noordooste van Klaarstroom van die Groot Karoo na die Klein Karoo. (Traka is blykbaar 'n Khoi-woord met die betekenis "vroue"). Uit die noordelike hellings van die Outeniquaberge sluit onder andere die Klip-, Kandelaars-, Moeras-, Rooi- en Doringriviere by die Olifantsrivier aan. Die Kammanassierivier kom uit die ooste, ontspring op 1200 m in die Kougaberge en bring ook water uit die Outeniquas en die Kammanassieberge na die Olifantsrivier. Alhoewel sy opvanggebied 1638 vierkante kilometer en lengte maar 120 km is, vorm die Kammanassierivier die belangrikste voedingsbron van die Olifantsrivier. Dit sluit 2 km oos van Oudtshoorn by die Olifants aan. Die Brakrivier is die enigste beduidende sytak van die Kammanassie. Aangesien die riviere in hierdie stelsel nie standhoudend is nie, is opgaardamme van groot belang vir die inwoners van hierdie streek. Aan die einde van die 19de eeu het die eienaar van die plaas Kamanassie, E.T.L. Edmeades, voorgestel dat 'n besproeiingsdam op sy plaas gebou word. Tydens die Eerste Wêreldoorlog het die idee herleef weens die ineenstorting van die volstruisveerbedryf en 'n klemverskuiwing na landbou. 'n Besproeiingsraad is in 1919 gevorm onder voorsitterskap van genoemde Edmeades met C.J. Langenhoven as regsadviseur. Die later bekende siviele ingenieur Ninham Shand was as assistant-ingenieur by die projek betrokke. Die Kammanassiedam lê 24 km suidoos van Oudtshoorn in die Kammanassieriver en is in 1925 voltooi. Seshonderd mense het aan die damwal gebou en 'n verdere 1 100 aan die besproeiingskanale. Hierdie dam het 'n walhoogte van 41 m, 'n wallengte van 389 m met 'n maksimumkapasiteit van 40 miljoen kubieke meter. Water word tot 40 km stroomafwaarts verskaf en die besproeide gebied is byna 11 000 ha. As die dam vol is, stoot hy 15 km agter die wal op, dan is sy breedste punt amper 'n kilometer wyd en sy oppervlakte 3 516 vierkante kilometer. Die dam is egter selde vol. In 1965 is die Stompdriftdam in die Olifantsrivier voltooi. Dit lê 40 km oos van Oudtshoorn, 6 km van De Rust tussen De Rust en Vlakteplaas op die R341 na Willowmore. Die wal is 364 m lank en 49 m hoog. Sy maksimuminhoud is 55 miljoen kubieke meter en het dan 'n oppervlakte van 6 208 vierkante kilometer. Langs die wal op die oewer is 'n vakansie-oord. Die damwal is nie oop vir die publiek nie. In 1939 is die Melvilledam gebou om Oudtshoorn van drinkwater te voorsien en het 'n vermoë van 0,4 miljoen kubieke meter. Die Koos Raubenheimerdam is 'n baie diep dam en bekend vir sy helder bergwater. Sy maksimumkapasiteit is 9,2 miljoen kubieke meter. Hierdie dam is besonder gewild by die hengelaars van baars. Beide damme lê in die voetheuwels van die Swartberg, naby die oorsprong van die Grobbelaarsrivier. Die Oude Muragiepad is die toegangsroete tot beide. Die gebied waardeur die Olifantsrivier en sy sytakke stroom, is nie talryk aan inwoners nie. Van die bevolking van 90 000 woon 80% in nedersettings. Uniondale aan die oostekant van die streek lê aan die N9 nasionale pad. Oudtshoorn en De Rust is aan die N12 nasionale pad geleë en Dysselsdorp tussen hulle, maar effens suid van die N12 nasionale pad. Weens die gebrek aan 'n ekonomiese stimulant word geen bevolkingsgroei verwag nie. Die toerisme van die Klein Karoo draai om die wyn- en volstruisbedryf sowel as die Kangogrotte. Lusern en weiding word op droë land en onder besproeiing verbou. Skape vreet die karoobossies, maar van die tabakbedryf het weinig oorgebly. Weens die uitbraak van voëlgriep het die volstruisbedryf sedert 2011 skerp afgeneem tot sowat 120 000 slagtings per jaar, wat sowat die helfte van die gemiddelde aantal per jaar oor die langtermyn is. Geen rou volstruisvleis mag na Europa uitgevoer word nie, maar sedert 2015 het die bedryf weer goed herstel.[1] Die Olifantsrivier en sy sytakke is oor die algemeen in 'n redelik tot goeie ekologiese toestand. In die laer dele van die Kamanassie en die Olifants is die normale vloei deur menslike optrede gestrem. Watergehalte by groter nedersettings is verswak. Landbouaktiwiteite het die habitat nadelig geraak. Voedingsrykheid en soutgehalte van die rivier is beïnvloed. Warmbronne[wysig | wysig bron] In die stroomgebied van die Olifantsrivier is daar twee warmwaterbronne. Die bekendste is Calitzdorp Spa geleë op 'n afstand van 17 km noordoos van Calitzdorp. Ook die buurplaas Uhuru is tot vakansieoord met 'n swembad met bronwater ontwikkel. By die oog vloei 16 000 liter water per uur uit die aarde en is die temperatuur na bewering tot 50 grade Celsius. By Toorwater by die samevloeiing van die Traka en die Olifants is 'n onontwikkelde warmbron. Hierdie Olifantsrivier moet nie met die Olifantsrivier in Namakwaland verwar word nie. Hierdie rivier vloei ook nie in die Oos-Kaap nie. Die Burger, 28 Mei 1975 en 20 April 1977 ↑ "Volstruisbedryf kom mooi op dreef". Die Hoorn. 22 Januarie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 September 2016.
2021/07/24 02:46:45
https://af.wikipedia.org/wiki/Olifantsrivier,_Klein_Karoo
mC4
Geloofsvrae: God se almag - www.bybelkennis.co.za Geloofsvrae: God se almag by Mitch Kalp · Published 27/06/2011 · Updated 28/09/2014 Geloofsvrae: God se almag – Adrio König By die bespreking van die wese van God is doelbewus oor sy `mag' gepraat. In die geskiedenis van die kerk is voorkeur gegee aan die begrip `almag.' Dit is een van 'n aantal begrippe wat mense vir God gebruik, maar wat nie so direk uit die Bybel afkomstig is nie maar eerder uit sekere strominge in die Griekse filosofie, begrippe soos alomteenwoordigheid, alwetendheid, onkenbaarheid. Daarom is die bespreking van hierdie begrippe tot nou toe uitgestel. Kom ons kyk eers na die begrip almag. In die Apostoliese Geloofsbelydenis word eksplisiet net een eienskap van God genoem: `die Almagtige.' Mense wat graag balans in die belydenis wil sien, wys tereg daarop dat, voordat ons sy almag bely, ons bely dat God `die Vader' is, wat beteken dat God omgee. Die probleem is natuurlik dat dit slegs 'n indirekte belydenis is waaruit ons wel die liefde van God kan aflei, sonder om dit in soveel woorde te bely. In die teologiegeskiedenis is God dan ook veel eerder met almag as met liefde beskryf, en het sy liefde selde of ooit 'n plek gekry in die `definisies' wat teoloë van God gegee het, al was dit (gelukkig!) nie altyd waar van die prediking en die persoonlike vroomheid nie. In die Bybel is alles nie so duidellik nie. In die OAV het die woord `almag' selde voorgekom. In die NAV kom dit veral in die OT dikwels voor omdat die vertalers besluit het om twee benaminge van God (El Shaddai en Jahwe Zebaot), waarvan die betekenis nie regtig vasstaan nie, te vertaal met `die almagtige God' en `die Here die Almagtige.' Bybellesers kry nou die indruk dat dit omtrent op elke bladsy van die Bybel staan dat God almagtig is, terwyl die Bybel in werklikheid opvallend selde dié gedagte uitspreek. Die tweede probleem is dat die begrip `almag' eerder in terme van sekere strominge in die Griekse filosofie verstaan word as in terme van die Bybel. Baie Christene verstaan onder almag die letterlike betekenis dat God enige tyd enigiets kan doen. Hierdie almagsbegrip het sy eie probleme, want 'n mens kan God se almag beswaarlik letterlik verstaan as sy vermoë om enigiets te doen. God kan byvoorbeeld nie 'n klip maak wat so swaar is dat Hy dit nie kan optel nie. Maar 'n mens besef natuurlik dadelik dat dít ook nie regtig die soort mag is wat in die Bybel aan God toegeskryf word nie. In die bespreking van die wese van God het ons die onderskeid gemaak tussen sy oorredende mag en sy oorweldigende mag. Daar is duidelike voorbeelde van oorweldigende mag, van God wat eenvoudig oor sy vyande loop. Veral die apokaliptiese boeke het voorbeelde hiervan. Dit is egter iets wat by geleentheid gebeur en nie op staande voet nie. Dit is eerder die uitsondering as die reël. Dit getuig daarvan dat God soms op 'n vreemde manier optree en sy vyande oorweldig. Ons kom ook sterk onder die indruk hiervan in die stryd van Jesus teen die bose magte. Hy vernietig hulle eenvoudig. Die oorweldigende indruk wat 'n mens egter uit die Bybel kry, is nie dat God te enige tyd enige iets kan doen nie, selfs nie as Hy dit graag wil hê nie. Inteendeel, God word dikwels gefrustreer in sy planne met Israel, Hy moet vir lang tye by hulle pleit om na Hom te luister, daar is dikwels baie min reaksie op sy dreigemente by monde van die profete, sodat Hy dikwels nuwe inisiatiewe moet neem as mense enduit onwillig bly om positief te reageer. Natuurlik is daar 'n manier om hierdie gegewens te probeer interpreteer sodat 'n mens nog altyd kan vashou aan die gedagte dat alles wat gebeur, die direkte beskikking van God is omdat Hy almagtig is en dus enige oomblik alles kan laat gebeur wat Hy wil. Later sal dit egter blyk dat dít 'n pad is wat 'n mens beswaarlik kan loop. Dit verwring eenvoudig die duidelike patroon wat ons uit sy eeuelange omgang met Israel aflees. Daarom is dit miskien die beste om te aanvaar dat God met sy oorweldigende mag mense kan vernietig, maar dat God nie mense kan dwing om iets te doen nie, soos om hulle te bekeer en Hom lief te hê nie. Daarvoor kan Hy net sy oorredende mag gebruik, en mense (die volk Israel!) kan weier om daarop te reageer. In die volgende paragraag word verder hierop ingegaan.
2020/04/07 16:14:49
http://www.bybelkennis.co.za/geloofsvrae-god-se-almag/
mC4
n Tas Vol Blues Songs (Sagteband) Goodbye to Toxic Men ... As iemand Kath-Lien Carstens, glansvrou en topskrywer, nou met dié treffer in haar hand moet sien, is die land aan die gons! Sy weet maar alte goed die aasvoëls van die smeerpers slyp hulle gifpenne om enige skande van bekendes teen die lamppale uit te basuin. Kath-Lien mag dalk die pers ontduik. Maar sal dié selfhelpgids haar die sleutel gee om 'n nuwe deur oop te sluit? Kan dit haar toksiese huwelik ontgif? En hoe stuit sy die golwe van daardie ander tsunami wat ook haar seun, Melt, en peetdogter, Rebecca, wil saamsleur? Eers wanneer sy haar dogtertjie-self teen haar hart vasdruk, op 'n windverweerde Langebaan, kry Kath-Lien die sleutel waarvan haar sielkundige gepraat het. Die missing clue na geluk was al die tyd in haar eie hart. Haar tas vol blues songs, besef sy, is eintlik haar skatkis. Alles in haar verlede is nie sleg nie. Sy gebruik haar sleutel om 'n nuwe hoofstuk oop te sluit en neem verantwoordelikheid as outeur om die volgende hoofstukke in haar lewensboek met meer oorwinning en outoriteit te skryf. 'n Tas vol blues songs is die verhaal van 'n vrou se reis deur die pyn van ontnugtering – tot by ware hoop, genade en selfontdekking. 9781432203580 You're reviewing: n Tas Vol Blues Songs (Sagteband) "Absoluut so fantasties geskryf, ek kon die boek nie neersit nie! Wat van 'n opvolg? Ek dink dit sal super fantasites wees as daar 'n boek kan wees wat vertel wat na die 'roadtrip' gebeur het, soveel intrigue in een boek en so pittig geskryf!" - Posted on 10/25/18
2019/02/23 06:43:31
https://www.cumbooks.co.za/n-tas-vol-blues-songs-sagteband
mC4
Wenke vir die perfekte kosblik | Maroela Media Wenke vir die perfekte kosblik (Foto: Katerina Holmes/Pexels) Teen dié tyd van die jaar het jy al moontlik tot 135 kosblikkies gepak – en dit is net vir een kind. Geen wonder ouers voel dalk al hulle het nou geen goeie idees meer vir 'n gesonde kosblikkie nie. Maroela Media het egter gaan loer na 'n paar plaaslike ouerskapblogs soos Justamamma.com, Becomingyou.co.za en BabyYumYum.co.za om raad te kry vir die jaar se laaste sowat 80 (vir een kind) kosblikke wat voorlê: 1. Begin die dag reg 'n Gesonde ontbyt is onontbeerlik en verseker dat jou kind sy of haar dag reg begin, maak nie saak wat verder in die dag gebeur nie. 2. Beplanning is die sleutel tot enige gesonde kosblik Jy kan die stryd om gesonde idees vir 'n kosblik wen deur elke week 'n paar minute opsy te sit om die gesin se spyskaart vir kosblikke te beplan. Onthou, jy kan aandetes se oorskietkos ook insluit. Koop vrugte en groente in oormaat. Jy kan dieselfde met neute doen en dit self meng. Vra jou kinders om jou te help met dié beplanning. 3. Tuisgebak bly die beste Bak jou eie happies soos proteïenstafies, piesangbrood, muffins en souttertjies. Jy kan 25 muffins bak en dit vries vir gebruik in die week. Oorweeg dit om groente-tjips te maak en dit in die kosblikke in te sluit. 4. Broodjies bly 'n wenner Broodjies vir 'n kosblik bly 'n wenner, maar jy kan dit ook oorweeg om ryskoekies met roomkaas en biltong vir variasie in te pak. 5. Onthou om proteïene in te sluit Dit is altyd goed om maer proteïene soos tuna, gekookte eiers, beesvleis of hoendervleis in jou kosblikke in te sluit. Onthou, oorskietmaalvleis en -bredie is 'n maklike vuller vir môreoggend se toebroodjies. Selfs grondboontjiebotter of neutbotter tel ook as 'n proteïen. 6. Vermy dit Vermy eerder melk, jogurt, vis en vleis as dit 'n heerlike sonnige somersdag is, behalwe as jy 'n koelsak van goeie gehalte vir jou kosblikke het wat varsheid kan verseker. Los die margarien en probeer eerder avokado, met 'n bietjie suurlemoen om verbruining te voorkom, of 'n laevet-mayonnaise as 'n smeer vir die toebroodjies. Onthou, jy kan (en moet) altyd vars seisoensvrugte en krakerige groente in jou kind se kosblik insluit. 7. Die verpakking Belê in 'n kosblik, verkoelsak of -houer van goeie gehalte. Maak seker dit is 'n sterk houer wat die kos sal beskerm sodat dit nie plat gedruk word nie. Dit is ideaal as die kosblik verskillende houertjies het vir souse, gesnyde vrugte en groente en broodjies. Onthou om die kosblikke elke dag uit te was. 8. Onaangeraakte kosblikkies? Daar is niks so frustrerend soos onaangeraakte kosblikke wat elke middag tuis opdaag nie. Vra jouself af of die kosblik te veel kos bevat en of die kos mooi verpak is. 'n Kosblikkie hoef nie perfek te lyk nie, maar klein mensies eet ook met hulle oë. So, sluit 'n verskeidenheid van kleure in. Kleiner porsies kan ook verseker dat kosblikke leeg huis toe kom. 9. Water bly die beste Ouers is dit eens, water bly die beste om jou kind se dors te les. Nie net is dit gesonder as gaskoeldranke en ander koeldranke wat dikwels met suiker belaai is nie, maar dit is ook selfs 'n beter keuse as talle vrugtesappe. Boonop is dit ook goedkoper. 10. Help mekaar Kry inspirasie by ander mammas. Daar is duisende bladsye op sosialemediaplatforms soos Facebook, Instagram en Pinterest wat toegewy is aan kosblikidees om elke dag se kosblikke gesond te vul. In Suid-Afrika is daar ongelukkig elke aand kleuters wat honger gaan slaap. Hulle ouers kan dit eenvoudig net nie bekostig om vir hulle kos te gee nie. Die #StopHonger-veldtog van Solidariteit Helpende Hand se kosblikkie-projek is daarop gemik om te sorg dat hierdie kleuters daagliks 'n voedsame bord kos ontvang. Klik hier of besoek stophonger.co.za om vas te stel hoe jy dié kosblikkie-projek kan ondersteun. So kan jy help om elke dag 8 000 kleuters te voed.
2021/10/24 19:30:26
https://maroelamedia.co.za/leefstyl/ouerskap/wenke-vir-die-perfekte-kosblik/?utm_source=singlepost&utm_medium=link&utm_term=navclick&utm_content=vorige&utm_campaign=singlepost_nav
mC4
Sweedse koei: beskrywing en kenmerke, kenmerke van die inhoud - Raad - 2022 Beskrywing en kenmerke van Sweedse koeie, kenmerke van die inhoud Skandinawiese koerasse is 'n maatstaf in die bees- en melkboerdery. Baie waardevolle verbruikerskwaliteite van variëteite het deur kruising na ander rasse versprei. Beskou die beskrywing en kenmerke van die Sweedse koei, die kenmerke daarvan, die belangrikste voor- en nadele, hoe om na diere om te sien, hul dieet en teelreëls. Die ras is in die sentrale en suidoostelike deel van die land geteel, en die koeie van Shorthorn en Skotse Ayshire is gekies. Teling het in die 19de eeu begin, die ras is in 1927 geregistreer. Omvang van verspreiding Die ras beklee een van die voorste plekke in veeteelt in Swede en het versprei in lande waarvan die klimaat soortgelyk is aan dié van hierdie land. Koeie word dikwels gebruik vir kruisteling met beeste van ander rasse om die waardevolle landbou-eienskappe van die nageslag te verbeter. Kruising met diere van die Holstein-ras gee byvoorbeeld 'n toename in vrugbaarheid, kalwing is makliker vir koeie, hulle is minder siek aan mastitis. Beskrywing, eienskappe en produktiwiteit Diere van rooi en wit kleur, medium grootte (gewig 550 kg), harmonieuse samestelling. Die skofhoogte van bulle is 140-145 cm, verse - 132-138 cm. Die vleisopbrengs tydens die slag is 56-60%. Kalwers word gebore met 'n gemiddelde gewig van 37 kg. Koeie het sterk bene, proporsionele uiers. Die Sweedse ras word gekenmerk deur sy melkopbrengs, 8,7 duisend liter melk kan per jaar van 'n individu verkry word. Om in koninginne te kalf is maklik, sonder komplikasies. Bulle en koeie word onderskei deur sterk immuniteit en uithouvermoë. lewensverwagting en produktiewe gebruik; maklike kalwing; melk, wat baie proteïene en vet bevat. Sweedse rooi-en-wit melk lewer uitstekende harde kase en dieetprodukte suiwelprodukte. Hoe om te onderhou en te versorg Die koeie se huis moet warm, droog wees, veral in die winter. In die somer, inteendeel, dit is koel, want as dit warm is, neem die eetlus van diere af, en neem die melkopbrengs ook af. Stalle moet groot genoeg wees om die koeie vrylik te laat beweeg en te rus wanneer nodig. Stalletjies, voeders en drinkers moet skoon gehou word. Dit is raadsaam om dit elke dag skoon te maak, die beddegoed te vervang. U moet ook die koei self skoonmaak; in die winter kan u die vel met 'n kwas skoonmaak, in die somer kan u buite met warm water bad. Bad en massering het 'n goeie uitwerking op die vel van die dier, normaliseer metabolisme en emosionele toestand. Gevolglik neem produktiwiteit toe, neem die melkopbrengs en die vetinhoud toe. Aan die begin van die weidingseisoen word koeie se hoewe geknip en afgewerk sodat die dier nie ongemaklik voel as hy loop nie. In die somer moet u die skuur van vlieë behandel, wat die koeie versteur, ook die afname in melkopbrengs beïnvloed. In die winter kry 'n dier van 550 kg 6-8 kg hooi, 2 kg strooi. Die hooi moet peulgewasse bevat. Die dieet moet vetplante bevat, vir elke 100 kg liggaamsgewig moet daar 6-8 kg wees. Om beter op te neem, moet daar 2-3 soorte in die voer wees. Hoogopbrengende koninginne van die Sweedse ras moet tot 50 kg sappige voer per dag kry. Benaderde dieet: 30 kg voerbiet en tot 15 kg suiker. As daar geen suikerbiet is nie, kan dit met aartappels vervang word. Koeie eet wortels met genot en voordeel (2-8 kg per kop per dag). In die winter word kuilvoer gevoer (6-8 kg per 100 kg gewig). Gekonsentreerde voere word gegee om die hoeveelheid uit die volume melkopbrengste te bereken. Vir 100 kg dieregewig word 300-350 g produk gevoer met 'n melkopbrengs van meer as 25 liter. U kan diere afval gee. Kryt en sout moet altyd as toediening gebruik word. U moet Sweedse koeie volgens 'n skedule voer, sodat die diere terselfdertyd aan die voer gewoond raak. Voerfrekwensie - 3 keer per dag. U moet voer korrek versprei: eers kragvoer, dan sappig en aan die einde ruvoer. Die hele volume moet in porsies verdeel word en eers gevoer word nadat die volgende deel geëet is. Nuwe produkte moet nie onmiddellik in die dieet ingevoer word nie, maar geleidelik, sodat die dier se spysverteringstelsel tyd het om aan die ongewone produk gewoond te raak. In die somer kan diere in die weiding wei en met vars gras voed. Elke individu kan tot 70-80 kg gras per dag eet. Onderbroke beweidingstyd moet nie minder as 12 uur wees nie. As die weiding skaars is, moet koeie met gras in stalletjies gevoer word of kragvoer (150 g per 1 liter suiwelprodukte), graan, kry. Sweedse koeie moet die hele jaar vars water in hul drinkers hê, dit kan uit emmers gegee word, maar dit is beter om die skuur met outomatiese drinkers toe te rus. Die kwaliteit van die water moet gerespekteer word; u hoef net skoon, vars water te drink. U moet dit uit 'n kraan, 'n put, haal. In die somer, in die hitte, kan die dier tot 40 liter per dag drink. Dit is nodig om soveel as wat die dier kan drink te gee, aangesien water melkproduksie stimuleer, wat die melkopbrengs verhoog. Die temperatuur van die vloeistof moet vir die dier gemaklik wees, nie koud of warm nie. Die winsgewendheid van veeboerdery hang af van die aanvulling van die koeibevolking. Dit is gewoonlik as gevolg van die geboorte van kalwers. Koeie kan geboorte gee as hulle 18-22 maande oud is. Inseminasie word natuurlik of kunsmatig uitgevoer. Om wyfies voor te berei op inseminasie, dragtigheid en die geboorte van kalwers, word hulle voorsien van voldoende voeding, loop elke dag, skep 'n gemaklike mikroklimaat in die skuur. Swanger baarmoeder moet kalm wees, stresvolle situasies moet uitgesluit word. Die kalwing van Sweedse koeie is maklik en sonder komplikasies. Menslike hulp is nie nodig nie, u moet seker maak dat die koei die baba lek, en hy drink die biesmelk. Die natuurlike oordrag van immuunliggame van die moeder na die kalf sal die immuniteit daarvan aktiveer. Die kalwers word apart van hul moeders gehou, en bring hulle 3 keer per dag vir voeding. Die volwasse diere word saam met die trop op die weiding bewei. Op plase kan u rasegte diere kry as u toevallige koninginne en bulle en kruisings met verteenwoordigers van ander rasse is. Stambeses erf die eienskappe van die ras; basters toon 'n versnelling van groei, produktiwiteit en lewenskrag. Die gesondheidstatus van beeste beïnvloed die produktiwiteit direk, beide vleis en suiwelprodukte. 'N Gesonde dier moet die nodige leefruimte kry, die benodigde hoeveelheid kos moet ontvang, vrylik in die stalletjie beweeg en sy familielede besoek. Loop in die vars lug, beweeg, rus vir die bestemde tyd. Sweedse koeie word selde siek as hulle by die reëls hou. Aansteeklike siektes, beserings, metaboliese siektes en inwendige organe verskyn as gevolg van onbehoorlike voeding en onderhoud. Diere word siek as hulle in 'n klam, vuil, donker, vogtige kamer woon. Nadat die siekte geïdentifiseer is, moet siekes onmiddellik behandel word. Groeiende vooruitsigte Die produksie van vleis en melk word as 'n belowende rigting in veeteelt beskou. Die Sweedse rooi en wit ras voldoen aan die vereistes van vleis- en melkteling. Bulle en koeie word onderskei deur vroeë volwassenheid, vrugbaarheid en gesondheid. Die koninginne gee gesonde nageslag, baie vetterige melk word van hulle gevoer. Die volume jaarlikse gemiddelde melkopbrengs maak dit moontlik om beeste winsgewend te laat groei en wins te maak. Die vleis van die Sweedse ras is lekker en voedsaam, diere kan ook vir vleis geteel word. Daarin is vesel en vet in 'n optimale verhouding. Die verteerbaarheid van vleis is 95%. Gobies kan al 8-10 maande geslag word, totdat hulle aktief groei, dan neem die groeikoers af. Om te teel, moet u die beste individue vir alle aanwysers uit die vee kies. Die Sweedse rooi en wit beesras word as belowend beskou vir veeteelt in plaas en huishouding. Koeie kombineer die waardevolle eienskappe van melk- en vleisbeeste suksesvol. As u veeteelt volgens die reëls reël, is dit moontlik om die plaas op 'n hoë vlak van inkomste te bring.
2022/05/25 19:03:33
https://af.heldforranson.com/2489-description-and-characteristics-of-swedish-cows-feat.html
mC4
Russiese sport kry die wind van voor | Maroela Media Rusland het in 2018 die Wêreldbeker-sokkertoernooi aangebied. Hier is Wladimir Poetin (Russiese president) en Gianni Infantino (Fifa-president) by die beroemde trofee. Foto: Alexey Nikolsky/Sputnik/AFP. Ondanks sport se sogenaamde onafhanklikheid is dit steeds 'n kragtige politieke wapen. Nadat Rusland verlede week Oekraïne ingeval het, het verskeie wêreldsportbeheerliggame hul misnoeë oor pres. Wladimir Poetin se optrede uitgespreek. In die jongste verwikkelinge kry Russiese sportmanne en -vroue ongetwyfeld die wind van voor. Rusland se deelname aan die komende Wêreldbeker-rugbytoernooi in Frankryk hang aan 'n baie dun draadjie nadat Wêreldrugby die land se aggressiewe militêre optrede veroordeel het. Die internasionale rugbybeheerliggaam het in 'n verklaring gesê dat Rusland saam met Belarus uit alle internasionale rugbyaangeleenthede tot verdere kennisgewing geskors is. Die Russiese rugbyunie is ook vir eers nie meer deel van Wêreldrugby se lidlande nie. "Die wêreldwye rugbyfamilie staan saam met almal wat deur hierdie diep ontstellende gebeure geraak word en doen 'n oproep vir die herstel van vrede," het die verklaring gelui. Rusland se vyftiental was deel van die vorige Wêreldbeker-aksie in Japan, maar hulle moet nog vir die komende toernooi in Frankryk kwalifiseer. Hulle is tans vyfde in die Europese Rugbykampioenskap, terwyl hulle 25ste op Wêreldrugby se amptelike ranglys is. Volgens Wêreldrugby is hy in verbinding met die Oekraïense rugbybeheerliggaam en sal hy die land se rugbygemeenskap ondersteun. Rusland is verder uit die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Katar geskop, terwyl sy sokkerspanne ook uit alle internasionale sokkerkompetisies tot verdere kennisgewing geskors is. Die land se sokkerspan was veronderstel om binnekort kwalifiserende wedstryde vir die komende Wêreldbeker-toernooi te speel, terwyl sy vrouespan in Julie aan die Europese Kampioenskap moes deelneem. Die wêreld se twee groot sokkerbeheerliggame – Fifa en Uefa – het in 'n gesamentlike verklaring gesê dat alle Russiese spanne vir eers nie meer deel van internasionale wedstryde sal wees nie. "Sokker is ten volle verenig en staan in solidariteit met almal wat in Oekraïne deur Rusland se militêre optrede geraak word. Dit is Fifa en Uefa se hoop dat die situasie vinnig sal verbeter en dat sokker weer 'n vektor vir eenheid en vrede onder almal kan wees." Rusland was in 2018 gasheer vir die internasionale sokkerskouspel. As dit nie die gebruik van opkikkers is nie, dan is die oorlogsplanne. Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) het lank reeds 'n stormagtige verhouding met Rusland. Nou meen die IOK dat atlete van Rusland en Belarus nie meer aan internasionale byeenkomste mag deelneem nie. "Om die integriteit van internasionale sportkompetisies te beskerm en vir die veiligheid van alle deelnemers glo die IOK se uitvoerende raad dat alle internasionale sportverenigings en -organiseerders nie atlete van Rusland of Belarus na byeenkomste moet nooi of toelaat nie. Dieselfde geld ook vir beamptes," is daar in 'n verklaring gesê. Poetin se ere-swartgordel is deur dié sport se internasionale beheerliggaam teruggetrek. Wêreld-taekwondo veroordeel die Russiese president se optrede en die meegaande inval van Oekraïne; dit is in stryd met die sport se waardes van respek en verdraagsaamheid. "Daarom het Wêreld-taekwondo besluit om die ere-swartgordel (negende dan) wat in November 2013 aan mnr. Poetin toegeken is, terug te trek. Geen vlag of volkslied van Rusland of Belarus sal by kompetisies toegelaat word nie." Daniil Medvedev, die wêreld se voorste mansspeler, het gister om vrede gepleit. "Vandag wil ek namens elke kind in die wêreld praat. Hulle het soveel drome en nuwe dinge om te ervaar; daarom vra ek vir vrede in die wêreld en vrede tussen lande. "Kinders het ongelooflike vertroue en hulle is so onskuldig – hulle glo in mense, in liefde, vryheid en regverdigheid. Kom ons staan saam en wys vir hulle dat dit inderdaad so is, want kinders moet nooit ophou droom nie," het die 26-jarige Rus gesê. Die VSA het sedert 2001 n gemiddeld van 46 bomme / missiele PER DAG op ander lande laat neer reën. Hoekom is hulle nooit geskors / geboikot nie? Om sy ere gordel weg te neem gaan hy in ellende in krepeer en dadelik sy magte terugtrek? Sekere "strafte" wat hulle op ou Putin neerlè is om van te lag. Die man vee sy gat aan die wèreld af! Die mense wat onder die oorlog lei is die mense wat in die lande woon. Politiesie speel GOD om hulle eie egos te streel. Dieselfde geld vir die klomp narre wat in ons land het. Sport is nou `n deel van oorlogvoering. In plaas daarvan dat clans teenoor mekaar stelling ineem en aanval, staan hulle op die sportveld, en verinneweer mekaar. WADA, die hoogheilige "anti-doping" outoriteit is outonoom, hulle kan soewereine state maak of breek. Hulle vertel egter nie vir almal van die Amerikaners en ander lande se atlete wat opkikkers gebruik nie. Want dis nou oorlog. Vir diegene van ons wat ouer as 40 is, is hierdie deja vu: dit, liewe jongmense, is presies die roete wat met Suid-Afrika gevolg is deur die anti-aparheidsmense wereldwyd. (En ons weet nie almal van ons was en… Lees meer » Hoekom word sa sport nie ook geboikot nie hulle kies spanne gebaseer op velkleur so wat maak dit anders as Rusland?
2022/05/29 04:39:52
https://maroelamedia.co.za/nuus/wereld/russiese-sport-kry-die-wind-van-voor/
mC4