url
stringlengths 0
6.65k
| collection
stringclasses 8
values | source
stringclasses 154
values | original_code
stringclasses 23
values | text
stringlengths 1
394k
|
---|---|---|---|---|
3501248 | cc100 | CC 2018 | af | Deel dit op Twitter(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501249 | cc100 | CC 2018 | af | Deel dit op Pinterest(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501250 | cc100 | CC 2018 | af | Click to share on WhatsApp(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501251 | cc100 | CC 2018 | af | Stuur 'n skakel na hierdie bladsy vir 'n vriend(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501252 | cc100 | CC 2018 | af | Paul Mardon, hoof van Solidariteit se afdeling vir Beroepsgesondheid en -veiligheid, het gesê die vakbond staan tans ongeveer 800 lede by met hul eise teen die vergoedingsfonds en is uiters besorg oor die gesloer om hierdie eise af te handel. “Die eisers is mense met gesinne wat die trauma van ernstige besering of siekte moes verduur en baie van hulle is nie in staat om met hul werk voort te gaan nie. Mediese rekeninge hoop op omdat medici nie bereid is om jare lank te wag om deur die vergoedingskantoor betaal te word nie.”
|
3501253 | cc100 | CC 2018 | af | Martin Badenhorst is in Augustus 2010 aan diens beseer. Hy het tot en met 15 November 2011 betaling van sy werkgewer ontvang, waarna hy weens verlies aan inkomste ʼn eis by die Vergoedingskommissaris ingedien het. Hy het twee betalings ontvang, maar ʼn derde is steeds uitstaande. Mnr. Badenhorst is nog nie blywend arbeidsongeskik verklaar nie. Hy het sy huis en voertuig verloor omdat hy lank vir die betalings vanaf die Vergoedingskommissaris moes wag. Die nodige dokumente moes verskeie kere ingehandig word, maar die laaste keer wat navraag oor sy eis gedoen is, was daar geen rekord van die dokumente op die Vergoedingskommissaris se stelsel nie.
|
3501254 | cc100 | CC 2018 | af | Koos Cronje is in 2007 aan diens beseer, waarna die nodige verslae by die Vergoedingskommissaris ingedien is. Die skandering van die verslae was ʼn groot probleem in daardie stadium en die dokumente moes verskeie kere weer ingehandig word. Mnr. Cronje se eis is heropen vir ʼn volledige knievervanging. Die finale verslag ná die heropening van die eis is op 3 Oktober 2013 per hand by die Vergoedingskommissaris ingedien. Solidariteit het eers op 29 Januarie 2015 die finale beslissing rakende mnr. Cronje se blywende arbeidsongeskiktheid ontvang. Laasgenoemde is genoteer maar is nog nie goedgekeur nie.
|
3501255 | cc100 | CC 2018 | af | Mardon het gesê Solidariteit het al by verskeie geleenthede sy besorgdheid oor die swak dienslewering onder die kommissaris se aandag gebring. “Die kommissaris het tot dusver geen poging aangewend om dienslewering deur sy kantoor te verbeter nie. Sedert die instelling van die Umehluko-stelsel is min, indien enige, vergoedingsbetalings aan enige van die persone wat deur Solidariteit verteenwoordig word, gemaak – ten spyte daarvan dat die eise vir uitbetaling goedgekeur is.”
|
3501256 | cc100 | CC 2018 | af | Klik hier vir meer inligting.
|
3501257 | cc100 | CC 2018 | af | Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
|
3501258 | cc100 | CC 2018 | af | Maak 'n bydrae
|
3501259 | cc100 | CC 2018 | af | Het jy gehoor?
|
3501260 | cc100 | CC 2018 | af | piet · 4 jaar gelede
|
3501261 | cc100 | CC 2018 | af | Dit is beslis net ʼn verkiesingtegniek. Daar sal niks van die onteieningsplanne kom nie.
|
3501262 | cc100 | CC 2018 | af | Ek is baie onseker. Die onteieningsplanne het reeds baie verder gevorder as wat ek geglo het dit sou.
|
3501263 | cc100 | CC 2018 | af | Ontvang die afgelope 24 uur se nuus in jou e-posbus, gratis!
|
3501264 | cc100 | CC 2018 | af | Ondersteun ons
|
3501265 | cc100 | CC 2018 | af | Maroela Media is ʼn Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela-gemeenskap wil wees. Maroela Media se Christelike karakter is die kern van ons redaksionele beleid. Die beste van alles? Dis gratis!
|
3501267 | cc100 | CC 2018 | af | November-waterskeidingsdatums in die geskiedenis van die 20ste eeu
|
3501268 | cc100 | CC 2018 | af | Boek van die maand
|
3501269 | cc100 | CC 2018 | af | LitNet is op soek na 2018 se woord van die jaar
|
3501270 | cc100 | CC 2018 | af | Onwettig om in dié dorp in Noorweë te sterf?
|
3501271 | cc100 | CC 2018 | af | Kersgeskenke vir die vrou(e) in jou lewe
|
3501272 | cc100 | CC 2018 | af | Wanneer is die regte tyd vir ʼn kêrel of ʼn meisie op kampus?
|
3501273 | cc100 | CC 2018 | af | Gedagte vir die dag: Laaste ete
|
3501274 | cc100 | CC 2018 | af | 4Werke tree toe tot die Top-20
|
3501275 | cc100 | CC 2018 | af | Deel dit op Facebook(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501276 | cc100 | CC 2018 | af | Deel dit op Twitter(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501277 | cc100 | CC 2018 | af | Deel dit op Pinterest(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501278 | cc100 | CC 2018 | af | Click to share on WhatsApp(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501279 | cc100 | CC 2018 | af | Stuur 'n skakel na hierdie bladsy vir 'n vriend(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501280 | cc100 | CC 2018 | af | Die Kokertoekennings van die Afrikaanse Taalraad (ATR) is Vrydag op die Zevenwacht Landgoed in Kuilsrivier oorhandig. Die Kokers is die hoogtepunt van die ATR se jaar en ʼn geleentheid om ʼn groep baie spesiale mense te bedank vir wat hulle die afgelope jaar vir Afrikaans gedoen het.
|
3501281 | cc100 | CC 2018 | af | Conrad Steenkamp, hoof van die Afrikaanse Taalraad, verduidelik die Kokertoekennings weerspieël die ATR se fokus op die bevordering van Afrikaans in sy volle diversiteit binne ʼn meertalige bestel. “Die reikwydte van die toekennings, vanaf voetsoolvlak tot teaters en lesingsale, simboliseer die vervlegting van Afrikaans se sprekers, en die samewerking en kreatiwiteit wat nodig is om Afrikaans vir sy sprekers te laat werk.”
|
3501282 | cc100 | CC 2018 | af | Drie erepennings vir die jeug.
|
3501283 | cc100 | CC 2018 | af | Suzie se pad met Afrikaans het 29 jaar gelede in Junie 1988 begin toe sy op pad na ʼn werksonderhoud by die ATKV se ou kantore in Braamfontein verbygestap en ʼn ATKV-werknemer gegroet het. ʼn Gesprek het begin en sy is dieselfde dag nog by die ATKV aangestel. Toe sy die aand haar vriendin vertel dat sy werk by die ATKV gekry het, vra die vriendin of sy Afrikaans kan praat. “Nee,” het Suzie geantwoord, “maar ek gaan Afrikaans leer praat.”
|
3501284 | cc100 | CC 2018 | af | Tien jaar later, en met ʼn kort Afrikaanskursus by die UP agter die blad, het sy begin om haar seuns en sy vriende in die middae met hulle Afrikaans te help. Uiteindelik besluit sy om vir hulle ekstra klasse op Saterdae te gee. Hiervoor het sy ʼn kleuterskool gebruik en moes na ’n rukkie nog iemand kry om te help.
|
3501285 | cc100 | CC 2018 | af | In 2002 stig sy ʼn damestak van die ATKV in Soweto wat begin het om kombersies vir vigs-sentrums te maak. Drie jaar later sien Biblionef ʼn artikel oor die skool in die Taalgenoot, die ATKV se tydskrif, raak. Hulle wou vir Suzie boeke geskenk. Suzie het egter nie ’n plek gehad waar hulle die boeke kon bêre nie. Kort daarna skenk Breadline Africa ʼn vraghouer aan Suzie om hiervoor te gebruik. In hierdie stadium was daar al by die 40 kinders wat die Saterdagskool bygewoon het.
|
3501286 | cc100 | CC 2018 | af | In 2006 sterf Suzie se man en seun in ʼn groot motorongeluk. Na ʼn jaar van rou het sy die ATKV-tak herstig onder die nuwe naam “Vorentoe”, waarmee die Saterdagskool toe ook ʼn projek van die ATKV geword het.
|
3501287 | cc100 | CC 2018 | af | Die projek het aanhou groei, en in 2013 het Suzie saam met haar projek na die taalafdeling van die ATKV verskuif. Sy en haar kollegas het klasse by die Departement Afrikaans (UJ) begin bywoon en geleer hoe om Afrikaans vir die kinders aan te bied. Tot vandag toe besoek die Departement die projek gereeld om Suzie en haar sewe medevrywilligers ondersteuning te gee.
|
3501288 | cc100 | CC 2018 | af | Aan die begin van 2017 het sy ’n doelbewuste besluit geneem om terug te ploeg in Eldoradopark se gemeenskap, en die deelname aan die Mev. Afrika-kompetisie was vir haar die ideale geleentheid daarvoor. Hierdie kompetisies se oogmerk is om aan vroue erkenning te gee en ook die geleentheid om ’n verskil in hulle plaaslike gemeenskappe te maak.
|
3501289 | cc100 | CC 2018 | af | Een van Diana se projekte van die afgelope jaar was die oprigting van ’n biblioteek by Eldoradopark Primêr. Sy was tot aan die einde van 2016 ’n onderwyseres aan hierdie skool, en dit was duidelik dat die skool dringend ’n groter biblioteek nodig gehad het. Met borgskappe van Standard Bank en die Universiteit van Johannesbrug, is daar ’n skeepshouer op die skoolterrein opgerig, en dit is reeds gevul met talle boeke wat verskeie organisasies en individue geskenk het. Dit sal toenemend volgemaak word met die hulp van weldoeners.
|
3501290 | cc100 | CC 2018 | af | Diana, wat ook ’n ballerina is, het al vir jare lank ’n dansprojek in Eldoradopark, “A Leap of Faith” in Eldoradopark, wat jongmense konstruktief deur middel van dans, besig hou. Diana het ook die beweging Own your own Destiny gestig om jong vroue te bemagtig. Enige jongmeisie wat nie haar skoolloopbaan kon voltooi of verder kon gaan studeer nie, kry hier die geleentheid om as skoonheidsterapeut opgelei te word. Sodoende word ʼn beter toekoms vir hierdie jong vroue verseker.
|
3501291 | cc100 | CC 2018 | af | In 2015 het hy verder, in opdrag van die Federasie van Suid-Afrikaanse Skoolbeheerliggame (Fedsas) ʼn suksesvolle interdik teen die huidige LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, sowel as die Gautengse departement van basiese onderwys, bekom oor die implementering van sekere aspekte van dié departement se e-aansoeke, onder meer die taalopsie op dié stelsel.
|
3501292 | cc100 | CC 2018 | af | Nie net bied hy regsadvies en -hulp aan skole met betrekking tot taal nie, hy word ook vanaf 2016 deur AfriForum en Solidariteit as prokureur aangestel in die hofstryd teen die rade van die Universiteit van Suid-Afrika en die Vrystaat se onderskeie Engelse taalbeleide.
|
3501293 | cc100 | CC 2018 | af | Sedertdien word hy gereken as ʼn kenner op die gebied van linguistiese regte met betrekking tot Afrikaans in die Suid-Afrikaanse onderwys en word hy vanuit verskillende geledere versoek om regsmenings te skryf oor sekondêre en selfs tersiêre taalbeleide.
|
3501294 | cc100 | CC 2018 | af | Werner kan definitief beskou word as ʼn voorbeeld vir almal, maar spesifiek vir die jeug, as iemand wat die beskerming van Afrikaans as ʼn roeping, eerder as deel van sy dagtaak, sien.
|
3501295 | cc100 | CC 2018 | af | Met Die ander kant het Mercy ’n geleentheid gebied vir versweë bruin stemme oor ’n breë spektrum heen – onder meer akademici, skrywers en studente – om gehoor te word oor die onderrigtaalkwessie aan die US. Die film toon dat alle Afrikaanse studente, ook en veral bruin studente, negatief geraak sal word indien Afrikaans aan die US afgeskaf sou word.
|
3501296 | cc100 | CC 2018 | af | Mercy is uitgesproke oor haar liefde vir Afrikaans. Terwyl sy haar voorberei vir ’n beroep in die teaterbedryf, leef sy haar ook uit as skeppende skrywer en skryf sy veral poësie. Haar veelsydigheid hou egter nie daar op nie, want sy doen ook radiowerk. Sy glo dat teater, veral toegepaste teater, mense se lewens en denke kan verander. Dit is juis belangrike dryfveer vir die dokumentêr Die ander kant waarin sy met haar fokus op ʼn spesifieke dimensie, die heersende denke en praktyke oor onderrigtaal in hoër onderwys wou beïnvloed.
|
3501297 | cc100 | CC 2018 | af | Sue Pyler is ʼn gewilde omroeper by RSG. Haar Afrikaans is kleurvol, want sy hou daarvan om sover as moontlik elke streek se Afrikaans deel te maak van die Afrikaans wat sy praat. Die egtheid en eiesoortigheid van streekstaal soos dié van die Noord-Kapenaars, die mense van die Kaap en die Karoo onder andere, bekoor haar en in haar middagprogram op RSG deel sy interessante nuusbrokkies en doen sy veral moeite om streektaal, dialek en variante te vier en te verken.
|
3501298 | cc100 | CC 2018 | af | Sue Pyler se droom was om eendag ’n mediese dokter te word. Maar nadat haar graad 12-onderwyseres van die Hoërskool Outeniqua in George, haar vir ’n nasionale dramakompetisie ingeskryf het en sy dit gewen het, het haar kop radio se kant toe gestaan.
|
3501299 | cc100 | CC 2018 | af | In haar oorbruggingsjaar het sy gemeenskapsradiowerk gedoen, toneel gespeel en toe besef sy is nie vir die hospitaalteater bestem nie. Sue het ingeskryf vir ’n dramagraad aan die Universiteit Stellenbosch en in haar finale studiejaar by gemeenskapsradiostasies begin uitsaai. Na ses maande het RSG haar genooi om die program Befonk aan te bied, en sy het haar uitstekend van haar taak gekwyt. Soveel so dat sy haar aan die begin van 2015 in Johannesburg gaan vestig het toe sy aangestel is as aanbieder van Middag op RSG. In Middag op RSG, trakteer sy, saam met mede-aanbieder Ettienne Ludick, die luisteraars op ʼn potpourri van heerlike, opwindende nuusbrokkies uit die Suid-Afrikaanse leefwêreld. Selfs die berugte Hoëveldse donderstorms kry dit nie reg om vir Sue, ʼn kletskous by uitstek, stil te maak nie.
|
3501300 | cc100 | CC 2018 | af | Dat sy versot is op en haar uitleef in die radiowese en teater is te herlei tot haar passie vir kommunikasie, vir kontak met mense. Van kleins af reeds het sy gereeld na die radio geluister, en geen wonder nie. Want van haar grootworddae af was sy lief vir praat, soms te veel erken sy, want sy is gereeld stilgemaak. Sy kommunikeer ook graag deur middel van dans, haar eerste liefde. Maar dis in die radiowese waar Sue se liefde vir toneelspel en vir kommunikasie mekaar vind, en sorg vir heerlike luistergenot. Maar hoe ook anders: Vir haar draai die wêreld om praat en is haar lewe een groot drama.
|
3501301 | cc100 | CC 2018 | af | Marelize se eerste onderwyspos was aan Florida Park High School, waar sy verantwoordelik was vir die onderrig van Afrikaans Addisionele Taal. Sy het spoedig onder die indruk gekom van die ernstige leemtes wat daar in die onderrig van Afrikaans as Eerste Addisionele Taal bestaan. Sy het die uitdaging aanvaar om op hierdie terrein ’n verskil te maak en het daarom reeds in haar eerste jaar by die skool ’n Afrikaans-werkswinkel vir haar kollegas aangebied.
|
3501302 | cc100 | CC 2018 | af | Haar ontdekking van die min hulpbronne wat daar vir Afrikaans Eerste Addisionele Taalonderwysers en -leerders beskikbaar is, het haar voorts aangespoor om die webwerf, www.swanies.co.za, te ontwerp. Hierdie webwerf dien as platform om gratis Afrikaanse Huistaal- en Eerste Addisionele Taal-hulpbronne en -metodiek aan onderwysers en leerders te verskaf. Die webwerf is binne ’n tydperk van twee maande 14 000 keer besoek. Marelize voel sterk dat Afrikaans soos ’n Wiskundeformule werk en glo ook dat leerders met inhoud gebombardeer word wat hulle moet memoriseer, terwyl dit veel beter sal wees om hulle met metodes te bemagtig wat hulle in staat sal stel om enige inhoud te kan baasraak.
|
3501303 | cc100 | CC 2018 | af | Marelize leef haar liefde vir Afrikaans uit as onderwyser en spreker. Sy skryf gedigte wat sy op haar blog, https://omsintemaak.blogspot.co.za/ publiseer en hoop om nog eendag haar droom van ’n eie digbundel, waar te maak.
|
3501304 | cc100 | CC 2018 | af | Sy werk as spreker saam met die ATKV se Skitter-in-Afrikaans-werkswinkels en was ook mede-aanbieder by die UJ/ATKV-Meertaligheidsweek-werkswinkel vir Afrikaans-onderwysers wat in Soweto klas gee. Sy is tans besig met haar BA Honneurs (Afrikaans Taalkunde) aan die UJ.
|
3501305 | cc100 | CC 2018 | af | Sandra Prinsloo is ʼn Suid-Afrikaanse legende, ikoon, rolmodel en huishoudelike naam in die wêreld van die teater, film, TV en kultuur. Haar loopbaan, wat oor meer as vyf dekades strek, word in beide Engels en Afrikaans uitgevoer. Sandra het in September vanjaar 70 geword, en sy werk nog steeds in belang van Afrikaans en Afrikaanssprekers.
|
3501306 | cc100 | CC 2018 | af | Die Taalraad vereer Sandra vir haar lewenslange bydrae tot die kunste, wat ʼn diepgaande impak gemaak het op die uitvoerende kunste, tale, kultuur, letterkunde en erfenis, en merkwaardig bygedra het tot die verryking van die Afrikaanse kultuurbelewenis.
|
3501307 | cc100 | CC 2018 | af | Shaleen Surtie-Richards is ‘n gevierde Afrikaanse aktrise en ikoon in die Afrikaanse kultuurlewe. Sy is gebore en getoë in Upington in die Noord-Kaap, die dogter van ouers wat albei diep spore in die onderwys getrap het. Haar skoolopvoeding het sy deels in Upington en Kaapstad ontvang. As gebore en getoë Noord-Kapenaar het sy ʼn bekoorlike tongval wat haar Noord-Kaapse wortels verklap.
|
3501308 | cc100 | CC 2018 | af | Shaleen het oor baie jare wye bekendheid en gewildheid verwerf as rolprent-, verhoog- en TV-aktrise. Die lang lys optredes op haar kerfstok is indrukwekkend, en die rolle waarmee sy bekendheid en geliefdheid verwerf het, het haar ʼn huishoudelike naam gemaak, haar byna tot volksbesit verhef. Rolprente waarin sy verskyn het, is onder meer Fiela in Fiela se kind (1988), gebaseer op Dalene Matthee se trefferroman met dieselfde naam; Maxi in Nag van die negentiende (1992); die burgemeesteres in Mama Jack (2005); Nenna in Egoli: Afrikaners is plesierig (2010); Susanna van Biljon (2010); Jimmy in pienk (2013), juffrou Schutte in Agent 2000 (2014); en Katie in Treurgrond (2015)
|
3501309 | cc100 | CC 2018 | af | Die Taalraad vereer Shaleen Surtie-Richards vir haar lewenslange bydrae tot die Afrikaanse kultuurbelewenis en vir haar voorbeeld waarmee sy talentvolle plattelandse Afrikaanse mense inspireer om nie toe te laat dat hul omstandighede in hul pad staan om hul drome te verwesenlik en sters
|
3501310 | cc100 | CC 2018 | af | Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
|
3501311 | cc100 | CC 2018 | af | Maak 'n bydrae
|
3501312 | cc100 | CC 2018 | af | Het jy gehoor?
|
3501313 | cc100 | CC 2018 | af | Het sy nie ook pas 70 geword nie? Genade, maar sy dra haar jare goed!
|
3501314 | cc100 | CC 2018 | af | Sy is tydloos. Werklik so ‘n merkwaardige mens en aktrise. Ek het net bewondering vir haar.
|
3501315 | cc100 | CC 2018 | af | Ek voel ‘n veer vir hulle.
|
3501316 | cc100 | CC 2018 | af | Dit gaan net oor hulself – dis al.
|
3501317 | cc100 | CC 2018 | af | Dis die blond dis die blou.
|
3501318 | cc100 | CC 2018 | af | Erkenning aan die volgende bronne vir meeste van ons Taaltoffies
|
3501319 | cc100 | CC 2018 | af | Kopiereg (c) 2009 deur A.F. Prinsloo
|
3501320 | cc100 | CC 2018 | af | Maak jy gebruik van Wikipedia?
|
3501321 | cc100 | CC 2018 | af | Ja, ons gebruik Wikipedia in die huis vir die kinders se take
|
3501322 | cc100 | CC 2018 | af | Nee, ek dink nie dit is ʼn geloofwaardige bron nie.
|
3501323 | cc100 | CC 2018 | af | Nee, ek kry nooit wat ek soek nie.
|
3501324 | cc100 | CC 2018 | af | Op die planke
|
3501325 | cc100 | CC 2018 | af | Ondersteun ons
|
3501326 | cc100 | CC 2018 | af | Maroela Media is ʼn Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela-gemeenskap wil wees. Maroela Media se Christelike karakter is die kern van ons redaksionele beleid. Die beste van alles? Dis gratis!
|
3501328 | cc100 | CC 2018 | af | Oupa dink ook jy is baie goed om self koekies te bak.
|
3501329 | cc100 | CC 2018 | af | Ag jitte hy raak te vinnig groot! Jy is 'n oulike mamma wat so lekker koekies bak! Dit lyk als net baie lekker...
|
3501331 | cc100 | CC 2018 | af | Die wêreld in foto’s – 19 November 2018
|
3501332 | cc100 | CC 2018 | af | Boek van die maand
|
3501333 | cc100 | CC 2018 | af | Kersgeskenke vir die mans in jou lewe
|
3501334 | cc100 | CC 2018 | af | Moenie ’n slagoffer van identiteitsdiefstal wees nie
|
3501335 | cc100 | CC 2018 | af | Deel dit op Facebook(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501336 | cc100 | CC 2018 | af | Deel dit op Twitter(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501337 | cc100 | CC 2018 | af | Deel dit op Pinterest(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501338 | cc100 | CC 2018 | af | Click to share on WhatsApp(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501339 | cc100 | CC 2018 | af | Stuur 'n skakel na hierdie bladsy vir 'n vriend(Dit maak in 'n nuwe venster oop)
|
3501340 | cc100 | CC 2018 | af | Elmario Eugene Maasdorp, die man wat skuldig bevind is aan die gewelddadige bendeverkragting en gru-moord van die 14-jarige Valencia Farmer in 1999, is Dinsdag in die Blue Downs-landdroshof gevonnis.
|
3501341 | cc100 | CC 2018 | af | Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het gesê Maasdorp (38) is tot 23 jaar tronkstraf gevonnis vir verkragting en 23 jaar tronkstraf vir moord. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.
|
3501342 | cc100 | CC 2018 | af | Op 26 Junie 1999 is Farmer in ʼn vervalle huis in Eersterivier in die Wes-Kaap oorval, herhaaldelik verkrag en verskeie kere met ʼn mes gesteek. Die skoolmeisie kon daarin slaag om na ’n nabygeleë pad te kruip ná die aanval en bure het haar ma geroep wat met haar hospitaal toe gejaag het. Farmer is 53 keer met ʼn mes gesteek en is twee dae later in die hospitaal dood.
|
3501343 | cc100 | CC 2018 | af | Sy het egter aan die polisie gesê wie haar aanvallers was voordat sy dood is. Daar word geglo dat sy verkrag en vermoor is deur minstens ses mans, maar slegs vier is aan die misdaad skuldig bevind.
|
3501344 | cc100 | CC 2018 | af | Maasdorp is aanvanklik vrygelaat aangesien daar nie genoeg bewyse teen hom was nie, maar is op 13 September 2015 weer in hegtenis geneem. Volgens Ntabazalila het Maasdorp skuld erken op die aanklagte teen hom en ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan. Maasdorp het nooit aangedui waarom hy gedoen het wat hy gedoen het nie.
|
3501345 | cc100 | CC 2018 | af | Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
|
3501346 | cc100 | CC 2018 | af | Maak 'n bydrae
|
3501347 | cc100 | CC 2018 | af | Het jy gehoor?
|
3501348 | cc100 | CC 2018 | af | Help my reg, hy dien m.a.w. net 23 jaar uit?
|
3501349 | cc100 | CC 2018 | af | Maggie · 3 jaar gelede
|
3501350 | cc100 | CC 2018 | af | Hierdie ‘gelyklopende’ vonnisse is n klug. Buitendien sit hy net n klein gedeelte van die ’23 jaar’. Geen afskrikmiddel vir misdadigers as jy na ons howe se vonnisse kyk nie. SKANDE.
|
Subsets and Splits