Datasets:

Modalities:
Text
Formats:
parquet
ArXiv:
Libraries:
Datasets
pandas
License:
title
stringlengths
1
81
author
stringclasses
25 values
text
stringlengths
0
7.9k
edition
stringlengths
11
11
language_code
stringclasses
1 value
__index_level_0__
int64
0
186
Let op na kinderkanker se waarkuwingstekens
Allison Cooper
Volgens Taryn Seegers, die kommunikasie-koördineerder by die kinderkankervereni ging van Suid-Afrika (bekend as CHOC), is die algemene opvatting dat twee-derdes van kinders met kanker nie behandeling ontvang nie — en diegene wat wel behande ling ontvang, dikwels reeds in die latere stadiums van die siekte is. CHOC werk sedert 2011 saam met die Departe-ment van Gesondheid en tradisionele genesers om gesondheidspraktisyns, gesondheidsorgwerkers, tradisionele genesers en gemeenskappe met die nodige kennis oor kinderkanker te voorsien. “Hierdie individue word geleer van die Siluan vroeë waarskuwingstekens en leer ook hoe om bygelowe en stigma onder die lede van die gemeenskap te ontbloot en hok te slaan,” sê Seegers. Die Siluan vroeë waar skuwingstekens is as volg: • Seek: Raadpleeg mediese hulp vir vroeë, aanhou dende simptome. • Eye: ʼn Wit kolletjie in die oog, skielike skeelheid, skielike blindheid, geswelde oogbol. • Lump: Knoppe in die onder lyf en bekken, kop en nek, ledemate, testes en kliere. • Unexplained: Onverklaar bare aanhoudende koors van twee weke of langer, gewigsverlies, bleekheid, moegheid, kneus of bloei maklik. • Aching: Pyn in beendere, gewrigte en rug; breek maklik bene. • Neurological signs: Neu rologiese tekens soos ʼn verandering of verswakking in loop, balans of spraak; agteruitgang in ontwikke lingsmylpale; hoofpyn vir langer as ʼn week, met of sonder braking; en ʼn ver groting van die kop/skedel. Kinderkankers“Kinderkankers verskil van die kankers wat volwassenes raak. Hulle is meer geneig om in die organe voor te kom, lyk anders onder ʼn mikroskoop en reageer meer gunstig op behandeling”, sê Seegers. “Die genesingskoers vir die meeste kinderkankers is baie hoër as dié van die meeste soorte kanker onder volwassenes. Vandag, in meeste ontwikkelende lande, kan die meerderheid van kinderkankers baie doeltreffend behandel word, en tussen 50% tot 60% kan genees word. In hoë-inkomste lande kan die oorlewingskoers tussen 85% en 90% wees.”Meer kinders moet gedi agnoseer word terwyl die siekte steeds in die beginstadiums is en moet die korrekte behandeling ontvang — by gespesialiseerde behande lingsentrums en deur gepaste spesialiste — om die oorle wingskoers te verbeter . vVir meer inligting, kontak CHOC se hulplyn by 0800 333 555. KINDERKANKER-BEWUSTHEIDMAAND, wat elke September plaasvind, skep bewustheid oor baie kinderkankers.
2021-09-ed2
afr
127
Geen kitsoplossing vir beurtkrag, maar goeie vordering word gemaak
vukuzenzele unnamed
Die wydverspreide publieke woede is heeltemal te verstane. Met Eskom wat gedwing is om weereens beurtkrag te implementeer ter be skerming van die nasionale kragnetwerk moes indi vidue, huishoudings en besighede verlief neem met kragonderbrekings van tot vier ure op ʼn slag. Beurtkrag is veel meer as net ongerieflik — dit hou verreikende gevolge in vir bykans elke deel van ons samelewing, van onderwys tot die verskaffing van gesondheidsdienste. Beide klein en groot sake-onderne mings verloor inkomste en die energiekrisis is besig om belegging en ons ekono miese herstel te knou. Daar is ʼn gevoel van wan hoop dat die situasie nie besig is om te verbeter nie en dat daar geen merkbare lig aan die einde van die tonnel is nie. Dog, selfs in die donker nag van beurtkrag, is en moet daar ʼn einde aan ons energiekrisis in sig wees. Ons is besig om vordering te maak in die implemen tering van die bykomende maatreëls wat ek in Julie aangekondig het, alhoewel dit nie dadelik merkbaar sal wees nie. Gegewe die onvoor spelbaarheid van die dienslewering deur Eskom se stelsel steenkool-aange drewe kragstasies sal ons beurtkrag nie oor die kort termyn kan uitskakel nie. Dit is ongelukkig die harde werklikheid wat ons in die oë staar met dié situasie, wat ʼn lang geskiedenis het. Ons onmiddellike doelwit is egter om die frekwensie en felheid van beurtkrag te verminder deur die onder brekings by kragstasie aan te spreek. Dit is ʼn merkbare uit daging, gegewe die gemiddelde ouderdom van kragstasies en die gebrek aan voldoende, kritiese en gereelde onderhoud in die verlede. Eskom is besig om dringende maatreëls te implementeer om die dienslewering van die onderskeie kragstasies te verbeter, wat die prioriteit is totdat nuwe-generasie energieprojekte op die been gebring word. Die kritiese kwessie van steenkoolvoorsiening word aangespreek, insluitend nouer samewerking met Transnet met betrekking tot die vervoer van steenkool en die monitering van die konsekwentheid van die lewering van steenkool myne aan kragstasies. Die swak gehalte van steenkool word ook deur Eskom aangespreek, aangesien dit dikwels onderbrekings in kragstasies veroorsaak. Kundiges met ervaring in die bedryf van kragstasies word herroep om bystand te lewer met aanlegbedryf, bestuur en mentorskap. Samesprekings is onderweg om plaaslike inhoudsvereistes vir spaar onderdele te vergemaklik en om die toerustingver vaardigers te gebruik om onderhoud te onderneem om sodoende te verseker dat kritiese onderhoud sonder vertragings onder neem word. Eskom het sedert Julie gewerk aan die verkryging van noodkrag om die onmiddellike energiete kort aan te spreek en hulle het in die afgelope week kragkoopprogramme vir 1 000 megawatt se nood kapasiteit met maatskappye met bestaande opwekkings kapasiteit geloods en om die invoer van krag vanaf ons buurlande te verseker. Die staat skenk noukeurige aandag aan die vaardig -hede, ervaring en vermoëns van die Eskom-leierskap om te verseker dat die maat skappy die beste mense op alle vlakke van die orga nisasie het. Dié ingrypings sal daartoe bydra om die felheid en die frekwensie van beurtkrag te verminder terwyl ons die land se energievoorraad verhoog deur bykomende, nuwe krag tot die energie stelsel te bekom. Die staat het onlangs kragkoopooreenkomste vir 420 MW met die eerste drie voorkeurbieërs onder bodvenster 5 van die pro gram vir hernubare energie, gesluit. Die drie projekte sal na verwagting in Oktober 2024 by die netwerk aansluit en voorbereiding is onder weg om ooreenkomste met die oorblywende 22 voor keurbieërs te sluit. Die hoeveelheid opwek kingskapasiteit wat van bodvenster 6 verkry moet word, sal vanaf 2 600 MW tot 4 200 MW verhoog word. Die nasionale enrgiekri siskomitee wat ek in Julie aangestel het, is besig om aandag te skenk aan die beleidsen wetgewende hervormings wat ʼn meer doeltreffende, mededin gende elektrisiteitsektor sal bewerkstellig. Ons het die wysigings wat die lisensiëringsdrumpel vir privaatopwekkingsprojekte verwyder, vir openbare kommentaar gepubliseer. Dit sal die weg baan vir belegging in groter projekte op nutsskaal wat spoedig nuwe opwekkingskapasiteit tot die netwerk sal voeg. Die vereiste van omge wingsbemagtigings met betrekking tot oordragin -frastruktuur in strategiese areas waar die risiko tot die omgewing laag is, is opge hef. Die tydraamwerke vir energieprojekte wat grond gebruiksmagtigings en goedkeuring vir netwerk aansluiting ontvang, is aansienlik verminder. Dit geld ook vir die nasionale energiereguleerder se registrasieproses vir opwek kingsfasiliteite. Ons moet, terwyl ons daaraan werk om die voorsiening van energie te verhoog, ook daarna poog om die vraag na energie te verlaag, veral gedurende spitstye. Ons moet as landsburgers saamwerk om die druk op die nasionale netwerk te verminder. Dit beteken dat ons elektrisiteit spaarsamig moet gebruik, onwet tige aansluitings moet rapporteer en vir die elektri siteit wat ons gebruik moet betaal. Sake-ondernemings, huishoudings en staatsde partemente wat aan Eskom geld verskuldig is, moet dit betaal sodat Eskom beter in staat is om die kritiese onderhoud wat nodig is om die ligte aangeskakel te hou, te onderneem. Met die voortdurende beurtkrag wat eindeloos blyk te wees, is dit al te maklik om moed op te gee dat ons ooit dié probleem gaan kan oplos. Dog, as ons bietjie verder as die onmiddellike krisis kyk, is daar wel daadwerk like tekens van vordering en goeie rede om optimisties te wees. Terwyl ons met groter dringendheid daaraan werk om die onmiddellike pro bleem van ʼn onbetroubare kragstelsel op te los, is ons ook besig om die grond slag te lê vir ʼn volhoubare, blywende oplossing vir die land se elektrisiteitspro bleme.
2022-10-ed2
afr
178
Pasgebore babas loop die grootste risiko van Listeriose
vukuzenzele unnamed
Met 119 nuwe gevalle wat se dert 5 Desem ber aangemeld is, het die Departement van Gesondheid die uitbreek van Lis teriose op hoë bewaking geplaas. Altesaam 727 laboratorium-bevestigde ge valle is in 2017 aangemeld. Die Sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming beskryf Listeriose as ’n ernstige maar behandelbare siekte wat deur die bakterie Listeria monocytogenes veroorsaak word. Dit word in grond, water en plantegroei aange-tref. Diereprodukte – soos vleis en suiwel, seekos en varsprodukte soos vrugte en groente – kan deur hierdie bronne besmet word. Hoewel enigiemand Listeriose kan opdoen, is dit veral ’n hoë risiko vir pasgebore babas, bejaarde mense en swanger vroue, asook vir mense met verswakte im-muunstelsels wat byvoor -beeld deur MIV , diabetes, kanker, chroniese lewerof niersiektes veroorsaak word. Die groepe wat die meeste geraak word is pasgebore babas gedurende die eerste 28 dae van hul lewens, en mense tussen 15 en 49 jaar oud. Die twee groepe vorm 70 persent van alle gevalle. Omdat babas jonger as 28 dae die ergste getref word, het die departement swang-er vroue aangeraai om op MomConnect te registreer om die jongste nuus oor Listeriose te ontvang, “Wanneer ons na die statistiek van geaffekteerde mense kyk, sien ons dat van al hierdie kwesbare groepe, pasgeborenes die ergste geraak word. As ons dit volgens ouderdomsgroepe vanaf geboorte tot 93 jaar ontleed, maak net die pas-gebore babas alleen onge-veer 40 persent van hierdie gevalle uit," sê die Minister van Gesondheid Dr Aaron Motsoaledi. Die minister het voorts ’n beroep op gesondheids werkers gedoen om veral waaksaam te wees wanneer hulle met swanger vroue werk. “’n Spesiale versoek aan gesondheidswerkers en die algemene publiek is om ekstra aandag aan swanger vroue te gee. Wees veral op julle hoede wanneer julle met ’n swanger vrou of ’n pasgebore baba te doen kry, het hy gesê. Hoe om op MomConnect te registreer: • Bevestig jou swangerskap by ’n gesondheidsorgfasiliteit. • Skakel *134*550# vanaf jou selfoon om te registreer. • Beantwoord ’n paar eenvoudige vrae oor jou swangerskap. • Jy sal dan geregistreer word. • Swangerskappe word op die nasionale databasis geregistreer. • Gebruikers ontvang weekliks SMS'e met gesondheidsinligting oor hul swangerskap en hulle babas (tot wanneer die kind een jaar oud is). Listeriose’n Bakterie watvoedselvergiftiging veroorsaakListeriose raak hoofsaaklikswanger vroue, pasgeborebabas, bejaarde mense envolwassenes met verswakteimmuunstelsels • koors • spierpyne • naarheid • diarree • hoofpyn • ’n stywe nek • verwarring • balansverlies en stuiptrekkings VoorkomingListeriose in Suid-Afrika Was jou hande voor en nadat jy koshanteer. Kook, verkoel of vries vleis, pluimvee, eiers,vis en klaargaarkos binne twee ure. Wanneer jy twyfel, gooi dit weg – as jy besmette kos herverhit sal jy dit nie veilig maak nie!Moet liewer nie "rou", ongepasteuriseerdemelk drink of sagte kaas soos feta, bokmelkkaas en brie eet nie.Moenie rou kos eet nie en wees bedagop die gevaar van voedselvergiftiging deur rou vis (ook sushi), gapermossels en oesters. Meer as 750 gevalle is aangemeld en 67 mense het reeds gesterf. Gauteng het die meeste gevalle aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Vir meer inligting kan lede van die publiek die Nasionale Instituut vir Aanmeldbare Siektes se Noodbedryfsentrum (NICD) gedurende werksure skakel by 011 386 2000. Gesondheidswerkers kan die NICD se Blitslyn vir Kliniese Noodgevalle ook na-ure skakel by 082 883 9920.
2018-02-ed1
afr
2
SA streef daarna om die Grondwet se visie te verwesenlik
vukuzenzele unnamed
Die Grondwet van die apartheidsrepubliek het trou aan God gesweer “wat ons voorvaders vanuit baie lande byeengebring het en aan hulle hierdie as hul eie gegee het”. Dit was ʼn Grondwet wat deur en vir die rasseminder heid geskryf is en wat geloof gebruik het om despotisme te regverdig. Dit het die re gering se administrasie om skryf en voorsiening daarvoor gemaak dat slegs blankes daarop geregtig was om te stem en as staatsamptenare te dien. Dit het nie ʼn Handves van Regte bevat nie. Die land se meerderheid is relegeer tot ʼn voetnota aan bykans die einde van hierdie Grondwet se 121 voorskrifte, in ʼn afdeling getiteld “Ad ministrasie van Bantoesake, ens.”. Die eerste minister, HF Verwoerd, het tydens ʼn TVuitsending gesê: “Ons streef na die geleidelike ontwik keling van elkeen van ons groepe in ʼn sekere rigting. Die oplossing word hier openlik nagestreef deur die blanke man se leidende hand te behou. “Ons is baie gelukkig om ʼn verenigde volk te wees,” het hy aan die wêreld verklaar. Die realiteit was egter dat ons nie ʼn verenigde volk was nie. Ons was inwoners van ʼn land waar mense se regte, vooruitsigte en lewensver wagting deur hul ras bepaal is. Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1961 was vir twee dekades die wetlike dryfkrag agter die onderdrukking van byna 90% van die Suid-Afrikaanse bevolking. Dié ongelukkige herdenk ing het in dieselfde maand plaasgevind as die 25ste herdenking van die Grond wetlike Vergadering se goedkeuring van ons nuwe demokratiese Grondwet, wat die geboortesertifikaat vir ʼn nasie wat waarlik verenig is, geword het. Ons het nou een wet vir een nasie. Ons het saam ʼn regering stelsel vir onsself gekies wat ware betekenis aan die kon sep van ʼn republiek gee. Ons het gesê dat almal in ons de mokratiese republiek gelyk voor die gereg is en die reg besit tot gelyke beskerming deur en voordeel uit die reg. Suid-Afrika is vandag ʼn land waar onafhanklike howe en ʼn regsbank wat slegs onderhewig aan die Grond wet is, oor die regsbedeling beskik. Ons leef in ʼn land waar almal die reg het om die howe te nader ter vervulling van hul regte. Ons leef in ʼn land waar gemeenskappe wettig kan aanspraak maak op grond waarvandaan hul geweld dadig verskuif is en waar in dividue of gesinne beskerm is teen arbitrêre uitsetting uit hul huise. Ons leef in ʼn land waar al mal toegelaat word om hul kultuur en tradisies vrylik uit te leef. Dit is ʼn land waar enig iemand vrylik en op enige plek ter ondersteuning van maatskaplike, politieke en ander sake kan betoog. Ons grondwetlike bedeling is geskoei op ʼn aanspreeklike regering waar die Uitvoeren de Raad rekenskap aan die mense verskuldig is en waar die Parlement verteenwoor digend van die mense is. Dit is ʼn land waar die reg gelyk op enige burger toepas lik is. Ons het nou ʼn regering van die mense, vir die mense en deur die mense. Die apartheidsregime het, toe hy triomfantlik sy ras sistiese grondwet 60 jaar gelede voor die wêreld geparadeer het, misplaaste vertroue gehad dat dit in stand sou bly. Nelson Mandela het, ʼn maand voor dat die republiek verklaar is, in ʼn brief aan Verwoerd wat nie beantwoord was nie, die bevrydingsbeweging se verwerping van die blanke republiek wat met geweld afgedwing is, verklaar. Hy het gesê dat geen Grondwet of vorm van rege ring waarop daar besluit is sonder die deelname van die Afrikamense, morele geldig heid sou geniet nie. Trouens, geen stelsel wat die stelselmatige ontkenning van mense se regte verskans, kan volhou word nie. Ons het uiteindelik ons vryheid gewen, alhoewel dit meer as drie dekades sou neem voordat daar aan die eise van die bevrydingsbeweging voldoen is. Ons het, toe ons die apart heidsgrondwet na die asblik van geskiedenis verban het, onsself verbind tot ʼn nuwe Grondwet en ʼn nuwe stel waardes. Toe ek 25 jaar gelede die Grondwetlike Vergadering aangespreek het, het ek gesê dat ons Grondwet meer as woorde op papier moet word; dit moet ʼn werklikheid in ons mense se lewens word. Dié progressiewe en re volusionêre dokument sal ontoepaslik en niksseggend word as ons dit nie doen nie. Ons het lank reeds besluit watter tipe samelewing ons wil wees. Dit is ʼn samelewing geskoei op menswaardig heid, gelykheid, vryheid en nie-diskriminasie. Ons het vir ʼn kwarteeu daaraan gewerk om so ʼn sa melewing te ontwikkel. Ons het onbetwisbaar gevorder, maar ons het steeds baie uit dagings en daar is baie werk wat nog gedoen moet word. Kom ons dink aan hoe beslissend die breek met die stelsel wat deur rassisme, uit buiting, onteiening en onder drukking onderstut is en wat voorheen geseëvier het, was wanneer ons die herdenking vier van ons demokratiese Grondwet se goedkeuring. Kom ons onthou ook dat dit van ons afhang om die visie in die Grondwet ʼn werklik heid te maak, want dit is slegs deur te verseker dat alle Suid-Afrikaners in staat is om hul grondwetlike regte vrylik en ten volle uit te leef dat ons werklik ʼn verenigde nasie kan word.
2021-06-ed2
afr
115
Bestee jou geld verstandig
Allison Cooper
"Oorbesteding is soos daar die irriterende skuldklippie in jou 'finansiële skoen'. Die verstandigste besluit is om hierdie fesseisoen nie oor te bestee nie, want dit kan op die lang duur nadelige gevolge vir jou kontantvloei en begroting hê", aldus verkoopsbestuurder Matthys Potgieter. "Daardie lekker gevoel van oorbestee in November en Desember is van korte duur en verbruikers voel die druk van hulle impulsiewe besluite teen die einde van Januarie, 2019. Moenie uitgee wat jy nie het nie," voeg Potgieter by. African Bank se Mellony Ramalho sê dat werknemers dikwels vroeg in Desember betaal word, wat die wag vir die Januariesalaris soveel lan-ger maak. "Januarie is vir baie mense ʼn moeilike maand, wat daartoe lei dat sommige mense hulle tot kredietkaarte of die uitneem van 'n lening wend. Dit is be-langrik om bewus te bly van wat jy bestee. Stel ʼn begroting op, eerder as om te oorbestee," sê Ramalho.Potgieter raai verbruikers aan om vroeg te begin met hul Kersaankope en om seker te maak dat hulle spens, yskas en vrieskas produkte met 'n lang raklewe bevat, om hul begroting onder beheer te hou en duur laaste-minuutaankope te vermy. Potgieter gee die volgende wenke aan veruikers om hul begrotings onder beheer te hou: • Maak jou yskas vol kos met ‘n lang raklewe• Oorweeg dit om saamrygeleenthede te reël. Deur minder motors te gebruik, gebruik jy minder geld vir brandstof• Vermy tolroetes waar moontlik• In plaas van om geskenke te koop, laat die kinders persoonlik-ontwerpte lekkernye bak vir hul geliefdes. • Begin vroeg met jou KersinkopeDie DebtSafe-span moedig verbruikers hierdie jaar aan om te oorweeg om gewone bruinpapier te gebruik as geskenkpapier, wat bekostigbaar en omgewingsvrien delik is en mooi versier kan word.
2018-12-ed1
afr
46
Laat ons ons kinders beskerm en ondersteun
vukuzenzele unnamed
Die land het op 1 Junie 'n nuwe fase in die stryd teen die koronavirus begin. Baie ekonomiese en sosiale aktiwiteite is hervat, insluitend 'n fase-hervatting van skoolopleiding. Ons het gesê dat ons, met die raad van ons wetenskaplikes as riglyn, 'n geleidelike benadering volg, wat deur die realiteite op grondvlak en oorlegpleging met belanghebbendes gelei word. Die afgelope paar weke, namate ons voorbereidings getref het om terug te keer skool toe, het ons uitgebreide en gedetailleerde gesprekke met al die rolspelers in die onderwyssektor gevoer. Dit het as riglyn gedien vir ons benadering tot hierdie ingewikkelde en uitdagende taak. Verskeie van hierdie be langhebbendes – waaronder onderwysers en ouers – het hul kommer uitgespreek oor die gereedheidsvlak van baie skole. Ons het dit gehoor, ons verwelkom hul bydraes en neem stappe om hul kommer sowel as voorstelle te hanteer. Dit is verstaanbaar dat baie ouers en versorgers in hierdie tyd gemengde gevoelens oor die heropening van skole het. Dit is ’n verligting dat kinders hul onderwys kan hervat ná 'n lang afwesigheid uit klaskamers en lesingsale. Jong mense is gretig om weer skool te gaan en om hul vriende en onderwysers weer te sien. Maar ouers, opvoeders en leerders is ook ongerus daaroor. Ouers wil die versekering hê dat die nodige voorsorgmaatreëls getref word om leerders voldoende te beskerm. Die veiligheid van ons jongste burgers vanuit 'n gesondheidsen fisieke perspektief is nie onderhandelbaar nie. Dit is ons grootste prioriteit. Terwyl ons voorberei op die geleidelike heropening van ons skole en instansies vir hoër onderwys, het onderwys owerhede hard gewerk om die nodige gesondheidsen veiligheidsmaatreëls in gereedheid te bring. Die nodige dokumentasie rakende standaard prosedures is aan alle skole voorsien. Hierdie standaard-bedryfsprosedures handel oor kwessies soos opleiding en oriëntasie van diegene wat sifting van leerlinge behartig, hersiening van roosters en die herrangskikking van klaskamers om aan die vereistes van sosiale afstand te voldoen. Ons lewer steeds persoonlike beskermende toerusting af en maak seker dat daar voldoende wateren sanitasiedienste is. Sodra klasse weer begin, sal dit onder streng voorwaardes met die voorgeskrewe beperkte aantal leerders en studente wees. As ouers, onderwysers, be heerliggame en die regering is ons dit eens dat geen skool moet heropen totdat al die nodige voorsorgmaatreëls in gereedheid is nie. Daar moet deursigtigheid wees oor die vlak van paraatheid van elk van die skole. Elkeen wat 'n belangrike rolspeler is, of dit nou 'n ouer, 'n lid van die skoolbeheerliggaam, 'n onderwyser of 'n regeringsamp tenaar is, moet oor die korrekte inligting oor die stand van sake by elke skool beskik. Dit is ons kollektiewe verantwoordelikheid om te verseker dat die leeromgewing veilig is. Ek wil graag hulde bring aan ouers en versorgers vir die rol wat hulle die afgelope twee maande gespeel het. Met skole wat gesluit is, moes hulle daagliks 'n groter verantwoordelikheid neem vir die opvoeding en ontwikkeling van hul kinders. Baie ouers en versorgers moes leerders tuis help met hul skoolwerk, en het sonder twyfel ook besef en waardeer hoe hard ons onderwysers elke dag werk. Sodra die inperking opgehef word en meer leerders terugkeer skool toe, moet ons ouers voortgaan om 'n meer aktiewe rol in die opvoeding van ons kinders te speel, hetsy deur toetrede tot skoolbeheerlig-game, vrywilligerswerk by skole of ander vorme van hulp. Ouers kan help met die skoonmaak van skole, die vestiging van groentetuine of hulle kan deel wees van skole se veiligheidskomitees. Dit kan die skole omskep in ware betekenisvolle “gemeenskapskole”. Hoewel ons angstig en on rustig kan voel wanneer ons seuns en dogters ons sorg verlaat, moet ons moed put uit die feit dat alles moontlik gedoen word om hulle te beskerm. As ouers het julle die wel stand en veiligheid van julle kinders aan ons toevertrou. Dit is 'n verantwoordelikheid wat ons nie ligtelik opneem nie. In die komende dae en weke, sal ons jul kinders se terugkeer skool toe noukeurig monitor. As ons die protokolle volg en alle voorsorgmaatreëls handhaaf – as ouers, opvoeders, gemeenskappe en leerders – sal ons die risiko's wat die koronavirus inhou, doeltreffend verminder. Uiteindelik is dit ons per soonlike optrede en ons ge samentlike pogings wat ons kinders veilig sal hou. Wat ook al ons volgende gaan doen, moet ons saam doen.
2020-06-ed2
afr
67
Ons demokrasie sal ons help om COVID-19 te oorwin
vukuzenzele unnamed
Ons het van die mees polities betrokke burgery ter wêreld. 'n Opname wat in 2018 deur die Pew Navorsingsentrum gedoen is, dui daarop dat Suid-Afrikaners besonder geneig is om politieke stappe te doen oor kwessies waaroor hulle baie sterk voel, soos gesondheidsorg, onderwys, vryheid van spraak en korrupsie.Die opname bevestig heelwat van wat ons reeds oor onsself weet. Ons geniet niks meer as om in robuuste gesprekke oor aktuele sake met ons regerings en ons medeburgers te tree nie. Ons het 'n aktiewe burgerlike samelewing, wat immer gereed staan om ons fundamentele vryhede en regte te beskerm.Een van die oorwinnings van ons demokrasie is dat elke Suid-Afrikaner glo dat die Grondwet hulle beskerm en dat die howe 'n regverdige en onpartydige arbiter van hul belange is.Tydens 'n onlangse besoek aan die Oos-Kaap om die provinsie se korona-gereedheidstoestand te evalueer, het ek al hoe meer oor hierdie kwessies begin nadink.'n Joernalis het my gevra of ek bekommerd is oor die hangende hofsaak wat verskeie bepalings van die Wet op Rampbestuur uitdaag. Hierdie wet is die basis vir al die regulasies wat ingevolge die nasionale ramp-toestand uitgevaardig is om die koronavirus te bestry.Sedert die begin van hierdie krisis het verskeie mense al hul reg uitgeoefen om hof toe te gaan. Die inperkingsmaatreëls is reeds in die eerste week van die inperking deur 'n inwoner van Mpumalanga uitgedaag, wat van die reisverbod vryge-stel wou word om 'n begrafnis te gaan bywoon.In die sewe (7) weke wat daar-op gevolg het, is 'n hele aantal hofaansoeke deur verskeie individue, godsdiensliggame, politieke partye, NRO’s en sake-organisasies gebring teen een of meer van die inperkings-maatreëls waarmee hulle ontevrede was. Party was sukses-vol en ander nie. Sommige het die howe op 'n dringende basis genader, en hul argumente is verwerp, terwyl ander weer alternatiewe regshulp gevind het. Ander het later besluit om hul aansoeke terug te trek ná gesprekke met die regering.Hoewel ons natuurlik eerder regstappe teen die regering wil vermy, moet ons aanvaar dat inwoners wat ontevrede is met watter stappe die regering ook al besluit om te implemen-teer, altyd die reg het om ons howe met die oog op regshulp te nader. Dit is 'n normale beginsel van 'n grondwetlike demokrasie en 'n totaal aan-vaarde praktyk in 'n land wat op regsoewereiniteit gegrond is.Ons het wigte en teenwigte van toepassing om te verse-ker dat elke aspek van ons bestuur en beheer noukeu-rige grondwetlike onder-soek kan slaag. Waar ons te kort skiet, sal ons deur ons howe – en bowenal deur ons burgery – aanspreeklik gehou word. Benewens ons howe, is ons Hoofstuk 9-instellings ook daarop gerig om ons landsbur-gers se regte te bevorder en beskerm, net soos die liggame wat met die oorsigfunksie van die wetstoepassingsagentskappe belas is.Soos ek vir die joernalis gesê het, elke Suid-Afrikaner het die reg om die howe te nader en selfs ek, as president, kan nooit in die pad staan van enigiemand wat daardie reg uitoefen nie.Daar was robuuste en skerp kritiek teen verskeie aspekte van ons nasionale reaksie op die koronaviruspandemie, van die datamodellering en projeksies en die ekonomiese gevolge van die inperking, tot die regulasies – en hierdie kritiek sal ongetwyfeld in die toekoms voortduur. Ons as die regering het nog nooit gevra dat sulke kritiek onderdruk of stilgemaak moet word nie.Inteendeel, waar kritiek opbouend is, help dit ons om aan te pas en vinnig op ver-anderende omstandighede en toestande te reageer. Dit verryk openbare debat-voering en gee vir ons almal 'n breër begrip van die kwessies wat ter sprake is.Ons het deurentyd volgehou dat ons op wetenskaplike, ekonomiese en empiriese data steun wanneer ons besluite neem en regulasies as deel van ons koronavirusreaksie formu-leer. Ons het onder hierdie uit-dagende omstandighede sover moontlik daarna gestreef om met belanghebbers oorleg te pleeg. Ons wil hê dat alle Suid-Afrikaners deel van hierdie nasionale poging is. Gewone landsburgers se stemme moet altyd steeds tydens hierdie kritieke tyd gehoor word.Die koronaviruspandemie en die maatreëls wat ons getref het om dit te bestry, het reeds 'n massiewe negatiewe impak op ons mense gehad. Dit het geweldige ontwrigting en ont-bering veroorsaak. Hoewel ons beduidende vordering gemaak het om die oordrag van die vi-rus te vertraag, is daar steeds 'n lang en moeilike pad voor. Die volgende weke en maande sal nie maklik wees nie, en sal nog meer van ons mense verg.Die pandemie sal dus in die toekoms steeds enorme druk op ons samelewing en ons in-stellings uitoefen. Die uitwerking op mense se materiële omstandighede sal ingrypend wees, selfs terwyl ons die ekonomie geleidelik ontsluit. En solank dit die ge-val is, bestaan die potensiaal vir konflik, onenigheid en ontevredenheid.Maar terwyl ons ons pad deur hierdie troebel waters vind, bly ons Grondwet ons heel belangrikste riglyn en ons waardevolste besker-mingsmaatreël. Ons robuuste demokrasie verskaf die krag en die veerkragtigheid wat ons be-nodig om hierdie diepgaande krisis te oorkom.Net soos die regering besef dat die meeste hofaansoeke deur mense se algemene wel-stand gemotiveer word, moet ons ook insien dat die besluite wat die regering neem in goeie trou geneem word en daarop gerig is om die belange van alle Suid-Afrikaners te bevorder, en nie te benadeel nie.Ons allerbelangrikste priori-teit is om lewens te red. Elke besluit wat ons neem, berus op die strewe om die reg op lewe en waardigheid soos dit in ons Grondwet uiteengesit word, te bevorder.Ons sal in die toekoms steeds verskillende – selfs afwykende – sienings oor ons nasionale koronavirusreaksie verwel-kom. Al hierdie sienings en menings help ons om beter en slimmer te werk.Die uitoefening van ons fundamentele vryhede van uitdrukking, assosiasie en spraak is 'n barometer van ons demokrasie se welstand. Maar dit is veel meer – hierdie regte is noodsaaklik vir die sukses van ons nasionale en kollek-tiewe stryd om die koronavirus te oorwin.
2020-06-ed1
afr
65
Tafelkop-boere se drome bewaarheid
Vukuzenzele unnamed
President Cyril Ramaphosa het die grond se titelaktes aan die 30 boere oorhandig nadat die departement van openbare werke en infra struktuur dit vir grondher verspreidingsdoeleindes oorgedra het. Die grond, ter waarde van meer as R25.5 miljoen, is gra tis aan die boere oorhandig. “Dit is inderdaad ʼn won derlike dag vir die Tafelkop gemeenskap, vir die mense van Limpopo en vir die hele Suid-Afrika,” het die president by die oorhandig ingseremonie gesê. “Ons sien vandag hoe ʼn gemeenskap se droom verwesenlik word. Dít is die visie waarvoor hierdie gemeenskap vir die afgelope 25 jaar veg.” Die boere boer sedert 1996 suksesvol met verskeie landbouprodukte op die grond. Hulle het hulself in die 1990’s as kommersiële boere onder die banier van die Tafelkop-boerevereniging registreer en het begin om met die regering in gesprek te tree. Die destydse nasionale departement van landbou het in 2000 huurooreen komste met die Tafelkopboerevereniging geteken ingevolge die Program vir Grondherverspreiding vir Landbou-ontwikkeling. Die voormalige Limpopo departement van landbou het in 2009 aan die departe ment van openbare werke ’n aanbeveling gemaak dat die grond aan die boere oorge dra word. Die titleraktes is vroeër vanjaar op die boere se name geregistreer. Die grond word tans ge bruik om met tabak, katoen en vars produkte te boer. Twee-en-dertig huishou dings word deur die grond onderhou en boerderyaktiwiteite verskaf werk vir 128 permanente werkers en tot 320 seisoenswerkers. Geregtigheid vir die gemeenskapDie president het gesê dat die gemeenskap oor die jare baie teëspoed ervaar het and dat die “titelaktes geregtigheid vir ʼn onteiende gemeenskap bring”. “Ons het nie vergeet van die onteiening, gronddief stal en geforseerde verwy dering wat die mense van dié gemeenskap en baie gemeenskappe regoor die land moes verdra nie. “Ons het nie vergeet van die wrede nalatenskap van landbou hier in Limpopo nie, waar plaasbewoners ge forseer is om woonarbeiders te wees op hul voorvaders se grond en nie toegelaat is om grond te besit om hul ge sinne te voer of as weiding vir hul vee te gebruik nie.” Hy het bygevoeg dat swart plaaswerkers in die voor malige Noord-Transvaal uitgebuit en mishandel is. "Ons onthou ook hoe die apartheidsregering blanke boere ondersteun het met toerusting, tegniese steun en toegang tot krediet om hul besighede te ontwikkel, maar swart bestaansboere het gesukkel om te oorleef.”Transformasie van die landboubedryfDie president het gesê dat die oordrag van grond hoop aanwakker, want dit dui daarop dat die landboube dryf met die regte onder steuning en geleenthede getransformeer kan word tot die land se voordeel. “Ons vier ons vordering omdat ons Grondhervor mingsprogram daagliks momentum kry. “Die regering het tot op hede meer as vyf miljoen hektaar grond herversprei, met ʼn totaal van ongeveer 5 500 plase, na meer as 300 000 begunstigdes.” Die grondherstelproses het tot dusver meer as twee mil joen grondeisers bevoordeel en die oordrag van ongeveer 2.7 miljoen hektaar tot ge volg gehad. “Grondhervorming is nie net in die belang van reg stelling, geregtigheid and maatskaplike samehang nie. Dit gaan ook oor eko nomiese ontwikkeling. “Landbou en die land bouwaardeketting kan en moet landelike ekonomieë transformeer,” het President Ramaphosa gesê. Die regering beplan om ʼn hervormingsagentskap vir grond en grondbesitters te vestig wat grondhervorming sal bespoedig. “Ons kyk na hoe doeltref fend ons vorige beleide was. Ons gaan hierdie kwessie van grondhervorming dringend aanspreek.”Spreek vorige foute aanDie president het gesê dat die regering hard werk om dit wat tydens die apart heidsjare en sedert die begin van demokrasie verkeerd geloop het, reg te stel. “Ons doen dit as eerbe wys vir diegene wat in ons midde geleef het; wat hier gewoon het." Grondhervorming is van kernbelang om die land se voedselsekerheid te verbeter, ʼn inklusiewe ekonomie te ontwikkel en ʼn beter toekoms vir alle Suid Afrikaners te verskaf, het die president bygevoeg. Hy moedig die Tafelkopboere aan om die grond verstandig en tot die ge meenskap se voordeel te gebruik. “Vandag was vir my die beste dag op kantoor; om die grond en stof te skop en julle opbrengste te sien,” het hy gesê. “Daar is vir my geen twyfel dat die projek steeds sal flo reer met al die betrokkenes se toewyding en energie nie.”Die voorsitter van die Tafelkop-boerevereniging, Jerry Sefoloshe, het die regering bedank dat dit vir die boere moontlik gemaak is om die eienaars te word van die grond waarop hulle vir al dekades boer. President Cyril Ramaphosa saam met boere van Tafelkop, Limpopo wat onlangs titelaktes ontvang het vir die grond waarop hulle boer.
2021-06-ed2
afr
114
Tradisionele leiers van sleutelbelang tot herstelpogings
Vukuzenzele Unnamed
Die Zoeloe-nasie het on langs Sy Majesteit, Koning Goodwill Zwelithini ka Bhekuzulu, wat vir ʼn halfeeu regeer het, ter ruste gelê. Die Bapedivolk het in Januarie Kgoshikgolo Thulare Thulare III ter ruste gelê wat minder as ʼn jaar na sy inhuldiging oorlede is. Ons het, met hul afsterwe, kampioene van die bewaring van ons land se erfenis en die geskiedenis van hul onder skeie volke verloor. Hulle het terselfdertyd ook wesenlik tot landelike ont wikkeling bygedra en was toegewy aan die steun van programme ter verbetering van hul mense se lewensge halte. Een van die nuwe regering se prioriteite, met die koms van demokrasie in 1994, was om die integriteit en reg matigheid van tradisionele leierskap in ooreenstemming met tradisionele wette en gebruike, en onderworpe aan die Grondwet van die Republiek, te hervestig. Die tradisionele leierskaps instelling speel steeds ʼn belangrike rol in die lewens van miljoene mense regoor ons land, veral in landelike gebiede. Tradisionele leiers ondersteun en dryf ontwik keling in hul gemeenskappe. Ek het onlangs die geleent heid gehad om oor die debat van die opening van die Na sionale Huis van Tradisionele Leiers deel te neem; dié debat het op die dringende kwes -sies wat die land in die gesig staar, gefokus. Wat juis besonders verfris send van dié kragtige ge sprekvoering was, was dat die tradisionele leierskap ʼn besondere begrip van die moeilike ekonomiese toe stande wat die land in die gesig staar het en graag deel wil wees van die poging om die uitdagings van onderont wikkeling en armoede in hul omgewings aan te spreek. Ek het nog altyd gesê dat ons ekonomiese herstel na af loop van die koronaviruspan demie inklusief moet wees, en dat niemand agtergelaat moet word nie. Die sukses van die ekono miese herkonstruksieen her stelplan rus op die smee van sterk vennootskapsbande tussen nie net die Staat, han del en arbeid nie, maar ook met tradisionele leierskap en ander gemeenkapsgroepe. ʼn Deurlopende tema tydens die debat was dat tradisio nele leiers nie van aalmoese nie vir hulle gemeenskappe afhanklik wil wees nie en ook nie wil hê hul gemeenskappe moet die heeltyd van die regering se finansiële steun afhanklik wees nie. Hulle wil die nodige steun, opleiding en bemagtiging hê om landelike gemeenskappe in staat te stel om selfversor gend te wees. Hulle wil die stedelikelandelike skeiding, met be trekking tot staatsdienste en privaat sektorhulpbronne, oorbrug. Hul wil graag sien dat lande like gebiede omskep word in spoelpunte van ekonomiese aktiwiteit, asook bedryfsen werksgeleenthede. Dit weer -spieël die doelwitte van die distriksontwikkelingsmodel (DOM) wat in 2019 geloods is. Tradisonele leiers is goed geplaas om te verseker dat distriksplanne ingelig word deur en ook spreek tot die ware behoeftes van ge meenskappe en dat hulle die lewensrealiteite in landelike gebiede getrou weerspieël. Tradisionele leiers het hul eie weg gebaan met hul eie benadering tot plaaslike eko nomiese ontwikkeling, net soos wat die DOM plaaslike programme ondersteun wat op die behoeftes, sterkpunte en geleenthede in spesifieke areas fokus. Hulle het die InvestRural Masterplan ontwikkel wat laasmaand in die Noordwes geloods is. Dit is besonders bemoedigend dat tradisio nele leiers hul gewig agter dié plan gooi en saam met plaas like owerhede wil werk om die plan se sukses te verseker. Daar is tydens die debat in die Nasionale Huis van Tradisionele Leiers voor gestel dat een van die die vernaamste suksesfaktore van die InvestRural-program sou behels dat tradisionele strukture opgelei, versterk en bevoeg gemaak word. Van die deelnemers aan die debat het ekonomiese planne voorgelê wat reeds in gevorderde stadiums van ontwikkeling is. Dié planne behels onder meer landbou projekte, bioprospektering en hernubare energie. Dit was ooglopend dat die tradisionele leierskap begryp dat professionalisering nood saaklik is vir landelike besig hede soos klein-, mediumen makro-ondernemings asook koöperasies om deel van die hoofstroomekonomie te word. Die tradisionele leiers wat toesprake tydens die debat gelewer het, het hul visie van 'ontwikkelingsheersers' bekend gestel, wat hulself nie net as die bewaarders van erfenis beskou nie, maar ook as drywers van ekonomiese vooruitgang en sukses. Hulle het verskeie projekte en eko nomiese geleenthede geïden tifiseer wat werkskepping en die lewensgehalte in lande like gebiede sal bevorder. Tradisionele leiers het ook hul gewilligheid uitgespreek om ʼn aktiewe rol in die grond hervormingsproses te speel. Tradisionele leiers het sedert 2018 ongeveer 1 500 000 hektaar gemeenskaplike grond beskikbaar gestel vir ontwikkeling en daar word gehoop dat dit in die toekoms nog meer sal word. Ons het, ten einde ʼn geko ördineerde en volhoubare strategie te ontwikkel, oor eengekom om in die ko mende jaar ʼn presidensiële spitsberaad oor grond te hou. Dié spitsberaad sal dringende kwessies rakende grond hervorming en die impak daarvan op gemeenskaplike grond — waarvan groot dele in landelike omgewings geleë is — bespreek. Die stemming van die debat in die Nasionale Huis was ʼn gepaste weerspieëling van ʼn klimaat waarin ekono miese herstel bo aan die lys is. Dit was terselfdertyd ʼn belowende teken dat tradi sionele leiers hul waardering van hul rol as deel van die nasionale herstelpoging toon deur proaktief en innoverend te wees. Die mees gepaste nalaten skap van groot leiers is dat die saadjies van ontwikkeling wat hulle tydens hul bewind saai, uiteindelik groei tot groot, sterk bome wat hul gemeenskappe veilig hou en koester vir nageslagte daarna. Ons sal, namate ons as nasie saam inspan om ons ekono mie te herbou, steeds op die tradisionele leierskapsinstel ling staat maak, aangesien dit ʼn onomwonde deel van ons verlede, ons hede en ons toekoms is.
2021-04-ed1
afr
104
Steun vir besighede en werkers
vukuzenzele unnamed
Dit is vir baie besigheidseie naars hartverskeurend om te sien hoe die besigheid wat jy van niks af begin het en opgebou het, nou sukkel om aan die gang te bly of sy deure moet sluit. Dit is egter sedert uitbreek van die KOVID-19-pandemie die situasie waarin baie besig hede — groot én klein — hulself bevind; nie net in ons land nie, maar regoor die wêreld. Die pandemie en die maatre-ëls wat ons moes instel om die verspreiding van die virus te bekamp, het ʼn nadelige impak op besighede gehad. Ons het, soos wat ons die pandemie hanteer, gepoog om ʼn bewysgebaseerde benadering te volg, beide in beleid en praktyk, deur wetenskaplike navorsing, kliniese deskundigheid en vermoëns en daarmee saam ook die impak van die pandemie op alle dele van die bevolking, in oor-weging te bring. Ons het gepoog om ʼn balans tussen die red van lewens en die red van mense se lewensbestaan, te handhaaf.Ons het gepoog om die impak van die opeenvolgende inper kingbeperkings op mense se lewensbestaan te versag en terselfdertyd die risiko van ʼn tweede en selfs erger armoedeen hongersnoodepidemie in die toekoms te vermy. Ons het laasjaar, aan die begin van die pandemie, maat reëls soos die KOVID-19 tydelike werkgewer-/werknemerverligtingskema (TERS), die KOVID-19-leningswaarborgskema en verskeie ander meganismes ingestel om klein besighede te ondersteun en onmiddellike, korttermynverligting aan werk-nemers en besigheidseienaars te bied. Daarbenewens het die spesiale KOVID-19 maatskaplike noodverligtingstoelaag tesame met meer breedvoerige bestaande maatskaplike toelaes ʼn lewenslyn aan behoeftige individue en gesinne gebied. Dit was, deur dié ingrypings, vir ons moontlik om die ergste gevolge van die pandemie te versag, die sluiting van baie besighede en daarmee saam ver dere werksverliese, te vermy. Dié ingrypings het ʼn stewige basis vir die ekonomiese heropbouen herstelplan wat ons in Oktober laasjaar geloods het, gevorm. Ons het die presidensiële werkskeppingstimulus as deel van daardie plan gestig om inkomsteen lewensbestaansteun aan miljoene begunstigdes te verskaf. Meer as 300 000 jongmense is, danksy dié stimulus, as skoolas-sistente aangestel. Meer as 100 000 bestaansboere is op die eerste databasis van sy soort geregi streer, waar hulle toegang tot tegniese steun het. Meer as 30 000 jongmense is geleenthede in die kulturele, kreatiewe en sportsektore gegun. Jong beroepsmense is geleenthede in infrastruktuurontwikkeling, gesondheidsorg, omgewingsbewaring en ʼn aantal ander sektore, gegun. Daar is belowende tekens dat ons ekonomie voortdurend herstel, met groei en werkskepping in ʼn aantal sektore, van ver vaardiging tot mynwese en landbou. Ons weet terselfdertyd dat dié “groter prentjie” nie veel van ʼn vertroosting vir werkers en besigheidseienaars is wat in die afgelope jaar en ʼn half vreeslik swaargekry het en gehoop het om ʼn verbetering in hul omstan-dighede te sien met die stadige heropening van die ekonomie, nie. Die blitsige styging in infeksies wat deur die nuwe deltavariant aangevuur word, het strenger beperkings op, onder meer, die beweging van mense, die bedryf van sekere soorte besighede en openbare byeenkomste vereis. Dié besluite was nie maklik om te maak nie, gedagtig aan die impak wat dit op mense se lewensbestaan sou hê.Ons het, net soos wat ons aan die begin van die pandemie gedoen het, met al ons maatskaplike vennote en die handel-, arbeiden burgerlike samelewing beraadslaag om te sien watter vol houbare finansiële maatreëls ons kon instel om besighede en mense in nood in dié tyd te ondersteun. Die onderhandelinge by die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelingsen Arbeidsraad het tot ʼn konsensus gelei dat die mees praktiese en volhoubare finansiële maatreël wat drin gende verligting kan bring, die verlenging van die KOVID-19 TERS-skema in sektore wat deur die aangepaste waarsku wingsvlak 4-beperkings geraak word, is. Ons het, as ondersteuning vir besighede, die geldigheid van hulle bedryfslisensies en -per mitte wat tussen Maart 2020 en Junie 2021 verval het, tot 31 Desember 2022 verleng. Daarbenewens sal alle nuwe besigheidslisensies en -permitte wat vanaf 1 Julie 2021 uitgereik is, ook tot 31 Desember 2022 geldig wees, en geen lisensie fooie sal gehef word nie. Ons het in die afgelope jaar ook deurlopend daaraan gewerk om kwesbare werkers wie se werke in gedrang was, veral in sektore soos kleinhandel, voedsel en drank en die metaalbedryf wat swaar getref is, te beskerm. Sowat 58 00 werke is, deur middel van prosesse wat deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie onder steun is, gered. Besighede en werkers bly, met geen teken dat die pandemie binnekort te eindig nie, kwesbaar. Ons kan, danksy die voortdurende maatskaplike ooreenkomste voortgaan om as staat, handel en arbeid saam te werk om ʼn buffer te skep om werkers en besighede teen die pandemie se ergste ekonomiese impakte te beskerm. Ons eerste prioriteit bly vir nou om lewens te red en te verseker dat ons die nodige steun, binne ons vermoëns, verskaf om te ver hoed dat meer besighede sluit en meer werksgeleenthede ver-lore gaan. Die staat bly, soos met die KOVID-19 TERS, daartoe verbind om ons gesprekvoe ring met handel en arbeid voort te sit om ʼn weg te vind, te midde dié swaar tye, wat beide lewens red en mense se lewens-bestaan beskerm.
2021-08-ed1
afr
120
Alles wat jy moet weet oor hoe om ’n B&B te begin
Dale Hes
Wat is 'n B&B?Volgens die Toerismegraderingsraad van SuidAfrika voorsien B&Bs informele verblyf met beperkte diens in 'n privaat woning aan besoekers. Elke kamer moet eksklusie we gebruik van badkamer -geriewe hê, en ontbyt moet by die verblyftarief ingesluit word. Daarbenewens moet die kamer elke dag van die gaste se verblyf skoongemaak word. ‘n Bed-en-ontbyt mag ’n maksimum van drie gas tekamers hê. As jy meer as drie gastekamers het, moet die onderneming as ‘n gastehuis beskryf word. Deur watter prosesse moet jy gaan om jou eie B&B te begin?Die eerste stap wat geneem moet word is om jou plaasli ke munisipaliteit te nader om aansoek te doen vir so neringsvergunning om jou eiendom as 'n akkommoda sie-onderneming te gebruik. Jy sal dalk ook toestemming van jou bure moet verkry, en kennisgewings vertoon om die publiek in kennis te stel van jou voorneme indien hulle besware wil indien. Wanneer jy goedkeuring van die munisipaliteit ontvang, sal jy sekere wetlike vereistes moet nakom. Belangrike dinge om te oorweegLigging – Die ligging van jou B&B is uiters belangrik. As jy in 'n gebied woon wat nie toeriste lok nie, sal dit moeilik wees om ’n suksesvolle onder neming aan die gang te hou. Finansies – Toerisme kan hoogs seisoenaal wees, jy moet dus genoeg spaargeld hê om jou deur stil tye van die jaar te dra. 'n Nuwe lewenstyl – Jou leefstyl sal dramaties verander as jy die eienaar van 'n B&B word. Jy sal dikwels vroeg moet op staan en laat gaan slaap, en jy sal moet aanpas by gaste wat jou huis deel. Jy moet ook aan dag gee aan instandhouding en jou gaste te alle tye tevrede hou. Bemark jou B&B – Die toe rismebedryf is hoogs mede dingend; jy sal dus tyd en geld in die bemarking van jou B&B moet belê. Jy sal aan kreatiewe maniere moet dink om jou be sigheid te adverteer . Vir meer inligting, skakel die Toerismegraderingsraad by 011 895 3000.
2018-09-ed2
afr
36
Ons bedank ons verpleërs
Allison Cooper
Internasionale Verpleeg sterdag, op 12 Mei, is ʼn geleentheid om ver pleegsters vir hul diens aan ander te vereer. Professionele verpleër, Luyanda Ganuganu (25), van Groote Schuur Hospi taal in die Wes-Kaap, sê die dag is ook ʼn gelee ntheid vir verpleeg kundiges om voort te gaan om die helder lig van hul beroep te laat aanhou skyn. “Dit is ʼn geleentheid vir verpleegkundiges om erken te word, maar ons moet ook voortgaan om gehaltesorg te bied, veral tydens die pandemie," sê hy. Ganuganu was gedu rende die pandemie se eerste en tweede golf in die voorste linie en het in die hospitaal se hoësorgKOVID-19 -saal gewerk. “Die beste deel was die ervaring wat ek opge doen het terwyl ek met pasiënte gewerk het, maar die ergste deel was al die sterftes wat in die saal voorgekom het. Dit was op emosionele vlak nie maklik nie.”Ganuganu, wat die afgelope twee jaar reeds ʼn professionele ver pleër is, het dié beroep gekies omdat hy lief is daarvoor om mense te help. “Ek het in ʼn landelike gebied in die Oos-Kaap grootgeword en kon sien hoe mense sukkel weens ʼn gebrek aan kli nieke met verpleeg sorg. Dit het gelei tot my passie om ʼn ver skil te wil maak,” sê hy. Ganuganu moes gedure nde die pandemie leer om onder druk te werk. “Besluite moet baie vinnig geneem word en jy moet op jou voete kan dink. Ek het ook geleer om met pasiënte te kommunikeer," voeg hy by. Ganuganu het dit bit ter moeilik gevind om gedurende die tweede golf werk toe te gaan. Alhoe wel hy ander mense wou help, het hy ook vir sy eie familie se gesond heid gevrees. “Ek is in Desember 2020 getroud en my vrou is swanger. Ek het heel wat swanger vroue in die KOVID-19 -saal sien sterf. Ek moes selfs nog versig tiger as voorheen wees om dat ek nie my vrou se lewe in gevaar wou stel nie," sê hy. Ganuganu is dank baar teenoor sy bestuur ders en kollegas. “Ek wil hulle be dank vir hul onder steuning en omdat hulle my die geleentheid ge bied het om as ʼn ver pleër te groei. Dit is ʼn ongelooflike ervaring om saam met kollegas te werk wat jonger per soneel ondersteun.”Sy boodskap aan die gemeenskap is om ver -pleërs te help deur verant woordelik op te tree. “Help ons om julle te help. Almal weet wat gedurende KOVID-19 van hulle verwag word. Hou asseblief aan om al die riglyne en protokolle te volg,” sê Ganuganu. Professionele verpleër Luyanda Ganuganu is in die voorste linie van die stryd teen KOVID-19 by Groote Schuur Hospitaal.
2021-05-ed1
afr
108
Skep werksgeleenthede vir KZN-jeugdiges
Hlengiwe Ngobese
Vyf-en-twintig jongmense in KwaZulu-Natal het opleiding ontvang en werks geleenthede losgeslaan met die opening van die nuwe Mahindra-aanleg. Die personeel het in vennootskap met internasionale Mahindra en die Mahindra-groep, asook AIH-logis tiek opleiding ondergaan en sal vir verdere opleiding na Indië gestuur word wanneer nodig. Die proefproduksie van die fasiliteit is reeds aan die gang, en die beplande produksie van onge veer 2 000 voertuie per jaar, sal uiteindelik tot 4 000 voertuie per jaar toe neem. "Die belegging is goed vir beleggersvertroue. Dit toon steeds dat KwaZulu-Natal bevorderlik vir beleggers is. Dit stuur ook ’n boodskap aan mense wat dalk nog twyfel of Durban inderdaad ’n plek is om te oorweeg vir belegging,” het die LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling, Toerisme en Omgewingsake Zikalala tydens die bekendstelling gesê. Volgens hom sal die aan vanklike werksgeleenthede wat in hierdie onderneming geskep word, bydra tot die ontwikkeling van meer vaardighede in die provinsie. Een van die werknemers is die gekwalifiseerde inge nieur Sithembiso Mthembu, wat sê dat hy baie bly is om ’n werk te hê. "Ek sit al ’n jaar lank by die huis sonder werk. Hierdie geleentheid het my gehelp om vir my en my gesin te sorg. Hoewel ek ’n graad in meganiese ingenieurswese het, het ek nie veel geweet oor hoe om ’n motor te monteer nie. Die opleiding wat ons hier gekry het, het ons gehelp om selfvertroue en kundigheid te ontwikkel,” sê hy. Mahindra se Hoof van Internasionale Bedryf sake, Arvind Matthew, sê die maatskappy beoog om 40 persent van die komponente vir die Pik Up-bakkie by plaaslike ver skaffers te verkry. "Die montering van die Pik Up is die eerste stap in ons langtermynplan, waardeur ons werksgeleenthede en plaaslike verkryging in KwaZulu-Natal gaan verhoog,” sê hy.
2018-07-ed1
afr
22
Beskerm jou kinders teen kuberafknouery
Kgaogelo Letsebe
Die wreedheid en vernietigende gevolge van kuber afknouery onder kinders is die afgelope maande weereens blootgelê. In ’n onlangse geval van kuberafknouery is Lufuno Mavhunga, ’n Graad 10-leer der van Mbilwi Sekondêre Skool in Limpopo, oorlede weens selfdood nadat sy deur ʼn ander leerder aangerand is. Mavhunga het ʼn oordosis voorskrifpille gedrink nadat ʼn video van die aanranding op sosiale media gedeel is. Kubersekuriteitsdeskundi ges van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) sê dat kuberaf knouery uiters skadelik vir kinders is en kan lei tot depressie, hartseer, woede, frustrasie, angs en vrees. “Dit kan ook lei tot ’n lae selfbeeld, misdadige gedrag, skoolgeweld, gesinsprobleme en selfmoordgedagtes,” verduidelik Sipho Ngobeni, ’n senior navorser by die WNNR. Kuberafknouery vind plaas wanneer iemand elektroniese kommunikasie gebruik om doelbewus ʼn ander persoon te teister, dreig, verneder, in timideer, in die verleentheid bring of spot. Volgens Ngobeni toon na vorsing dat 41% van kinders na afleiding van kuberaf knouery sosiale angs ontwik kel, 37% depressief raak, 26% selfmoordgedagtes kry en 25% hulself leed aandoen. “Dié bevindings dui daarop dat kuberafknouery ʼn ernstige kwessie is... Dit is van sleutelbelang om alle betrokke partye te betrek – die jeug, ouers, opvoeders, wetstoepassers en sosiale mediamaatskappye – om hierdie probleem aan te spreek,” voeg hy by. Kuberafknouery vind mees tal plaas op Instagram (42%), Facebook (31%), Snapchat (31%), WhatsApp (12%), YouTube (10%) en Twitter (9%). WNNR-deskundige, Rofhiwa Netshiya sê dat daar ʼn behoefte is aan openbare opvoeding oor alle vorme van kuberafknouery. “Ons moet kinders leer dat kuberafknouery ernstige gevolge kan hê,” sê sy. Die WNNR werk tans aan die ontwikkeling van aan ʼn platform om kuberafknouery in geselskamers te identifiseer.“Die platform sal outoma ties kuberafknouery in geselsgroepe identifiseer en gebruikers wat aanhou om haatspraak te stuur, blokkeer. Dit sal die gebruiker drie waarskuwingsboodskappe gee en, as hulle volhou, sal dit hulle blokkeer,” sê Netshiya. Sy raai ouers aan om basiese internet-kontrolesagteware op hul kinders se toestelle te installeer om hul aktiwiteite te kontroleer. “Daar is lae-kosteprodukte wat jou kinders se aktiwiteite onopsigtelik kan monitor en die bevindinge privaat en so dikwels soos wat jy verkies aan jou kan epos. Dit is baie belangrik om die webwerwe wat besoek is, inhoud wat afgelaai is, gesprekke in ge selskamers en onmiddellike boodskappe na te spoor.”Die WNNR bied die vol gende wenke aan ouers wat vermoed dat hul kinders die slagoffers van kuberaf knouery is: • Maak seker dat jou kind veilig voel; gee onvoor waardelike ondersteuning. • Werk saam met jou kind om ʼn plan van aksie uit te werk waarop julle albei ooreenkom. • Bespreek die kuberaf knouery-geval met die betrokke skool. • Kontak die aggressor se ouers om ondersoek oor die saak in te stel en ver wyder die aanstootlike materiaal. • Rapporteer die saak aan die polisie in die geval van fisiese bedreigings of afdreiging, teistering, afpersing en die seksuele uitbuiting van minder jariges. • Leer jou kind oor gepaste aanlyngedrag. • Benadruk positiewe mo rele waardes.
2021-06-ed1
afr
113
Hoe om water te spaar
More Matshediso
Waterbesparing in jou huis of besigheid • Draai die kraan toe tussen die kere wat jy jou gesig was, jou tande borsel of skeer.• Deur vyf minute op ʼn dag te stort in plaas van te bad, sal slegs ʼn derde van die water gebruik word as wanneer jy sou bad, wat neerkom op die besparing van 400 liter water per week. • Om te stort kan tot 20 liter water per minuut gebruik, terwyl ʼn bad tussen 80 en 150 liter water per bad kan gebruik. As jy verkies om te bad, moet jy nie die bad vol tap nie.• Moenie die toilet onnodig spoel nie. Gooi sneesdoekies, insekte en ander afval in die vuilgoeddrom eerder as in die toilet. Jy gebruik elke keer wat jy die toilet spoel 12 liter water. • Herstel ʼn lekkende toilet, want dit kan tot 100 000 liter water in ʼn jaar mors. • Gebruik “gryswater” om jou toilet te spoel — gebruikte water wat van die bad, die wasmasjien en ander veilige bronne afkomstig is.• Moenie jou swembad oorvol maak of dit oormatig terugspoel (backwash) nie.• Ketels moenie tot heel bo volgemaak word nie, maar kook net genoeg water soos wat jy benodig. Dit sal ook jou elektrisiteitsrekening verlaag. • Gebruik eerder ʼn emmer as ʼn tuinslang om jou motor te was. As jy ʼn tuinslang moet gebruik, gebruik dan ʼn sproeier voor aan die pyp wat jy tussenin kan toedraai. ʼn Tuinslang kan tot soveel as 30 liter water per minuut gebruik. • Boere moet toesien dat hulle giftige plaagdoders weghou van waterbronne en stroompies af. • Mense in landelike gebiede moenie riviere of rivieroewers as ʼn toilet gebruik nie. In die tuin• Maak jou plante altyd vroeg in die oggend of aand nat wanneer dit koeler is. • Laat die water waarin jy eiers gekook het, afkoel en maak jou huisplante daarmee nat. Die voedingstowwe wat uit die eierdoppe kom sal goed wees vir die plante. • Dakwater kan in ʼn tenk geberg word om die tuin mee nat te maak. • Gebruik “gryswater” om jou tuin mee na te maak — gebruikte water wat van die bad, die wasmasjien en ander veilige bronne afkomstig is.
2022-11-ed2
afr
182
Voorkom identiteitsdiefstal
Kgaogelo Letsebe
Mabitsela, van Modimolle in Limpopo, het in November 2020 by ʼn bank aansoek gedoen om ʼn lening, maar is ingelig dat hy te diep in die skuld is en nie kwalifiseer nie. “Ek het gegaan om aansoek te doen vir ʼn korttermyn lening omdat ek gesukkel het om kop bo water te hou nadat ek in Junie 2020 afgelê is. Ek is, tot my verbasing, ingelig dat ek nie kwalifiseer nie. “Ek het aanvanklik gedink dat dit weens my onstabiele inkomste was, maar dit was egter nie die geval nie. Ek het geweet dat ek net een klererekening en geen ander skuld het nie, so ek het vir ʼn afskrif van my profiel gevra,” sê hy.Mabitsela het gesien dat twee selfoonkontrakte, ʼn banklening van R65 000 en verskeie kleinhandelsrekeninge in sy naam aangegaan is. Die skuld was altesaam nagenoeg R100 000. “Ek het net voor die nasionale vlak-5 grendeltydperk my ID-boek verloor. Ek het gedink dit is iewers in die huis en was nie te bekommerd nie, want ek het my slimkaart-ID gehad,” sê hy.Mabitsela het ʼn saak van identiteitsdiefstal by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aanhangig gemaak nadat hy besef het dat iemand op sy naam skuld aangaan. Hy moes ʼn beëdigde verklaring aflê wat bevestig dat hy sy identiteitsboek verloor het en moes dit, tesame met sy saaknommer, na die kredi-teure toe neem om te keer dat hy op die swartlys geplaas word.Mabitsela se ervaring is nie enig in sy soort nie. Bedrog het, volgens die Suid-Afrikaanse Bedrogvoorkomingsdiens (SAFPS) se bedrogverslag vir 2020, verlede jaar met 161% in die Oos-Kaap en met 120% in Gauteng gestyg. Manie van Schalkwyk, die uitvoerende direkteur van die SAFPS, sê: “Dit is baie kommerwekkend dat identiteitsbedrieërbedrog – ook bekend as identiteitsbedrog – met ʼn onrusbarende 337% gestyg het.” Van Schalkwyk sê dat mense ʼn verlore of gesteelde ID of paspoort onmiddellik moet rapporteer. “Om die verlies of diefstal aan die SAFPS en die SAPD te rapporteer, verseker dat ons in staat is om die besonderhede op ons databasis aan te teken en ons lede in kennis te stel. Hulle kan dan ekstra versigtig wees wanneer ʼn identiteit bevestig word.”
2021-07-ed2
afr
119
Toep gaan Gauteng se openbare vervoer vergemaklik
vukuzenzele unnamed
Gauteng on the Move sal onsekerheid oor die gebruik van openbare vervoer uitskakel, omdat dit pendelaars van intydse inligting, vervoerskedules en koste vir die Gautrein‚ Metrobus‚ A Re Yeng‚ Rea Vaya‚ Metrorail‚ Gautrein se Busdiens‚ Johannesburg Stad se Besigtigingsbus‚ Tshwane Busdiens en minibus-taxidienste voorsien. Tydens sy toespraak by die onlangse bekendstelling van die toep by die ontwikkelaar se kantoor in Midrand, het Gauteng Vervoer se LUK, Ismail Vadi, gesê dat die departement die behoefte aan slim tegnologie en intelligente vervoerstelsels as bydraende faktore tot die ontwikkeling van die vervoerstelsel geïdentifiseer het. “Die Gauteng Provinsiale Departement het tyd, energie en hulpbronne in die ontwikkeling van hierdie reisbeplanner belê, wat pendelaars in staat stel om moeiteloos met belangrike vervoermetodes in die provinsie te verbind. "Ons sien reeds die krag van tegnologiese innoverings wat openbare vervoerdienste herskep. Wêreldwye tegnologiese veranderinge ontlok ongetwyfeld ’n rewolusie in die vervoersektor, en ons moet hierdie veranderings aanvaar en daarby aanpas,” sê hy. Vadi het bevestig dat die provinsie sal voortgaan om innovering, navorsing en ontwikkeling te gebruik om ’n slim provinsie te bevorder, ten einde doeltreffendheid en toegang tot vervoerdienste te verbeter. Nadat gebruikers die toep afgelaai het, kan hulle hul reis beplan deur hul gewenste ver voermetodes, reistye en ander opsies te kies, byvoorbeeld die kortste en goedkoopste reis. Die Johannesburgse student en pendelaar Glen Dlamini reken dat duisende pendelaars ’n sug van verligting oor hier die nuwe toep sal slaak. “Dit is regtig ’n ongelooflike toep. Dit is ’n wonderlike inisiatief deur die regering en verander beslis die hele vervoerlandskap, veral vir ’n jongmens soos ek wat elke dag vanaf Soweto na die Universiteit van Johannesburg moet reis. “Ek kan darem nou my reise beter beplan, veral wat my finansies betref, en ook die reistye na my bestemmings uitwerk. “Ek dink dis ’n uitstekende toep en vir iemand soos ek wat nie van Gauteng is nie, sal dit baie nuttig wees om in die provinsie te kan rondreis,” het Khanyo Malunga gesê toe Vuk’uzenzele met haar in Blair gowrie gesels het. “As ek hier is vir ’n werks-onderhoud sal ek beter kan beplan en my pad kan vind,” het sy bygevoeg. Die toep is van die onderskeie toep-winkels beskikbaar vir Androiden iPhone-toestelle.
2018-04-ed2
afr
11
Tabakverslawing: Jou gesondheid kan in rook opgaan
OM WÊRELD-GEEN Tabakdag op 31 Mei te vier, gesels Vuk’uzenzele met ’n herstellende tabakslaaf oor sy oorwinning oor verslawing. Katlego Makhanda van Moiletswane in Noordwes weet alte goed hoe moeilik dit is om op te hou rook. Makhanda (28) het meer as 30 sigarette per dag gerook totdat hy vier jaar gelede ophou rook het. Hy het weens groepsdruk begin rook toe hy 18 jaar oud was. “Ek het nie belanggestel om te rook nie – dit het my nie aangetrek nie, totdat ek in matriek was en ‘n groep ouens saam met wie ek ge reeld gekuier het, my begin uitsonder het omdat ek nie koel genoeg was om te rook nie.” Makhanda het aanvanklik een of twee sigarette per dag gerook, maar dit het metter tyd meer geword. “Ná matriek is ek universi teit toe en die vryheid om nie by my ouers te woon nie, het beteken dat ek soveel alkohol kon drink as wat ek wou. Dit het ook gemaak dat ek meer gerook het.” In 2017 het Makhanda siek geword en is gehospitaliseer. Hy is gediagnoseer met Tipe 2-diabetes en was weke lank te swak om uit die bed te klim. “Die dokter het dit duidelik gemaak dat ek nie my siekte sou kon bestuur as ek aanhou rook nie. Dit is toe wat ek besluit het om permanent op te hou.”Dr Midah Maluleke van Mpumalanga sê rook is ska delik vir byna elke orgaan. “Siektes soos kanker, hart siektes, beroerte, longsiek tes, diabetes en chroniese obstruktiewe pulmonêre siektes kan almal weens rook ontstaan.” “Navorsing toon dat rokers 30% tot 40% meer geneig is om Tipe 2-diabetes te ontwik kel as nierokers. Rook maak dit ook moeilik om die siekte te bestuur,” sê hy.Wenke om op te hou rookDie Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) gee die volgende wenke as jy wil ophou rook: Besluit op ‘n datum om op te hou rook en doen dit dan. Gooi alles weg wat jou aan rook herinner. Dit sluit sigaretpakkies, as bakke en aanstekers in. Drink baie water – dit sal help om die nikotien uit jou liggaam uit te spoel. Lig jou familie in dat jy probeer om op te hou rook sodat hulle jou kan ondersteun. Jy mag dalk lighoofdig heid, hoofpyn of ‘n ge hoes ervaar as jy ophou rook. Dit is normaal en behoort na ‘n dag of twee beter te raak, en na 14 dae te verdwyn. Makhanda sê sy pad was nie maklik nie, maar hy is daartoe verbind om nie te rook nie. “Die plaaslike kliniek en personeel het my ondersteun en inligting verskaf oor die belangrikheid van ‘n tabak vrye lewe. Aanvanklik was die reuk van sigaretrook ‘n groot versoeking, maar nou is ek gewoond daaraan,” vertel hy.
2021-05-ed2
afr
111
Einde van ramptoestand in sig vir SA
Vukuzenzele Unnamed
“Ons is van plan om die nasionale ramptoestand te beëindig sodra ons ander maatreëls om die pandemie te bekamp, ingevolge die Nasionale Gesondheidswet en ander wetgewing, gefinaliseer het,” sê die President. President Ramaphosa het op 15 Februarie 2020 die nasionale ramptoestand ingevolge die Wet op Ramp bestuur verklaar en ʼn reeks maatreëls aangekondig om die KOVID-19-uitbraak te bekamp. President Ramaphosa sê dat byna alle beperkings op ekonomiese en sosiale aktiwiteit, grootliks te danke aan die entstofversprei-dingsplan, reeds gelig is. Hy het burgers daaraan herinner dat entstowwe die beste verdediging teen siekte, dood en KOVID-19 is, wat plaaslik nagenoeg 100 000 lewens geëis het. “Ek het nog altyd volgehou, vanuit ʼn persoonlike standpunt, dat as ek nie ingeënt was toe ek KOVID19 in Desember opgedoen het nie, ek waarskynlik nie hier sou gestaan het nie,” stel hy. Die President het die tyd geneem om Suid-Afrikaners aan te moedig om die lewensreddende inspuiting te kry, steeds basiese gesondheidsmaatreëls te volg en waaksaam te bly. “Ons sal kan aangaan met ons lewens, selfs met die virus in ons midde,” sê hy en voeg by dat die pandemie die skeiding tussen diegene wat werk het en werkloses vererger het. Solidariteitsfonds President Ramaphosa het aangekondig dat die solidariteitsfonds R3.4 miljard vanaf meer as 300 000 SuidAfrikaners en maatskappye ingesamel het, terwyl meer as 400 individue en 100 maatskappye hul tyd en dienste vrywillig aangebied het. “Die fonds het ʼn sentrale rol gespeel in die ondersteuning van die nasionale gesondheidsreaksie en die verligting van die humanitêre krisis wat ons land en ons mense in die gesig gestaar het.”Hy het almal bedank wat tot die fonds bygedra het, waaronder sommige Parlementslede en ander inisiatiewe ter ondersteuning van diegene wat deur die pandemie geraak is. Die President het ook hulde gebring aan die baie gesondheidsorgen frontli niewerkers wat ʼn sleutelrol in die stryd teen KOVID-19 gespeel het. “Die nasie is baie dankbaar teenoor die toegewyde gesondheidswerkers en ander frontliniepersoneel wat in dié tydperk hul eie gesondheid en lewens in gevaar gestel het om na siek en kwesbare mense om te sien,” sê hy. – SAnews.gov.za
2022-03-ed1
afr
147
Kiesersregistrasie vind in Maart 2018 plaas
More Matshediso
Die kommissie se hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, sê dat al 22 612 stemlokale op die naweek van 10 en 11 Maart, van 8vm tot 5nm oop sal wees om dit maklik en gerieflik vir kiesers te maak om hul-le registrasiebesonderhede op datum te bring of om te registreer. As jy na ’n nuwe stemdis trik verhuis het sedert jy laas geregistreer het om te stem, moet jy herregistreer in jou nuwe stemdistrik. Alle Suid-Afrikaanse bur gers wat 16 jaar en ouer is en in besit is van ʼn amptelike identiteitsdokument, kan registreer om te stem. As jy nie geregistreer is om te stem nie, sal jy nie in 2019 toegelaat word om te stem nie. Geregistreerde kiesers wie se adresbesonderhede nie op die kiesersrol is nie, kan die vereiste inligting tydens registrasie by hulle stemlo-kaal, verskaf. “Ons vra dat kiesers opdaag en van die geleentheid gebruik maak”, sê Mamabo-lo. “Die Verkiesingskommissie het steeds nie adresse vir ongeveer 2,8 miljoen kiesers nie. Ons het ʼn verdere 3,5 miljoen adresse wat as ‘on-volledig’ of ‘generies’ geklas-sifiseer is. Hierdie kategorie vereis verdere ontleding om te bepaal of daar enige ander beskikbare besonderhede is,” sê hy voorts. Die kommissie het adresse verkry deur verskillende inisiatiewe te gebruik, in-sluitend om rekords, lêers en argiewe na te gaan en adresse wat oor die afgelope 20 jaar deur kiesers verskaf is, aan te teken, sowel as om tydens die munisipale verkiesings in 2016 adresse aan te teken en om voor die registrasienaweke vir die tussenverkiesings veldwerk te doen. Kiesers wat in die verkeer de stemdistrikte geregistreer was, is waar nodig geskuif soos deur Artikel 12 (1)(d) van die Kieswet bepaal. “Ons het, waar moontlik, inligting oor adresse van ander staatsbronne soos Statistiek Suid-Afrika, die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid, Telkom, die Suid-Afrikaanse Poskantoor en die Departe-ment van Binnelandse Sake, ontvang en gebruik,” sê hy. Registreer voor Maart 2018 In Oktober 2017 het die Verkiesings kommissie ’n webtuiste (www.elections.org. za) vir geregistreerde kiesers wat toegang tot die internet het, bekendgestel om hulle adresse te hersien of te verskaf. Kiesers kan ook die Kontaksentrum (0800 11 8000) van Maandag tot Vrydag tydens kantoorure skakel vir inligting oor die ligging van hul stemlokaal en enige ander navrae. Hierbenewens, kan geregistreerde kiesers ook hul ID-nommer na 32810 stuur om ’n SMS te ontvang met die adres van hulle stemlokaal (’n SMS kos R1).Wat om saam te neemNeem jou ID-boek met strepieskode, slim-ID-kaart of tydelike ID-sertifikaat saam wanneer jy registreer. Jy sal gehelp word om ʼn registrasievorm te voltooi wat jou fisiese adres in besonder vra. Dit sal die kommissie in staat stel om jou in die regte stemdistrik te plaas. Bewys van jou woonplek word NIE vereis nie. Mamabolo het ʼn beroep gedoen op individue, politieke partye, burgerlike organisasies, nie-regeringsorganisasies, aktiviste, die media, tradisionele leiers en geloofsgebaseerde organisasies om die sukses van die registrasienaweek, te verseker.
2018-03-ed1
afr
6
Vol magies is gelyk aan beter punte
More Matshediso
Ongeveer R5 703 miljard is in die 2015/16-boekjaar aan die program toegewys. Rakwena sê dat die bedrag wat aan die program bestee word, jaarliks aangepas word om inflasie te dek en dat die begroting vir 2017/18 ongeveer R6,4 miljard is. Die program verlig kort- termyn honger en dra by tot die leerders se welstand. “Baie kinders kom uit arm huishoudings wat sukkel om kos op die tafel te sit en vir sommige leerders is die skoolmaaltyd hul enigste maaltyd van die dag. Skool- maaltye dra by tot leerkapa- siteit, beter konsentrasie en klasdeelname,” sê sy.Skoolinskrywings en leer-derbywoning word ook danksy die voedingspro- gram, verbeter. Die Kabinet het onlangs die publikasie van die Ver- slag oor die Evaluering van die NSVP, wat deur die De- partement van Beplanning, Monitering en Evaluering (DPME) opgestel is, goedge- keur. Dit beskryf in hooftrek- ke die stappe wat geneem kan word om die inisiatief te verbeter. Die Direkteur van Evaluering by die DPME, Jabu Mathe, sê die hoofdoel van die evaluering is om te bepaal of die NSVP op so ʼn wyse geïmplementeer word dat dit moontlik beduidende gesondheids- en opvoedkun- dige voordele vir leerders inhou.Hy beklemtoon dat die pro-gram hoofsaaklik daarop ge- rig is om die gesondheid- en voedingstatus van die arm- ste leerders in Suid-Afrika te verbeter. Die program teiken al die leerders in Suid-Afri- ka in kwintiel 1 tot 3 open- bare skole, wat 60% van die armste skole in Suid-Afrika insluit. Die program help ook om armoede in gemeenskppe te verlig deur werkskepping.“Die evaluering het aan- gedui dat die NSVP jaarliks aan meer as 50 000 vrywil- lige voedselhanteerders die geleentheid gee om vir leer- ders kos te maak en dat hul- le sodoende R960 per maand verdien,” sê Mathe. “Dit herlei na R576 miljoenper jaar in besoldigings wat gemeenskapslede bevoor- deel.” Die program stimuleer ook ekonomiese aktiwiteit, aan- gesien klein-, medium- en mikro-ondernemings en ko- operatiewe as diensverskaf- fers voordeel trek in provin- sies met gedesentraliseerde verkryging (KwaZulu-Natal, Gauteng, Mpumalanga en die Noord-Kaap). “Die plaaslike verkry-ging van groente het die potensiaal om skole en ge- meenskappe te bevoordeel en om plaaslike landbou te stimuleer.Die verslag het ook getoondat die Wes-Kaap, Mpuma- langa, Gauteng, die Oos- Kaap, die Noord-Kaap en Noordwes oor die jare die program die beste uitgevoer het het.
2018-08-ed1
afr
27
Met Suid-Afrika se grootskaalse koronavirus (COVID-19)-inentingsprogram wat in Februa rie vir gesondheidswer kers ontplooi word, werp Vuk’uzenzele ‘n bietjie lig op wat die COVID-19-entstof is en waarom dit so belangrik is om die verspreiding van die virus te bekamp. Wat doen ’n entstof?‘n Entstof leer jou liggaam se immuniteitstelsel (wat infeksie beveg) om teenliggaam pies (proteïene wat siektes beveg) te vervaardig – presies soos dit sou doen as jy aan ’n virus blootgestel sou word. Hoekom is die entstof so belangrik?Inenting teen COVID-19 is ’n doeltreffende manier om jouself teen die virus te beskerm, want jy het ’n verminderde risiko op infeksie. Die kans is dan ook kleiner dat jy die virus aan iemand anders sal oordra.Die doelwit van inenting is om kudde-immuniteit te bereik – wanneer genoeg mense van die bevolking immuun teen die virus is, verskaf dit indirek beskerming aan diegene wat nie immuun is nie, wat die verspreiding van die virus onder beheer bring. Is entstowwe noodsaaklik om die verspreiding van COVID-19 te voorkom?Daar is oorweldigende wetenskaplike bewyse dat inenting die beste verdedigingsmeganisme teen ern stige infeksies is. Sal die entstof voorkom dat ek COVID-19 kry? Geen entstof bied 100% bes kerming nie.Kudde-immuniteit bied ook nie volledige beskerming aan diegene wat nie ingeënt is nie, alhoewel hierdie mense tog beduidende beskerming sal geniet.Is die entstof veilig?COVID-19-entstowwe onder gaan ’n veeleisende, multi-fase-toetsproses, insluitend kliniese proewe waaraan tienduisende mense deelneem.Elke entstof wat in Suid-Afrika se grootskaalse entstofprogram gebruik word, moet deur die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (SAHPRA) goedgekeur word.Die Oxford Universiteit-AstraZeneca-entstof is reeds deur verskeie reguleerders regoor die wêreld goedge-keur en word tans in ander lande ontplooi. Waarvandaan kry Suid-Afrika sy eerste entstowwe?Die eerste twee besendings entstowwe wat na Suid-Afrika toe kom (een miljoen in Januarie en 500 000 in Februarie) is die Oxford Universiteit-AstraZeneca-entstof van die Serum-instituut van Indië. Wie gaan die entstof eerste kry?Die land se geskatte 1,25 miljoen gesondheidsorgwerkers gaan die entstof eerste kry. In Fase Twee sal prioriteit gegee word aan essensiële werkers soos onderwysers, die polisie, munisipale werkers, taxibestuurders en ander frontliniepersoneel; mense in inrigtings en tehuise soos ouetehuise, skuilings en tronke; asook mense ouers as 60 en volwassenes met onderliggende siektetoestande. In Fase Drie sal ongeveer 22,5 miljoen van die oorblywende bevolking ingeënt word.Die mikpunt is om 67% van die bevolking teen die einde van 2021 in te ent. Ons behoort dan kudde-immuniteit te bereik. Wie koop die entstof aan?Die regering is die enigste aankoper van entstowwe en sal dit na die provinsiale regerings en private sektor versprei.Almal wat ingeënt is, se name sal op ’n nasionale register geplaas en van ’n inen tingskaart voorsien word.
2021-02-ed2
afr
98
Neem jou mag terug, rapporteer verkragting
Adele Schormann
Mpumalanga se polisie woordvoerder, kolonel Mt sholi Bhembe, het gesê dat dit belangrik is vir die ge meenskap om met die poli sie saam te werk en hierdie misdade te rapporteer. “Dit is ons plig as die polisie om ʼn groot rol daarin te speel om seker te maak dat die oortreders aan die pen ry en dat die slagoffers in goeie hande is. Ons versoek gemeenskappe om na vore te kom en gevalle van verkragting by hulle naaste polisiestasie aan te meld,” het Bhembe gesê. Slagoffers moet binne 72 uur nadat ʼn misdaad van ʼn seksuele aard plaasgevind het, die misdaad aan die polisie rapporteer. Bhembe het slagoffers van ver kragting aangeraai om ná hulle pynlike ervaring vir professionele traumaberading te gaan. “Jy mag dalk vuil voel en her haaldelik wil was en jy mag bang wees en skrikkerig wees om uit te gaan. Geeneen van hierdie reaksies is ongewoon of onnatuurlik nie. Jy moet onthou dat daar dienste beskikbaar is om jou te help,” het hy gesê. Die Greater Rape Intervention Project (GRIP) is een van die organisasies wat slagoffers van verkragting help om vir MIV/Vigs en ander siektes getoets te word. Thandiwe Maseko, ʼn maat skaplike werker by GRIP , sê dat die organisasie na slagoffers van verkragting omsien. “Ons verskaf ʼn versorgings pakkie en laat slagoffers in ʼn veilige hawe bly totdat hulle gereed is om te praat. Ons het die beste beraders wat baie omgee en reg is om te help,” sê sy. Hoe om 'n geval van verkragting aan die polisie te rapporteer: ■ Gaan eerstens na kliniek toe vir mediese ondersoek. Die verslag sal deel van die saaklêer wees en die polisie help om die oortreder vas te trek. ■ Gaan dan na jou naaste polisiestasie toe en open 'n saak. Die polisiebeampte sal vir jou persoonlike inligting vra asook inligting oor dit wat met jou gebeur het. Antwoord eerlik en probeer om soveel besonderhede moontlik te onthou. Dit mag 'n pynlike proses wees, maar hierdie inligting sal in die ondersoek help. ■ Vra die ondersoekbeampte vir sy/haar kontakbesonderhede, sodat jy hom/haar oor nuus oor jou saak kan kontak. Die ondersoekbeampte sal jou ook kontak as verdere inligting benodig word. Hoe om 'n geval van verkragting aan die polisie te rapporteer:
2018-02-ed2
afr
4
Branderplanke hou kinders uit die strate
Vuyo Ndlovu
Surfers Not Street Children is 'n organisasie wat gra tis branderplanklesse aan straatkinders en agtergeble we jeugdiges in die midde stad bied. Die organisasie is 'n direk te poging om hawelose kin ders te help en te verseker dat die jeug iets positiefs met hul lewens doen. Die eThekwini Munisipa liteit het onlangs hierdie or ganisasie ondersteun deur 10 branderplanke te skenk. Die planke is ontwerp vir ontwikkelingsdoeleindes en is van sponsrubber gemaak wat beginners help om bo die water te bly. Die bestuurder van die munisipaliteit se Depar tement van Sporten Ont spanningsontwikkeling, Teddi Adams, het gesê hier die borde sal aspirant-bran derplankryers help. "Die skenking is deel van die munisipaliteit se strate gie om sport te ontwikkel en te verseker dat alle jeugdi -ges, ongeag ras of klas, toe gang het tot fasiliteite wat hulle sal help om in hul ge kose sportsoort te presteer."Langelihle Nkosi (16), 'n branderplankryer, bedank die munisipaliteit vir die skenking. "Ek geniet die brander planklesse baie, want dit help my om fiks te word en dit is lekker om op die branders te ry." Nkosi moe -dig ander aspirant-brander plankryers aan om deel te neem en meer oor die sport te leer. Sandile Mqadi, ’n bran derplankafrigter van die Surfers Not Street Childrenklub, het gesê die organisa sie is daarop gerig om vir kinders branderplankvaar dighede te leer as 'n manier om hulle van die strate af te hou."Ons bied ons diens aan vir straatkinders, asook jongmense uit voorheen benadeelde gemeenskap pe. Ons dienste is gratis en jongmense van vyf tot 23 jaar oud is welkom," het Mqadi gesê. Hy het bygevoeg dat die branderplanke wat deur die munisipaliteit geskenk is, hul pogings ’n hupstoot sal gee en meer kinders in staat sal stel om by die pro gram aan te sluit. Die Surfers Not Street Children-klub bied bran derplanklesse aan van Maandag tot Vrydag om 08:30 en weer om 13:30. Belangstellendes kan by Surfers Not Street Children se kantoor by Noordstrand registreer. Die munisipaliteit het ook ’n bykomende 10 brander planke aan die KwaZu lu-Natalse Branderplank federasie geskenk.
2018-09-ed1
afr
32
Laat ons mekaar veilig hou
vukuzenzele unnamed
Dit is 'n teken van die vordering wat ons maak om nuwe infeksies te laat afneem en die eise wat dit aan ons gesondheidsinstellings stel te verlig. Dit is ook 'n baie belangrike ontwikkeling vir ons ekonomie, omdat ons daarna streef om ekonomies weer op dreef te kom. Maar ons moet dit nie te gou vier nie. Ons is steeds midde-in 'n dodelike pandemie wat meer as 11 000 lewens in SuidAfrika geëis het. Met meer as 'n halfmiljoen bevestigde ge valle het ons steeds die vyfde grootste aantal infeksies ter wêreld. En daar is altyd 'n kans dat die siekte weer sal opvlam. As ons ooit ’n sterk herinne ring nodig het hoe belangrik dit is om waaksaam te bly, hoef ons net te kyk na die onlangse gebeure, duisende kilometers ver in Nieu-See land. Drie maande nadat die land koronavirusvry verklaar is, het Nieu-Seeland weer eens ’n staat van inperking aangekondig. Hoewel daar tydens die jongste uitbre king betreklik min gevalle was, het die regering vinnig beperkings heringestel.Soortgelyke beperkings moes in verskillende dele van Europa heringestel word, aangesien hulle 'n 'tweede golf' van infeksies ervaar. Hierdie ervarings wys hoe vinnig COVID-19 dinge kan laat verander. Dit is 'n wekroep vir ons almal wat moontlik dink dat ons selfs naby die einde van hierdie ernstige openbare gesondheidskrisis is. Maar daar is beslis tekens van hoop. Die aantal nuwe bevestigde gevalle in SuidAfrika neem steeds af. Op die piek van die siekte, net ’n maand gelede, het ons onge veer 12 000 nuwe gevalle per dag aangeteken. Dit het die afgelope week tot gemiddeld ongeveer 5 000 per dag ge daal. Ons herstelpersentasie staan op 80 persent. Namate die land na vlak 2 beweeg, is baie beperkings op sosiale en ekonomiese aktiwi -teite opgehef. Hiermee saam kom 'n verhoogde risiko van oordrag. Ons moet nou hierdie risiko bestuur en seker maak dat die vooruitgang wat ons tot dus ver gemaak het om die ver spreiding van die pandemie te stuit, nie omgekeer word nie. Die grootste bedreiging vir die nasie se gesondheid is nou 'n oorgeruste selfvol daanheid. Ons mag wel weer vriende en familie besoek, by kuierplekke bymekaar kom, reis vir ontspanning en alko hol in restaurante, kroeë en tavernes gebruik. Maar soos die gesegde lui, beteken dit nie net omdat jy dit kan doen, jy dit moet doen nie. Baie mense wat die korona virus het, het nie simptome nie en weet dalk nie eens dat hulle besmet is nie. Dit is 'n ontnugterende werklikheid, want dit beteken dat enigeen van ons nou besmet kan wees en ander onbewustelik kan besmet. Dit is veral die geval wan neer ons familielede besoek, veral bejaardes en diegene met bestaande mediese toe stande wat hulle kwesbaar maak vir infeksie. Dit geld ook vir godsdienstige by eenkomste of kulturele akti witeite. Die 'tweede golf' van in feksies wat verskeie ander lande ervaar het, is vir ons ook 'n moontlikheid. Hoewel verskeie beperkings opgehef is, beteken dit nie dat dit nie heringestel kan word as ons 'n beduidende toename in infeksies ervaar nie. Hierdie pandemie is 'n saak van lewe en dood. Ons moet aanpas en ons moet waaksaam wees. In die dae, weke en maande wat voorlê, moet ons pogings daadwerklik op herstel toe gespits wees. Ons ekonomie het heelwat skade gely en ons samelewing het swaargekry. Namate ons ekonomiese ak tiwiteite in byna alle nywer hede hervat word – en ons daaraan werk om die skade wat aangerig is te herstel – is dit ons verantwoordelikheid as individue, werkgewers, gemeenskappe, gesinne, professionele mense, werkers en landsburgers om steeds waaksaam te bly. Nie een van ons wil na die dae van uiterste inperking te rugkeer nie. Ons wil aangaan met ons lewens. Ons wil hê dat ons vriende en geliefdes gesond en veilig moet bly. Laat ons as ’n volk steeds saamwerk om te verseker dat ons vordering maak. Die skuif na waarskuwingsvlak 2 van die inperking, beteken nie dat almal nou kan doen net wat hulle wil nie. Die reëls oor sosiale afstand, die dra van maskers, sosiale by eenkomste en internasionale reise is steeds van krag. Ons sukses berus op ons vermoë om hierdie regulasies na te kom en dat elkeen van ons waaksaam en verant woordelik moet optree. Elke keer as ons enige vorm van nie-noodsaaklike akti witeite oorweeg, moet ons onsself afvra: wat is die risiko van besmetting vir onsself en ander? Waar daar 'n risiko is, selfs 'n geringe risiko, is dit beter om dit nie te doen nie. Laat ons, soos altyd, met omsigtigheid voortgaan. Laat ons mekaar veilig hou.
2020-09-ed1
afr
82
Wees op jou hoede vir seksoortreders
Sphelele Ngubane
As jy ʼn werkgewer is wat ʼn vroeë kinderontwikkelingsen trum bedryf, word jy deur die wet verplig om te kontroleer of jou werknemers op die Nasionale Register vir Seksoortreders (NRS) voorkom. Die NRS val onder die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling en werkgewers moet hom raad pleeg om te kontroleer of voornemende werknemers daarop gelys word. ʼn Werkgewer sluit ook in ʼn ouer wat ʼn huiswerker wil aanstel, ʼn skoolbeheerliggaam of ʼn hospitaal. Die NRS is in 2007 deur ʼn wet van die Parlement tot stand gebring. Dit is ʼn register van name van diegene wat skuldig bevind is aan seksuele oortredings teen kinders en mense met intel lektuele gestremdhede. Ntombizodwa Matjila, die Registrateur van die NRS, sê die register bevat name van sowel manlike as vroulike oortreders. Daar is mense wat oortre dings teen kinders en mense met intellektuele gestremd hede gepleeg het, soos: • statutêre verkragting; • om kinders te dwing of te veroorsaak dat hulle sek -suele oortredings aanskou; • seksuele dade; • seksuele uitbuiting; • seksuele gereedmaking; • blootstelling of vertoning van kinderpornografie aan kinders of mense met intel lektuele gestremdhede en om kinders en mense met intellektuele gestremdhede vir pornografiese doelein des te gebruik. “Indien ʼn werkgewer uitvind dat die naam van ʼn werknemer op die register voorkom, moet die werkgewer die werkne mer na ʼn ander posisie skuif waar hy nie meer in kontak sal kan kom met ʼn kind of ʼn vol wassene met ʼn intellektuele gestremdheid nie,” sê Matjila. Indien die werkgewer nie die werknemer na ʼn ander posisie kan skuif nie, moet die diens kontrak beëindig word. Inligting wat op die NRS voorkom, sluit in: • oortreders se volledige naam, van en hul beroep of ambag; • oortreders se bekende straatadres en enige kontak besonderhede, waaronder ʼn posadres; • oortreders se identiteitsof paspoortnommer; • die tipe seksuele oortreding. Die register is nie oop vir die publiek nie. Werkgewers kan slegs toegang kry om kla ringsbewyse te bekom van diegene wie se name gekont roleer word. Dit is ʼn oortreding om die inligting wat in die register voorkom, aan enige iemand anders bekend te maak.
2021-11-ed2
afr
133
Drink water om ontwatering te voorkom
Allison Cooper
Volgens die Wes-Kaapse departement van gesondheid hou die somerhitte 'n groot gevaar van ontwatering in; dit beteken dat die verlies aan water skadelik vir die liggaam kan wees.Ontwatering word ge-woonlik veroorsaak wan-neer ’n mens nie genoeg vloeistowwe drink om die water wat deur sweet verlore gaan, aan te vul nie. Dit kan ook veroorsaak word deur siektes wat met braking en/of diarree gepaard gaan; en deur sweet as gevolg van ’n hoë koors.Die verlies aan liggaams-vloeistowwe word nie net deur strawwe fisiese akti-witeite veroorsaak nie, maar kan ook ontstaan deur akti-witeite soos stap, tuinmaak of fi etsry, veral in warm of bedompige toestande.As jy ontwater, kan jou liggaam nie soos gewoonlik funksioneer nie. Kinders jonger as vyf jaar, bejaardes en mense wat buite werk, is veral kwesbaar vir ontwate-ring en sonsteek ('n toestand wat veroorsaak word as 'n mens se liggaam oorverhit).Sonsteek is 'n mediese noodgeval. Kry onmiddellik mediese hulp vir enige van hierdie simptome: • Jy voel verward of jou spraak word stadig en onduidelik.• Naarheid en braking.• Vinnige, vlak asemhaling.• Vinnige hartklop.• 'n Kloppende hoofpyn. Waarskuwingstekens van ontwatering Sommige van die vroeë waarskuwingstekens van ontwatering sluit in: • Dors en lighoofdigheid.• ’n Droë mond.• Moegheid.• Urine met ’n donker kleur en ’n skerp reuk.• Urineer minder dikwels as gewoonlikOm ontwatering en sonsteek te voorkom, moet jy: • Meer water as gewoonlik drink op baie warm dae.• Binnenshuis bly of in die koelte bly as jy buite is.• ’n Wyerandhoed in die son dra of ’n sambreel gebruik.• Altyd ’n bottel met wa-ter by jou hou en gereeld daarvan drink.• Gereeld ruskanse uit die son neem as jy buite werk. • Jouself met water uit ’n spuitbottel afkoel. Babas en kindersOuers en versorgers moet veral aandag aan kinders en babas gee om seker te maak dat hulle nie ontwater nie.Moeders wat borsvoed, moet hul babas meer gereeld voed as dit baie warm is.Hou kinders binne of in die koelte, trek vir hulle ligte klere aan en vee hulle lyfi es met 'n klam lap af om hulle koel te hou. Onthou om ’n sonskermmiddel te gebruik as die kind buite speel.Kry onmiddellik mediese hulp as kinders jonger as vyf waterige stoelgang het, aanhoudend braak en moeg is. Kry ook onmiddellike mediese sorg as jou baba nie wil borsvoed nie, of versonke oë en 'n versonke sagte plek (fontanel) op sy kop het.By kinders is ander waars-kuwingstekens van ontwate-ring die volgende: • ’n Droë of taai mond.• Min of geen trane wanneer hulle huil.• Urineer minder met min-der nat doeke as gewoon-lik.• Droë, koel vel.• Prikkelbaarheid.• Lomerigheid of duiselig-heid.
2020-12-ed1
afr
93
Presidensiële werkskeppingstimulus gee stukrag aan werkskepping
vukuzenzele unnamed
Ons het die werkskeppingstimulus verlede jaar op die been gebring om soveel moontlik geleenthede in die kortste moontlike tyd te skep. Dit het nuwe en innoverende maniere van doen geverg om programme teen ʼn ongekende pas en skaal te implementeer. Die werwingsproses van die talle werklose mense maak gebruik van digitale platforms om soveel moontlik geskikte deelnemers te bereik. Byvoor beeld, kleinskaalboere kon deur middel van USSD (funk siekodes) vir ondersteuning aansoek doen en insetbewyse op hulle selfone ontvang. Sedert die Departement van Basiese Onderwys onlangs aansoeke oopgestel het vir die volgende inname van skoolassistente, het meer as 940 000 jongmense via die nultarief-indiensnemingsplat form naamlik SAYouth.mobi aansoek gedoen, wat deel uitmaak van die nasionale roetebestuursnetwerk. Die gebruik van nuwe tegnologieë in die aanbieding van werksgeleenthede, het werwing baie makliker, vinniger en meer deursigtig gemaak. Die presidensiële indiensnemingstimulus het samewerking in die openbare sektor moontlik gemaak en vergemaklik. Programme in fase een is deur 11 nasionale departemente geïmplemen teer. Hulle aktiwiteite is in ooreenstemming in gebring om duplisering en vermorsing te voorkom en leer uit ander se ervaring te bevorder. Die indiensnemingstimulus het ook die belangrikheid van maatskaplike vennootskappe getoon. Die regering, sake wêreld, arbeid en burgerlike samelewing het saamgekom om diegene wat werkloos is, in die ekonomie in te bring. Meer as ʼn halfmiljoen Suid-Afrikaners het reeds baatgevind by die eerste fase, met talle programme wat nog geloods gaan word. Deelnemers is die kans gegun om ʼn bestaan te maak, nuwe vaardighede aan te leer en bestaande vaardighede te ver beter en om hulle ervaring te gebruik as ʼn wegspringplek vir ʼn ander werk of om vir hulself te werk. Byvoorbeeld, ʼn aantal deelnemers wat deur die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur in sy programme in fase een aan gewys is, kon teen die einde Maart 2021 werk in die privaatsektor bekom. Talle van diegene in die eerste inname van skoolas sistente het op soortgelyke wyse werk gekry, gewapen met ondervinding, opleiding en verwysings. Die programme wat deur middel van die presi densiële werkskeppingsti mulus geïmplementeer is, het ook die gemeenskappe in die algemeen bevoordeel. Die fokus is op werkskep ping in sektore wat ʼn direkte maatskaplike impak het, waaronder opvoedkunde, voedselsekerheid, onderhoud van staatsinfrastruktuur en omgewingsbeskerming.Deur middel van hierdie presidensiële werkskepping stimulus is jongmense in diens geneem om onderwysers in ons skole te ondersteun en by te staan. Ander is in diens geneem om brûe in landelike gemeenskappe te bou. Baie vroeë kinderontwik kelingsentrums is gehelp om te oorleef en te heropen. Bestaansboere het ondersteu ning ontvang om produksie uit te brei, en omgewingsba tes soos riviere en vleilande is herstel en word in stand gehou. As deel van fase twee bring ons ʼn maatskaplike indiensnemingsfonds op die been wat werksgeleenthede sal steun wat die samelewing bevoordeel, onder leiding van gemeenskapsorganisasies, op diverse gebiede soos stedelike landbou, openbare kuns, die opgradering van informele nedersettings en gemeenskapsveiligheid.Te midde van die erge ekonomiese terugslag weens die koronaviruspandemie, het staatsen maatskaplike indiensneming ʼn belangrike stimulus vir werkskepping voorsien. Dit is die implemen tering van ons verbintenis dat die staat indiensneming aktief moet ondersteun terwyl die arbeidsmark herstel. Deur middel van die presidensiële indiensneming stimulus het ons jongmense in die arbeidsmark ingebring in baie groter getalle in ʼn onge kende kort tydperk. Ongeveer 84% van die deelnemers aan fase een was jongmense onder die ouderdom van 35, en tweederdes was vroue. In fase twee verwag ons dat hierdie getal selfs hoër sal wees, aangesien die sti mulus byna R1 miljard sal voorsien aan befondsing vir die presidensiële jeugindiensnemingsingryping. Verskeie jongmense sal as deel van die ingryping gewerf word in ʼn nasionale jeugdiens waarin nuwe lewe geblaas is. Jongmense sal opleiding in digitale vaardighede ont vang en ondernemings wat deur jongmense besit word, sal hulp kry om uit te brei en personeel aan te stel. Werkloosheid in ons land is ʼn krisis. Ons kan nie eindelose vertragings bekostig weens burokratiese rompslomp, verouderde indiensnemings prosesse, ʼn gebrek aan kapasiteit en beplanning, of kortstondige of onvolhoubare programme om hierdie pro bleem op te los nie. Die sukses van die presidensiële indiensneming stimulus toon dat wanneer ons saamwerk, vinnig beweeg, kreatief dink en ons hulpbronne goed bestuur, ons ʼn massiewe impak kan hê. Die presidensiële indiensnemingstimulus het gedemonstreer dat ons werk kan skep as ons saamwerk as openbare sektor, arbeids mag, die gemeenskap en die regering. Die volgende fase van die presidensiële indiens-nemingstimulus sal ons ongetwyfeld selfs nader sal bring aan ons gesament like doel van ordentlike werk en geleenthede vir almal.
2021-11-ed2
afr
132
Bestry die groot droogte
vukuzenzele unnamed
’n Droogte is ’n langdurige tydperk van abnormale reën val wat tot ‘n tekort aan water lei. Volgens dr Mathieu Roualt, ’n mede-professor aan die Universiteit van Kaapstad se Departement Oseanografie, kan die droogte hoofsaaklik aan die El Niño-uitwerking en klimaatsverandering toe geskryf word. “El Niño is ’n natuurlike en periodieke verskynsel wat elke drie tot vyf jaar terugkeer en tot twee jaar lank kan duur. Dit verhoog temperature in die Stille en Indiese Oseaan, wat dan weer tot droogtetoe -stande kan lei,” sê hy. Klimaatsverandering word omskryf as die verandering in wêreldwye of streeksklimaat spatrone wat in die middeltot laat-20ste-eeu begin het en word grootliks toegeskryf aan die hoër vlakke van at mosferiese koolstofdioksied wat deur die gebruik van fossielbrandstof geproduseer word. “Die afgelope eeu het Suider-Afrika dramatiese jaar-tot-jaarveranderings in die klimaat beleef, wat tot ernstige droogtes en ’n versteuring in die mariene en aard-ekostelsels gelei het. Hierdie veranderinge beïn vloed die landbounywerheid, waterreserwes en visserye en dus die breër ekonomie. Dit beïnvloed ook die vloei van water in strome en plante groei en die invloei van voe dingstowwe in die oseaan,” verduidelik dr Roualt. Hierdie uitwerkings tref Suid-Afrika veral sleg, omdat ons land reeds ’n relatief lae gemiddelde jaarlikse reënval van 450 milliliter (ml) toon. vergeleke met die wêreldwye gemiddeld van 860 ml. Wat is die uitwerkings van die droogte?In Februarie het die Depar tement van Koöperatiewe Regering en Tradisionele Sake (COGTA) die droogte geherklassifiseer, naamlik van ’n provinsiale ramp na ’n nasionale ramp. “Ná hersiening van die omvang en erns van die voortslepende droogte in minstens drie provinsies, het rampbestuur die droogte as ’n nasionale ramp geherklas sifiseer,” sê die hoof van die Nasionale Rampbestuursen trum, dr Mmaphaka Tau. Alhoewel die ekonomiese uitwerkings van die droogte moeilik meetbaar is, het dit ’n geweldige uitwerking op die landbousektor gehad. In die Wes-Kaap, wat die land se tweede grootste bydraer tot die landbou se bruto binne landse produk is, het onge veer 21 000 werksgeleenthede in die derde kwartaal van verlede jaar verlore gegaan. Koringproduksie het in 2017 met 47 persent gedaal en ’n tekort van tot 90 miljoen liter wyn vir uitvoer en plaaslike verkope is moontlik. Watertekorte sal ook ver nietigende uitwerkings op sanitasie, gesondheidsorg en toerisme hê. Wat word gedoen om die situasie te hanteer?Die munisipaliteite wat onder die droogte gebuk gaan, het streng waterbeperkings vir inwoners en sakeonderne mings geïmplementeer. Ontsoutingsaanlegte, pyp herstelwerkprogramme, waterherwinning en grond wateronttrekking is almal geïdentifiseer as oplossings vir die probleem, en hierdie projekte is reeds in verskeie voltooiingstadia.
2018-04-ed2
afr
10
Inklusiewe gemeenskappe is noodsaaklik vir SA se sukses
vukuzenzele unnamed
Dit was veral ooglopend in die tragiese gebeure wat rondom Phoenix en eThekwini afgespeel het. Tydens die ergste onluste in ons demokrasie, en in ʼn klimaat wat reeds gelaai is met agterdog en paranoia, het mense wat voorheen sy aan sy in relatiewe vrede geleef het, teen mekaar gedraai. Daar is nog baie wat aan die lig moet kom oor die gebeure wat plaasgevind het. Die toe name in vals nuus, gedokterde foto’s en foutiewe inligting het dit moeilik gemaak om tussen feit en fiksie te onderskei. Maar ons weet wel, uit die amptelike verslae en persoon like ervarings van mense, dat mense volgens rasseprofiel uitgesonder is by onwettige padblokkades, dat sommige mense uit hul motors geruk en geslaan is, en dat sommige mense verne der en beledig is. Talle mense is om die lewe gebring. Baie van die dinge wat gebeur het, is die onver mydelike uiteinde wanneer mense die reg in eie hande neem. Eiegeregtigheid en vigilantisme sal nie in hierdie land geduld word nie. Dit is onwettig en dit is gevaarlik. Noudat rus en vrede in die areas herstel is, is ons wetstoepassingsagentskappe besig om alle kriminele dade te ondersoek. ʼn Span speurders is aan gestel om die moorde te ondersoek en werk nou saam met die plaaslike gemeenskappe. Daar is al inhegtenisnames uitgevoer en diegene wat verantwoordelik is, sal met die volle mag van die reg te doen kry. ʼn Groot deel van die relaas rondom die gebeure in Phoenix is oorheers deur pogings om een ras teen ʼn ander op te stook. Dit is aangeblaas deur naamlose mense wat buitensporige aantygings op sosiale media en boodskapgroepe ge maak het en wraaklustig heid onder mense gesaai het. Daar is ʼn poging om dit te laat blyk as die ineenstorting van rasseverhoudinge tussen Afrikaen Indi ërgemeenskappe. Net soos daar mense was wat probeer het om mense se weerloosheid uit te buit en chaos te veroorsaak, is daar diegene wat kriminele dade volgens rasseterme wou voorhou om hul eie agenda te dien. Hulle sal nie slaag nie. Suid-Afrika het ʼn trotse geskiedenis van begin selvaste, nie-rassige en werkersklassolidariteit. Afrikaen Indi ërgemeen skappe is verenig in die stryd teen apartheid en, tesame met ander gemeenskappe, bly verbind tot ʼn verenigde en demokratiese samelewing. In antwoord op die vrees en wantroue werk die mense van Phoenix en die aan grensende Bhambayi, Zwelitsha en Amaoti hard daaraan om die skade te herstel. Met behulp van ʼn vredes forum wat deur die Suid Afrikaanse Polisiediens op die been gebring is, in vennootskap met gemeenskapsleiers, het die gemeenskappe byeen gekom om diegene te ondersteun wat deur die onrus geraak is en om gesprekskanale te skep. Dit is nie die enigste deel van die land wat voor sulke uitdagings staan nie. Ons pogings om geïnte greerde gemeenskappe te bou word bemoeilik deur die nalatenskap van die beplanning onder apartheid en voortdurende ongelykheid. Ons stede, dorpe en landelike gebiede word steeds verdeel op gronde van ras sowel as klas. Dit ontmoe dig samewerking en begrip, en is ʼn remskoen in ons poging om ʼn nie-rassige samelewing te bou. Om hierdie ruimtelike verwrongenheid reg te stel, moet ʼn deel van ons werk wees om ʼn inklusiewe ekonomie te bou en die lewenstoestande van alle Suid-Afrikaners te verbeter. Dit is waarom ons hard werk om florerende informele nedersettings en landelike ekonomieë te vestig en fokus op die groei van kleinsakeondernemings. Dit is waarom ons in infra struktuur in hierdie areas belê en werk om diensver skaffing te verbeter. Terselfdertyd moet ons ras sisme in ons samelewing konfronteer. Ons moet eer like gesprekke hê, nie net oor ons gesindhede teenoor mekaar nie, maar ook oor die materiële toestande wat ons verdeel. Solank as wat die verdeling van rykdom en geleenthede in Suid-Afrika nog grootliks deur ras en geslag bepaal word, sal ons nie in staat wees om ʼn werklik verenigde nasie te kan bou nie. Die gebeure in Phoenix is ʼn pynlike herinnering aan hoe veel werk ons nog moet doen om inklusiewe gemeenskappe te bou waar die grense van die verlede suksesvol afge -breek is. Hierdie gebeure toon ook hoe vasberade sommige mense is om ons te verdeel, en hoe ons alles in die stryd moet werp om hulle te weer staan. Dit is ons gesamentlike ver antwoordelikheid om hierdie gemeenskappe in eThekwini en elders te ondersteun in hul reis na versoening en genesing. Ons demokrasie is gebou deur brugbouers en vrede makers. Die argitekte van ons vryheid was waagmoedige Afrika-, Indiër-, kleurlingen wit mans en vrouens wat die pad van versoening bo vergelding gekies het, wat vrede bo oorlog gestel het. Soos ons daarna strewe om van hierdie gesament like nasionale trauma te herstel, laat ons soos een mens saamstaan. Laat ons ons verskille oorkom ter wille van ons almal se wel stand. Laat ons saamwerk om ʼn gemeenskaplike toekoms te smee waarin almal ʼn gelyke aandeel het.
2021-08-ed2
afr
123
Voorkom dat jy ʼn slagoffer van mensehandel word
Silusapho Nyanda
Kontak die Nasionale Mensehandelblitslyn by 0800 222 777 vir meer inligting oor mensehandel. Kontak die polisie by 10111 om mensehandel te rapporteer.Hierdie inligting is deur die Depar-tement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling verskaf.
2020-11-ed1
afr
90
Ons moet nou optree en saam geweld teen vroue hokslaan
vukuzenzele unnamed
Ons moes weer eens die donker en vieslike sy van ons samelewing in die oë staar. ʼn Groep mans en vroue wat besig was om ʼn musiekvideo by ʼn verlate myn naby Krugersdorp te verfilm, is verlede maand deur gewapende aanvallers aangerand wat agt van die vroue bendeverkrag het. Dié afskuwelike dade van wreedheid is ʼn belediging vir die regte wat vroue en meisies het om in ʼn vrye en veilige samelewing te leef. Terwyl die SuidAfrikaanse Polisiediens die verdagtes in dié misdaad vervolg, moet hulle ook aandag skenk aan die besorgdhede van die gemeenskap in West Village, waar die voorval plaasgevind het, wat stel dat hulle deur bendes in die omgewing beleër word. Daar is nie plek vir ver kragters in ons samelewing nie. Ons doen ʼn beroep op gemeenskappe om saam met die polisie te werk om te verseker dat dié misdadi gers aangekeer en vervolg word. Ons gemeenskappe moenie misdadigers in hul midde beskerm nie. Daar is altyd iemand in die gemeenskap wat iets weet, wat iets gehoor het of selfs ooggetuie was tot iets. Die probleem lê daarin dat baie van ons kies om stil te bly omdat die oortreder ʼn vriend, genoot of kollega is. Of ons is bloot te bang en vrees viktimisering. Dit is belangrik om te onthou dat alle wenke wat deur die SAPD se Stop Misdaadkontaksentrum ontvang word, vertroulik hanteer word. Ek doen ʼn beroep op enigeen wat inligting oor dié misdaad het, om dit by die owerhede aan te meld sodat die misdadigers aangekeer kan word. Gegewe die omvang van die probleem in ons land, is dit nie meer moontlik om die verantwoordelikheid om seksmisdade aan te meld, te vermy nie. Volgens ʼn nuwe wets voorskrif wat onlangs in werking getree het, bykomend tot ons morele verpligting, het ons almal nou ʼn wetsplig om enige kennis, redelike oortuiging of vermoede dat ʼn seksuele oortreding teen ʼn kwesbare persoon gepleeg is, by die owerhede aan te meld. Dit is nou ʼn misdaad om nie só ʼn seksuele oortreding aan te meld nie. Dit is een van drie nuwe wette wat ek vroeër vanjaar geteken het om die stryd teen geslagsgebaseerde misdaad te versterk en groter steun en beskerming aan oorlewendes te verskaf. Dié wette verbreed, onder meer, die omvang van die nasionale register van seks oortreders, maak dit die beoordelingsproses streng er en skep dit bykomende kategorieë van seksoortre dings. Prosesse is onderweg om dié wette in werking te stel. Dit behels die oplei -ding van staatsaanklaers en landdrosse, voorskrifte aan SAPD-amptenare met betrekking tot borgstel ling en die hersiening van klagstate om die nuwe oortredings in te sluit. Ons is vasberade dat al dié boublokke in plek moet wees sodat ons wetstoepas singsowerhede en howe geslagsgebaseerde geweld meer doeltreffend kan ondersoek en vervolg. Geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord is ʼn diepgesetelde probleem in ons samelewing. Dit is nie genoegsaam dat oortreders aangekeer, aangekla, skuldig bevind en gevonnis word nie. Ons moet saamwerk om die faktore wat geslags gebaseerde geweld in ons gemeenskappe aandryf, waaronder patriargale houdings en gebruike, aan te spreek. As ons geslagsgebaseerde geweld wil uitroei, sal ons as nasie saam moet werk. Dit beteken die bevor dering van positiewe houdings rondom geslagsgelykheid in ons gemeenskappe, by ons plekke van aanbidding en in ons eie huise. Ons moet, as mans, ons onverdraag saamheid teen seksisme, patriargie en geslagsge baseerde geweld toon in die wyses waarop ons ons vroue, kollegas, moeders, susters en dogters behan del. Ons moet — as individue, organisasies, besighede of werkgewers — in elke opsig op elke moontlike wyse deel wees van die nasionale poging, hetsy dit is as vrywilliger by ʼn skui ling, ondersteuning van gemeenskapspolisiëringsfo rums of om aan te sluit by bewustheidsveldtogte by ons skole. Net soos geslagsgeba seerde geweld almal in ons samelewing se probleem is, is dit ook almal in ons samelewing se verantwoor delikheid om ʼn besliste einde daaraan te maak. Ons het ʼn goeie begin daarvan gemaak, maar soos die afskuwelike misdade in Krugersdorp ons herinner, lê daar nog baie werk voor en moet ons met groter haas en erns optree.
2022-08-ed2
afr
170
Vol magies is gelyk aan beter punte
More Matshediso
ka se openbare skole kan danksy ʼn regeringsprogram wat verseker dat hulle ma- gies vol voedsame kos is, hul skoolwerk beter aanpak. Die Departement van Ba- siese Onderwys (DBO), deur die Nasionale Skool- voedingsprogram (NSVP), het sy doelwit om maaltye aan ongeveer 75% van die land se leerders te verskaf, oortref. Die Direkteur van die NSVP by die departement, Neo Rakwena, sê dat 20 619 skole daagliks skoolmaal- tye voorberei vir ongeveer 9 032 622 leerders regoor die land. Sy sê dat skole wat nie by die program ingesluit is nie, distrikskantore moet nader as hulle deel van die pro- gram wil word. Ongeveer R5 703 miljard is in die 2015/16-boekjaar aan die program toegewys. Rakwena sê dat die bedrag wat aan die program bestee word, jaarliks aangepas word om inflasie te dek en dat die begroting vir 2017/18 ongeveer R6,4 miljard is. Die program verlig kort- termyn honger en dra by tot die leerders se welstand. “Baie kinders kom uit arm huishoudings wat sukkel om kos op die tafel te sit en vir sommige leerders is die skoolmaaltyd hul enigste maaltyd van die dag. Skool- maaltye dra by tot leerkapa- siteit, beter konsentrasie en klasdeelname,” sê sy. Skoolinskrywings en leer- derbywoning word ook danksy die voedingspro- gram, verbeter. Die Kabinet het onlangs die publikasie van die Ver- slag oor die Evaluering van die NSVP, wat deur die De- partement van Beplanning, Monitering en Evaluering (DPME) opgestel is, goedge- keur. Dit beskryf in hooftrek- ke die stappe wat geneem kan word om die inisiatief te verbeter. Die Direkteur van Evaluering by die DPME, Jabu Mathe, sê die hoofdoel van die evaluering is om te bepaal of die NSVP op so ʼn wyse geïmplementeer word dat dit moontlik beduidende gesondheids- en opvoedkun- dige voordele vir leerders inhou. Hy beklemtoon dat die pro- gram hoofsaaklik daarop ge- rig is om die gesondheid- en voedingstatus van die arm- ste leerders in Suid-Afrika te verbeter. Die program teiken al die leerders in Suid-Afri- ka in kwintiel 1 tot 3 open- bare skole, wat 60% van die armste skole in Suid-Afrika insluit. Die program help ook om armoede in gemeenskppe te verlig deur werkskepping. “Die evaluering het aan- gedui dat die NSVP jaarliks aan meer as 50 000 vrywil- lige voedselhanteerders die geleentheid gee om vir leer- ders kos te maak en dat hul- le sodoende R960 per maand verdien,” sê Mathe. “Dit herlei na R576 miljoen per jaar in besoldigings wat gemeenskapslede bevoor- deel.” Die program stimuleer ook ekonomiese aktiwiteit, aan- gesien klein-, medium- en mikro-ondernemings en ko- operatiewe as diensverskaf- fers voordeel trek in provin- sies met gedesentraliseerde verkryging (KwaZulu-Natal, Gauteng, Mpumalanga en die Noord-Kaap). “Die plaaslike verkry- ging van groente het die potensiaal om skole en ge- meenskappe te bevoordeel en om plaaslike landbou te stimuleer. Die verslag het ook getoon dat die Wes-Kaap, Mpuma- langa, Gauteng, die Oos- Kaap, die Noord-Kaap en Noordwes oor die jare die program die beste uitgevoer het het.
2018-01-ed1
afr
0
Ons kán en sál meer doen om beurtkrag stop te sit
vukuzenzele unnamed
Vlak 6-beurtkrag is ver oorsaak deur die ver lies van meer as 18 000 megawatt (MW) se opwekkingskapasiteit as gevolg van onklaarheid van eenhede en ʼn onbeskermde staking deur Eskomwerkers. Na meer as ʼn dekade van elektrisiteitstekorte voel Suid-Afrikaners na regte gefrustreerd en kwaad. Dit kan soms voel asof daar geen einde in sig is nie. Die werklikheid is egter dat, alhoewel beurtkrag blyk erger te word, ons reeds verskeie belangrike stappe geneem het om die tekort aan elektrisiteitstoevoer aan te spreek. Ons onmiddellike prioriteit is om die elek trisiteitstelsel te stabiliseer. Eskom sal in staat wees om beurtkrag te verminder na laer vlakke namate die elektrisiteitstelsel en opwekkingskapasiteit herstel word. Die ooreenkoms wat tussen Eskom en vakbonde bereik is, sal belangrike herstelwerk moontlik maak en bykomende eenhede weer laat werk. Die transmissielyn van Cahora Bassa in Mosambiek is herstel en voeg 600MW by tot die netwerk; en Medupi se eenheid 6 het in Julie weer begin werk, wat ʼn bykomende 720MW toevoeg. Daar word verwag dat bykomende eenhede terug aanlyn sal kom, wat verder die huidige tekort sal verlig. Wetstoepassingsagentskappe werk terselfdertyd hard om sabotasie, diefstal en bedrog by Eskom te takel om die gevaar wat dié kriminele optrede vir die elektrisiteitstelsel inhou, aan te spreek. Die kern van die saak, op die ou einde, is dat ons meer kapasiteit tot die netwerk moet byvoeg. Dit sal ruimte skep vir Eskom om belangrike instandhouding te onderneem en die betroubaarheid van sy vloot te verhoog. Dit sal ook ʼn buffer skep sodat ander bronne gebruik kan word as verskeie eenhede op een slag breek. Een van die eerste stappe wat ek in 2018 geneem het, was om die verkrygingsprogram vir hernubare energie weer op die been te bring. Die verhoging van die lisensiedrumpel vir nuwe opwekkingsprojekte tot 100MW, bykomend tot die verkryging van nuwe opwekkingskapasiteit deur dié program, beteken dat privaatbeleggers nie ʼn lisensie benodig om opwekkingsfasiliteite tot dié betrokke grootte te bou nie. Dié eenvoudige hervorming het ʼn reuse potensiale beleggings pyplyn tot stand gebring. Eskom het grond langs bestaande kragstasies vir privaatbelegging in hernubare energieprojekte beskikbaar gestel. Ontwerpveranderings is voltooi om die werksverrigting van Medupi-eenheid 1, 2 en 3 te verbeter en word in eenheid 5 en 6 onderneem. Dié stappe, alhoewel dit beduidend is en oor die komende maande vrugte sal afwerp, is beslis nie genoeg om die krisis wat ons in die gesig staar, aan te spreek nie. Die afgelope paar weke het dit duidelik gemaak dat ons dringend meer moet doen. Daar is geen rede vir ʼn land soos ons sʼn – met die vaardighede, vermoëns en hulpbronne wat ons tot ons beskikking het – om ʼn tekort aan elektrisiteit te verduur nie. Ons het oor die afgelope paar weke saam met die betrokke ministers en senior beamptes aan ʼn reeks bykomende maatreëls gewerk om alle pogings om ons elektrisiteitstoevoer te verhoog, te versnel. Die boodskap is duidelik: dit is nie nou die tyd vir “sake soos gewoonlik” nie. Ons moet sterk optree om beurtkrag iets van die verlede te maak. Alhoewel die maatreëls wat ons reeds getref het die toevoer van betroubare en bekostigbare elektrisiteit in die toekoms sal verseker, kyk ons na watter bykomende maat reëls ons nou kan tref om dié doelwit nader te bring. Ons sal binnekort die gedetailleerde werk en beraadslaging wat benodig word om dié verdere maatreëls te finaliseer, voltooi. Ons sal dan binnekort in staat kan wees om ʼn omvattende stel stappe om baie vinniger vordering in die vasvat van beurtkrag aan te kondig. Daar is geen maklike oplossings vir ons elek trisiteitskrisis nie. Ons is egter vasberade en daartoe verbind om elke manier te ondersoek en elke geleentheid aan te gryp, om te verseker dat ons genoeg elektrisiteit opwek om aan die land se behoeftes te voldoen.
2022-08-ed1
afr
167
Werk saam om die demokrasie te versterk
Vukuzenzele Unnamed
Op die eerste dag van 2022 het die nasie in die gees bymekaargekom om afskeid te neem van aartsbiskop Desmond Tutu by die St. George’s Katedraal in Kaapstad. Dit was ʼn baie hartseer oom blik soos wat ons teruggedink het aan die lewe en bydrae van ʼn geliefde landgenoot wat op verskeie maniere die morele gewete van ons nasie was. Sy begrafnis was terselfdertyd ʼn viering van die waardes wat hy voorgestaan het. Dit was ʼn viering van die groot eenheid en diversiteit van ons mense, en ʼn herinnering aan die opofferings wat deur so baie mense gemaak is om ons demokrasie te vestig. Op die tweede dag van 2022 het die land in afgryse toegekyk hoe ʼn groot vuur ons parlement verswelg, net honderd meter weg van waar ons die vorige dag bymekaarge kom het om ons laaste eer aan aartsbiskop Tutu te betoon. Ons is verlig dat daar geen lewensverlies was nie en dat niemand in die brand beseer is nie. Ons is uiters dankbaar teenoor die brandbestryders wat die brand bestry en uiteindelik geblus het. Die ondersoek na die oorsaak van die brand is tans aan die gang. Ons moet seker maak dat dié ondersoek deeglik en sonder vertraging afgehandel word. Die land moet weet wat gebeur het. Daar word reëlings getref om te verseker dat die werk van die parlement kan voortgaan, selfs al kan die gebou nie gebruik word nie. Dit is noodsaaklik dat die parlement voortgaan om wette te oorweeg en deur te voer wat die samelewing sal transformeer en wat voortgaan om oorsig te verskaf, en verantwoordbaarheid verseker namate die regering werk om die mandaat wat hy van sy mense ontvang het, te implementeerBehalwe dat die St. George’s Katedraal en die parlement naby aan mekaar geleë is, word die twee geboue ook verbind deur die herinnering aan dit wat ons as Suid-Afrikaners bymekaar bring: ons demokrasie. Ons treur oor Desmond Tutu, want hy was die geestelike vader van ons demokrasie. Ons wil wanho pig raak oor die vernietiging van ons parlementsgebou, want dit is die setel van ons demokrasie. Dit is die plek waar die nuwe demokratiese grondwet net meer as 25 jaar gelede aanvaar is, en waar honderde transformerende wette goedgekeur is. Ons besef dit nie altyd nie, maar die brand by die parlement het gedemonstreer hoe sterk Suid-Afrikaners oor hulle demokrasie voel. Dit is ook ʼn herinnering aan hoe belangrik dit is dat ons hard daaraan werk om die demokrasie te versterk en te verdedig. Alhoewel die parlementsgebou so erg beskadig is dat ons nie daar kan werk nie, gaan die parlement as instelling in diens van die mense voort. Dit is ʼn belangrike herinnering dat ons demokratiese instellings nie gedefinieer word deur die geboue wat hulle huisves nie, maar deur die werk wat hulle doen en deur die vertroue wat die mense in hulle het. Dit geld vir al die instellings van ons demokrasie. Terwyl die brand in die par lement uiteindelik geblus is, het waarnemende hoofregter, Raymond Zondo, die eerste deel van die verslag van die Kommissie van Ondersoek na Staatskaping ingehandig. Dié gedeelte van die verslag sit uiteen hoe verskeie staatsinstellings geïnfiltreer, geplunder en ernstig benadeel is. Dit sluit instellings in staatsbesit in soos die SuidAfrikaanse Lugdiens, die regering se kommunikasie diens en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Hierdie gedeelte van die ver slag skets ʼn baie ontstellende prentjie oor hoe sleutelinstel lings van ons demokrasie onder verdenking geplaas en ondermyn is deur kriminele aktiwiteit. Nie net is beduidende bedrae geld gesteel nie, maar hierdie instellings was nie in staat om die funksies waarvoor hulle opgerig is na behore te verrig nie. Die bevindinge en aanbevelings van die Zondokommissie sal die land help om dié instellings te herbou en die verantwoordelike per sone verantwoordbaar te hou. Ons moet seker maak dat ons dié bevindings gebruik om dié instellings in die toekoms te beskerm sodat hulle nooit weer gekaap word nie. Ons moet ons demokrasie waarvoor ons so hard gewerk het, beveilig teen enige pogings om dit leed aan te doen – of dié pogings nou die vorm van korrupsie in staatsondernemings, die ondermyning van ons wets toepassingsagentskappe, die sabotasie van ons ekonomiese infrastruktuur, of aanvalle op die onafhanklikheid en integriteit van ons regbank, aanneem. Ons moet ons grondwet, ons demokratiese staat en die verkiesingsproses be skerm teen enigeen wat ons demokrasie wil verswak en die Suid-Afrikaanse mense van hulle swaarverdiende vryheid wil ontsê. Daar is baie uitdagings wat ons in die gesig moet staar namate ons werk om te herbou en van die nagevolge van die Kovid-19-pandemie te herstel. Soos ons dit doen, laat ons krag en bemoediging put uit ons diepe toewyding aan ons demokrasie en ons gemeen skaplike begeerte om ʼn nasie te bou wat verenig, vry en gelyk is. Ek wens u almal net die beste toe vir die jaar komende jaar.
2022-02-ed1
afr
141
Ma met onderliggende siektetoestand oorwin COVID-19
Silusapho Nyanda
Mense met on-derliggende siektetoestande — soos asma, hoë bloed-druk, kroniese niersiekte en diabetes — kan ernsti-ger koronavirussimptome (COVID-19-simptome) ervaar en kan selfs as ge-volg van die spanning wat die virus op hulle liggame plaas, sterf. Toe die arbeidsterapeut van Kaapstad en ma van drie, Insaaf Mohammed (40) po-sitief vir COVID-19 getoets is terwyl sy siek was met asma, was sy gelukkig in staat om beide toestande te hanteer en nie ernstig siek te word nie.Mohammed het COVID-19 by haar man, wat by die Groote Schuur Hospitaal se laboratorium werk, aange-steek. Mohammed se sewe-jarige seun het ook positief getoets.Al drie het hulself tuis ge-isoleer nadat hulle positief getoets het. "Ons het onsself in ons slaapkamer geïsoleer terwyl my skoonma —wat diabetes en hoë bloeddruk het, en gelukkig nie die virus gekry het nie — na ons ander twee kinders omgesien het," sê Mohammed.Mense met hoë bloeddruk, diabetes en kroniese nier-siekte is onder diegene met die mees algemene onderlig-gende siektetoestande van COVID-19, volgens die Departement van Gesond-heid.Mense met die volgende onderliggende siektetoe-stande het, soos op 25 Mei, ernstige simp-tome getoon: • Hoë bloeddruk, 58 persent• Diabetes, 56 persent• Kroniese niersiekte, 17 persent• MIV , 16 persent• Asma of kroniese asemha-lingsiekte, 15 persent• Hartsiekte, 11 persent• Vetsug, 13 persent• TB, 13 persent• Kanker, twee persent• Ander kroniese siektes, 16 persent.Mohammed het gesê dat haar grootste vrees was om ernstige asemhalings-komplikasies as gevolg van COVID-19 te ervaar. "Ek het moegheid, 'n gehoes en 'n toe bors ervaar, wat met my asmapomp opgelos is. My simptome was nie so erg soos my man sʼn nie, wat liggaamspyne, naarheid, ʼn toe bors, kortasemrigheid, verstopte sinusse, dik slym in sy bors en ʼn koors gehad het. My seun het vir drie dae ʼn koors gehad, maar het redelik vinnig herstel nadat hy sy simptome oorkom het," sê sy.Mohammed se gesin het by alle higiëneprotokolle by die huis en by die werk gehou om nie die virus op te doen nie. "My familie het begrip getoon, omgegee en was ondersteunend en het elke aand vir ons aandete gebring, maar ʼn mens se ge-meenskap kan soms afsydig wees en die skade wat op sosiale media veroorsaak word, is skrikwekkend," sê Mohammed.Die Departement van Ge-sondheid sê dat dit belangrik is om gehidreer te bly en jou bloedsuiker en tempera-tuur te kontroleer ten einde COVID-19 te hanteer, veral vir pasiënte met onderlig-gende siektetoe-stande.Die departement raai ook mense met onderliggende siektes aan om die volgende voorsorgmaatreëls te tref: • Neem jou medisyne kor-rek, soos deur jou gesond-heidsorgpraktisyn voor-geskryf. • Was jou hande vir min-stens 20 sekondes met seep en water voordat jy aan enige medikasie raak.• Moenie ophou om medi-syne te neem tensy ʼn ge-sondheidsorgpraktisyn vir jou so sê nie en moet nooit medisyne met eni-giemand te deel nie.• Probeer om elke dag vir 30 minute te oefen.Die departement sê dat mense met diabetes meer geneig is om ernstige kom-plikasies weens COVID-19 te ervaar, maar die risiko om baie siek te word is baie laer as ʼn mens se diabetes goed hanteer word."Mense met diabetes is in die algemeen meer geneig om ernstige simptome en komplikasies te ervaar wan-neer hulle ʼn virus onder lede het. Voortdurende sosiale of fisiese distansiëring word, waar moontlik, aanbeveel, aangesien diabetiese indi-vidue meer geneig is om COVID-19 op te doen. Om oorgewig te wees, is ook ʼn risikofaktor vir ernstige COVID-19. Gewigsverlies, indien moontlik, word dus aanbeveel." Gesond verklaarMohammed het ná 14 dae se isolasie teruggekeer werk toe. Sy sê dat haar denkpro-sesse en perspektief oor die lewe verander het namate sy van die virus herstel het."Jy waardeer jou gesin en die klein dingetjies in die lewe selfs nog meer. Ek wil hê dat mense in enige werksomgewing verant-woordelikheid vir hulle gesondheid moet aanvaar en hulle gesinne en kinders daaroor moet opvoed, veral noudat kinders teruggekeer skool toe. "Help jou kind om kre-atiewe maniere te kry om liefde teenoor hulle vriende te betoon sonder om naby aan mekaar te gaan en aan mekaar te raak. Oortuig jou gesin om hulself te ontsmet voordat hulle in die huis ingaan, los jou skoene in die motorhuis as jy kan, trek al jou klere uit en stort voordat jy jou gesin groet en wees meer gesondheidsbewus om hulle te beskerm," sê sy.Die departement raai mense met onderliggende siektetoestande aan om ge-sond te eet, gereeld te oefen, hulle spanningsvlakke te hanteer, by hulle mediese behandelingsplan te hou en alle nodige voorkomings-maatreëls na te kom. vtwee kinders omgesien het," sê Mohammed. Mense met hoë bloeddruk, diabetes en kroniese niersiekte is onder diegene met die mees algemene onderliggende siektetoestande van COVID-19 , volgens die Departement van Gesondheid. Mense met die volgende onderliggende siektetoestande het, soos op 25 Mei, ernstige simptome getoon:COVID-19 te ervaar. "Ek het moegheid, 'n gehoes en 'n toe bors ervaar, wat begrip getoon, omgegee en was ondersteunend en het elke aand vir ons aandete gebring, maar ʼn mens se gemeenskap kan soms afsydig wees en die skade wat op sosiale media veroorsaak word, is skrikwekkend," sê Mohammed. Die Departement van Gesondheid sê dat dit belangrik is om gehidreer te bly en jou bloedsuiker en temperatuur te kontroleer ten einde COVID-19 te hanteer, veral vir pasiënte met onderliggende siektetoestande. giemand te deel nie. • Probeer om elke dag vir 30 minute te oefen. Die departement sê dat mense met diabetes meer geneig is om ernstige komplikasies weens COVID-19 te ervaar, maar die risiko om baie siek te word is baie laer as ʼn mens se diabetes goed hanteer word. "Mense met diabetes is in die algemeen meer geneig om ernstige simptome en komplikasies te ervaar wanneer hulle ʼn virus onder lede het. Voortdurende sosiale of fisiese distansiëring word, waar moontlik, aanbeveel, aangesien diabetiese individue meer geneig is om COVID-19 op te doen. Om Insaaf Mohammed, wat aan asma ly, het daarin geslaag om COVID-19 te oorwin. Kontak die COVID-19-blitslyn by 0800 029 999 of WhatsApp die woord "Hi" aan 0600 123 456 as jy enige simptome soos koors, hoes of kortasem ervaar.
2020-07-ed1
afr
70
Hoe om die verlies van ʼn geliefde te hanteer
Vukuzenzele unnamed
“Jy is nie die enigste een nie,” verseker Zanele Ludziya, ʼn gemeenskap-sielkundige verbonde aan die Stiklandhospitaal in die Wes-Kaap.Om ʼn geliefde te verloor, is nooit maklik nie en kan ʼn vlaag emosies ontketen. “Daar is baie tekens wat daarop dui dat ʼn geliefde deur die rouproses gaan, maar ʼn gebrek aan sigbare simptome beteken nie nood-wendig dat die persoon nie rou nie. “Mense mag tekens van woede, irritasie, hartseer of onverskilligheid toon. Hul kognitiewe funksionering kan ook aangetas word omdat hulle ingedagte is danksy gedagtes oor en her-inneringe van die ontslape geliefde. Hulle mag dalk sukkel om te konsentreer of verstrooid voorkom,” sê Ludziya.Sy raai mense aan om op te let na gedragsveranderinge soos tranerigheid of ʼn toe-name in alkoholen dwelm-gebruik. “Hulle mag dalk meer as gewoonlik rook, hulle mag hulself onttrek of isoleer, of hulle mag mense en plekke vermy. Hulle mag dalk stilte of harder geraas soek. Hulle kan ook meer aggressief en kortaf wees,” sê sy.Wanneer mens steun bied aan ʼn geliefde, help dit om die rouproses te verstaan en te besef dat elke persoon dit anders ervaar, volgens Ludziya. Sy verduidelik dat om te rou nie ʼn toestand is nie, maar wel ʼn proses; en dat mense deur verskillende fases gaan tydens die rou-proses.Die algemene fases van die rouprosesDie algemene fases tydens die rouproses is ontkenning of isolasie (weens skok of verslaentheid); woede (word kwaad vir ander mense wanneer hulle niks verkeerd gedoen het nie); onderhandeling (skuld-gevoelens oor dinge wat nooit gesê is nie en onge-dane sake); depressie (die hartseer wanneer ʼn mens besef die lewe sal aangaan sonder die geliefde); en aanvaarding (die persoon aanvaar die werklikheid, maak vrede met die verlies en vind ʼn manier om steeds ʼn vervulde lewe sonder die geliefde te lei).“Een van die maniere waarop ʼn mens die situasie kan hanteer en ondersteu-ning kan bied is om begrip te hê met die roufase waarin jy of die ander persoon is. Dit sal die persoon wat rou gerusstel dat dit wat hulle ervaar, normaal is. Behandel die persoon met empatie, geduld en begrip; en hou ingedagte dat dit waardeur jy nou gaan, nie vir altyd sal aanhou nie,” sê Ludziya.
2021-03-ed1
afr
100
tap-vir-stap gids vir die gebruik van gesigmaskers
vukuzenzele unnamed
Pendelaars wat taxi's en ander vorme van openbare vervoer gebruik, asook mense wat tyd op plekke deurbring waar dit moeilik is om jou fisies van ander mense te distansieer, word veral aangemoedig om gesigmaskers te dra. Die hoofvoordeel wan-neer almal ʼn gesigmasker dra, is dat dit die hoeveel-heid koronavirus (Cov-id-19) -druppels wat deur mense wat die virus het, uitgehoes word, vermin-der, wat dus die versprei-ding deur druppels beperk.Almal behoort ʼn gesig-masker te dra, aangesien sommige mense, wat die koronavirus het, nie simp-tome het nie of nie weet dat hulle die virus het nie. Asemhalingshigiëne vir die dra van materiaalgesig-maskers Materiaalgesigmaskers word as deel van asem-halingshigiëne of -reëls aanbeveel, wat onder meer bepaal dat jy in jou gebuigde elmboog of ʼn snesie moet hoes of nies. Die gesigmasker moet die neus en mond heeltemal bedek. Gesigmaskers be-hoort nie afgehaal te word wanneer daar gepraat, gehoes of genies word nie.Dit is baie belangrik dat materiaalgesigmaskers reg gebruik word. Die verkeerde gebruik kan daartoe lei dat gebruikers hulself daaraan blootstel om Covid-19 te versprei. Selfs al dra jy ʼn masker, moet jy steeds: • jou hande was • sosiale afstand handhaaf • onthou om in jou gebuigde elmboog te hoes of te nies • nie met ongewaste hande aan jou oë, neus of mond raak nie. Die publiek behoort nie chirurgiese (mediese) maskers of N-95-asemha-lingsmaskers te gebruik nie, want dit word vir gesondheidsorgwerkers en ander frontlinie mediese personeel gespaar. vMei 2020 Uitgawe 2Hoe om jou materiaalmasker te hanteer 1. Gebruik slegs 'n masker wat gewas en gestryk is.2. Was jou hande voordat jy die masker opsit.3. Sit die masker met die regte kant na jou gesig toe op en maak seker dat dit jou neus en mond behoorlik bedek.4. Bind die toutjies agter jou kop vas, of as jy rekkies gebruik, maak seker dat die rekkies die masker styf vashou.5. Maak seker dat dit goed pas. Beweeg dit rond totdat dit goed pas. Moet nooit aan die materiaalgedeelte vat nie.6. Wanneer jy die masker op-gesit het, MOET JY NIE AAN JOU GESIG VAT voordat jy dit afgehaal het nie.7. Wanneer jy die masker af-haal, maak die toutjies los, vou die masker onderstebo, hou dit vas aan die toutjies/rekkies en sit dit in 'n houer wat spesifiek vir die was van materiaalmaskers opsygesit is.8. Was jou hande deeglik en droog hulle behoorlik af voor-dat jy enigiets anders doen.9. Daar moet minstens twee materiaalmaskers per per-soon wees sodat een gewas kan word en daar een skoon masker vir gebruik is.10. Maskers moet met seep en warm water gewas word, be-hoorlik uitgespoel en gestryk word. Die belangrikheid van sosiale afstand Sosiale afstand is uiters belangrik in die stryd teen Covid-19 omdat dit help om die verspreiding van dié siekte regoor die land te beperk. Sosiale afstand beteken dat jy 'n veilige afstand van ongeveer 2m van ander mense af moet wegbly, sodat jy die oordrag van Covid -19 beperk. Dié gewoonte is baie belangrik terwyl ons midde-in die koronavirusepidemie is, waar die virus van persoon tot persoon oorgedra word wanneer druppels van iemand wat die virus het, deur nies, hoes of praat, versprei.Die toepas van sosiale afstand en die staat van inperking in Suid-Afrika is noodsaaklik om die kurwe gelyk te maak, wat aangedui word deur ’n afname in die aantal mense wat die virus opdoen.Dié inligting is deur die Nasionale Departement van Gesondheid, verskaf.
2020-05-ed2
afr
64
Kommunikasie is die sleutel tot kennis van jou kind
vukuzenzele unnamed
Volgens Childline South Africa, ’n nie-winsgewen de organisasie wat kinders teen alle vorms van geweld beskerm en ’n kultuur van kinderregte in Suid-Afrika skep, moet ouers op ’n posi tiewe manier met hul kinders kommunikeer. Moenie op hulle skree nie; praat respekvol met hulle; gee vir hulle keuses; betrek hulle by die besluitnemings proses; leer hulle wat die verskil is tussen reg en ver keerd; en moedig hulle aan om hul gevoelens uit te druk. Jy kan dit doen deur ge reelde gesinsvergaderings te hou waartydens almal praat en luister. Om met jou kinders te praat is die beste manier om hulle te leer en jy kan goeie gedrag aanmoedig deur dinge bloot met hulle te bespreek. Childline raai ouers aan om met aandag te luister en geduldig te wees omdat kinders nie altyd weet hoe om te sê wat hulle dink of voel nie. Kinders moet weet wat is aanvaarbaar en onaanvaarbaarMaak seker dat jou kinders weet hoekom reëls nodig is en dat daar gevolge sal wees as hulle die reëls oortree. Wees al tyd konsekwent en pas hierdie gevolge toe. Wanneer kinders ouer word, moedig hulle aan om die reëls te bespreek en laat hulle toe om te help besluit wat die gevolge moet wees as hulle die reëls oortree. Prys jou kinders altyd vir goeie gedrag Deur vir jou kinders te vertel dat jy van die goeie dinge hou wat hulle doen, kan slegte gedrag verdwyn, want belonging het beter resultate as straf. Baie ouers beloon hulle kinders met speelgoed of lekkernye, maar die beste beloning is om liefde te betoon deur drukkies of ‘n glimlag en om te wys jy stel belang in hulle. Bou van ’n goeie selfbeeldDit is deurslaggewend dat jy jou kind moet help om ’n goeie selfbeeld te bou. Jy kan kinders help deur hulle te prys as hulle hulp aanbied of wanneer hulle hul verbeel ding gebruik; prys ook hulle intelligensie en spelerigheid; moedig hulle aan om te praat, laat hulle spesiaal voel en laat hulle weet dat hulle spesiaal is. Wees ook betroubaar sodat hulle weet hulle kan altyd op jou staatmaak. Skadelike gedrag is on aanvaarbaarDit is nooit aanvaarbaar om kinders skade aan te doen nie. Skadelike optrede sluit in om vir hulle te skree, te vloek, te dreig en te verkleineer. Om voor ’n kind of vir ’n kind te vloek en te skel, kan hulle onseker en bedreig laat voel. Moeilike of ‘spesiale’ kin ders kan dalk spesifieke probleme hê, soos aandagaf leibaarheidsversteuring of aandagafleibaarheiden hi perkatiwiteitsversteuring, wat kan beteken dat hulle ’n spesifieke dieet moet volg of bystand nodig het om hul medikasie gereeld te neem. As ’n ouer of oppasser nie weet hoe om ’n kind se gedrag of spesiale be hoeftes te hanteer nie, kan hulle Childline skakel by: 0800 055 555 en vra om met ’n voorligter te praat.
2018-11-ed2
afr
44
Israel, Palestina word gevra om Suid-Afrika na te boots deur vrede na te streef
vukuzenzele unnamed
Die verergerende situasie in Israel en Palestina bevestig weereens wat ons as SuidAfrikaners al te goed weet – dat onversetlike konflik slegs deur vreedsame onder handeling opgelos kan word. Dit demonstreer ook dat tensy die grondoorsake van ʼn konflik aangespreek word – in dié geval, die onwettige okkupasie van Palestina deur Israel en die weiering van die Palestynse mense se reg tot selfbeskikking – vrede en versoening buite bereik sal bly. Die nuutste geweld is aangewakker deur ʼn Israeliese hof se beslissing om in die Sheikh Jarrah-buurt in Oos-Jerusalem ʼn groep fami lies daar woonagtig te ontset om plek te maak vir Israeliese nedersettings. Om te sien hoe mans, vrouens en kinders verwyder word uit die huise waarin hul families vir geslagte lank gewoon het, bring pynlike gedeelde en persoonlike herinneringe na vore vir die meerderheid Suid-Afrikaners – herinneringe van geforseer de verwyderings en grond onteiening. Dit was pyn en vernedering wat my eie familie, en baie Suid-Afrikaanse families, deurgegaan het. My gesin is op twee geleenthede geweld dadig na verskillende dele van die land geskuif. Om met ʼn vuurwapen uit jou huis geforseer te word is nie maklik om te vergeet nie en die nagevolge van só ’n trauma duur geslagte lank. Ons, as ʼn land, leef steeds met die blywende nagevolge van die gevoellose dade wat in die naam van apartheid ruimtelike beplanning ge pleeg is. As mense wat glo in gelyk heid, geregtigheid en mense regte kan ons nie anders as om geroer te word en inderdaad ook kwaad te word oor die pyn en vernedering wat die Palestynse mense aangedoen word nie; want dit eggo ons eie geskiedenis van pyn en vernedering. Met hierdie dade oortree Israel internasionale wet gewing. Hulle verontagsaam herhaalde beslissings van die Verenigde Nasies se Veilig heidsraad wat aandring op ʼn einde aan die okkupasie van Palestynse grond en die verwesenliking van die Palestynse mense se regte. Sedert Israeliese magte verlede week aanvalle op aanbidders by die Al Aqsamoskee in Jerusalem geloods het, het die geweld intussen die Gazastrook, groot ge deeltes van die Wesoewer en ʼn aantal Israelitiese stede verswelg. Dit het dosyne mense, waaronder kinders, se lewens geëis. Dit is ook baie kommerwek kend dat Israeliese magte ʼn multiverdiepinggebou wat ʼn aantal media-organisasies ge huisves het, vernietig het en sodoende ʼn kil boodskap aan die media wat oor die geweld verslag doen, gestuur het. Die sinnelose en voort gesette Israeliese bombarder ing van Gaza sal verwoes tende gevolge vir die meer as twee miljoen mense hê wat vir die afgelope 14 jaar onder ’n onwettige Israeliese blokkade ly. Ons doen ʼn beroep op alle betrokke partye om selfbe heersing toe te pas, respek vir menselewens te toon en die huidige aggressie te staak. Ons, as Suid-Afrika, is daar toe verbind om deel te wees van internasionale pogings wat ten doel het om weer ʼn politieke proses aan te wak ker wat sal lei tot die vestig ing van ʼn lewensvatbare Palestynse staat; ’n Palestynse staat wat sy-aan-sy in vrede met Israel en binne interna sionaal erkende grense kan bestaan. Die tweestaat-oplossing bly die mees lewensvatbare opsie vir die mense van Israel en Palestina en moet steeds ondersteun word. Net soos wat Israeliese magte aanbidders by die Al Aqsa-moskee aangeval het, is ons besig om voor te berei om die eeufees van die Bulhoek slagting by ʼn godsdienstige plek in Ntabelanga in die Oos-Kaap te herdenk. Op 24 Mei 1921 het kolo niale veiligheidsmagte, ge wapen met masjiengewere en artillerie, op aanbidders losgebrand. Meer as 160 mense is dood en byna 130 beseer. Die slagting het nie net die brutaliteit van die polisiemag van die Unie van Suid-Afrika blootgelê nie, maar ook die rassistiese stelsel wat dit moes handhaaf. Net soos die geskil in die Sheik Jarrah-buurt, was die gruweldaad by Bulhoek nie net weens ʼn plaaslike geskil nie; dit was fundamenteel oor die geforseerde onteien ing van grond, oor koloniale okkupasie, oor rassediskrimi nasie en oor gewelddadige onderdrukking van onenig heid. Wanneer ons nadink oor die krisis in die Midde-Ooste en veral die lyding van die Palestynse mense, sal dit vir ons raadsaam wees om die woorde van Selby Msimang, stigterslid van die African National Congress, te her roep. Na aanleiding van die Bul hoekslagting het hy geskryf: “Geskiedenis dui daarop dat die menslike siel van nature teen ongeregtigheid in op stand kom.” Die betogings en die op stand van die onderdrukte mense van Suid-Afrika teen kolonialisme en apartheid het die waarheid van dié woorde bewys. Ons, as mense met ’n liefde vir vryheid en geregtig heid, staan saam met die Palestynse mense in hul soektog na selfbeskikking, maar ook in hul weerstand teen die ontneming van hul menseregte en die weiering van hul waardigheid. As burgers van ʼn land wat sy rug kon draai op rassehaat en bloedstorting en ʼn inklusie we samelewing kon bou wat geanker is in menseregte vir almal, is dit ons gedeelde hoop dat die mense van Israel en Palestina ʼn soortgelyke pad sal volg; dat hulle me kaar sal vind and dat hulle vrede sal vind.
2021-06-ed1
afr
112
Ngaleka se wonderbestanddeel vir voorspoedige besigheid
Hlengiwe Ngobese
te plant, het sy nie geweet dat sy eendag ʼn boerdery sou besit wat produkte aan plaaslike winkels en skool- voedingsprogramme sou verskaf nie. Ngaleka (67) is van KwaXolo in Port Shepstone, KwaZu- lu-Natal. Sy boer met spinasie, kool, wortels, tamaties, uie, sui- kerbone en piesangs. Haar besigheid het in 2016, by die KwaZulu-Natal Departement van Landbou se Vroulike En- trepreneurstoekennings, die toekenning vir beste selfstan- dige produseerder, gewen. Ngaleka sê dat sy groente begin plant het om haar gesin te help om vars kos te kry, maar dat haar passie vir boer- dery haar aangevuur het om ’n besigheid te begin. Sy het ook twee plaaslike vroue aangestel om haar op die plaas te help. “Ek boer tans op twee hektaar grond, maar dit is nie genoeg nie. Mense wil my groente hê omdat ek nie chemiese bemes- ting gebruik nie. Ek gebruik veekraalkompos,” sê sy. Ngaleka, ʼn voormalige on- derwyseres, sê dat sy ʼn passie vir boerdery ontwikkel het terwyl sy ’n onderwyser by Gcilima Laerskool was. “Ek het altyd wanneer ek van die skool af gekom het, na die landerye toe gegaan. Ek was behep met gesond eet. Toe ek aftree-ouderdom bereik het, wou ek in my vrye tyd net boer. “Ek het begin met spinasie, kool en beet en dit aan die plaaslike kliniek verkoop. Ek het elke dag al my voorraad verkoop. Dit het my gemo- tiveer om selfs meer aan te plant,” sê sy. Ngaleka verduidelik dat groenteboerdery sy uitdagings het. “Groente is nie populêr onder baie boere nie, want die weer moet perfek wees. Dit moenie te koud of te warm wees nie,” sê sy. Ngaleka het met die winste wat sy deur haar boerdery gemaak het, drie bykomende hektaar grond gekoop, waar sy teebome aanplant. “Ek het ook ’n mark gevind waar ek hierdie spesiale bome sal verskaf. Essensiële olies waarmee velprobleme soos veluitslag behandel word, word van teeboom-olie ge- maak.” Ngaleka moedig vroue aan om boerdery te begin, veral aangesien dit baie voordele inhou. “Jy kan dit in jou eie erf doen en dan verder uitbrei. “Die wêreld is vol geleenthede vir vroue.”
2018-08-ed2
afr
28
ONDERWYSLandelike leerders kry ʼn helpende hand
More Matshediso
Die Projek vir Landelike Onderwysassistente (REAP) is ʼn program wat oor drie jaar strek en wat van 2018 tot 2021 vir ʼn loodsfase in werking gestel sal word. Dit het ten doel om in hierdie tydperk omtrent 188 skole in Suid-Afrika, tot voordeel te strek. Die departement hoop dat dit sal bydra tot die verbete ring van die gehalte van on derrig en leer in die landelike basiese onderwysstelsel. Die program is tans in twee distrikte in elk van die drie onderpresterende landeli ke provinsies, geloods. Dit sluit in Alfred Nzo Oos en OR Tambo Kusdistrik in die Oos-Kaap, ILembeen UM zinyathidistrik in KwaZu lu-Natal en Sekhukhuneen Mopanidistrik in Limpopo. Die Hoofdirekteur vir Kur -rikulumimplementering en -versterking by die Depar tement van Basiese Onder wys, Seliki Tlhabane, sê dat die departement ongeveer 750 jeugdiges met matriek gewerf het om Landelike Onderwysassistente by die skole te wees. "Hulle het basiese opleiding ontvang wat hulle toerus om die take wat aan hulle toe gewys is, uit te voer. Hulle sal in die grondslagen oor gangsfase ontplooi word, wat graad 1 tot 4, insluit," verduidelik hy. Daar word van die Lan delike Onderwysassistente verwag om te help met ʼn verskeidenheid aktiwiteite, veral die verbetering van syfervaardigheid, geletterd heid en leesvaardighede. "Dit is ook ʼn manier om die jeug in ekonomiese de pressiegebiede deur vaar digheidsontwikkeling en werkervaring, te bemagtig," sê Tlhabane. Hy sê dat daar van die Lan delike Onderwysassistente verwag word om die las van onderwysers by landelike skole te verlig deur te help met samewerkende kurri kulêre aktiwiteite soos die koördinering van huiswerk klubs, wiskundeklubs, lees klubs, kreatiewe kunsklubs en landbouprojekte. Ntombikayise Mkhize, die hoof van Ozwathini Laer skool in die Nodwengu gebied in die Ilembedistrik, hoop dat die program sal help, want die meeste van haar leerders sukkel met leesen syfervaardigheid. Ongeveer 387 leerders is hierdie jaar vir graad R tot graad 7 by haar skool inge skryf. "Die meeste van ons leer ders kom uit huise waar kinders aan die hoof van die huishouding is, terwyl ander deur oumas en oupas versorg word. Hulle het niemand wat hulle met hul huiswerk kan help of hulle aanmoedig om te lees nie en dit beïnvloed hulle prestasie in die klas," verduidelik sy. "Die ander probleem is dat ons leerders in die grond slagfase al hulle onderrig in IsiZulu ontvang en wan neer hulle na die oorgangs fase beweeg, moet hulle die meerderheid van hul vakke in Engels doen, so dit word 'n enorme uitdaging vir hulle om aan te pas."Ons sal, tydens die loodsfa se, die impak en sukses van die REAP-program meet, deur die program te kontro leer en te evalueer. Ons het ook ses werklose gegradueer des as projekkoördineerders in diens geneem. Hulle sal in elk van deelnemende dis trikte verteenwoordig word. Die projekkoördineerders sal ons ook help om die projek te kontroleer en te evalueer. Ons het twee jaar gelede die heel eerste landelike onder wys-tafelrondekonferensie op die gebied van basiese on derwys belê. By hierdie kon ferensie het verskeie studies aangedui dat, bo en behalwe ander uitdagings wat baie landelike skole in die gesig staar, daar kritieke vakante onderwysposte is, veral in Wiskunde en Natuurkunde vakke.
2018-10-ed2
afr
40
Nuwe wette steun die stryd teen GGG
Silusapho Nyanda
Met verwysing na die toename in verkragting en seksuele aanranding, het hulle verduidelik hoe hulle as vroue voortdurend in vrees leef en dat hulle hul vertroue in die gereg verloor het. Ek was diep geraak deur hul mededeling van die vrees waaronder die vroue in ons land op ʼn daaglikse basis leef. Na aanleiding van die lyding waaraan vroue en kinders onderworpe is, het ons wette ingestel met die doel om hulle te beskerm. Maar ten spyte van die strawwe om oortreders uit die samelewing te verwyder, ly en sterf vroue en kinders steeds. Ek het onlangs drie wetsontwerpe bekragtig wat ons belofte nakom om die strafregstelsel te versterk, verantwoordbaar heid regoor die regering te bevorder en ondersteuning vir slagoffers en oorlewendes as die fokuspunt van al ons planne te stel. Die nuwe Wet op Kri minele en Verwante Sake beskerm die weerloses teen sekondêre viktimisering deur die howe toe te laat om ʼn tussenpersoon aan te stel deur wie ʼn minderjarige, ʼn persoon met gestremdhede of ʼn bejaarde persoon ondervra kan word tydens hofverrigtinge. Dit laat ook die verdere gebruik van bewyse deur middel van ʼn oudio-visuele skakel toe. Dit help om ʼn getuie te beskerm teen enige kwaad wat aangedoen kan word, verhoed onnodige vertragings en spaar kostes tydens hofverrigtinge. Die nuwe wet verskerp ook ons borgstelsel aansien lik. ʼn Aanklaer wat nie borg teenstaan nie in sekere aan gewese sake moet hul redes op rekord plaas. Die hof moet enige dreigemente wat teen die klaer gemaak is asook die klaer se sienspunt van hul eie veiligheid in berekening neem. Tensy die hof tevrede is dat uitsonderlike omstandighede bestaan wat die toestaan van borg regverdig, moet borgtog geweier word. Die nuwe Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede) maak seksuele uitbuiting en die voorbereiding (sogenaamde “grooming”) van mense met verstandsgestremdhede en maak voorsiening omdat seksuele oortredings teen mense met verstandgestremdhede in die nasionale register van seksuele oortreders (NRSO) opgeneem moet word. Ons het werk gemaak van versoeke dat die bestuur van die NRSO opgeskerp word. Persone wat skuldig bevind is aan seksuele misdade teen kinders of mense met verstandgestremdhede, wat voorheen aan sulke misdade skuldig bevind is, en wat vonnisse van langer as 18 maande opgelê is, kan slegs na 20 jaar aansoek doen dat hul name van die register verwyder word. Die wet reguleer ook die aanmeldingsplig van mense wat vermoed dat seksuele oortredings teen weerlose persone gepleeg is. Die nuwe Wysigings wet op Gesinsgeweld maak voorsiening vir die ingewikkeldhede in gesinsgeweldverhoudings. Ons het die proses om ʼn beskermingsbevel te kry, verskerp en die omstandighede waaronder daar vir só ʼn bevel aansoek gedoen kan word, uitgebrei. Ons het die kwessie aangespreek van vroue en kinders wat geviktimiseer word ten spyte van die feit dat daar ʼn beskermingsbevel bestaan of een in die proses is om uitgereik te word. As ʼn hof glo dat ʼn klaer in dringende gevaar is, kan dit dadelik ʼn beskermingsbevel uitreik sonder die vereiste kennisgewing aan die respondent. Van groot belang is dat, indien die hof iemand wat van gesinsgeweld aangekla is maar nie ʼn beskermingsbevel teen hulle het nie op borgtog vrylaat, die hof ʼn beskermingsbevel moet uitreik nadat navrae gemaak is. Wanneer die hof ʼn beskermingsbevel uitreik, moet dit terselfdertyd die die uitreiking van ʼn opgeskorte lasbrief van inhegtenisname magtig wat aan die SuidAfrikaanse Polisiediens (SAPD) verskaf moet word. Indien ʼn lid van die SAPD vermoed dat ʼn klaer in gevaar is weens oortreding van die beskermingsbevel, moet hulle onmiddellik die respondent arresteer. Die wet beskerm nou uitdruklik bejaardes teen alle vorme van gesinsgeweld en laat ook klaers toe om aanlyn aansoek te doen vir ʼn beskermingsbevel, wat tyd en reiskoste spaar. Om klaers teen verdere mishandeling te beskerm, mag die hof ʼn veiligheidsmoniteringskennisgewing uitreik wat vereis dat ʼn lid van die SAPD in voortdurende kontak bly met die klaer, sonder die wete van die misbruiker. Oorlewendes van GGG kla dikwels oor swak behandeling of miskenning van hul kommer wanneer hulle klagtes by polisiestasies aflê. SAPD-lede wat nie hul verpligtinge onder die nuwe wetgewing nakom nie, sal skuldig wees aan wangedrag. Alle volwasse persone wat kennis dra of vermoedens het dat gesinsgeweld gepleeg word teen ʼn kind, ʼn persoon met verstandgetremdhede of ʼn bejaarde persoon, word verplig om dit by ʼn maatskaplike werker of die polisie aan te meld. Versuim om dit te doen is ʼn kriminele oortreding. Die beginsel dat geweld teen vroue en kinders almal se verantwoordelikheid is, is dus nou op die wetboek. Die aanvaarding van hierdie nuwe wette is ʼn treë in die regte rigting, maar nie die oplossing nie. Ons moet keer dat geweld en misbruik in die eerste plek plaasvind. Ons moet as samelewing saamwerk en ons stemme, ons magskeuse en ons reser wes van dapperheid gebruik om vir eens en altyd ʼn einde te maak aan die geweld wat mans teen vroue en kinders pleeg.
2022-02-ed2
afr
143
CACH snel studente te hulp met studiegeleenthede
Silusapho Nyanda
CACH is ʼn aanlynregeringsdiens wat deur die department van hoër onderwys en opleiding (DOO) bestuur word en diegene te hulp staan wat toegang tot universiteite, tegniese en beroepsgerigte opleidingskolleges (TVET-kolleges) en vaardigheidsontwikkelingsentrums benodig. “CACH se dienste is vanaf 24 Januarie 2022 tot 31 Maart 2022 beskikbaar om diegene te hulp te staan wat by ʼn tersiêre instelling wil inskryf, maar sukkel om plek te kry,” sê die minister van hoër onderwys en opleiding, dr. Blade Nzimande. CACH kan diegene help wat in 2021 betyds aansoek gedoen het om toelating tot ʼn universiteit of kollege, maar nie plek in hul verkose program gekry het nie. Die DOO verduidelik dat dít gewoonlik gebeur wanneer die aansoeker nie aan die nodige vereistes voldoen nie of die instelling die maksimum aantal studente wat ingeskryf kan word, bereik. CACH kan ook diegene help wat aansoek gedoen het om toelating tot ʼn hoëronderwysinstelling en aanvaar is, maar nou van studierigting wil verander. CACH sal sulke individue na loopbaanontwikkelingsdienste verwys en, waar moontlik, die geleentheid verskaf vir hulle om in aanmerking te kom vir plek wat steeds beskikbaar is by universiteite en TVET-kol leges of leerlingskappe by sektoronderwysen -oplei dingsowerhede (SETA’s), sonder dat die student self na enige instelling hoef te gaan. Alle openbare universiteite, TVET-kolleges en SETA’s het toegang tot die CACH-databasis om na individue te soek wat aan die kriteria voldoen vir die plekke wat steeds beskikbaar is. “Instellings kies individue vanuit die CACH-databasis en kontak dié verkose kandidate direk,” sê DOOwoordvoerder, Ishmael Mnisi. Aansoekers wat by die CACH aansluit moet hul besonderhede, insluitend hul verkose studierigting, verskaf. Aansoekers het dan die keuse om die studiegeleenthede op die CACH-stelsel te aanvaar, al dan nie. Hoëronderwysinstellings verkry slegs toegang tot die kandidate se inligting op die CACH-databasis nadat aansoekers aangesluit het en hul graad 12-uitslae op die stelsel gelaai het. Mnisi sê dat CACH ook hulp verleen aan voornemende studente wat nog onbeslote oor hul loopbaankeuses is deur hulle na die DOO se Khetha-loopbaanontwikkelingsdiens te verwys.
2022-02-ed2
afr
144
NGV is ’n sprong na beter gesondheidsorg
vukuzenzele unnamed
Motsoaledi het onlangs ʼn voorligtingsessie toege spreek waar hy die NGV-wy sigingswetsontwerp en die Wysigingswetsontwerp op Mediese Skemas bekend ge maak het. Die Wetsontwerpe maak voorsiening vir beter toegang tot gesondheidsorg deur die NGV . ʼn Wetsontwerp is ʼn kon sepweergawe van ʼn wet. Die meeste wetsontwerpe word deur ʼn regeringsdeparte ment, onder leiding van die betrokke minister, opgestel. Die wetsontwerp moet deur die Kabinet goedgekeur word, voordat dit aan die Parlement voorgelê word. Die bekendstelling van hier die twee wetsontwerpe bete ken dat Suid-Afrika een stap nader daaraan is om univer sele gesondheidsorg te bied, wat beteken dat die NGV bin nekort wet sal wees. Die NGV is ʼn finansie ringstelsel waarvolgens alle Suid-Afrikaanse burgers toegang tot noodsaaklike ge sondheidsorg sal kry, ongeag hulle werkstatus en vermoë om ʼn direkte finansiële by drae tot die fonds te maak. Motsoaledi sê die regering is pynlik bewus daarvan dat sommige mense glo daar is ʼn behoefte om die sukkelende openbare gesondheidsorg stelsel eers op te knap voor dat daar oor die NGV gepraat word. Hy sê die regering is bewus van die probleme wat ervaar word met swak gehalte en ondoeltreffendheid in die openbare gesondheidsorg stelsel. Motsoaledi sê die Nasiona le Ontwikkelingsplan het die aandag pertinent daarop ge vestig en dat die inwerking stelling van die NGV die swak gehalte van gesondheidsorg en die heersende koste van privaat gesondheidsorg die hoof sal bied. Terwyl daar debat gevoer word oor die wysigings tot die wetsontwerpe, sal die departement minstens vier NGV-projekte in werking stel. Dit sluit in skoolgesond heid, geestesgesondheid en swanger vroue met gekom pliseerde swangerskappe by 22 hoogs geaffekteerde hospi tale. Dit sluit ook onkologie in, met spesifieke hulp aan Gauteng en KwaZulu-Natal, maar die ander provinsies sal nie geïgnoreer word nie. Motsoaledi sê verder dat die koste van privaat ge sondheidsorg buite die bereik van baie burgers is en dat die voormalige Hoofregter San dile Ngcobo deur die Mede dingingskommissie aangestel is om ʼn markondersoek te lei oor die koste van privaat ge sondheidsorg. “Die wysigings wat ons bekendstel is daarop gerig om broodnodige verligting te bring vir pasiënte wat in ernstige finansiële nood ver keer,” sê hy. Motsoaledi sê dat die eerste wysiging tot die Wetsont werp bybetalings sal afskaf. Bybetalings beteken dat die skema ʼn gedeelte van die re kening betaal wat ʼn verskaf fer — hetsy ʼn hospitaal of pri vaat dokter — aan die pasiënt hef. Die res van die fondse is veronderstel om deur die pasiënt, uit eie sak, betaal te word.
2018-07-ed2
afr
25
Gemeenskap vier R21 miljoen se grondtransaksie
Siya Miti
Die gemeenskap het onlangs die titelaktes vir die grond ontvang, wat ingevolge die grondher-verdelingsprogram aan hulle terugbesorg is. Volgens die Oos-Kaapse premier, Phumulo Masualle, is R21 miljoen aan die grondeistransaksie toegewys, wat in fases oorhan dig word. “Dit is ’n beduidende stap met betrekking tot omgewingsbe waring en transformasie. Die fasiliteit word ontwikkel om op ’n regverdige grondslag met ander wildreservate mee te ding en die regering ondersteun die gemeenskap met befondsing en die skenking van wild, asook opleiding,” sê Masualle. Die gemeenskap is mede-bestuurders van die reservaat saam met die Oos-Kaapse Parke-en-Toerismeagentskap (ECPTA) onder die vaandel van die Likhayalethu Communal Property Association (LCPA). Hulle het R6 miljoen van die Departement van Omgewing sake ontvang om ’n ekonomies haalbare wildsonderneming op die 1 400-hektaarwildsplaas te ontwikkel, wat deur die Departement van Landelike Ontwik keling en Grondhervorming vir hulle aangekoop is. Die voorsitter van die LCPA, Mxolisi Ngesi, sê die gemeen skap het sy eis in 1998 ingedien. In 2012 het gemeenskapslede 23 500 ha ontvang, wat se dertdien deur die bykomende 1 400-hektaarwildreservaat aan gevul is. “Ons is baie opgewonde, omdat ons uiteindelik alles gekry het wat ons wou hê. Die regering het vir ons befondsing vir infra-struktuur gegee. Ons het wild, onder andere 10 bergsebras, vyf hartbeeste en 10 elande,” vertel Ngesi. Hulle sal binnekort ook buffels en rooibokke aankoop. Hy het bygevoeg dat die gemeenskap opleiding deur ECPTA ontvang om die wildreservaat te bestuur. “Die plan is om twee lodges te bou en ons is tans besig om veldwagterbasisse en ’n boma te bou waar die diere afgelaai kan word, sê Ngesi. “Die oprigting van ’n 10 km heining en die toegangshek het 61 werksgeleenthede vir die gemeenskap geskep,” het die Minister van Omgewingsake, Edna Molewa, tydens die amptelike oorhandiging gesê.
2018-07-ed1
afr
23
Sperdatum vir NSFAS befondsing kruip nader
Sphelele Ngubane
Volgens die departement van hoër onderwys en opleiding is NSFAS-befondsing beskikbaar aan jongmense wat reeds hul skoolopleiding voltooi het of reeds naskools studeer. Hulle kan aansoek doen vir befondsing deur NSFAS om aan ʼn openbare universiteit of kollege vir tegniese en beroepsgerigte onderwys en opleiding (TVET) te studeer, maar moet aansoek doen voor die sluitingsdatum op 7 Januarie 2022. Mense wat aansoek doen, moet: • Suid-Afrikaanse burgers wees of permanente verblyfreg hê, en wil registreer om aan ʼn openbare univer siteit of TVET-kollege te studeer, of reeds studeer. • Begunstigdes wees van maatskaplike (SASSA) toelae. • Uit huishoudings kom met ʼn gekombineerde inkomste van nie meer as R350 000 per jaar nie. Blinker toekoms Nhlakanipho Mkhize (26) is ʼn gekwalifiseerde elektrisiën danksy NSFAS-befondsing wat vir sy studies aan Umfolozi TVET-kollege in KwaZulu-Natal betaal het. Mkhize, van Richards-baai, het ʼn nasionale sertifikaat (beroepsgerig) in elektriese infrastruktuurkon struksie in 2017 verkry. Buiten vir kampusgebaseerde onderrig moes hy ook opleiding in die werksplek voltooi en ʼn ambagstoets slaag. Mkhize het reeds vroeg tydens sy studies die geleent heid gehad om dít wat hy geleer het, in die praktyk toe te pas, wat hom vertroue gegee het in die basiese vaardighede wat hy besig was om te ontwikkel. “As eerstejaarstudent het ek reeds na die elektrisiteitsprobleme in my gemeenskap omgesien. Umfolozi TVET-kollege het die teorie sowel as die praktiese toepassing vir ons aangebied. “Die voordeel van TVET-studente is nie net die blootstelling nie, maar ook die verpligte werkplekgebaseerde leerkomponent wat sertifiseer dat studente bevoeg is voor dat hulle hul kwalifikasie ontvang,” sê hy. Soos baie Suid-Afrikaanse jongmense wat uit ʼn minderbevoorregte agtergrond kom, het Mkhize geweet hy wil ʼn loopbaan in ingenieurswese volg, maar niemand in sy familie kon die kollege-gelde bekostig nie. “Toe ek van die NSFAS-be fondsing te hore kom, het ek geweet dat dit sou lei na waar ek wil wees – om ʼn ingenieur te word,” sê hy. Mkhize se drie jaar van NSFAS-befondsing het vir sy boeke, klasgeld en vervoer betaal, en hy het ʼn toelae vir persoonlike behoef tes ontvang.
2022-01-ed1
afr
139
NSFAS het my drome bewaarheid
More Matshediso
Mashego, van Sebokeng in Gauteng se Vaal-omgewing, sê hy sou nooit die klasgeld en die ander uitgawes ver bonde aan tersiêre onderrig kon betaal as hy nie 'n beurs van NSFAS ontvang het nie. “Die maandelikse toelaag wat ek van NSFAS ontvang, stel my ook in staat om met 'n vol maag te gaan slaap en te studeer,” sê hy. Mashego is 'n derdejaar student wat vir ‘n graad in siviele ingenieurswese aan die Universiteit van Preto ria studeer. “Onderrigfooie is baie hoog. Ek sou nie eers kon bekostig om vir die eerste semester van die kursus wat ek gekies het te betaal nie, wat nog te sê ’n volle akademiese jaar,” verdui delik hy. Mashego het in 2016 ma trikuleer en was een van die toppresteerders in sy klas, maar het nie geld gehad om vir verdere studies te betaal nie. Sy aansoek om NSFAS-befondsing vir die 2018 akademiese jaar was egter suksesvol. “Dit het my die geleent heid gegee om my droom om ingenieurswese te stu deer te bewaarheid. Onder rig speel ’n baie belangrike rol in my persoonlike ont wikkeling en help my om vordering te maak met alles wat ek wil bereik. Dit stel my ook in staat om ander mense in my gemeenskap te bemagtig en sodoende tot die land se ekonomie by te dra,” verduidelik Mashego. “Ek doen ’n ernstige be roep op jong mense om vir NSFAS-befondsing aansoek te doen, omdat hul drome om verder te studeer nie gratis verwesenlik kan word nie; dit verg geld en NSFAS sal in daardie behoefte voorsien,” sê Ma shego. Die Minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovering, Dr Blade Nzimande, het die NSFAS 2021-aansoeksiklus vir ‘n tydperk van vier maande, van 3 Augustus tot 30 No vember 2020, oopgestel. Studente uit agtergeblewe en werkersklas-agtergronde wat hul studies aan enige openbare of tegniese of beroepsopleidingskollege (TVET) of universiteit wil voortsit, kan aansoek doen. Om in aanmerking te kom vir NSFAS-finansiering, moet 'n aansoeker 'n SuidAfrikaanse burger wees en uit 'n gesin kom met 'n gesamentlike jaarlikse huis houdelike inkomste van hoogstens R350 000. Die jaarlikse huishoudelike in komste vir studente met 'n gestremdheid mag nie meer as R600 000 beloop nie. “In die huidige akade miese jaar het NSFAS meer as 700 000 studente befonds, 248 242 aan TVET-kolleges en 481 339 aan universiteite (studente met registrasieda ta). Dit is 'n toename van 20 persent teenoor die vorige jaar, as ons registrasiege gewens wat in dieselfde tydperk van 2019 teenoor 2020 ontvang is, vergelyk,” sê Minister Nzimande. NSFAS is verantwoorde lik vir 40 persent van die voorgraadse bevolking aan universiteite en 70 persent aan TVET-kolleges. vHoe om aansoek te doen• Aansoekers moet www.nsfas.org.za besoek en op myNSFAS klik. Skep 'n myNSFAS-rekening, klik op die APPLYoortjie, beantwoord die vrae op die skerm en laai die vereiste dokumente op. Klik dan op SUBMIT. • Nadat die aansoeker op SUBMIT geklik het, sal ’n verwysingsnommer vir die aansoek op die skerm verskyn. Die verwysingsnommer word ook na die selfoonnommer en e-posadres wat verskaf is, gestuur. • Aansoekers kan 'n selfoon, tablet of re kenaar gebruik om aansoek te doen. Die NSFAS-portaal het geringe veranderinge ondergaan om dit makliker om te gebruik en veiliger te maak. • Nuwe aansoekers het 'n afskrif van hul ID of geboortesertifikaat nodig om te registreer en 'n profiel op die myNSFAS-portaal te skep. Aansoekers met bestaande rekeninge moet by hul rekeninge aanmeld – onthou, slegs een profiel per aansoeker word toegelaat. • Aansoekers moet toestemming gee dat hul persoonlike inligting deur 'n derde party gekontroleer mag word; as hulle nie daartoe instem nie, sal hulle nie toe gelaat word om met die aansoekproses voort te gaan nie. • Weens die koronavirus-pandemie, hoef aansoekers nie die toestemmingsvorm in te dien of op te laai nie. In plaas daarvan sal hulle gevra word om die voorwaardes op die elektroniese toestemmingsvorm, sowel as die voorwaardes en be fondsingsvoorwaardes, te aanvaar. • Studente moet steeds hul stawende do kumente indien, naamlik ’n afskrif van hul ID, bewys van inkomste van ouer/voog, afskrifte van ouer/voog se ID en/of Bylae A vir aansoekers met 'n gestremdheid. Danksy NSFAS, studeer Karabo Mashego vir ‘n graad in ingenieurswese.
2020-09-ed1
afr
81
Bestuur COVID-19: Tuis of by ʼn toegewyde fasiliteit
Allison Cooper
Baie Suid-Afrika ners wat positief vir die koronavirus (COVID-19) getoets het kan nie self-isoleer nie, omdat hulle huise te klein is om in ʼn kamer wat nie deur ander gedeel word nie te leef en te slaap. Die regering het seker gemaak dat toegewyde isolasiefasiliteite vir mense wat positief getoets het be-skikbaar is. Daar is ook toe-gewyde kwarantynfasiliteite vir mense wat vir hul toets-resultate wag. Albei dienste is gratis.Volgens Dr. Marlin McCay, ʼn algemene praktisyn van Florida aan die Wes-Rand, is die eerste ding wat jy moet doen wanneer jy met COVID-19 gediagnoseer is, om die verspreiding van die infeksie te beperk. "Jy wil jou gesin beskerm," sê hy. Om dit kan doen, moet jy in isolasie wees — tuis of by ʼn isolasiefa-siliteit. "As jy self-isoleer beteken dit dat jy in ’n deel van die huis heeltemal van die res van die gesin afgesonder moet wees. Niemand behoort binne drie meter van jou af te kom nie. Jy moet alleen eet, jou eie mes-segoed en breekware gebruik, jou eie badkamer gebruik indien moontlik, en seker maak dat daar geen kontak met enigiemand anders in die huishouding is nie."Jou dokter of primêre versorger behoort jou van sekere basiese medisyne te voorsien om die meeste van die simptome te verlig, veral tekens soos liggaamspyne, hoofpyn en koors. Daar is ook vitamienes wat jou kan help om gesond te bly," sê hy.Dit is ook belangrik om genoeg te rus en genoeg wa-ter of helder vloeistowwe te drink om seker te maak dat jou urine bleek en deursigtig bly. Die meeste mense wat matig siek word sal binne ʼn week nadat die eerste simp-tome begin het, beter voel, maar dit is belangrik om jou simptome noukeurig dop te hou. As jy enige noodwaarsku-wingstekens ontwikkel, soos moeilike asemhaling, bors-pyn of druk op jou bors wat nie weggaan nie, bloed hoes, deurmekaar raak, erge slape-righeid ervaar of as jou gesig of lippe blou word, moet jy onmiddellik ’n ambulans ontbied of hospitaal toe gaan. KwarantynfasiliteiteVir diegene wat hulself nie van ander wat in die huis bly kan afsonder nie, het die regering gratis kwarantynfa-siliteite regoor die land opge-rig om hulle en hul geliefdes veilig te hou. Die Wes-Kaapse regering het onlangs kommentaar deur ’n paar pasiënte oor sy isolasiefasiliteite gepubliseer. Marie Jantjies van Witzen-berg het besluit om gesond-heidsorgwerkers se raad te volg en na die isolasiefa-siliteit te gaan omdat haar 97-jarige ma by haar en haar kinders woon en sy hulle wou beskerm. "Ek is baie goed behandel. Die kos was lekker — selfs lekkerder as by die huis. Ek het besef dat ek net positief moes bly. Ek was angstig, maar het gebid en probeer om te ontspan," sê sy. "Daardie plek kan lewens red! Dit is regtig die beste," sê John Arnoldus, wat by ʼn isolasiefasiliteit in Draken-stein van COVID-19 herstel het. "Een van my vriende was tuis in kwarantyn en hy het gesukkel om op sy eie reg te kom. Ek het vir hom gesê om die mense te kontak wat my versorg het — dit is hoe om beter te word. Die mediese personeel en die bestuurder daar se ondersteuning — dit trek jou deur", sê hy. Arnoldus was eers huiwerig om na die isolasiefasiliteit te gaan weens die wanopvatting dat ’n mens daar sieker sal word en doodgaan. "Ek het die ergste verwag, maar ek was baie goed ontvang. Lof aan al die personeel! Hulle het vir my verduidelik dat niemand by die fasiliteit my siek kan maak nie, aangesien ek reeds COVID-19 gehad het," sê hy.Wat kan jy van 'nʼn kwarantynfasiliteit verwag?Volgens die Wes-Kaapse re-gering word daar aan al jou behoeftes voorsien. Jy kry gereelde maaltye, ʼn gesond-heidswerker moniteer jou toestand, wasgoeddienste word voorsien, daar is gemak en stilte terwyl jy herstel, en daar is gratis vervoer na en vanaf die fasiliteit. “Dit is ook belangrik om genoeg te rus en genoeg water of helder vloeistowwe te drink om seker te maak dat jou urine bleek en deursigtig bly.”
2020-08-ed2
afr
79
Woza Matrics program geloods
Dale Hes
Vanjaar se matri kulante staar wesenlike uitdagings in die gesig as gevolg van die koronavirus (COVID-19). Die Departement van Ba-siese Onderwys het verseker dat die veilige heropening van skole, sowel as bystand aan leerders deur verskeie programme wat hulle help om hul akademiese jaar suksesvol te voltooi, een van die departement se top-prio-riteite is. Een so ’n program is die Woza Matrics-program wat op 1 September, in samewer-king met verskeie uitsaai-vennote en opvoedkundige deskundiges, geloods is. Opvanglesse oor ses ma-triekvakke word elke dag vir 12 weke, van 8vm. tot 10vm. en 1nm. tot 3nm.,as deel van die program op SABC, DStv en Openview (Kanaal 122), uitgesaai. Die doelwit is om leerders te help om vir hulle finale eksamen voor te berei. Die platform maak ook voorsiening vir regstreekse lesse, waartydens leerders aan onderwysers vrae kan vra. Eksamenwenke word ook verskaf. Woza Matrics erken dat, terwyl alle leerders skooltyd verloor het, Graad 12's die ergste beïnvloed is, aangesien hulle punte uiters belangrik vir hul beroep en universiteitstoelating is. Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshek-ga, sê die program is nood-saaklik as die onderbreking in onderrig weens CO-VID-19, in ag geneem word. "Matriek is altyd stresvol, maar 2020 het buitengewone spanning meegebring. Ek wens al ons Graad 12 leer-ders en hulle gesinne geluk met hul deursettingsvermoë en vasberadenheid. Dit is glashelder dat bykomende ondersteuning vir leerders nodig is en ons sal dit steeds voorsien. Daar is ʼn paar maande oor voor die einde van die jaar en Woza Matrics sal leerders die ondersteu-ning bied wat hulle nodig het om vir hul finale eksamens voor te berei," sê sy.Die program is uniek in die sin dat dit die meeste Graad 12's in die land teiken wat nie gereelde toegang tot die internet en digitale dienste het nie. Die meeste van die 1,2 miljoen leerders wat in November matriek skryf, sal na die uitsendings kan kyk. Die Raad vir Opvoed-kundige Ministers het alle leerders en ouers aangespoor om van die platform gebruik te maak. Die SABC se Hoof Uitvoe-rende Beampte, Madoda Mxakwe, sê die uitsaaier is trots daarop om deel van die inisiatief te wees. "Ons is verheug om as een van die sleutelrolspelers te kan help om die 2020-matriekjaar te red. As ʼn openbare diensuit-saaier, is ons verplig om te verseker dat ons inhoud ʼn beduidende aantal opvoed-kundige programme bevat, veral in ʼn tydperk waar dit die nodigste is.Jou vrae beantwoordJou vrae beantwoordWatter vakke sal gedek word?Watter vakke sal gedek word?• Wiskunde • Aardrykskunde• Lewenswetenskappe • Natuurwetenskappe • Rekeningkunde • Wiskundegeletterdheid. Hoekom is hierdie tydgleuwe gekies, want leerders Hoekom is hierdie tydgleuwe gekies, want leerders kan by die skool wees?kan by die skool wees?• Skoolbywoningstye verskil as gevolg van sosiale distansiëringsmaatreëls in verskillende distrikte en provinsies. Baie matrieks sal ten tye van die uitsendings, tuis wees. • ʼn Klein persentasie leerders ontvang ook tuisonderrig. • Die hoofuitsendings sal na 4nm. op Openview herhaal word en op DStv Catch-Up beskikbaar wees. Hoekom net matrieks?Hoekom net matrieks?• Matrieks is onder die meeste druk om hul lewens na skool te beplan.• Matrieks het sedert Maart 2020 meer beduidende onderbrekings in hulle onderrig ervaar omdat hul kurrikulum nie verkort is nie.• Matrieks het die verste agter geraak met hulle kurrikulumonderrig. Waar kan ek die uitaaiskedule kry?Waar kan ek die uitaaiskedule kry?Die uitsaaiskedule is in TV-gidse en op die Woza Matrics-webwerf, by wozamatrics.co.za, beskikbaar. Heruitsendings sal ook beskikbaar wees. Word ondersteuning aan ouers en onderwysers Word ondersteuning aan ouers en onderwysers gebied?gebied?Ja. Die uitsaaiskedule sal sommige sessies oor wenke vir ouers oor hoe om hulle matriekkinders te ondersteun, bied. Sommige sessies sal op onderwysers fokus en die Departement van Basiese Onderwys se Teacher Connect WhatsApp-platform sal sleutelboodskappe aan onderwysers oordra. Sal daar inligting wees oor hoe om die spanning Sal daar inligting wees oor hoe om die spanning wat matrieks in die gesig staar, te hanteer?wat matrieks in die gesig staar, te hanteer?Ja. Verskeie sessies sal op wenke oor studentewelsyn fokus, sowel as hoe om stres en angs te hanteer. Vir meer inligting, besoek die Woza Matrics-webwerf by wozamatrics.co.za of stuur 'n e-pos aan info@wozamatrics.co.za
2020-09-ed2
afr
84
Jong ingenieurs kry praktiese padbou-opleiding
vukuzenzele unnamed
Thabiso Dladla en Sumay Maharaj is assistent-resi dentingenieurs [ARI's] wat touwys gemaak word deur ervare kollegas by die terrein op die N2 tussen Mthunzini en eMpangeni aan die Kwa Zulu-Natalse Noordkus, waar opgraderings gedoen word. "Ons het feitlik dieselfde funksies as die ARI's. Ons doen inspeksie, ons werk hoeveelhede uit, ons doen assistentopdragte en ter reinopdragte en ons ant woord enige ingenieursvrae wat die kontrakteur ons vra," sê Dladla. Maharaj, wat in August 2016 by die projek begin het en vroeër by SANRAL se Sentrum van Uitmun tendheid in Port Elizabeth sypaadjieen meetkundige ontwerp gedoen het, sê dat hy reeds baie kernbelangrike lesse geleer het sedert hy na die noorde verhuis het. "Ek het geleer oor die kom plekse aard van siviele in genieurswese en hoe alles bymekaar kom om dinge te laat werk. Dit is nie net sypaadjie-ontwerp nie. Dis ook strukture, dreinering en meetkunde. Dit gaan basies daaroor om te leer hoe om alles bymekaar te sit en dit te laat werk," sê hy. Dladla het omtrent 10 maande nadat hy by SAN RAL se opleidingsprogram aangesluit het, by die projek betrokke geraak. Hy is opgewonde om aan dié uitdagende projek te werk, wat hy as redelik di vers beskryf en wat verskeie brûe en deurlate insluit. "Ek is by die inspeksies be trokke en ek help die kon trakteurs waar hulle duide likheid oor die tekeninge vra. Wat die grondwerk betref, doen ons ook inspeksies op die opvulmateriaal en sub graad. Ons het onlangs begin om die teerwerk te doen, so ons wend die basis wat met Bitumen behandel is aan en ons doen inspeksies van al die werk wat deur die kon trakteur gedoen is," sê hy. Sumay sê die projekwerk is nie sonder uitdagings is nie. "Ek dink die belangrikste is dat die ontwerpkantoor an ders as die bouterrein werk. Daar is soms misverstande ten opsigte van inliting, ver al met tekeninge, onvolledi ge tekeninge en sulke soort dinge. Dis hoekom dit kern belangrik is vir ingenieurs personeel om op die terrein te wees om al hierdie vrae te beantwoord," sê Sumay.
2018-10-ed2
afr
39
Die jeug is ons grootste bate
Vukuzenzele unnamed
Op daardie dag en die dae wat daarop sou volg, het baie mense hulle lewens verloor. Hulle is vermoor deur ‘n hartelose regering wat bitter min om-gegee het vir swart lewens, en wat niks daarvan gedink het nie om met geweervuur los te brand op ongewapende kinders in skoolklere nie. Hierdie gebeure het die internasionale sentiment teen die apartheidsregering versterk en verdere stukrag aan die bevrydingstryd verleen.Jong mense het nog altyd die voortou geneem in sosiale verset van die anti-outoritêre optogte in Latyns-Amerika in die laat 1950’s tot die be-togings regoor Afrika in die laat 1960’s.Die geskiedenis het die bydrae van die generasie van 1976 tot die internasionale studentebeweging en sy standpunt teen onderdrukking en onregverdigheid getrou opgeteken. Hierdie historiese gebeurte-nis 45 jaar gelede word nog steeds regoor Afrika en die wêreld herdenk. Daarom is dit ontstel-lend dat kennis oor 16 Junie besig is om af te neem onder jong Suid-Afrikaners. Dit gebeur veral onder die sogenaamde Gene-rasie Z, die jong mense wat tussen 1997 en 2015 gebore is. Die 2019/2020 Suid-Afrikaanse Sosialehoudingsopname wat deur die Raad vir Geesteswetens-kaplike Navorsing (RGN) gepubliseer is, het bevind dat byna 40% van Generasie Z nie weet van die historiese gebeure van 16 Junie nie. ‘n Soortgelyke persentasie het daarvan gehoor, maar weet baie min of niks daar-omtrent nie. Desondanks het die op-name bevind dat jong mense van hierdie generasie bereid is om meer te leer oor sleutel historiese gebeure en ook glo in die voortgesette belangrikheid daarvan. Ons as ‘n land moet meer doen om seker te maak dat die boodskap van 1976 getrou oorgedra word. Dit is die regering, skole, tersiêre instellings, ouers, families, musikante, kun-stenaars en die hele samelewing se gesamentlike verantwoordelikheid. Die generasie wat gebore is nadat apartheid beëindig is, het ‘n land geërf met ‘n demokratiese grondwet waar fundamentele vryhede beskerm word.Die geleenthede wat jong swartmense vandag het, verskil hemelsbreed van die verlede en het groot veran deringe ondergaan. Deur die storie van 16 Junie lewendig te hou, dien dit as ‘n herinnering aan vandag se generasie van die groot opofferings wat gemaak is om hulle vryheid te bewerk-stellig. Jeugdag is ‘n herinnering aan die ontsaglike krag en bemiddeling waaroor jong mense beskik om vir hulleself ‘n beter toekoms te skep. Vandag se jong mense beleef baie struikelblokke. Jong mense bly steeds aan die voorpunt van aktivisme, on-geag of dit in die strewe na gratis opvoeding of teen maatskaplike euwels soos geslag-gebaseerde geweld is. Die grootste stryd wat jong mense vandag stry, is teen werkloosheid, wat onder die Covid-19-pandemie toege-neem het. Die regering se eerste prio-riteit is om meer geleenthede, sowel as toegang daartoe, vir ons jong mense te skep.Alles wat ons as ‘n regering doen, dra by tot die verbetering van die lewens van jong mense. Om werkloosheid onder die jeug aan te pak, vereis versnelde ekonomiese groei, veral in arbeidsintensiewe sektore, sowel as die uitbouing van die staat se vermoë om sy ontwikkelingsrol te vervul.Ons bevorder hierdie agenda deur teikenintervensies. Dit sluit in die pre-sidensiële werkskeppingstimulus, wat werksgeleenthede en lewenson-derhoud aan baie jong mense verskaf het. Ons het ‘n reeks addisionele maatreëls in plek gestel om geleenthede te skep, vaar-digheidsontwikkeling te verbeter, jong entrepreneurs te ondersteun en jong mense in staat te stel om ten volle by die ekonomie in te skakel. Dit sluit in die vestiging van ‘n nasionale roetebestuursnetwerk, SA Jeug, wat dit makliker moet maak vir jong mense om geleenthe-de raak te sien en te benut, en om aktiewe ondersteuning te kry om roetes na die arbeidsmark te betree. Laasgenoemde is en-kele van die Presidensi-ele Jeugindiensnemingsintervensie se prioriteite, wat slegs weke voor die nasionale inperking verlede jaar bekendgestel is en wat tans ten volle geïmplementeer word.Die Presidensiële Jeugindiensnemingsintervensie is gebou op die verstandhouding dat die oplossing vir die jeug se werkloosheidskrisis innoverende denke en sterk vennootskappe regoor die samelewing vereis. Die uiteindelike doelwit is om modelle te kry wat werk, of dit nou in vaardigheidsontwikkeling is of aktiewe arbeidsmarkbeleide, en om dit vinnig te skaleer sodat soveel as moontlik jongmense bereik word.Die belangrikste is dat die Presidensiële Jeugindiensnemingsintervensie erken dat jong mense sentraal moet staan in enige poging om jeugindiensne-ming ‘n hupstoot te gee. Jong mense is ons groot-ste bate en ons grootste wapen in hierdie stryd. Ons salueer die veerkrag-tigheid van elke jong persoon wat hulle deel doen om hierdie land op te bou en te ontwikkel. Hulle is die jong mense wat vrywilligerwerk in ons gemeenskappe doen en ons land opbou deur die presidensiële werkskeppingstimu-lus, wat hulle eie besighede bedryf en studeer om hul-leself beter te bekwaam. Hulle is die jong mense wat hulle eie paadjie uitkap en hulle gesinne saam met hulle neem. Ons salueer jong mense wat aanhou werk om hulle lewens te verbeter. Jong mense doen hulle deel. Hulle het nodig dat die regering, en weliswaar die hele samelewing, hulle deel doen. Ons land gaan deur een van die moeilikste tye nog, maar ons werk daagliks daaraan om die grense van hoop uit te brei. Ons sien die nuwe tekens van groei in ons ekonomie, en is vol vertroue dat dit sal lei tot beter geleenthede vir almal. Ons taak is nou om se-ker te maak dat jong mense gereed en toegerus is om hierdie geleenthede te benut, en om hul eie geleenthede te skep.
2021-07-ed1
afr
117
SA media ʼn steunpilaar vir ons demokrasie
vukuzenzele unnamed
Lande met sterk instellings, waaksame regstelsels en ʼn gesonde media kon egter verhoed dat menseregte on dermyn en die gesag van die staat misbruik word. Dit is ses maande sedert die nasionale ramptoestand verklaar is. Ons het goed ge vaar, odanks die ongekende aard van die siekte en die ontsaglike uitdaging om ʼn land van 58 miljoen mense in ʼn staat van inperking te plaas. Ons kon die verspreiding van die siekte, hoofsaaklik danksy al ons landsburgers se same werking en waaksaamheid, in bedwang hou. Dit is tot ’n groot mate ook te danke aan ons media se deeglike werk. Ons is dank verskuldig aan Suid-Afrika se hardwerkende en volhardende joernaliste. Hulle het ons mense inge lig gehou deur belangrike gesondheidsboodskappe oor sosiale distansiëring en higiëne te versprei. Hulle het dit onder uiters moeilike omstandighede, dikwels met beperkte hulpbronne, gedoen. Hulle het stories oor die uitwerking wat die inper king op mense se lewens en besighede gehad het, vertel. Deur gemeenskappe, dorpe en stede te besoek om gewo ne mense se stories na vore te bring en mense se aandag landwyd op probleme wat in hospitale en klinieke ervaar word, te vestig, het hulle regeringsoptrede aangehits. Ons media het ook die aandag op uitspattighede ge vestig wat normaalweg dalk nie vorendag sou gekom het nie. Hulle het hul waghondrol vervul deur korrupsie en wanadministrasie openbaar te maak, wat ʼn omvattende nasionale debat aangehits het en tot verskeie hoë-pro fielondersoeke gelei het. Deur hierdie soort verslaggewing het hulle mense se vertroue gewen. ʼn Vrye pers is nie ʼn doel op sigself nie. Dit is ʼn manier om te versker dat demokrasie uit geleef en gehandhaaf word. Ons media het tydens dié pandemie nie net sy tradisio nele waghondrol vervul nie, maar ook sy burgerlike plig nagekom deur die nasionale poging om die koronavirus in toom te hou, te ondersteun. Gegewe die belangrikheid van die media vir ons demo krasie se gesondheid, is dit ʼn ernstige bron van kommer dat, soos alle ander sektore van die ekonomie, die ko ronavirus ook ’n negatiewe uitwerking op ons media huise gehad het. Sommige publikasies het aan die begin van die inperking soveel as 60 persent van hul inkomste verloor. Verskeie maatskap pye moes salarisse besnoei, en personeel of werksure verminder. Ongelukkig is sommige publikasies waar onder van Suid-Afrika se mees gevestigde en bekende tydskriftitels, genoodsaak om toe te maak. Die werksverliese as gevolg van die inperking het ʼn kri sis vir mediamaatskappye wat reeds uitdagings soos die verlies aan advertensieinkomste, dalende sirkulasie en markaandeel wat deur vars nuus op mobiele toestelle en ander tegnologieë vervang is, vererger. Sulke finansiële hindernisse word algemeen, van aanlynpublikasies en tra disionele breëbladkoerante, tot die openbare uitsaaier, in die gesig gestaar. Dit was een van die sleu -telkwessies wat tydens my vergadering met die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum geopper is. In plaas daarvan dat hul le hul lot betreur, werk die mediabedryf egter hard om besigheidsmodelle te verfyn, om innovering aan te dryf en soveel personeel as moontlik te behou. Die media is terselfdertyd ʼn unieke entiteit in enige same lewing omdat sy praktisyns ʼn rol vervul wat noodsaaklik vir ons demokratiese orde is. Hulle werk om die publiek in te lig en die mag in toom te hou. Ons het meer joernaliste nodig, nie minder nie. Dit is waarom die verlies aan selfs ʼn enkele joernalis nie net ʼn verlies vir die bedryf is nie, maar ook vir die land. Ons het ons mediaveterane nodig omdat hulle wye erva ring en institusionele geheue, sowel as kritiese verslag gewing en ingeligte analise kan bied. Ons het terself dertyd meer jong joernaliste in die beroep nodig wat tegnologieslim is, op hoogte is van nuwe tendense rakende storievertelling en in voeling is met ʼn jeugdige bevolking se belange. Ons, as ʼn samelewing, is ons volle ondersteuning aan die media verskuldig. Ons kan almal ons deel doen om dié bedryf wat ʼn krisis ervaar, te ondersteun, hetsy deur te kies om vir inhoud te betaal, skare befondsde joernalisme te ondersteun, ons SAUK-lisen siefooie te betaal of eenvou dig ʼn koerant te koop. As die regering, sal ons ondanks die somber ekonomiese klimaat, steeds adverteringbesteding aan publikasies en uitsaaiers, veral gemeenskapsmedia, uitbrei. Die privaatsektor moet ook steeds die bedryf ondersteun deur advertensies en deur saam met mediahuise te werk rakende die produksie van innoverende inhoud, in ooreenstemming met globale mediatendense. Plaaslike filantropiese en skenkersorga nisasies behoort ook betrokke te raak en openbare belange joernalisme-ondernemings te ondersteun, soos wat die geval in baie demokrasieë is. Die verspreiding van vals nuus tydens die pandemie, hoofsaaklik op sosiale me diaplatforms, het bygedra tot die noodsaaklikheid vir meer nuus wat akkuraat, regverdig en onpartydig is. Ons mense het in dié tyd staatgemaak op ons gevestigde mediahuise vir inligting, wat weereens hul noodsaaklike rol as steun pilare vir ons demokrasie beklemtoon. Namate ons die groot taak aanpak om ons ekonomie in die nadraai van die pandemie te herbou, sal die mediabedryf ons ondersteuning meer as ooit tevore nodig hê. Die vrye pers is al beskryf as 'die waaksame beskermer van elke reg wat vrye mans en vroue op prys stel.' Terwyl ons hulde bring aan die vrye en diverse media se rol in hierdie pandemie, moet ons doen wat ons kan om te verse ker dat hulle in ons land kan oorleef en floreer.
2020-10-ed1
afr
86
Brandbestryder van ‘Crew Juliet’ deel haar storie
Dale Hes
Die jong brand-bestryder, Vuyise-ka Arendse (26), is deel van Crew Juliet, Suid-Afrika se eerste veldbrand-bestrydingspan wat net uit vroue bestaan. Haar krag en vasberadenheid om vir haarself 'n naam te maak in die brandbestrydings-beroep, wat deur mans oorheers word, is 'n ware inspirasie vir alle vroue. Arendse het in die klein Wes-Kaapse dorpie Beaufort-Wes grootgeword. Na skool het sy aan 'n kollege in Oudtshoorn probeer studeer, maar het besluit om terug te gaan huis toe om haar gesin te on-derhou. Sy het 'n rukkie by 'n supermark gewerk, maar toe het brandbestryding haar aandag getrek.“Ek het die brandbestryders in hul uniforms en groot rooi vragmotors gesien. Dit het my dadelik gefassineer en ek wou meer uitvind,” sê Arendse.Arendse was een van die studente wat by die Wes-Kaapse regering se Chrysalis Akademie-jeugontwikkeling-sprogram in 2016 gegradueer het. Nadat sy die program voltooi het, het sy by Beau-fort-Wes se brandweerstasie begin werk, waar sy net R1 900 per maand verdien het. Maar toe hoor sy van ’n oplei-dingsgeleentheid wat verlede jaar deur NCC Environmen-tal Services aangebied word.“Ek was ’n fasiliteerder by die Chrysalis Akademie toe NCC met die studente kom gesels het oor ’n geleentheid om aansoek te doen vir die eerste vroulike veldbrand-bestrydingspan. Al was ek nie ’n student nie, het ek baie belanggestel. Ek het aansoek gedoen vir die opleiding en is aanvaar,” sê Arendse. Sy het die opleiding, wat uit die teoretiese sowel as die praktiese aspekte van brandbestryding bestaan het, voltooi.“Ek het so baie geleer. Ek het byvoorbeeld nooit geweet dat daar brandbestryders is wat net veldbrande blus nie. Ek het voorheen gedink hulle werk net in stedelike gebiede om brande in geboue te blus,” vertel sy.Arendse sê voorts dat dit 'n wonderlike gevoel was om die opleidingskursus te slaag en deel van die eerste vroulike brandbestryderspan van sy soort te word.“Ek was vreeslik opgewon-de, veral omdat baie van die mense vir wie ek vertel het dat ek ’n brandbestryder wou word, gesê het ek kan dit nie doen nie omdat ek ’n vrou is en nie opgewasse sou wees vir die taak nie. Dit het my aangespoor om vir hulle te wys dat ek dit wel kon doen, nie net vir myself nie, maar ook vir al die vroue van Suid-Afrika.” Arendse sê haar eerste groot brandbestrydingstaak in Noordhoek was nie net 'n groot uitdaging nie, maar ook ’n bevredigende ervaring.“Dit was my eerste volle 24-uur-skof en die eerste keer dat ons saam met al die ander manlike brandbestryders gewerk het. Dit was vermoe-iend en ons het baie warm gekry in ons beskermende uitrustings, maar ons het die werk voltooi en daarna ’n gevoel van bevrediging ervaar.”Arendse moedig Suid-Afri-kaanse vroue aan om hulself nooit te onderskat nie.“Moenie toelaat dat dit wat mense sê jy kan, of kan nie doen nie, jou definieer nie.” v*Om uit te vind watter ander geleenthede NCC Environmental Services bied, gaan kyk na hulle Facebook-blad. Jy kan hulle ook skakel by 021 702 2884 (Kaapstad), 010 007 5272 (Gauteng), 031 003 2964 (KwaZulu-Natal) of 041 101 1033 (Oos-Kaap). ’n Jong brandbestryder, Vuyiseka Arendse, is deel van Suid-Afrika se eerste vroue-brandbestrydingspan. Foto: Alistair Burt NCC Environmental Services“Women of South Africa, be proud of what you have achieved.”Photo: Alistair Burt NCC Environmental Services
2020-08-ed1
afr
77

The Vuk'uzenzele South African Multilingual Corpus

Give Feedback 📑: DSFSI Resource Feedback Form

About Dataset

The dataset was obtained from the South African government magazine Vuk'uzenzele, created by the Government Communication and Information System (GCIS). The original raw PDFs were obtatined from the Vuk'uzenzele website.

The datasets contain government magazine editions in 11 languages, namely:

Language Code Language Code
English (eng) Sepedi (nso)
Afrikaans (afr) Setswana (tsn)
isiNdebele (nbl) Siswati (ssw)
isiXhosa (xho) Tshivenda (ven)
isiZulu (zul) Xitstonga (tso)
Sesotho (sot)
Note: The languages use the ISO 639-2 language codes.

The data is split by language in JSONL format and each row is of the form:

{
    "title": "Title for article", 
    "author": "Author Name or Vukuzenzele", 
    "text": "Article text", 
    "edition": "Linked Magazine edition", 
    "language_code": "ISO 639-2 language code"
}

Disclaimer

This dataset contains machine-readable data extracted from PDF documents, from https://www.vukuzenzele.gov.za/, provided by the Government Communication Information System (GCIS). While efforts were made to ensure the accuracy and completeness of this data, there may be errors or discrepancies between the original publications and this dataset. No warranties, guarantees or representations are given in relation to the information contained in the dataset. The members of the Data Science for Societal Impact Research Group bear no responsibility and/or liability for any such errors or discrepancies in this dataset. The Government Communication Information System (GCIS) bears no responsibility and/or liability for any such errors or discrepancies in this dataset. It is recommended that users verify all information contained herein before making decisions based upon this information.

Authors

  • Vukosi Marivate - @vukosi
  • Andani Madodonga
  • Daniel Njini
  • Richard Lastrucci
  • Isheanesu Dzingirai
  • Jenalea Rajab

Citation

Paper

Preparing the Vuk'uzenzele and ZA-gov-multilingual South African multilingual corpora

@inproceedings{lastrucci-etal-2023-preparing, title = "Preparing the Vuk{'}uzenzele and {ZA}-gov-multilingual {S}outh {A}frican multilingual corpora", author = "Richard Lastrucci and Isheanesu Dzingirai and Jenalea Rajab and Andani Madodonga and Matimba Shingange and Daniel Njini and Vukosi Marivate", booktitle = "Proceedings of the Fourth workshop on Resources for African Indigenous Languages (RAIL 2023)", month = may, year = "2023", address = "Dubrovnik, Croatia", publisher = "Association for Computational Linguistics", url = "https://aclanthology.org/2023.rail-1.3", pages = "18--25" }

Dataset

Vukosi Marivate, Andani Madodonga, Daniel Njini, Richard Lastrucci, Isheanesu Dzingirai, Jenalea Rajab. The Vuk'uzenzele South African Multilingual Corpus, 2023

@dataset{marivate_vukosi_2023_7598540, author = {Marivate, Vukosi and Njini, Daniel and Madodonga, Andani and Lastrucci, Richard and Dzingirai, Isheanesu Rajab, Jenalea}, title = {The Vuk'uzenzele South African Multilingual Corpus}, month = feb, year = 2023, publisher = {Zenodo}, doi = {10.5281/zenodo.7598539}, url = {https://doi.org/10.5281/zenodo.7598539} }

Licences

Downloads last month
393
Edit dataset card

Models trained or fine-tuned on dsfsi/vukuzenzele-monolingual