url
stringlengths 0
6.65k
| collection
stringclasses 8
values | source
stringclasses 154
values | original_code
stringclasses 23
values | text
stringlengths 1
394k
|
---|---|---|---|---|
3501351 | cc100 | CC 2018 | af | Dit is hartseer dat ‘n jong 14jarige kind haar lewe op so ‘n wyse ontneem is en nie eers te praat van die impak en letsels wat dit op die arme ouers,familie lede en vriende asook die bree gemeenskap plaas nie. Hierdie bende euwel moet hand en tand beveg word wat net maak en breek soos hul wil en onskuldiges moet vir hul swak aktiwiteite boet. Hierdie kind mag vandag ‘n baie belangrike en proffessionele rol in die gemeenskap geoffer het, maar haar lewe is kort geknip soos ‘n lam in die slagpale. Dit was wreed en wandadig van hierdie lafhartiges wat eintlik die kind moes beskerm het. Bendes dink hul is Heroes, maar inderdaad is hul ‘n nul, swakkelinge met swak selfbeeld wat probeer om ‘n skrikbewind in gemeenskappe teweeg wil bring. Roei die euwel van bendes en drugs uit. Aan die Farmer gesin wil ek net se, dit is swaar om so groot verlies te verwerk veral die manier wat dit plaasgevind het en wens jul alle simpatie en sterkte toe en Mag God jul harte aanraak en heel om te vergewe en berusting vorentoe te vind. Sy is nog tuis in jul harte vir ewig.
|
3501352 | cc100 | CC 2018 | af | Patricia de Lille het aangekondig dat sy ʼn nuwe politieke party op die been bring wat aan die 2019-verkiesing sal deelneem. Wat dink jy?
|
3501353 | cc100 | CC 2018 | af | Dit is goeie nuus – ek sal beslis vir haar nuwe party stem.
|
3501354 | cc100 | CC 2018 | af | Ek sal eers kyk wat die nuwe party se standpunte en beleide is voor ek besluit of hulle my stem sal kry.
|
3501355 | cc100 | CC 2018 | af | Ek was nie beïndruk met Patricia de Lille se optrede by die DA nie, so ek sal beslis nie haar nuwe party ondersteun nie.
|
3501356 | cc100 | CC 2018 | af | Ek glo nie die nuwe party sal genoeg finansiering of ondersteuning kry om aan die 2019-verkiesing deel te neem nie.
|
3501357 | cc100 | CC 2018 | af | Ontvang die afgelope 24 uur se nuus in jou e-posbus, gratis!
|
3501358 | cc100 | CC 2018 | af | Ondersteun ons
|
3501359 | cc100 | CC 2018 | af | Maroela Media is ʼn Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela-gemeenskap wil wees. Maroela Media se Christelike karakter is die kern van ons redaksionele beleid. Die beste van alles? Dis gratis!
|
3501361 | cc100 | CC 2018 | af | Mboweni: Beste wat die ANC kon bied, maar is dit genoeg?
|
3501362 | cc100 | CC 2018 | af | Boek van die maand
|
3501363 | cc100 | CC 2018 | af | Die verhaal van Seuntjie in die Bethulie-konsentrasiekamp
|
3501364 | cc100 | CC 2018 | af | Poste wat oor 50 jaar dalk nie meer sal bestaan nie
|
3501365 | cc100 | CC 2018 | af | ToekomsVenster: Waar kom die stryd vandaan?
|
3501366 | cc100 | CC 2018 | af | Deel dit op Facebook(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501367 | cc100 | CC 2018 | af | Deel dit op Twitter(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501368 | cc100 | CC 2018 | af | Deel dit op Pinterest(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501369 | cc100 | CC 2018 | af | Click to share on WhatsApp(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501370 | cc100 | CC 2018 | af | Stuur 'n skakel na hierdie bladsy vir 'n vriend(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501371 | cc100 | CC 2018 | af | “Ons sal hierdie hongerloon en beledigende loonaanbod na ons lede neem vir hulle om ʼn finale besluit te neem. Al die belanghebbendes sal volgende week Woensdag weer vergader en die vakbonde sal terugrapporteer oor die mandaat wat ons van ons lede ontvang het.”
|
3501372 | cc100 | CC 2018 | af | Die Mineraleraad van Suid-Afrika (MRSA) het vroeër gesê die mynbedryf word deur groot uitdagings in die gesig gestaar, ondanks die feit dat die goudsektor ʼn groot bydraer tot die Suid-Afrikaanse ekonomie is. Gideon du Plessis, hoofsekretaris van die vakbond Solidariteit, het gesê Solidariteit ontken nie dat myne onder druk verkeer nie. “Dit is waarom ons die standpunt huldig dat salarisverhogings met verhoging in produksie gepaardgaan,” het hy gesê.
|
3501373 | cc100 | CC 2018 | af | Volgens Du Plessis is die MRSA se aanduiding van die aantal werknemers werksaam in die goudsektor ʼn voorbeeld van die raad se verwarrende statistiek. Du Plessis sê voorts dat die MRSA in ʼn formele aanbieding aan vakbonde aangedui het dat daar 112 000 voltydse werknemers in die sektor werksaam is. In ʼn uitdeelstuk wat direk daarna beskikbaar gemaak is, word egter aangedui dat die getal werknemers minder as 100 000 is, maar op hul webwerf word die syfer van 120 000 genoem.
|
3501374 | cc100 | CC 2018 | af | Die onderskeie mynhuise het aanbiedings rakende hul finansiële situasie gedoen en dit blyk dat nagenoeg 50% van myne marginaal of nie-winsgewend is. “Die MRSA, daarenteen, haal gereeld statistieke aan dat tussen 70% en 80% van die goudmyne nie winsgewend is nie. Dit skep weer eens die indruk van syfers wat uit die duim gesuig is,” het Du Plessis gesê.
|
3501375 | cc100 | CC 2018 | af | Onderhandelinge sal volgende week voortgesit word wanneer die MRSA ook meer volledig op vakbonde se vrae en versoeke vir meer inligting sal reageer.
|
3501376 | cc100 | CC 2018 | af | Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
|
3501377 | cc100 | CC 2018 | af | Maak 'n bydrae
|
3501378 | cc100 | CC 2018 | af | Het jy gehoor?
|
3501379 | cc100 | CC 2018 | af | Mag · 3 maande gelede
|
3501380 | cc100 | CC 2018 | af | Die salris wat vir ondergrondse mynwerkers betaal word is ‘n skande en vir eens stem ek saam met die Unie. Ek het eerstehands die leiding en wrede afsterwe van daai mynwerkers ervaar, hul kry myntering (enfiseem) m.a.w. die longe verhard en dit is ‘n stryd om asem te haal, my pa het vir 14 jaar op ‘n suurstofbottel geleef nadat helfte van sy een long verwyder is om te probeer om sy lewe ‘n bietjie te verleng en al sy vriende in die myn het dieselfde pad geloop. Hul lewensverwagting is baie kort. Dit is maklik om die werkers te veroordeel as jy nie eerstehandse kennis het van wat op hul wag nie en glo my dit is nie mooi nie en hel vir hul geliefdes om daai pyn en lyding te aanskou. Ek sê maar net.
|
3501381 | cc100 | CC 2018 | af | Die Unies is die grootste oorsaak, saam met ons ANC regering, van werkloosheid. As n werklose bereid is om vir n salaris te werk wat hom aangebied is, laat hom werk. Doen weg met alle unies want hulle is soos die Bybeltydse se Peste en verwoes lewens
|
3501382 | cc100 | CC 2018 | af | Die enigste belediging is die “demand” vir 15% verhoging, terwyl meeste mense oor die afgelope paar jaar met 4-5% tevrede moes wees.
|
3501383 | cc100 | CC 2018 | af | Bren ek stem saam met jou en om in vandag se tye vir R10 000 of R12 000 te werk en te oorleef is feitlik onmoontlik. Mense leef van die hand na die mond. Dit is maklik om te oordeel as jy nie self in die booitjie vaar nie. Sterkte aan jou en té veel ander wat in dieselfde omstandighede moet oorleef!
|
3501384 | cc100 | CC 2018 | af | Ai tog, regtig · 3 maande gelede
|
3501385 | cc100 | CC 2018 | af | laat hulle dsn maar elders gaan werk. soos by die anc. daar is hope 55plussers wie sterk, gesond en bevoeg is en net wag vir n geleentheid om daardie werk te doen.
|
3501386 | cc100 | CC 2018 | af | Belediging se voet, se dankie vir elke sent, bederf dis wat julle is, en Ja dankie Koos, daar is tonne mense wat wat sal gee om weer tot die Arbeidsmark kan toe tree.
|
3501387 | cc100 | CC 2018 | af | Ek dink die van julle wat beweer dat die mense moet bly wees vir dit wat hulle kry sit die pot mis,gaan werkk n bietjie vir 8 tot 10 ure ondergrond in daai versenginde hitte en die gevaar van n hangwal wat kan meegee op jou dan praat ons weer.
|
3501388 | cc100 | CC 2018 | af | En jy wat jouself so mildellik uitspreek oor die ondergrondse werkers,wat se salaris verdien jy,en ek is seker jy is elke aand by jou gesin,die mense is trekarbeiders en het gesinne om voor te sorg in die buiteland,my voorstel is gaan sit en kyk hoe verkrag die buiteland ons land ,sy mense en ons ekonomie,die gelde wat gemaak word is alles oorsese maatskappye en al wat hulle doen is pluk die vrugte en betaal die belasting op die kosbaarhede gemyn in ons land, ek is n groot voorstander van die onteiening van myne in ons land en as dit reg gedoen word kan Suid Afrika een van die mees rykste lande in die wereld word.
|
3501389 | cc100 | CC 2018 | af | ja andre. klink of jy presies weer waarvan jy praat. jy het al die movies gekyk. lmmi.
|
3501390 | cc100 | CC 2018 | af | Glo my ek weet presies waarvan ek praat,ek het so 5 jaar as myner gewerk in die Welkom distrik en daarna 7 jaar as n Skofbaas ek dink dit maak my geregtig om my mening lig, n mooi dag vir jou.
|
3501391 | cc100 | CC 2018 | af | Ja R10 000 is min om voor te werk, maar my vrou het met ‘n BCOM graad vir jare lank vir veel minder as dit gewerk. 4 % verhoging klink min maar dis volgens ons inflasiekoers. neem ook in ag dat die goudprys is tans 36% laer as in 2011. Die industrie is onder geweldige druk. Die mynbouhandves weerhou verdere beleggings en goudproduksie neem jaarliks af in SA. Die rede vir so ‘n karige loon is omdat daar ‘n ooraanbod is van ongeskoolde wekers . DWS daar is nie meer ‘n vraag na arbeid wat nie spesifieke vaardighede het nie. Die vakbonde moet onthou ‘n bankkrot myn gaan R 0 betaal.
|
3501392 | cc100 | CC 2018 | af | Dit gaan so goed in Suid -Afrika my maatskappy het my 3 jaar laas n verhoging gegee .Is maar net so n verhoging of ons maak toe .Ek sal van oor tot oor glimlag as ek n 5 persent of minder aanbod kry.
|
3501393 | cc100 | CC 2018 | af | Sou daar wel aan die looneise toegegee word, sal dit meganisasie aanmoedig. Dit is wel moeiliker, maar nie onmoontlik nie, om goudmyne te meganiseer, maar wat steenkoolmyne betref kan meganisasie soos wat elders in die wêreld toegepas word, beteken dat die meeste van die huidige werkers hul poste sal verloor.
|
3501394 | cc100 | CC 2018 | af | Breek die strukture af , blaas die tonnels toe en verkoop elke stuk toerusting vir skrootmetaal . NUM kan dan self vir hulle sorg.
|
3501395 | cc100 | CC 2018 | af | Die voorval waartydens ʼn man die afgelope naweek naby die Mponeng-myn langs ʼn dam by die N12 vermoor en sy vrou erg aangerand is, het skokgolwe deur die land gestuur. Wat dink jy?
|
3501396 | cc100 | CC 2018 | af | Hierdie is ʼn geïsoleerde voorval. Misdaad is oral en dit is nie noodwendig erger by kampterreine of ander ontspanningsplekke nie.
|
3501397 | cc100 | CC 2018 | af | Ontvang die afgelope 24 uur se nuus in jou e-posbus, gratis!
|
3501398 | cc100 | CC 2018 | af | Ondersteun ons
|
3501399 | cc100 | CC 2018 | af | Maroela Media is ʼn Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela-gemeenskap wil wees. Maroela Media se Christelike karakter is die kern van ons redaksionele beleid. Die beste van alles? Dis gratis!
|
3501401 | cc100 | CC 2018 | af | Agter elke goeie ma…
|
3501402 | cc100 | CC 2018 | af | Boek van die maand
|
3501403 | cc100 | CC 2018 | af | Gedagte vir die dag: Vervolging
|
3501404 | cc100 | CC 2018 | af | Gedagte vir die dag: Skatte wag
|
3501405 | cc100 | CC 2018 | af | Gedagte vir die dag: God voorsien
|
3501406 | cc100 | CC 2018 | af | Moenie ’n slagoffer van identiteitsdiefstal wees nie
|
3501407 | cc100 | CC 2018 | af | ‘Die Kontrak’ se Deidré: ‘Dis moeilik as jy so naby was’
|
3501408 | cc100 | CC 2018 | af | Deel dit op Facebook(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501409 | cc100 | CC 2018 | af | Deel dit op Twitter(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501410 | cc100 | CC 2018 | af | Deel dit op Pinterest(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501411 | cc100 | CC 2018 | af | Click to share on WhatsApp(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501412 | cc100 | CC 2018 | af | Stuur 'n skakel na hierdie bladsy vir 'n vriend(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501413 | cc100 | CC 2018 | af | Waarskuwing: Die getuienis is soms eksplisiet en kan sensitiewe lesers ontstel.
|
3501414 | cc100 | CC 2018 | af | Van Rooyen het gevra of enige van die mans enigiets vir hom of Bonnette gevra of iets van hulle versoek het. “Nee, hulle het net vir kos gevra,” het hy gesê en bygevoeg dat hy nie namens Bonnette kan kommentaar lewer nie. Kotze ontken dat hy aan Bonnette gesê het sy sal weet hoe dit voel as drie swart mans haar verkrag het.
|
3501415 | cc100 | CC 2018 | af | Hy ontken dat hy aan Sithole gesê het om bo-op Bonnette te klim en later gesê het, “Dis nou genoeg, klim af.” “Nee, u edelagbare, dit is nie die waarheid nie,” het hy aan die hof gesê.
|
3501416 | cc100 | CC 2018 | af | Van Rooyen het dit verder aan Kotze gestel dat hy die drie medebeskuldigdes gedreig het en aangesê het om Bonnette te verkrag. “Jy was aggressief. Jy het gesê ‘julle sal maak soos ek sê’,” het Van Rooyen gesê. “U edelagbare, ek het dit nie gesê nie,” het Kotze geantwoord.
|
3501417 | cc100 | CC 2018 | af | Volgens Van Rooyen het Kotze Sithole, Mohlane en Mphaka aangesê om in die kamer, waar Bonnette aangeval is, weg te kruip. Hy sê Sithole het geglo die dreigemente was werklik. “Ek het nie iets by my gehad nie. Ek het nie ʼn wapen gehad nie,” het Kotze gesê, en gevra hoe kon hy hulle gedreig het. Van Rooyen sê Kotze het toe die mans aangesê om Bonnette op die bed vas te druk. Kotze ontken dit. Van Rooyen sê Sithole het slegs verkragting simuleer.
|
3501418 | cc100 | CC 2018 | af | Volgens Van Rooyen het Kotze glo verder aan Sithole gesê, toe hy nie ʼn ereksie kon kry nie, “Dis nogal snaaks. As jy verkrag is jy goed daarmee, maar wanneer dit vir jou gereël word, dan kan jy niks doen nie.” Toe die ander medebeskuldigdes glo ook nie ereksies kon kry nie, het Kotze hulle glo uitgejaag. “U edelagbare, dit is nie die waarheid nie,” het Kotze gesê.
|
3501419 | cc100 | CC 2018 | af | Francois van As, prokureur vir Mohlane en Mphaka, het Kotze uitgevra oor kommentaar wat hy in ʼn brief oor Conrad geskryf het. “Hy was ʼn goeie seun,” het Kotze geantwoord. Kotze het in die brief gereeld na Conrad verwys en Bonnette afgevra waarom sy kon toelaat dat die seun tussen hulle kon kom. “Hoekom het jy toegelaat dat Conrad ons lewens beheer,” het hy geskryf.
|
3501420 | cc100 | CC 2018 | af | Van As het Dinsdag die brief as getuienis aan die hof voorgehou. Hy het Kotze Woensdag versoek om gedeeltes van die brief voor te lees. Hy het Kotze gevra waarom hy na Conrad as ʼn “sagte terroris” verwys het. Hy sê dit lyk of daar ʼn probleem was tussen hom en Conrad. “Ek was nie by my volle positiewe toe ek dit geskryf het nie,” het Kotze gesê. “Hy was ʼn goeie seun.”
|
3501421 | cc100 | CC 2018 | af | Kotze sê nadat hy en Bonnette in 2009 begin uitgaan het, was Conrad ʼn moeilike kind, wat aan ʼn eetversteuring gely het en gereeld verdwyn het nadat hy en sy ma stry gekry het. “Ek wou hom help. Ek het hom bemoedig.”
|
3501422 | cc100 | CC 2018 | af | Volgens Van As dui die brief en Kotze se emosionele toestand daarop dat hy bedoel het om Conrad te skiet. “U edelagbare, dit is nie die waarheid nie,” het Kotze gesê. Hy sê hy het Conrad gehelp en dat hulle ʼn gelukkige gesin was. “Ek was goed vir hom en het hom in sy studies aangemoedig. Dit is heeltemal onwaar.”
|
3501423 | cc100 | CC 2018 | af | Net voor Kotze die hof Woensdag verlaat het, het sy dogter Jo-Marie hom omhels. Sy het gehuis toe hulle omhels en gesoen het.
|
3501424 | cc100 | CC 2018 | af | Kotze word daarvan beskuldig dat hy die groepverkragting van Bonnette op 3 Januarie in sy huurhuis in Modimolle gereël en haar seun, Conrad (19) daarna doodgeskiet het.
|
3501425 | cc100 | CC 2018 | af | Bonnette het vroeër getuig dat Kotze haar met verskeie voorwerpe gemartel het voordat hy die drie mans aangesê het om haar te verkrag. Sy het aan die hof gesê sy moes luister hoe haar seun om sy lewe pleit voordat hy geskiet is.
|
3501426 | cc100 | CC 2018 | af | Die saak duur voort.
|
3501427 | cc100 | CC 2018 | af | ‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
|
3501428 | cc100 | CC 2018 | af | Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
|
3501429 | cc100 | CC 2018 | af | Maak 'n bydrae
|
3501430 | cc100 | CC 2018 | af | Het jy gehoor?
|
3501431 | cc100 | CC 2018 | af | Die DBV in Bloemfontein het gesê bewerings dat diere in die plaaslike dieretuin honger ly, is onwaar. Wat dink jy oor die saak?
|
3501432 | cc100 | CC 2018 | af | Ek glo die bewerings op sosiale media is oordryf, maar ek is steeds bekommerd oor die toestande waarin die diere aangehou word.
|
3501433 | cc100 | CC 2018 | af | Ontvang die afgelope 24 uur se nuus in jou e-posbus, gratis!
|
3501434 | cc100 | CC 2018 | af | Ondersteun ons
|
3501435 | cc100 | CC 2018 | af | Maroela Media is ʼn Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela-gemeenskap wil wees. Maroela Media se Christelike karakter is die kern van ons redaksionele beleid. Die beste van alles? Dis gratis!
|
3501437 | cc100 | CC 2018 | af | Agter elke goeie ma…
|
3501438 | cc100 | CC 2018 | af | Boek van die maand
|
3501439 | cc100 | CC 2018 | af | Gedagte vir die dag: God voorsien
|
3501440 | cc100 | CC 2018 | af | Moenie ’n slagoffer van identiteitsdiefstal wees nie
|
3501441 | cc100 | CC 2018 | af | ‘Die Kontrak’ se Deidré: ‘Dis moeilik as jy so naby was’
|
3501442 | cc100 | CC 2018 | af | Deel dit op Facebook(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501443 | cc100 | CC 2018 | af | Deel dit op Twitter(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501444 | cc100 | CC 2018 | af | Deel dit op Pinterest(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501445 | cc100 | CC 2018 | af | Click to share on WhatsApp(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501446 | cc100 | CC 2018 | af | Stuur 'n skakel na hierdie bladsy vir 'n vriend(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501447 | cc100 | CC 2018 | af | In die eerste helfte van die vorige eeu skryf C. Louis Leipoldt met ontroering:
|
3501448 | cc100 | CC 2018 | af | Wie weet vandag nog waarvan die digter praat? Is hulle nog in die veld te vinde? Gaan kyk mens in die veldblomgidse, is die meeste blomme wat Leipoldt oor dig, nog daar en mens is verras as jy ʼn foto of tekening van een wat aan jou bekend is, so raakloop.
|
3501449 | cc100 | CC 2018 | af | Die blommevelde van die Weskus lok baie toeriste in die lente. Dit is nie die hoofrede waarom ons veldblomme bewaar moet word nie. Piepklein blommetjies, riete en selfs gras, moet aandag kry. Daar is plante in ander dele van die land, waarvan talle ook bedreig is. Elke soort blom op ʼn verskillende tyd en botaniste ken hulle dan uit aan blare en stammetjies al is daar geen blom nie.
|
3501450 | cc100 | CC 2018 | af | Met beklemming verneem mens driekwart van die plante in die rooidataboek verskyn in die Blommeryk van die Kaap (Cape floral Kingdom), een van die ses blommeryke van die wêreld en die enigste binne-in een land, 9,000 spesies en 70 persent endemies.
|
3501451 | cc100 | CC 2018 | af | Meer as driehonderd spesies word net in die Kaapse metropool bedreig en die 700 wat endemies aan die Kaap is, word in ʼn mindere of meerdere mate bedreig.
|
3501452 | cc100 | CC 2018 | af | In ʼn poging om hierdie toestand om te keer, het die Suid Afrikaanse Nasionale Biodiveristeit Instituut vrywilligers begin organiseer om op te tree as bewakers van rare en bedreigde spesies (CREW- Custodians of Rare and Endangered Wildfolwers). Na twaalf jaar, is daar twintig groepe wat oor die land versprei is. Die meeste van die spesies waaroor in hul jaarblad geskryf word, word ongelukkig vir die leek, geheel en al wetenskaplik benoem. Opleiding word wel van tyd tot tyd verskaf.
|
3501453 | cc100 | CC 2018 | af | Die besonderhede oor hoeveel van ʼn soort, ligging en moontlike bedreigende faktore word onder meer opgeteken. Foto’s word op iSpot gelaai en geëien. Sommige blomme lyk baie na mekaar en kom onder ʼn vergrootglas of moet selfs ontleed word om hulle te eien. Die lede maak aanbevelings by die owerhede en grondeienaars. Presies waar bedreigde spesies gevind is, word nie gepubliseer nie, weens die wesentlike gevaar van plundery. Hulle besoek ook sensitiewe gebiede wat nie vir publiek toeganklik is nie.
|